FORM A FILING SHEET FOR EASTERN CAPE JUDGMENT - PDF by jasonpeters

VIEWS: 0 PAGES: 5

									                              FORM A
              FILING SHEET FOR EASTERN CAPE JUDGMENT

                                                                             ECJ no : 91
PARTIES:

JAHANNES JAKOBUS MALLINSON                            Appellant

en

DIE STAAT                                                                         Respondent

REFERENCE NUMBERS -
     •   Registrar: CA166/06
     •   Magistrate:
     •   High Court: Oos­Kaapse Afdeling


DATE DELIVERED: 14/09/2006

Date Heard: 31/07/2006

JUDGE(S): Froneman J

LEGAL REPRESENTATIVES -
Appearances:
   • for the State/Applicant(s)/Appellant(s): Adv CJ Cilliers 
   • for the accused/respondent(s): Adv M le Roux 
   •

Instructing attorneys:
   • Applicant(s)/Appellant(s): PE Justice Centre 
       Respondent(s): DPP

     •   Nature of proceedings : 

     •   Topic: 


     •   Keywords: 



Not reportable
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID­AFRIKA

OOS­KAAPSE AFDELING

                                                                                                Saaknommer CA 166/06

In die aangeleentheid tussen




JAHANNES JAKOBUS MALLINSON                            Appellant

en

DIE STAAT                                                                         Respondent




                                                       UITSPRAAK




Froneman R.




Die appellant is skuldig bevind aan verkragting en tot lewenslange gevangenisstraf 

gevonnis.   Hy   appelleer   nou   teen   beide   skuldigbevinding   en   vonnis.   Die 

strafverrigtinge   het   in   die   streekhof   begin,   waar   die   getuienis   met   betrekking   die 

skuldigbevinding aangehoor is. Die verrigtinge is daarna ingevolge die bepalings van 

artikel 52 van Wet 105 van 1997 in die Hooggeregshof bekragtig waar die appellant 

gevonnis is.
Dit is nie in geskil dat die klaagster, ’n agtjarige dogter ten tye van die voorval, wel 

verkrag is op die betrokke dag nie. Mediese getuienis wat die klaagster se weergawe 

van verkragting bevestig, of minstens in ooreenstemming daarmee is, is deur die staat 

gelei en was nie betwis nie. Wat wel in geskil is, is wie die klaagster verkrag het. Die 

appellant sê dit is nie hy nie. Die omstandighede waaronder hy hierdie ontkenning 

maak is egter buitengewoon.



Die klaagster was die betrokke dag in die sorg van haar tante, Sarah Titus. Hulle het 

die appellant by ’n swembad ontmoet waar daar klaarblyklik heelwat gedrink is.  Die 

vervolging se saak is dat die appellant, die klaagster en haar tante vandaar geloop het 

na nabye bosse waar die appellant toe die klaagster verkrag het.  Die appellant het na 

die verkragting weggeloop.  Die beweerde verkragting is aan die polisie gerapporteer 

en die klaagster is dieselfde dag medies ondersoek.  Die ondersoek het aangetoon dat 

die beserings wat sy opgedoen het in ooreenstemming was met haar bewering van ‘n 

onlangse verkragting.  DNA analise het ook aangetoon dat genetiese materiaal van die 

appellant aanwesig was op die klaagster se broekie wat sy daardie dag aangehad het.



Die direkte getuienis oor die beweerde verkragting is deur die klaagster en haar tante 

gelewer.   Die   tante   was   die   betrokke   dag   onder   die   invloed   van   drank   en   die 

streeklanddros  het tereg haar getuienis  met omsigtigheid benader en slegs aanvaar 

waar dit gestaaf is deur ander getuienis.   Hy het ook die klaagster se getuienis met 

versigtigheid benader.  Hulle het egter nie die appellant as die verkragster identifiseer 

nie.  Die identifikasie getuienis is verskaf deur die appellant se vriend, mnr Matthys 
de Lange wat getuig het dat hy ook by die swembad teenwoordig was en dat die 

appellant die laaste persoon was wat hy gesien het wat saam met die klaagster en haar 

tante in die rigting van die skool sien loop het.   Getuienis is ook sonder teenspraak 

aangebied dat DNA analise aangetoon het dat genetiese materiaal van die appellant op 

die klaagster se broekie wat sy daardie dag tydens die voorval aangehad het, gevind 

is.

Die appellant se getuienis was dat hy nie met die klaagster nie, maar met die tante 

gemeenskap gehad het die betrokke dag.  Die landdros het sy weergawe verwerp as 

nie redelik moontlik waar nie en my oordeel heeltemaal tereg ook.



Daar is minstens twee aspekte wat die appellant se weergawe so onwaarskynlik maak 

dat dit bloot op grond daarvan regverdiglik verwerp kon word.  Daar kan geen twyfel 

wees dat die klaagster wel deur iemand daardie betrokke dag verkrag is nie.  Op die 

appellant se weergawe moes dit iemand gewees het wat haar verkrag het nadat hy met 

die   tante   gemeenskap   gehad   het.   Die   getuienis   van   die   appellant   se   vriend,   mnr 

Matthys de Lange, dat die appellant die laaste persoon was wat met die klaagster en 

die tante weg is van die swembad maak sodanige moontlikheid onredelik klein.  Die 

getuienis oor die DNA analise probeer die appellant verduidelik deur te beweer dat 

met sy omgang met die tante hy gebloei het en dat die tante toe die klaagster se 

broekie gebruik het om haarself af te droog of af te vee.   Hierdie weergawe is nie 

vroeër aan die klaagster gestel nie.  Die is klaarblyklik, soos deur die streekslanddros 

bevind,  ‘n opgemaakte  en aangepaste  storie om die verdoemende DNA analise te 

probeer verduidelik.
Appellant se advokaat het in sy betoog voor ons verwys na verskeie weersprekings in 

die   besonderhede   van   die   voorval   tussen   die   klaagster   en   haar   tante.   Soos   reeds 

genoem  het   die  landdros   hierdie   aspekte  oorweeg   en  in  ‘n  versigtige  en   deeglike 

uitspraak tot die gevolgtrekking gekom dat met veiligheid aanvaar kon word dat die 

staat se saak bo redelike twyfel teen die appellant bewys is.  Na my oordeel bestaan 

daar geen rede om met daardie bevinding in te meng nie.



Die appellant is in die Hooggeregshof tot lewenslange gevangenisstraf, die statutêre 

norm, gevonnis.  Voor ons is betoog dat die Regter sekere aspekte oorbeklemtoon het 

en andere onderbeklemtoon het in sy bevinding dat daar nie wesenlike en dwingende 

omstandighede   bestaan   het   om   ‘n   mindere   vonnis   te   reverdig   nie.   Sonder   om   in 

besonderhede in te gaan op elkeen van hierdie submissies is ek van mening dat die 

betoog in wese daarop neerkom dat die opgelegde vonnis disproporsioneel vir die

misdaad, en dus treffend of skokkend onvanpas, is.  Na my oordeel kan dit nie gesê 

word ten opsigte van die verkragting van ‘n jong kind deur iemand van die appellant 

se  ouderdom  in die  omstandighede  van die  huidige  geval  nie.   Dit  mag wees  dat 

hierdie nie die ergste geval van verkragting denkbaar is nie, maar dit is na my oordeel 

ernstig genoeg om die statutêre norm van lewenslange gevangenisstraf te regverdig.



Gevolglik word die appêl van die hand gewys.



J.C Froneman

Regter van die Hooggeregshof

								
To top