TIPS ON WRITING EXAMINATIONS
Check that you have received the correct question paper. Read through the whole examination paper before you begin writing. Plan how to divide your time to ensure completion of the paper. Identify where you have choices between questions and within questions and decide which questions to choose. Read the question carefully, underlining the verbs that tell you what to do Make sure you number your answers correctly. (according to the numbering on the paper) Plan or structure the answers in rough before writing Read the instructions carefully Leave spaces between questions and always start a new section on a new page. If you have time read through your answers to check your work. Write legibly so the marker can read it. Enjoy the challenge of testing your knowledge and do not panic. Always write as much as possible (but do not ‘waffle’). The papers seldom expect 1 fact for one mark. Give more. Remember the marking will look at the whole answer and mark it according to the quality of the answer not only on the number of facts provided.
Most questions will ask you to apply your knowledge. Write in the format requested e.g. as an essay, as a programme, as a review, as an interview, as a letter, as a calculation, as a …… etc.
WENKE VIR DIE SKRYF VAN EKSAMENS Voeg asseblief voorstelle by dié lys by en stuur terug aan JvP Maak doodseker dat jy die korrekte vraestel ontvang het. Lees die hele vraestel deeglik deur voordat jy begin skryf. Beplan só dat jy die vereiste aantal vrae binne die voorgeskrewe tyd kan voltooi. Bestudeer die instruksies noukeurig sodat jy presies weet hoeveel vrae jy moet kies. Daar kan van jou verwag word om keuses te maak tussen vrae, maar ook dikwels binne-in die vrae self. Lees die vraag noukeurig deur en onderstreep die werkwoorde. Die werkwoorde sê vir jou presies wat van jou verwag word. Nommer vrae korrek en presies soos op die vraestel Beplan rofweg die struktuur van jou antwoord voordat jy wegval en skryf. Lees die instruksies op die vraestel noukeurig en aandagtig deur. Laat reëls oop tussen vrae en begin elke nuwe afdeling altyd op ‘n nuwe bladsy. As die tyd dit toelaat, lees jou antwoorde deur om te kontroleer of dit korrek is. Skryf duidelik en leesbaar. Moenie paniekerig word nie, geniet die uitdaging en die geleentheid wat dit jou bied om jou kennis te toets. Skryf altyd so veel as moontlik. In die meeste gevalle sal jy nie net een feit vir een punt kan gee nie; jy sal meer moet skryf. Onthou dat die kwalitiet van die antwoord as geheel bepunt word en nie net die aantal feite nie. In die meeste vrae sal daar van jou verwag word om jou kennis toe te pas. Beantwoord dus die vraag in die vereiste formaat, bv. In die vorm van ‘n opstel, ‘n program, ‘n oorsig, ‘n onderhoud, ‘n brief, ‘n berekening ens. Voordat jy jou vraestel ingee, maak seker dat jy al die rofwerk of vrae wat jy nie gemerk wil hê nie, deurgehaal het. Maak seker dat jy alle antwoordboeke / addendums / bylaes ingegee het.