bybelstudie materiaal Handeliinge

Document Sample
bybelstudie materiaal Handeliinge Powered By Docstoc
					Handelinge

Inleiding tot Handelinge
Die boek Handelinge behoort met ’n waarskuwing uitgereik te word wat sê, “As jy oop is
vir God, sal hierdie getuienis jou tot ’n nuwe lewe oproep.”
  Handelinge is ’n uitsonderlike werk. Dit is basies die verhaal van veranderde lewens —
en die verskil wat hierdie lewens in die wêreld gemaak het.
  Kort voor die begin van Handelinge, sien ons die dissipels agter geslote deure verswelg
deur die modder van hulle lafhartigheid, gebrek aan selfvertroue en persoonlike skaamte.
Sonder hulle Meester was hulle inderdaad ’n patetiese spul (Joh 20:19; Luk 24:11). Maar
teen die tweede hoofstuk van Handelinge het hierdie selfde groepie manne wat vir Jesus
in Getsemane in die steek gelaat het, in onkeerbare werktuie verander wat met volle
oortuiging — en teen geweldige persoonlike risiko's — “die magtige dade van God”
gepreek het.
  Wat het hulle verander? En watter invloed het hulle op hulle eie en daaropvolgende
geslagte gehad? Dit is die verhaal van Handelinge.
  Handelinge is ’n belangrike boek vir ons vandag omdat dit bevestig dat die krag wat
die dissipels se lewens destyds verander het, dieselfde krag is wat ons lewens vandag kan
verander! Daardie krag is natuurlik God self — wat deur die Heilige Gees na ons toe
kom.
  ’n Studie van Handelinge hou baie voordele in:
• Handelinge dien as ’n spieël in die verre verlede. Ons sal ’n kykie kry in die dinamika
van die vroeë kerk, die wese van hulle gemeenskap, die intensiteit van hulle gebedslewe,
en hulle algehele ywer om die reddende evangelie van Jesus Christus te verkonding. Na
aanleiding van hulle voorbeeld sal ons eie situasie onder die loep geneem word. Wat
beteken dit om vandag die kerk te wees — en waarmee behoort ons besig te wees?
• Handelinge benadruk die primêre taak van die kerk — evangelisasie. Verkondiging
van die evangelie is maar net ’n deel van die taak. Dit is die vormende proses wat ons in
die vroegste gemeenskappe opval. In Handelinge sien ons die hele proses van roeping,
genesing, bemagtiging en sending van mense om uit te gaan en Jesus Christus lief te hê
en te gehoorsaam. Handelinge sal ons aanspoor tot ’n holistiese
gemeenskapsgeestelikheid wat ons kerke vandag kan vernuwe.
• Handelinge roep ons op tot ’n lewenskragtige belewenis van die Heilige Gees. Jesus
het aan sy dissipels krag belowe wanneer die Heilige Gees oor hulle kom en Handelinge
onthul die Heilige Gees as die dryfkrag agter elke sinvolle bediening in Jesus se naam.
Waar soek ons vandag vir geestelike krag? In ons opvoeding? Werk? Godsdienstige
erfenis? Handelinge roep ons tot ’n Geesvervulde lewe.
• Handelinge skep ’n nuwe bewustheid van identiteit. Die dissipels het algaande besef dat
hulle nie meer Jode is nie (immers nie wat die belydenis en die seremoniële gebruike
betref nie). Hulle het al hoe meer begin besef dat hulle deel was van ’n nuwe gemeenskap
van die Gees waarvan in die Hebreeuse Skrif geprofeteer is. Daarbenewens het hulle ook
die noodsaaklikheid daarvan ingesien om alle mense — Jood en nie-Jood — tot bekering
en omgang met hierdie nuwe gemeenskap — die kerk — te roep. Doop in die naam van
die Vader, die Seun en die Heilige Gees, en die Nagmaal het die uiterlike tekens van
innerlike genade geword. Die klem lê op verhoudings.


                                           1
  Deur hierdie studiestukke sal die plofkrag van hierdie lewende dokument jou
ingrypend raak. Terwyl jy daardeur werk, gaan jy heel moontlik die roeping, genesing,
bemagtiging en sending van die Heilige Gees persoonlik ervaar.



1 Julle sal My Getuies wees
Handelinge 1
      Doel: Om die taak wat die kerk van Jesus Christus het en sy belofte om ons daarvoor toe te rus, te
      verstaan.
Ek onthou wat ek eenkeer aan ’n vriend gesê het, “As ek moet besig wees om te sterf, sal
dit wat ek die meeste nodig gaan hê, die vertroue wees dat alles wat ek omtrent Jesus
geglo het, waar is. Ek sou wou hê dat jy uit die Skrif vir my lees, met my bid en met my
oor Jesus en die hemel praat.” Hierdie vertroue is egter nie net wat ek die meeste nodig
het vir wanneer ek sterwe nie, maar ook terwyl ek lewe.
  Jesus het in die dae tussen sy opstanding en hemelvaart die vertroue van sy dissipels
opgebou. Hy het die waarheid omtrent Homself vertel en gedemonstreer. Daarna het Hy
hulle met ’n duidelik omskrewe taak agtergelaat saam met die belofte van krag om
daardie taak uit te voer. Daarom was Lukas in staat om met soveel vertroue oor Jesus aan
Teofilus te skryf.

1. Wanneer is jou geloof in Jesus Christus deur die woorde van ander bemoedig?




      Vraag 1. Elke studie begin met ’n “aanvoorvraag” wat voor die lees van die Skrifgedeelte gevra
      behoort te word. Hierdie vrae is om verskeie redes belangrik.
         In die eerste plek, hulle help die groep om teenoor mekaar oop te maak. Dit maak nie saak hoe
      goed ’n groep mekaar ook al ken of hoe gemaklik hulle teenoor mekaar voel nie, daar is altyd ’n
      styfheid wat oorkom moet word voordat mense vrylik begin praat. ’n Goeie vraag sal die ys breek.
         Tweedens, aanvoorvrae dwing mense om oor die onderwerp van die studie te begin dink. Die
      meeste mense sit met allerhande goed wat in hulle koppe maal (aandete, ’n belangrike afspraak, die
      motor wat herstel moet word) wat niks met die studie te doen het nie. ’n Slim vraag sal hulle aandag
      fokus en hulle by die bespreking betrek.
         Derdens, aanvoorvrae kan aan die lig bring waar ons gedagtes en gevoelens nog deur die Skrif
      verander moet word. Daarom is dit so belangrik dat die aanvoorvraag gevra word voordat julle die
      Skrifgedeelte lees. So nie, sal die gedeelte mense se eerlike reaksies beïnvloed omdat hulle dan dink
      dat hulle moet antwoord volgens wat hulle gelees het. Deur spontaan te reageer op verskeie sake
      voordat hulle lees wat die Bybel daaroor sê, sal mense sien waar hulle houdings en denke verander
      moet word.


2. Lees Handelinge 1:1–11. Wat het Lukas, die skrywer van Handelinge, oor Jesus se
laaste dae op aarde aan Teofilus geskryf?




                                                     2
Wat verleen geloofwaardigheid aan sy verslag?



      Vraag 2. Die boek Handelinge volg op die Evangelie volgens Lukas wat ook aan Teofilus
      geadresseer is. Teofilus se naam beteken “wat vir God liefhet.” Soos wat dit self in vers 1 sê, gaan
      die boek Handelinge voort met waar Lukas in sy Evangelie geëindig het. Daar word heelwat gedek
      deur hierdie eerste 11 verse. Hierdie vraag is bedoel om die groep ’n oorsig en begrip van die stof te
      gee, asook om hulle die grootsheid van alles wat plaasgevind het, te help verstaan.
         Dit is belangrik om noukeurig te let op al die getuienis wat in hierdie geordende verslag gegee
      word. Dit is deur ’n professionele man, ’n dokter, iemand wat daaraan gewoond is om data op ’n
      wetenskaplike manier te benader, geskryf. Jesus het dikwels aan mense verskyn en baie
      onbetwisbare bewyse gelewer dat Hy leef. Lukas is ook goed met die oorvertel van treffende
      persoonlike verhale wat sy verslag lewendig en aantreklik maak.


3. Hoe word jou hoop en vertroue in Jesus geraak deur wat jy omtrent Hom in hierdie
gedeelte leer?




4. Ruil plekke met die apostels. Hoe sou jy gevoel het as jy een van die eerstes was om
die opdrag in vers 8 te moes kry?




      Vraag 4. Ons word inderdaad die taak opgelê om Jesus se getuies dwarsdeur die wêreld te wees.
      Die doel van die vraag is om die ontsaglikheid van die taak toe dit aan die apostels gegee is, te
      “voel” … en dit tot ons te laat deurdring terwyl ons die werk voortsit.


5. Volgens hierdie gedeelte, hoe word ons vir hierdie taak toegerus?




6. Verbeel jou dat jy daar is, besig om in die lug te kyk. Watter effek, dink jy, het Jesus
se belofte dat Hy terug kom op sy volgelinge gehad?




7. Wat doen daardie belofte aan jou, vandag?



                                                      3
8. Lees Handelinge 1:12–26. Hoe het die dissipels gereageer op alles wat hulle gesien en
gehoor het?




      Vraag 8. Eerstens kan mens verstaan dat daar van hulle geskryf word dat terwyl Jesus van hulle
      weggaan, hulle “stip na die hemel” gekyk het (v. 10). Dan herwin hulle ’n sekere mate van
      normaliteit deur terug te keer na Jerusalem toe, ’n goeie drie kilometer se stap ver. Die stappery het
      hulle waarskynlik tyd gegee om te praat en alles wat pas gebeur het te laat insink. Uiteindelik
      reageer hulle deur saam te wees en te bid.


9. Waarom was dit vir hulle belangrik om saam te wees?




      Vraag 9. Die belangrikste faset van “saamwees” was gehoorsaamheid. In vers 4–5 word vertel dat
      Jesus hulle opdrag gegee het om nie van Jerusalem af weg te gaan nie, maar om te wag op die gawe
      wat sy Vader belowe het, die Heilige Gees. Die saamwees het ook die geleentheid vir onderlinge
      gemeenskap, bemoediging en eenheid gebied. Ons het mekaar nodig.


10. Wanneer jy so met ander gelowiges bid, watter uitwerking het dit op jou — veral
wanneer jy jou rol in hierdie taak in gedagte hou (v. 14)?




11. Petrus tree as leier van hierdie groep na vore. Hy wend hom dadelik tot die Skrif
wanneer hy praat. Hoe versterk hierdie woorde van Dawid hulle vertroue en gee dit vir
hulle rigting?




      Vraag 11. Dit sou hulle vertroue baie versterk deur weer te sien dat sommige van die merkwaardige
      dinge wat besig was om met hulle te gebeur, jare tevore reeds opgeteken is dat dit sou gebeur.
      Dawid was ’n belangrike voorvader. Rigting is gegee deur die voorskrifte in die Skrifgedeeltes wat
      Petrus aangehaal het (Ps 69:26; 109:8).


12. Ter opsomming, hoe omskryf hierdie gedeelte jou taak en word jy toegerus,
gemotiveer en die selfvertroue gegee om die taak uit te voer?


                                                      4
2Ontvang die Krag
Handelinge 2
      Doel: Om te begin verstaan wat die krag van die Heilige Gees is en hoe Hy ons toerus vir ons taak
      om dwarsdeur die wêreld getuies te wees.
        In hoofstuk een belowe die opgestane Here die Heilige Gees. Die kerk se missie word ook
      duidelik uiteengesit. In hoofstuk twee is daardie belofte vervul. Dit is die krag van die Heilige Gees
      wat die apostels in staat stel om eers in Jerusalem getuies te wees.
Toe ek op verplegingskollege was, wou ’n groep senior studente die boodskap van Jesus
aan die inkomende eerstejaars oordra. Hulle het besef dat daar net een bron was waarop
hulle kon staatmaak om hierdie taak uit te voer — die krag van die Heilige Gees. Daarom
het hulle besluit om weke voor die eerstejaars op kampus sou aankom, vir elke nuwe
student by die naam te bid. Die gevolg was dat talle van die nuwelinge wat nie vir Jesus
geken het toe hulle die eerste keer voete op kampus gesit het nie, besig was om in
volwasse Christene te ontwikkel teen die tyd dat hulle afgestudeer het.

1. Wat, dink jy, sou gebeur indien die Heilige Gees Hom skielik aan die kerk moes
onttrek?




2. Lees Handelinge 2. Stel jou voor dat jy by was op Pinksterdag. Hoe moes jy as een
van die skare gevoel het toe jy hierdie dinge sien gebeur?




      Vraag 2. Help die groep om hulle verbeelding te gebruik en hulleself in die omstandighede te plaas.
      Hulle moet in gedagte hou wat alles in die maande vooraf gebeur het, van die kruisiging tot die
      hemelvaart, asook die emosionele en geestelike indruk wat dit alles op hulle gemaak het. Van die
      mense in die skare wat ongetwyfeld bewus moes wees van sommige van die vroeëre gebeure, is
      verward, en nog is dit nie die einde nie!


3. Hoe reageer die Jode op die krag van die Heilige Gees wat hulle sien? Waarom, dink
jy, reageer hulle op dié manier?




4. Hier sien ons Petrus as ’n dinamiese leier en prediker. Dit is die krag van die Heilige
Gees wat hierdie man verander het wat vroeër ’n lafaard was en Jesus drie keer verloën
het. Petrus baseer weer sy verkondiging van die waarheid op die Skrif. Watter boodskap
hou die boek Joël vir die verdwaasde skare in?


                                                      5
5. In ons studie van Handelinge sal ons sien hoe Petrus se beskouing van evangelisasie
verbreed. In hierdie hoofstuk, waarom dink jy is daar ’n verskil tussen die mense wat
Lukas sê daar is (v. 9–11) en die mense tot wie Petrus hom rig, “Jode” (v. 14)?




      Vraag 5. Petrus spreek die skare aan as “Jode” en later as “Israelite,” ten spyte daarvan dat daar
      mense van oraloor in die skare was, soos blyk uit vers 9–11. Petrus het skynbaar nog nie die visie
      van wêreldwye evangelisasie ontwikkel wat in 1:8 uiteengesit is nie. Ons sal later in Handelinge
      sien hoe Petrus se bewustheid en siening verander.


6. Wat in Petrus se preek sou vir Teofilus sekerheid gee oor sy geloof en dat die dinge
waarin hy onderrig is, “heeltemal betroubaar is”?




      Vraag 6. Deur van Petrus se preek deur die pen van Lukas te hoor, maak Teofilus kennis met Skrif
      wat in vervulling gaan (v. 17–21, 25–28). Wanneer ons sien hoe God doen wat Hy gesê het, word
      ons verseker dat die voorwerp van ons geloof waar is.


7. Wat het Petrus om aan te bied vir diegene wat op sy boodskap reaggeer (v. 37–39)?




8. Hoe het die gawe van die Heilige Gees jou lewe beïnvloed?




9. Beskryf die onderlinge gemeenskap van die gelowiges in hierdie jong kerk (v. 42–47).




10. Wat was hulle prioriteite?




                                                     6
11. Hoe vergelyk die lewe en strewe van jou kerk of Christelike groep met hierdie jong
kerk s'n?




      Vraag 11. Hierdie vraag wil ’n behoefte aanraak wat talle gelowiges vandag het. Dis die moeite
      werd om dit te bespreek. Jy kan dit dalk nou of later in vraag 13 opvolg met vrae soos, “Het jy al
      ware onderlinge gemeenskap ervaar?” of “Hoe toeganklik is ware onderlinge gemeenskap vir jou?”
      of “Waarom is dit vandag so skaars?”


12. Ter opsomming, op watter maniere sien jy die krag van die Heilige Gees in hierdie
hoofstuk werk?




13. Hoe moet jou kerk of kleingroep verander om die Heilige Gees op dieselfde manier
te sien werk?




3 Genesende Krag
Handelinge 3
      Doel: Om ons ’n beter begrip van God se krag te gee deur te sien hoe dit in die genesing van die
      verlamde man werk.
Ek het Anne een aand ontmoet by die hospitaal waar ek gewerk het. Sy was in die
afsonderingseenheid opgeneem vir lewerontsteking as gevolg van besmette naalde wat sy
gebruik het om dwelms te neem.
  Ons verhouding het met verloop van tyd gegroei en Anne het vir Jesus leer ken. Sy het
van die hepatitis herstel en opgehou om dwelms te gebruik. Sy het ook aan haar
verhouding met haar ouers begin werk, later getrou en ’n Christelike gesin begin.
  Anne se verhaal toon duidelik dat die krag van die Heilige Gees nie net deur fisiese
genesing bewys word nie, maar ook in die “volkome genesing” wat elke faset van ons
lewens insluit.

1. Uit jou ervaring, wat maak nie-Christene oop om van Jesus te hoor?




      Vraag 1. Soms is “godsdienstige” nie-Christene die minste oop om van Jesus te hoor. Ander kere is
      die feit dat hulle godsdienstig is, ’n teken van hulle honger en openheid vir die waarheid. Een van


                                                     7
      my mees opwindende ervarings in die bekendstelling van mense aan Jesus deur Bybelstudie was in
      ’n Sondagskoolklas vir volwassenes. Daar was mense in die klas wat kerk toe gekom het hoewel
      talle van hulle nie Christene was nie omdat daar ’n weklike honger en openheid onder hulle was.


2. Lees Handelinge 3. Die uitreiking in Jerusalem gaan voort terwyl Petrus en Johannes
die verlamde bedelaar teëkom. Watter betekenis kan aan die feit geheg word dat hulle
hom by die tempelpoort kry?




      Vraag 2. Die Jode het drie keer per dag gebid: nege-uur in die môre, drie-uur in die middag, en dan
      teen sononder. Godvresende Jode en toegewyde nie-Jode het op hierdie tye na die tempel gegaan
      om te bid. Dit was die ideale plek om mense te kry wat vir die waarheid van Jesus ontvanklik sou
      wees.
         “Die voorgesette getrouheid van die gekerstende Jode is in Hand 2:46 genoem; hier gaan Petrus
      en Johannes verder en vind ’n geleentheid om in woord en daad in die naam van Jesus op te tree
      (6)” (R. V. G. Tasker, hoofredakteur, The Acts of the Apostles, Tyndale New Testament
      Commentaries [Grand Rapids, Mich.: Eerdmans], p. 62).


3. Wat het gebeur dat die mense met verbasing en verwondering vervul is (v. 1–10)?




4. Hoe verskil die reaksie van die mense en van die bedelaar op die wonderwerk met
mekaar (v. 8 and 11–12)?




      Vraag 4. Die bedelaar het God onmiddellik begin prys. Daarteenoor het die skare gewonder of
      Petrus en Johannes nie dalk direk verantwoordelik was vir die wonderwerk nie. Petrus was egter op
      sy hoede en het die saak gou reggestel en hulle aandag op Jesus gevestig.


5. Toe Petrus die skare se reaksie sien, het hy die geleentheid gesien om met hulle oor
Jesus te praat. Volgens Petrus se boodskap, wat het God aan Jesus gedoen (v. 13–15)?




Wat het die Jode aan Hom gedoen?




                                                     8
      Vraag 5. “Deur hulle aan te kla, gee Petrus weerklank aan die teenstellings wat in die profesieë van
      Jesaja verweef is. God het aan sy Dienaar goddelike eer gegee; die Jode het Hom uitgelewer (13).
      Pilatus het beslis dat Hy vrygelaat moes word; die Jode het Hom verwerp (13). Hy was heilige en
      opreg; die Jode het ’n moordenaar verkies (14). Die Jode het Hom doodgemaak; God het Hom uit
      die dood opgewek (15)” (The Acts, pp. 63–64).


6. Hoe word Jesus se gesag in hierdie wonderwerk bewys (v. 16)?




7. Wat, dink jy, beteken dit dat “volkome herstel” (v. 16) aan die bedelaar geskenk is?




Watter genesing het jy in jou lewe nodig?




      Vraag 7. “Volkome herstel” wys op geestelike en emosionele, sowel as fisiese genesing.


8. Hoe het Petrus verduidelik dat alles wat met Jesus gebeur het deel van God se plan
was (v. 17–26)?




      Vraag 8. “Soos in sy eerste preek, wend Petrus hom by vers 17 van ’n ernstige aanklag na ’n
      pleidooi. Laat hulle hulle bekeer, want hulle ontsaglike groot sonde het nie vir God gedwarsboom
      nie. Christus se passie was deel van God se doel. Vers 18 behoort as ‘sy Christus’ vertaal te wees,
      en dit is ‘sy Gesalfde’. Dit is ’n aanhaling uit Ps 11:2 wat Petrus later meer volledig in Hand 4:26
      gebruik. Christus is nog steeds die lewende en terugkerende Verlosser soos wat die opstanding
      aantoon (19–21). Petrus se hoofgedagte was om die struikelblok vir die Jode te verwyder. Die eerste
      en belangrikste stap in hierdie boodskap was om vanuit die getuienis van die profete te bewys dat
      die lyding van die Messias deel van God se plan was. Die betoog in vers 19–25 mag dalk ’n bietjie
      vreemd klink vir ons westerse ore, maar dit sou insiggewend en oortuigend wees vir iemand wat in
      die denke en taal van die Ou Testament opgevoed is” (The Acts, pp. 63–64).


9. Dit voel dalk of ons gewag op Jesus se wederkoms baie lank is. Hoe word jou
benadering tot hierdie wagtyd deur vers 21 beïnvloed?




                                                     9
10. Hoe reageer jy wanneer jy soos Petrus geleenthede kry om oor Jesus te praat?




      Vraag 10 en 12. Help die groep om hierdie gedeelte persoonlik te maak deur te vertel van tye uit
      hulle eie ondervinding toe mense vir die waarheid omtrent Jesus ontvanklik was en hoe die krag van
      God in hulle lewens bevestig is. Dit sal baie help as jy as leier eerste begin deel uit jou ervaring.


11. Ter opsomming, hoe is die krag van die Heilige Gees in hierdie gedeelte verbind aan
die waarheid omtrent Jesus?




      Vraag 11. Die krag van die Heilige Gees word geopenbaar wanneer die waarheid oor Jesus deur die
      apostels verkondig word. Voordat die man in vers 1–10 genees word (deur die krag van die Heilige
      Gees), word die waarheid omtrent die bron van die gawe en die feit dat dit ’n geskenk beter as geld
      is, verkondig. Die bron van die krag word weer in 11–13 geïdentifiseer. Indien die apostels sou lieg
      en die krediet daarvoor sou toe-eien, sou die krag nie gewerk het nie.
          Die waarheid omtrent Jesus word deur die res van die hoofstuk verkondig en die krag van die
      Heilige Gees deur die hele Handelinge gedemonstreer.


12. Die “volkome” herstel van die man was ’n kragdadige getuienis van God se krag en
die waarheid van wat Petrus gesê het. Het jy al die krag van God in jou lewe en in die
lewe van ander sien werk?




4 Die Krag Betwis
Handelinge 4:1–31
      Doel: Om te verstaan hoe die krag van God ons toerus om wêreldwyd sy getuies te wees te midde
      van die bevraagtekening van daardie opdrag en krag.
’n Lam mens word sterk! En iemand wat eers op die gemeenskap aangewys was, ’n
bedelaar, word ’n funksionele burger wat tot die gemeenskap bydra!
  Hoe reageer die godsdienstige leiers op hierdie wonderlike gebeure? In plaas daarvan
om dank te betuig, word hulle onthuts. Die twee mans wat vir die genesing
verantwoordelik is, word in hegtenis geneem.

1. Wanneer is jou geloof in Jesus Christus deur ander uitgedaag?




                                                     10
2. Lees Handelinge 4:1–22. Wat het die godsdienstige leiers omgekrap (v. 1–2)?




Tot watter optrede het hulle oorgegaan (v. 3–7)?




3. Slegs ’n paar weke het verloop sedert Annas en Kajafas betrokke was by die
veroordeling van Jesus. In sy antwoord op hulle vraag, “Deur watter krag en in wie se
naam het julle dit gedoen?”, dwing Petrus hulle om weer met Jesus te doen te kry. Wat sê
Petrus oor Hom (v. 10–12)?




      Vraag 3. “Die apostels is tegnies gesproke op die verdediging maar het in werklikheid oorgegaan
      tot die aanval; Petrus preek voorts die evangelie aan sy regters en doen dit deur ’n algemeen
      bekende Ou-Testamentiese gedeelte aan te haal. ‘Die klip wat deur die bouers afgekeur is, juis hy
      het die belangrikste klip in die gebou geword’ (Psalm 118:22). Dit is een van die vroegste
      getuienisse oor die Messias. Jesus self het dit (by implikasie) in die slot tot die gelykenis van die
      boere en die wingerd gebruik (Mark 12:10). In die oorspronklike Ou-Testamentiese verband kon
      Israel die verwerpte klip gewees het wat deur die nasies verag maar deur God gekies is om sy doel
      te bereik. Maar, soos in so baie ander gevalle, vind God se doel met Israel sy vervulling in die
      eiehandige werk van Christus. Jesus se siening van hierdie gedeelte uit die Psalms is dat dit
      ‘werklike vervulling in Homself bereik, en dat dit ’n profesie is van sy eie oorwinning wat na sy
      verwerping volg.’ Hierdie vers uit Ps. 118 het een van die tekste geword wat die meeste deur vroeë
      Christene aangehaal is om die tydelike vernedering en daaropvolgende verwerping van Jesus, die
      gekruisigde en opgestane Messias, te beskryf” (F. F. Bruce, hoofredakteur, The Book of Acts, The
      New International Commentary on the New Testament [Grand Rapids, Mich.: Eerdmans, 1974], pp.
      99–100).
         “Onverskrokke soos altyd, bring Petrus die aanklag tuis waar dit eintlik hoort, en waarsku hy die
      raad dat dieselfde naam waarin die verlamde sy fisiese gesondheid ontvang het, die enigste naam is
      waardeur hulle geestelike gesondheid van God kon ontvang. Hierdie vrymoedigheid was heel
      verrassend in ‘leke’ wat nie rabbynse skoling gehad het nie. Hulle was egter die dissipels van geen
      gewone onderwyser nie, een wat self die verbaasde opmerking uitgelok het: ‘Waar kom hy aan die
      geleerdheid? Hy het dan geen opleiding gehad nie!’ (Joh 7:15)” (The New Bible Commentary:
      Revised [Downers Grove, Ill.: InterVarsity Press, 1970], pp. 977).


4. Op watter maniere konfronteer die kerk die wêreld vandag met Jesus Christus?




Op watter maniere faal die kerk daarin?


                                                     11
5. Wat het dit in vers 13–22 vir die opponerende godsdienstige leiers moeilik gemaak om
hierdie onaanvaarbare gedrag stop te sit?




      Vraag 5. Hulle het die vrymoedigheid van Petrus en Johannes in die verkonidiging van die
      evangelie gesien. Die feit dat hulle “ongeleerde mense” was, het tot die krag van hulle boodskap
      bygedra. Hulle het waarskynlik onthou dat Jesus se lering van net ’n paar weke vantevore dieselfde
      krag gehad het, en het Sy invloed in hulle raakgesien —“Die raadslede het hulle herken as
      volgelinge van Jesus.” Dit was ook moeilik om hulle te keer omdat hulle geweier het om mense in
      plaas van God te gehoorsaam.
          Die bewys van waarop hulle aanspraak gemaak het, het daar in hulle midde in die vorm van die
      gesonde man gestaan. Almal in Jerusalem het geweet dat ’n wonder deur hulle plaasgevind het wat
      die raadslede nie kon ontken nie. Die man wat wonderbaarlik genees is, was immers al oor die
      veertig, ’n ouderdom waar sulke genesings eenvoudig net nie gebeur nie. Al die mense het God
      geprys, en die godsdiensleiers was bang vir hulle.
          “Dit,” sê ’n Joodse geleerde, “was die eerste fout wat die Joodse leiers met die nuwe sekte
      gemaak het. En dit was ’n onherstelbare fout. Daar was waarskynlik geen rede om die Nasareners in
      hegtenis te neem en so aandag op hulle te vestig en ‘martelare’ van hulle te maak nie. Maar na die
      arrestasie moes hulle nie weer so vinnig vrygelaat gewees het nie. Die arrestasie en vrylating het die
      getal gelowiges laat toeneem want hierdie gebeure het aan die een kant bewys dat die nuwe sekte ’n
      mag was wat groot genoeg deur die owerhede gevrees is dat hulle dit sou vervolg. Aan die ander
      kant het dit bewys dat daar geen gevaar was om ’n dissipel van Jesus te wees nie (hy, natuurlik, die
      een wat hulle uit die hande van hulle vervolgers bevry het!)” (J. Klausner, From Jesus to Paul
      [Vertaal uit die Engelse vertaling, London, 1944], pp. 282 ff.).
          Ter opsomming dan was daar vrymoedigheid in die verkondiging van die waarheid, selfs deur
      ongeleerde mense. Daar was die feit dat die dissipels “volgelinge van Jesus” was. Daar was die
      onweerlegbare bewys van die waarheid van hulle boodskap, die gesonde man, ’n lewe wat verander
      is. Daar was die verbintenis om God eerder as mense te gehoorsaam, en die feit dat wat hulle
      gedoen en geleer het, in die naam van Jesus was.


6. Hoe bevorder hierdie dinge, wanneer hulle in ons Christelike gemeenskappe
teenwoordig is, die vervulling van die opdrag om die nuus omtrent Jesus te versprei?




      Vraag 6. Help die groep om noukeurig na die reaksies op vraag 5 te kyk en hierdie vraag dan
      deeglik te bespreek.


7. Stel jou voor jy was in ’n groep gelowiges waar Johannes en Petrus terugkom en
vertel wat gebeur het. Hoe sou jy gereageer het?




                                                     12
8. Lees Handelinge 4:23–31. Hoe het die gelowiges op Johannes en Petrus se nuus
gereageer?




9. Van watter betekenis is hulle eenheid te midde van omstandihede waar hulle opdrag
en krag betwis word?




      Vraag 9. God het genadiglik aan ons die liggaam van gelowiges gegee as ’n bron van getuienis vir
      die wêreld en ’n plek om die Heilige Gees se krag te openbaar. Sy wil vir sy liggaam is dat hulle
      een sal wees. Hierdie een wees, hierdie eenheid, laat sy krag vrylik vloei.


10. Wat vertel hulle gebed vir jou omtrent hulle geloof in die karakter, krag en
getrouheid van God?




      Vraag 10. Jy kan die groep dalk lei om oor begrippe soos “soewerein, bo almal, almal se meerdere,
      hoof, grootste, opperwese; die allerhoogste mag, rang en gesag; heerser, meester; en iemand wat die
      amp van regering beklee, en oor die hoogste gesag beskik,” na te dink.
         “Die twee apostels het na hulle vrylating na die plek teruggekeer waar die ander apostels was, en
      toe hulle vertel het van hulle ervaring voor die Sanhedrin, het die hele geselskap tot gebed
      oorgegaan. Hulle het God as Oppermagtige Here, die Skepper van alle dinge, aangeroep in eeue-
      oue taal ontleen aan die Hebreeuse Skrif” (The Book of Acts, soos vertaal, pp. 105–6).


11. Hoe gee die aanhaling uit Psalm 2 ’n duidelike beeld van God se karakter, getrouheid
en mag?




      Vraag 11. “Met hierdie woorde van die apostels het ons ’n duidelike identifisering van God se
      ‘heilige Dienaar, Jesus’ met die koninklike Seun van God soos aangespreek in Ps. 2:7. Jesus is die
      gehoorsame Dienaar sowel as die een wat deur God gesalf of tot Messias gemaak is —tydens sy
      doop” (The Book of Acts,soos vertaal, p. 106).


12. Wat vra hulle uiteindelik van God in die laaste deel van hulle gebed?




                                                    13
      Vraag 12. “Die Sanhedrin kon maar dreig, hulle dreigemente het nie tot vrees en stilswye gelei nie
      maar tot groter onbeskroomdheid van spraak. Die apostels het daarom gebid dat hulle die moed sal
      hê om hulle boodskap sonder aansien des persoons te verkondig, en dat God hulle getuienis in die
      openbaar sal beseël deur nog groot wondergenesings en soortgelyke tekens en wonders deur
      dieselfde naam te laat gebeur as wat die verlamde man genees het — die naam van sy ‘heilige
      Dienaar, Jesus’ ” (The Book of Acts, soos vertaal, pp. 106–7).


13. “Nadat hulle gebid het, het die plek waar hulle bymekaar was, geskud. Hulle is almal
met die Heilige Gees vervul en het met vrymoedigheid die woord van God verkondig.”
Op watter maniere het jy die krag van die Heilige Gees nodig om die wêreld vandag aan
te durf?




Vra God om jou met die Gees te vervul waar die krag vir en opdrag om die evangelie te
verkondig, gedurig bevraagteken word.


5 Een van Hart en Siel
Handelinge 4:32–5:16
      Doel: Om die eenheid van die kerk waar te neem as ’n uitdrukking van die Heilige Gees se krag.
Dit was met ’n gevoel van afgryse en pyn dat ek die een naam na die ander wat op die
Viëtnam Gedenkmuur in Washington, D.C. gegraveer is, gelees het. Toe, langs die
gedenkmuur, sien ek ’n standbeeld van drie mans — ’n swart, Spaanse en blanke soldaat.
Hulle het baie na aan mekaar gestaan.
   Die toergids, ’n oudsoldaat wat in Viëtnam geveg het, het aan ons die betekenis van die
standbeeld verduidelik. Hy het gesê dat meer minderheidsgroepe as ooit tevore vir die
VSA geveg het. En die rede waarom hulle so na aan mekaar gestaan het, was dat hulle in
Viëtnam, soos nog nooit tevore nie, geleer het hoe nodig hulle mekaar gehad het.
   In hierdie studie sal ons sien dat wanneer die stryd geestelik van aard is, ons behoefte
aan mekaar selfs nog meer belangrik is.

1. Wanneer het jy die krag van die Heilige Gees in jou lewe ervaar omdat jy in
eensgesindheid met ander gelowiges was?




2. Lees Handelinge 4:32–5:16. Hoe word eenheid van hart en siel in 4:32–37
gedemonstreer?




                                                    14
      Vraag 2. “Die geesvervulde gemeenskap het ’n merkwaardige eensgesindheid weerspieël wat selfs
      in die gesindheid teenoor privaat eiendom na vore gekom het. Elke lid het sy private eiendom
      beskou as iets wat tot beskikking van die gemeenskap was: diegene wat huise of grond besit het, het
      dit verkoop sodat dit makliker in die vorm van geld aan die gemeenskap beskikbaar gestel kon
      word. Die ryker lede het dus voorsiening gemaak vir die armer lede, en vir ’n ruk het niemand rede
      gehad om oor honger of gebrek te kla nie. Die apostels het die vrywillige offers wat gebring is as
      gemeenskapsleiers ontvang, maar het skynbaar die verspreiding daarvan aan ander opgedra omdat
      hulle hul tyd en energie aan die openbare getuienis van die opgestane Christus moes wy. Wanneer
      hulle dit gedoen het, was die krag van God deur magtige werke in hulle prediking teenwoordig deur
      te gee waarvoor hulle gebid het (v. 30). En hulle het die genade van God en die goedgesinheid van
      die inwoners van Jerusalem bly geniet ” (The Book of Acts, pp. 108–9).


3. Wat het Ananias en Saffira gedoen wat nie met die Christengemeenskap ooreengestem
het nie (5:1–2)?




4. Stel jou voor jy hou die onderonsie tussen Petrus en Ananias en Saffira dop (5:3–9).
Hoe sal jy die gebeure rapporteer?




5. Vers 11 sê “Die hele gemeente en al die ander mense wat hiervan gehoor het, het baie
bang geword.” Hoe dink jy is die kerk deur hierdie vrees geraak?




      Vraag 5. Dit is ’n spekulatiewe vraag hierdie. Laat die groep ’n bietjie kop krap en dink oor hoe
      hulle sou gevoel het as hulle so ’n voorval moes sien gebeur.


6. Hoe weerspieël hierdie storie die hoë premie wat God plaas op waarheid en eenheid in
die liggaam van Christus?




      Vraag 6. “Die soewereine teenwoordigheid van die Heilige Gees is so werklik dat enige optrede
      teenoor die kerk beskou word asof dit teen die Gees gedoen is, net soos enige handeling deur die
      kerk aan die Gees toegeskryf is” (The New Bible Commentary, p. 978).
         Hierdie vertelling benadruk die Gees se inwonende teenwoordigheid by die kerk asook die
      praktiese en ernstige implikasies daarvan.


7. Op watter maniere lieg ons ook vandag vir mekaar in ons Christelike gemeentes?


                                                     15
      Vraag 7. Staan genoeg tyd aan hierdie vraag af vir die groep om te bepaal hoe daar “gelieg” word.
      Dit is ’n belangrike kwessie en kan subtiel wees. Ons kan lieg deur halwe waarhede kwyt te raak,
      inligting oor ander bekend te maak sonder om seker te wees van die waarheid daarvan (nie dat die
      wete dat dit waar is dit outomaties regverdig om iets oor te vertel nie), deur voor te gee wat ons nie
      werklik is nie, deur te weier om mislukkings te erken of sonde te bely, ensovoorts.


8. Hoe lei hierdie leuenagtige praktyke in ons gemeentes tot die dood, in ’n geestelike
sowel as emosionele sin?




      Vraag 8. Waarheid en integriteit vorm die grondslag vir vertroue. Sonder vertroue kwyn en sterf ’n
      gemeenskap.


9. Watter tasbare bewyse is daar van die Heilige Gees se krag in hierdie gemeente 5:12–
16?




10. Waarom, dink jy, het niemand dit gewaag om by die gelowiges aan te sluit waar
hulle in die Pilaargang van Salomo saamgekom het nie?



      Vraag 10. Hulle het waarskynlik die vervolging gevrees wat die apostels ervaar het.


11. Watter verskil sou dit aan ons getuienis teenoor die wêreld vandag kon maak indien
gelowiges ook “hoog geag” is deur die mense?




12. Watter kenmerke het jou Christelike gemeente en die gelowiges in Handelinge
gemeen?




Hoe verskil julle?


13. Hoe kan jy begin om ander te help verstaan waaroor Christelike eensgesinheid in ’n
gemeente gaan?


                                                      16
6 Vervolging en Verspreiding
Handelinge 5:17–6:7
      Doel: Om na te dink oor hoe hopeloos ontoereikend die mense was wat geprobeer het om die groei
      van die kerk van Jesus Christus te dwarsboom, en om te sien hoe die kerk aangehou het om uit te
      brei.
In 1956 het hierdie tragiese nuus die wêreld bereik. Vyf Amerikaanse mans — seuns,
eggenote en vaders — is deur Indiane van die Auca-stam uitgewis. Hulle doel was om die
goeie nuus van Jesus Christus aan die Aucas oor te dra maar weerstand teen hulle poging
het hulle lewens gekos.
  Die verskriklike verlies wat op daardie stadium so onnodig gelyk het, het tot groot vrug
in die koninkryk van God gelei. Deur die jare is dieselfde stam Indiane deur die krag van
God verander. Die boodskap van Jesus is deur die dierbares van daardie vyf jong manne
na hulle geneem. Ander sigbare vrugte as gevolg van hierdie groot verlies, is die talle
ander wat die wêreld met die evangelie ingegaan het nadat hulle deur die lewens en dood
van hierdie sendelinge geïnspireer is. Die kerk van Jesus Christus brei vandag nog uit ten
spyte van geweldige vervolging, net soos dit het in die tyd van die apostels.

1. Wanneer het jy teenkanting ervaar, van binne en/of van buite, toe jy die boodskap van
Jesus probeer verkondig het?




Wat is vir jou die moeilikste om te hanteer? Waarom?




2. Lees Handelinge 5:17–42. Maak ’n lys van die emosies en wat dit veroorsaak het,
soos dit in hierdie gedeelte voorkom.




      Vraag 2. Dit is ’n oorsigtelike vraag hierdie. Dit wil jou groep help om die gebeure in hierdie
      gedeelte goed te begryp. Lei die groep deur die teks sonder om in besonderhede te verval. Gee
      nogtans aandag aan die meer bedekte emosionele oomblike sowel as die meer opvallende.
      Byvoorbeeld, na ’n bespreking van die opvallende, vra opvolgvrae soos: Hoe, dink jy, het die
      apostels gevoel toe ’n engel van die Here in die nag die tronkdeure oopgemaak en hulle uitgelei het
      (v. 19)? Hoe moes die wagte gevoel het toe hulle by die tronk kom en sien dat die apostels weg is
      (v. 22)?




                                                    17
3. Beskryf die apostels se reaksie, motivering en bron van krag dwarsdeur hierdie
episode.




4. Op watter maniere ervaar jy ’n behoefte aan hierdie tipe reaksie, motivering en steun
op die krag van die Heilige Gees in jou lewe?




in die lewe van jou Christen-gemeenskap?




      Vraag 4. Wat met die apostels gebeur het, is ’n dramatiese geval. Dit is nie nodig dat jou groep
      soortgelyke ervarings hoef te beleef om hierdie vraag te kan beantwoord en wat ons hier leer op
      hulle lewens en kerke toe te pas nie. Vrae wat dalk kan help is: Watter situasies in jou lewe verg
      moeilike, konsekwente gehoorsaamheid? In watter situasies tydens die verkondiging van die
      evangelie het jy die vrede van die Heilige Gees nodig, en deursetting? Is daar verhoudings in jou
      lewe waar duidelike verkondiging van die goeie nuus oor Jesus nodig is, selfs al word dit verwerp?
      Watter besluite moet jy doen om eerder vir God as ’n kulturele voorskrif te gehoorsaam?


5. Wat was Gamaliël se boodskap aan die geestelike leiers (v. 34–39)?




6. Hoe het sy optrede, waardeur die lewens van die apostels gered is, die waarheid van
wat hy gesê het, bewys?




      Vraag 6. Sy boodskap was, “God heers oor almal. Laat hierdie manne gaan sodat ons kan sien of
      hulle van God is.” Dit is vir my opvallend dat Gamaliël se woorde — die woorde van ’n
      ongelowige — gebruik is om die Raad te oortuig om die apostels se lewens te spaar en so ’n
      voorbeeld was van “God se heerskappy oor almal.”


7. Lees Handelinge 6:1–7. Namate die getal gelowiges toegeneem het, watter praktiese
probleme het opgeduik?




                                                    18
8. Hoe het die Twaalf op hierdie probleme gereageer (6:2–6)?




9. Hoe het hierdie reaksie bewys gelewer van hulle begrip vir die probleme maar ook
hulle toewyding aan dit waartoe God hulle primêr geroep het?




      Vraag 9. Hulle het na die mense se behoeftes geluister en opgetree. Hulle het die werk gedelegeer.
      Hulle het die vereistes gestel waarvolgens manne gekies moes word. Hulle het die geestelike aard
      van die werk van die sewe begryp en hulle die hande opgelê. Die Twaalf het nie probeer om alles
      self te doen nie. Hulle het geweet dat hulle geroep was om aan die bediening van die Woord en
      gebed aandag te gee.


10. Hoe vergelyk of verskil hierdie reaksie op nood met dié van jou
Christengemeenskap?




11. Wat is die gesindheid van almal in hierdie gedeelte wat by die werk van God
betrokke is?




Wat is die reaksie op die waarheid wat uitgeleef en verkondig word?




12. Wanneer jy die werk van die Heilige Gees in hierdie gedeeltes sien, watter stappe
moet jy en/of jou groep doen om die Gees se werking onder julle te verseker?




                                                    19
7 Stefanus, Vol van die Gees en Wysheid
Handelinge 6:8–7:60
      Doel: Om God se Gees en wysheid in Stefanus te ondersoek en te kyk hoe ons dit ook meer deel
      van ons lewens kan maak.
Ek is dankbaar vir die mense in my lewe wat die verlange om God beter te leer ken, in
my wakker maak. God se karakter in hulle veroorsaak dat ek ’n honger en dors na Hom
het. Dit is wat met my gebeur wanneer ek aan Stefanus blootgestel word. Ek lees sy
verhaal en wil dan vir God ken.
  Stefanus word beskryf as iemand “aan wie God baie genade en krag gegee het, vol van
die Heilige Gees.” Hy was ’n aanwins vir die vroeë kerk maar vyande van die kerk kon
hom nie verdra nie.

1. Dink aan iemand wat maak dat jy God beter wil leer ken. Hoe is daardie persoon?




      Vraag 1. Wanneer jy op die punt staan om die groep deur hierdie gedeelte te lei, vra God om in
      hulle te werk sodat hulle sal verlang om met die Heilige Gees en sy wysheid vervul te word.


2. Lees Handelinge 6:8–7:60. Wat leer jy omtrent Stefanus in hierdie gedeelte?




      Vraag 2. Gee die groep kans om deur die gedeelte te blaai en vir Stefanus te leer ken. Jy kan dalk
      opvolgvrae vra, soos: Wat beteken dit om “baie genade en krag” van God te ontvang het (v. 8)? Van
      watter betekenis, dink jy, is die feit dat sy gesig “soos dié van ’n engel” gelyk het? Watter impak
      sou dit op die skare gehad het? Beskryf die manier waarop hy die waarheid verkondig het (v. 51–
      53). Hoe het sy karakter en gees gelyk (v. 59–60)?
         Jy sal beslis nie al die vrae wil vra nie. Jy gaan hulle dalk nie eers nodig kry nie. Dit hang net af
      van hoe goed jou groep vir Stefanus op hul eie leer ken en ervaar en hoeveel hulp hulle gaan nodig
      kry.


3. Hoe, dink jy, moes dit gewees het toe die geestelike leiers nie opgewasse was teen die
wysheid of die Gees waarmee Stefanus gepraat het nie?




      Vraag 3. Stefanus herinner ons aan Jesus. Oral in die evangelies was mense verbaas oor die
      wysheid en gesag waarmee Jesus gepraat het.
         Stefanus het die implikasies van Jesus se Messiasskap meer radikaal uiteengesit as wat enige van
      sy medegelowiges dit tot dusver gedoen het. Sy saak was so sterk dat sy teenstanders in die debat in
      ’n hoek gedryf was. Hulle het sy uitgangspunt wat op hul wedersydse erkenning van die gesag van




                                                      20
      die Ou Testament gebaseer was, aanvaar, maar geweier om sy gevolgtrekkings aan te neem. Dit het
      te revolusionêr en verregaande geklink. (F. F. Bruce, The Book of Acts, pp. 133–34)


4. Wat bring die beskuldigings teen Stefanus aan die lig oor waarom die Joodse
geestelike leiers so woedend was (6:13–14)?




      Vraag 4. Dit lyk of Stefanus insig gehad het van ’n meer geestelike aanbidding wat met die
      Christendom ingelui is en wat nie op die seremoniële wette of die tempel staatgemaak het nie. Dit is
      waarom die klag teen hom gebring is. Hy was meer versiende as die ander Christelike leiers deurdat
      hy bewus was van die breuk wat die Christendom met die Joodse aanbidding gebring het. Hiermee
      het hy die aanvoorwerk vir Paulus en die skrywer van Hebreërs gedoen.
         Die Twaalf het die agting en goedgesindheid van Jerusalem se bevolking behou; hulle het die
         dienste in die tempel gereeld bygewoon en op die oog af gelyk na toegewyde Jode wie se enigste
         onderskeid was dat hulle in Jesus geglo en Hom as die Messias verkondig het. ’n Nuwe toon is
         egter gehoor tydens die debatte in die Griekse sinagoge wat Stefanus bygewoon het. Een wat die
         afskaffing van die tempelstelsel en die instelling van ’n nuwe en meer geestelike vorm van
         aanbidding in die vooruitsig gestel het. Al is die beskuldigings van Stefanus se aanklaers vaag, is
         dit nie vir ons moeilik om agter die werklike strekking van sy argumente te kom nie.
            Sy toespraak is ’n beredeneerde uiteensetting van sy standpunt oor die verbygaande aard van
         die Joodse vorm van aanbidding. ’n Aanval op die tempel, soos wat in Stefanus se stellings
         opgevat is, is as die ergste vorm van laster denkbaar beskou; daar was ook die onderhorige
         kwessie dat Jerusalem se ekonomie om die tempel gesentreer het. Die leiers het hulle kans benut
         en Stefanus op ’n gewilde klag voor die Raad gesleep. (The New Bible, p. 979)


5. Die toespraak in hoofstuk 7 word soms “Stefanus se verdediging” genoem hoewel dit
in werklikheid die verdediging van suiwer Christenskap is as God se voorskrif vir
aanbidding. Wat is die hoofpunte van hierdie verdediging?




      Vraag 5. Stefanus se verdediging is ’n oorsig van Israel se geskiedenis. Dit neem die vorm aan van
      ’n historiese terugblik — ’n vorm wat goed gevestig was in die Joodse tradisie. Hy stel die inhoud
      van sy antwoord op die beskuldigings bekend; die oprigting van Salomo se tempel en die
      oorhandiging van die wet op die berg Sinai. Die weiering van hulle voorvaders om Moses te
      gehoorsaam, die feit dat hulle voorvaders die tabernakel in die woestyn gehad en daar kon aanbid
      het, en die feit dat God nie tot een plek beperk kon word nie, is ook belangrike punte.


6. Wat het God aan Abraham vertel, gaan met sy nageslag, die Hebreërs gebeur (7:1–7)?




7. Hoe word jy daardeur geraak wanneer jy sien hoe alles wat God vir Abraham jare
voor die tyd vertel het oor wat met die Hebreërs sou gebeur, in die geskiedenis sien
ontvou?


                                                     21
8. Watter afleidings maak Stefanus oor waar God aanbid kan word 7:44–50?




9. Watter direkte toepassing maak Stefanus aangaande die geestelike leiers na aanleiding
van 7:39–43 (kyk 7:51–53)?




10. Hoe het God vir Stefanus regstreeks bedien toe hy voor die ontstoke leiers en sy eie
dood te staan kom?




11. Deur hierdie hele gedeelte heen sien ons in Stefanus bewys van Geesvervuldheid en
wysheid. Wat is die bewyse vandag van Geesvervuldheid en wysheid?




      Vraag 11–12. Maak seker dat daar genoeg tyd is om hierdie vrae te bespreek, nie net vlugtig
      daaraan te raak nie. Laat ook tyd toe vir gebed oor wat geleer is.


12. In watter aspek van jou lewe sou jy graag meer van God se Gees en wysheid wou
weerspieël?




Vra God om jou met sy Gees en wysheid te vul.




                                                   22
8 Die Krag van Leiding
Handelinge 8:1–40
      Doel: Om die uitbreiding van die kerk te midde van vervolging en leiding na te speur, en die
      beginsels van evangelisasie wat ons in hierdie proses sien, in ons eie lewens toe te pas.
Stefanus is dood. Toe hy dood is, het die mense baie oor hom gerou. Die kerk het die
tragedie van sy eerste martelaar ervaar.
   In hierdie studie ontmoet ons vir Filippus en Saulus. Saulus het Stefanus se dood
goedgekeur. Hy is besig om al sy kragte in te span om die res van Jesus se volgelinge uit
te roei. In teenstelling hiermee is Filippus een van die sewe en vol van die Heilige Gees
en wysheid. Sy energie word bestee aan die verkondiging van die waarheid oor Jesus. Die
mense reageer.
   En so word beide die vervolging en uitbreiding van die kerk voortgesit.

1. Wat voel jy het jy nodig om ’n meer doeltreffende getuie vir Jesus te word?




2. Lees Handelinge 8. In hierdie gedeelte gaan die opdrag om getuienisse in die hele
Judea en Samaria te wees (Handelinge 1:8) in vervulling. Wat gee daartoe aanleiding, en
wat is die omvang van die verspreiding van die evangelie op hierdie staduim?




      Vraag 2. “Die vervolging en verstrooiing het egter die vervulling ingelei van ons Here se opdrag
      aan sy dissipels in hfst. 1:8, ‘en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en
      in Samaria…’ ‘Die gemeentes van God in Judea, hulle wat aan Christus Jesus behoort’ (om Paulus
      se taal in 1 Tess 2:14 te leen) het in hierdie tyd van vervolging ontstaan” (F. F. Bruce, The Book of
      Acts, p. 175).
         Omdat die Jode die Samaritane geminag het, was dit ’n dapper stap van Filippus om die goeie
      nuus aan die Samaritane te gaan verkondig. Die Samaritane het nietemin saam met baie van die
      Jode op die koms van die Messias gehoop.
         “Petrus en Johannes is na Samaria gestuur om te sien of die Samaritane werklik gelowiges word.
      Die Joodse Christene, selfs die apostels, was nog nie seker of heidene (nie-Jode) en half-Jode die
      Heilige Gees kon ontvang nie. Dit sou nie voor Petrus se ondervinding met Kornelius (hoofstuk 10)
      wees dat die apostels heeltemal oortuig sou word dat die Heilige Gees vir almal bedoel is nie ” (The
      Life Application Bible [Wheaton, Ill.: Tyndale House], pp. 1636).


3. Hoe word voortgegaan om die krag van die Heilige Gees te demonstreer?




                                                      23
      Vraag 3. Moenie die werk wat die Gees op ’n stiller manier in Filippus gedoen het, vergeet
      wanneer daar na die meer dramatiese werking van God se Gees gekyk word nie.


4. Kyk na die storie van Simon die Towenaar (v. 9–25). Hoe het hy probeer om
geestelike krag te kry?




Wat het hom gemotiveer om hierdie krag te wil hê (v. 18–19)?




5. In teenstelling hiermee, wat is God se manier vir sy mense om geestelike krag te
ontvang (v. 20–23)?




      Vraag 5. Die manier om God se krag te ontvang is om sy vergifnis te vra, van die sonde weg te
      draai en die Heilige Gees te ontvang. God se krag kom met bekering en geloof in Christus as
      Verlosser. Dit staan lynreg teenoor die wêreld se beskouing van hoe om krag te kry.


6. Die verhaal van Simon die Towenaar toon dat deur ’n Christen te word nie alle
probleme en persoonlikheidsgebreke onmiddellik opgelos word nie. Wat leer jy by Petrus
oor die versorging van jong gelowiges?




Watter vrug sien jy in Simon?



      Vraag 6. Daar word heelwat gedebateer oor die egtheid van Simon se bekering. Help die groep om
      nie te veel tyd aan so ’n tipe debat te bestee nie maar liewer indringend deur die beginsels wat hier
      genoem is, te werk.
         Dit lyk of Filippus die man se dissipelskap aanvaar het. Trouens, sy beweerde verbintenis aan die
      kerk kon dalk as ’n merkwaardige bekering opgeteken geword het … Sy geloof het om
      wonderwerke gedraai (13, 19, 20) en het in verbasing geëindig, nie heiligheid nie; sy beskouing van
      God was materialisties; sy doel was selfverheffing; hy was bang, maar nie merkbaar berouvol nie.
      (R. V. G. Tasker, The Acts, p. 73)
      Dit is waar hy begin het. Of sy bekering eg was of nie, die beginsels van dissipelskap en
      konfrontasie is belangrik. Verlossing is ’n proses, en Simon het baie dinge uit sy ou lewe gehad
      waarvan hy verlos moes word, as ons aanvaar dat sy bekering werklik was.



                                                     24
7. Watter faktore was betrokke toe die ontmande amptenaar die Here leer ken het (v. 26–
39)?




8. Hoe was Filippus se bediening aan die amptenaar die inleiding tot die getuienis “tot in
die uithoeke van die wêreld” (Handelinge 1:8)?




      Vraag 8. “Etiopië is suid van Egipte in Afrika geleë. Die amptenaar moes baie toegewy gewees het
      om so ’n lang pad te kom om in Jerusalem te aanbid. Die Jode het in die ou dae met Etiopië kontak
      gehad (Jeremia 38:7). Hierdie man kon dus ’n heidense bekeerling tot die Joodse geloof gewees het.
      Vanweë sy pos as tesourier van Etiopië, het sy bekering die Christendom binne die magstrukture
      van ’n ander regering gebring. Dit is die begin van die getuienis ‘tot in die uithoeke van die wêreld’
      (1:8). Jesaja het geprofeteer dat die heidene en ontmandes geseën sou word (Jesaja 56:3–5)” (The
      Life Application Bible, p. 1636).


9. Ons verwys vandag na verskillende tipes evangelisasie soos vriendskapsevangelisasie,
massaevangelisasie, deur-tot-deurevangelisasie, en literatuurevangelisasie. Watter tipes
evangelisasie sien jy in hierdie gedeelte?




      Vraag 9. Laat die groep terugblaai deur die gedeelte om die tipes evangelisasie te soek. Hierdie
      vraag is egter nie so belangrik soos die volgende een nie. Die doel daarmee is om te wys dat God op
      allerhande maniere en in alle tipe situasies werk. Dit is ook om jou groep aan te moedig om ’n
      bietjie na te dink oor hoe hulle die evangelie op die mees doeltreffende manier kan kommunikeer.


10. Watter evangelisasiebeginsels het jy in die gedeelte opgemerk?




      Vraag 10. Behandel hierdie vraag deeglik. Onthou sulke dinge soos die noodsaaklike,
      onontbeerlike rol van die Heilige Gees in bekering en in leiding na geleenthede waar mense gereed
      is. Gehoorsaamheid aan sy stem is noodsaaklik. Die plek wat die Woord inneem, is ook belangrik in
      die oordra van die geloof. Daar is ook talle ander wat genoem kan word.


11. Wat het jy uit hierdie gedeelte geleer wat van jou ’n meer doeltreffende getuienis vir
Jesus kan maak?




                                                     25
9 Saulus se Bekering
Handelinge 9:1–31
      Doel: Om God se wonderbaarlike werking in Saulus se bekering en die gevolge daarvan vir die hele
      kerk, te ondersoek.
Toe Chuck Colson in die tronk ’n Christen word, het die hele bevolking — Christene
sowel as nie-Christene — skepties gereageer. Van al die voorbokke in die Watergate-
skandaal, was hy een van die mees berugte. Kon so ’n konkelende man werklik tot God
kom?

1. Wie se bekering tot die Christendom was vir jou die mees verrassende? Waarom?




2. Lees Handelinge 9:1–31. Som op wat jy omtrent Saulus weet (7:58–8:3). Watter
bykomende insig kry jy omtrent hom uit 9:1–2?




      Vraag 2. “Die verhaal keer nou terug na Saulus van Tarsus en sy veldtog van onderdrukking van
      die Christene wat kortliks in 8:3 genoem is. Hy was nie tevrede daarmee om hulle net uit Jerusalem
      te dryf nie; hulle moes geagtervolg en uitgeroei word waarheen hulle ook al gevlug het, of dit nou
      binne die grense van die land Israel of daarbuite was. ‘Ek het hulle so gehaat’ — om sy eie woorde
      op ’n later tydstip aan te haal — ‘dat ek hulle selfs in die buitelandse stede vervolg het’ (Hfst
      26:11)” (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 193).
         Die hoëpriester was in beheer van binnelandse sake van die Joodse staat. Sy gesag is deur die
      Romeinse owerheid gehandhaaf. Sy dekrete was tot in ’n groot mate bindend vir Joodse
      gemeenskappe buite Palestina.
         Daar mag dalk iemand in die groep wees wat ’n vraag het oor die gebruik van die uitdrukking
      “die leer van die Here” of “die Weg” (1953-vertaling). “Die naam waarmee die Christendom hier
      beskryf is, ‘die leer van die Here’ (v 2) verskyn ook in 19:9, 23; 22:4; 24:14, 22. Die vroeë
      Christene het oënskynlik dié begrip gebruik om hulle eie beweging te onderskei en daarmee tekenne
      gegee dat dit die weg na die lewe of weg na saligheid was” (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 194).


3. Beskryf Saulus se ontmoeting met Jesus in vers 3–9. Wat is die emosionele,
geestelike, fisiese en sosiale klimaat?




      Vraag 3. Paulus self het een weergawe van sy ontmoeting met Christus gehad waarvan hy nie
      afgewyk het nie. In daardie een helder verligte oomblik het hy die verheerlikte Christus gesien en in
      die stem wat gevolg het, Christus gehoor praat.




                                                     26
         “Hoe meer mens die gebeure bestudeer, hoe meer moet mens met die agtiende-eeuse Engelse
      staatsman, George Lyttelton, saamstelm dat ‘die bekering en apostelskap van Paulus alleen,
      wanneer behoorlik oordink, op sigself afdoende bewyslewering was dat die Christenskap ’n
      goddelike openbaring is.’ ” (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 196).


4. Ananias is die tweede persoon binne drie dae om ’n direkte ontmoeting met die Here
te hê. Vergelyk en stel sy ontmoeting (v. 10–16) teenoor dié van Saulus.




      Vraag 4. Help die groep om deeglik na hierdie twee ontmoetings met die Here te kyk. ’n
      Doeltreffende manier om dit te doen is om hulle met mekaar te vergelyk of teenoor mekaar te stel.
         Voorbeelde van verskille, sluit in: Saulus wat vra, “Wie is U, Here?” terwyl Ananias onmiddellik
      geweet het wie hom roep. Die Here vra Saulus na sy optree teenoor Hom, maar met Ananias is die
      verhouding reeds gevestig en begin Hy met bevele.
         Voorbeelde van hoe die twee ontmoetings vergelyk, is: Beide reageer in gehoorsaamheid. Vrae
      word ook deur die Here toegelaat en beantwoord. Soek mooi na ander voorbeelde.


5. Wat is die betekenis van Ananias se manier om Saulus as “broer” aan te spreek (v.
17)?




      Vraag 5. Dit is veral moeilik om liefde te betoon teenoor iemand vir wie ons bang is of wie se
      motiewe ons in twyfel trek. Ananias was bang vir Saulus en het hom nie vertrou nie. Maar hy het
      uit gehoorsaamheid aan die Here vir Saulus in liefde gegroet, selfs soos vir ’n broer. Daarmee is
      Saulus as ’n lid van God se familie aanvaar.


6. Wat leer jy deur Saulus en Ananias omtrent gehoorsaamheid aan God?




7. Wat leer Saulus se bekering ons omtrent diegene in ons lewens wat heel waarskynlik
nie tot geloof sal kom nie?




8. Dink aan die mense in jou lewe wat die mees antagonisties teenoor die Christenskap
staan. Hoe sou God jou kon gebruik om hulle na Christus te bring?




                                                    27
9. Hoe reageer die gelowiges sowel as nie-gelowiges op Saulus en sy bediening (v. 19–
30)?




10. Watter rol speel Barnabas in Saulus se lewe en bediening?




      Vraag 10. Jy mag dalk jou groep wil help om te dink aan wat kon gebeur het indien Barnabas nie
      tot Saulus se verdediging gekom het teenoor die gelowiges wat hom gevrees het nie.


11. Barnabas beteken “iemand wat mense moed inpraat” (4:36). Wanneer was iemand
vir jou ’n Barnabas en/of was jy een vir iemand anders?




      Vraag 11. Barnabas was een van die Joodse bekeerlinge soos genoem in 4:36. Hy het die brug
      tussen Saulus en die ander Christene en apostels geword.
         Nuwe Christene het hulp en ondersteuning nodig. Hulle het mense nodig wat meer ervare is in
      die geloof, wat ’n pad saam met hulle sal loop, hulle sal onderrig, bemoedig en aan ander gelowiges
      sal voorstel. Help die groep om te dink hoe dit met hulle gebeur het, en in besonder, hoe hulle dit
      kan word vir jong gelowiges wat hulle ken of na die Here gelei het. Hulle behoort te bespreek hoe
      hulle op hierdie terrein wil groei en kan selfs ’n paar doelwitte stel.


12. Hoe sou jy wou groei as ’n persoon wat die evangelie oordra aan mense wat vyandig
teenoor dit staan?




                                                    28
10 Verlossing vir Elke Volk
Handelinge 9:32–10:48
      Doel: Om ons begrip te verbreed van die evangelie se potensiaal om elke persoon in die uithoeke
      van die wêreld te bereik.
Die Berlynse muur het eens ondeurdringbaar en kommunisme magtig en onvernietigbaar
gelyk. Vir sewentig jaar het Christene gewonder of Kersfees ooit weer openlik in Rusland
gevier gaan word.
   Maar toe val die muur op dramatiese wyse. Kommunisme verbrokkel. En lande wat
jare lank vir die evangelie gesluit was, begin om Christene, hulle hulp en hulle boodskap
met oop arms te verwelkom.
   Die geskiedkundige deurbraak was soos die een wat die vroeë kerk in hierdie gedeelte
ervaar het. ’n Oënskynlik ondeurdringbare geestelike muur is afgebreek. In beide
situasies sien ons dat vanaf God se gesigspunt beskou, daar altyd die potensiaal bestaan
om elke persoon in elke uithoek van die wêreld met die wonderlike nuus van Jesus
Christus te bereik.

1. Wanneer het jy weens kulturele of rasseverskille van mense afgesny gevoel?




2. Lees Handelinge 9:32–10:48. Hoe is God se krag in 9:32–43 gedemonstreer?




3. Dit is die eerste keer dat Petrus by die opwekking van iemand uit die dood betrokke
geraak het. Hoe het dit dalk gehelp om hom voor te berei op wat in hoofstuk 10 gebeur?




      Vraag 3. Om deur God gebruik te gewees het om iemand uit die dood op te wek, kon die
      onmoontlikheid om die evangelie na heidene te neem, dalk meer “moontlik” maak.


4. Hoe het God vir Kornelius vir Petrus se besoek voorberei (10:1–8)?




5. Wat, volgens 10:4, het God van Kornelius notisie laat neem?



                                                   29
6. Tot in watter is gebed en gawes aan die armes vir jou prioriteite?




7. Op watter maniere het God Petrus vir Kornelius voorberei (10:9–33)?




      Vraag 7. In vers 14 maak Petrus teenoor God beswaar. Dit gebeur drie keer. Petrus wonder oor die
      visioen. Ten spyte van sy onsekerheid nooi Petrus die heidene in die huis en gaan hy die volgende
      dag saam met hulle. In vers 28 herinner Petrus Kornelius daaraan dat vir hom om met heidene te
      meng, strydig is met die Joodse wet. Hy deel mee wat God vir hom in die visioen gewys het. (Hy
      bly skynbaar skepties.) Dit lyk of Kornelius se verduideliking vir Petrus groter duidelikheid bring,
      en hy sê, “Waarlik, ek begryp nou eers dat God nie onderskeid maak nie, maar in enige volk mense
      aanneem wat Hom vereer en doen wat reg is.” Petrus is dan gewillig om die boodskap met die
      heidene te deel, die uitstorting van die Gees op hulle waar te neem en erken, en selfs om voor te stel
      dat hulle gedoop word (die doop verteenwoordig hulle toetrede tot die Christelike kerk).


8. Watter bewys is daar dat Kornelius verwag het dat God gaan werk (10:24–26)?




      Vraag 8. Kornelius het hulle ingewag, vriende en familie uitgenooi en Petrus met eerbied ontvang.


9. Watter lesse leer ons uit Kornelius se lewe?




      Vraag 9. Die lesse wat ons uit Kornelius se verhaal kan leer, sluit in: God reik uit na mense wat
      Hom wil ken. Die evangelie is vir alle mense. Daar is oral mense wat graag wil glo.


10. Deur hierdie hoofstuk heen sien ons Petrus in ’n proses rondom God se wil dat hy die
evangelie na die heidene moet neem. Gaan Petrus se proses van groei in begrip na.




                                                     30
      Vraag 10. Kyk 10:9–48. Kyk mooi na alles wat God vir Petrus doen in hierdie proses om die
      evangelie na die heidene te neem.


11. Wat sou die gevolge gewees het indien Kornelius of Petrus God nie gehoorsaam het
nie?




12. Ter opsomming, hoe sien jy dat God se doel, soos genoem in Handelinge 1:8, “Maar
julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies
wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die
wêreld,” in hierdie gedeelte vervul word?




      Vraag 12. Nie alleen is die evangelie aan heidene oorgedra en die eerste heidense kerk gestig nie,
      maar Kornelius was ook verantwoordelik vir ’n honderd soldate en sou waarskynlik binnekort na
      Rome moes terugkeer. Sy bekering was ’n belangrike skakel in die verspreiding van die evangelie
      na die hoofstad.


13. Op watter maniere moet jy nog groei in jou kommunikasie met mense van ander
kulture?




                                                    31
11 Die Eerste Joods-Heidense Kerk
Handelinge 11
      Doel: Om sien hoe die kerk ontwikkel van ’n Joodse kerk afgesonder van die heidene, na ’n Joods-
      Heidense gemeente.
Lukas het die verhale oor Petrus en Kornelius, en Ananias en Saulus met verstommende
simmetrie vertel. The Heilige Gees het tegelyk die hart van Ananias en Saulus voorberei
— soos wat Hy ook die harte van Petrus en Kornelius tegelykertyd voorberei het. Petrus
het bevraagteken en gehuiwer; so ook Ananias. Petrus het gewonder of hy heidene kon
bevriend; Ananias of hy die vyand van die kerk kon nader. Beide gehoorsaam sonder
aarseling wanneer God sy goddelike wil bekend maak.
  Hierdie stories word in vandag se studie saamgevat. Petrus verdedig sy bediening van
Kornelius teenoor die kerk in Jerusalem. Hy oortuig hulle van God se werk onder die
heidene. Dit is ook hier waar Saulus, die eertydse vyand van die kerk, weer verskyn as ’n
dienaar van die woord aan die kerk in Antiogië, ’n kerk vol Joodse en nie-Joodse
Christene.

1. Wanneer is jy deur ander Christene gekritiseer omdat jy gedoen het wat reg is?



2. Lees Handelinge 11:1–30. Watter tipe ontvangs het op Petrus gewag toe hy na
Jerusalem terug is?



3. Hoe is jy wanneer iemand jou kritiseer?



4. Wat kan ons leer uit die manier waarop Petrus op sy kritici gereageer het?

      Vraag 4. Petrus tree saaklik op, nie verdedigend nie. Hy deel al die besonderhede mee en vertel
      presies wat gebeur het. Hy is eerlik en kwesbaar omtrent sy eie vrae en vertwyfeling. En hy deel sy
      diep oortuiging oor wat God gedoen het — “God het aan hulle ook dieselfde gawe as aan ons
      gegee. Wie was ek dan om God te probeer verhinder?”


5. Wat was skynbaar vir Petrus die laaste en mees oortuigende bewys van God se
werking onder die heidene (v. 15–17)? Waarom?




6. Watter tipe bewyse van nuwe lewe soek jy in nuwe gelowiges?




                                                    32
7. Intussen het die evangelie teen ’n geweldige tempo onder die heidende in Antiogië
versprei. Watter tipe nasorg is aan die nuwe gelowiges gegee (v. 22–30)?



      Vraag 7. Die vroeë kerk was baie pligsgetrou in hulle versorging van nuwe gelowiges. In hierdie
      gedeelte word Barnabas na Antiogië gestuur wanneer die nuus dat die mense daar hulle tot die Here
      bekeer, die kerk in Jerusalem bereik het. Toe hy sien wat gedoen moet word, het hy hulp gaan kry.
      Hy het Saulus in Tarsus gaan haal en hulle het vir ’n hele jaar lank die kerk in Antiogië bedien.


8. Wat was die rede vir en die vrug van Barnabas se besoek aan Antiogië (v.22–30)?



      Vraag 8. In vers 22–26 word Barnabas beskryf as sensitief vir en bly oor God se genade en werk.
      Hy het hulle aangespoor, was vol van die Heilige Gees en het ’n vaste geloof gehad. Hy het ook oor
      eienskappe soos deursetting en deeglikheid beskik.
         Die leiers van die kerk in Jerusalem het die uitsonderlikheid van die situasie in Antiogië herken
         toe die nuus daarvan hulle bereik het. Net soos Petrus en Johannes vroeër na Samaria moes gaan
         om Filippus se sendingwerk deur te kyk, so stuur Jerusalem nou ’n afvaardiging na Antiogië om
         ondersoek te gaan instel na die vreemde gebeure wat in daardie groot stad besig was om plaas te
         vind. Dit was ’n kritieke oomblik; baie — veel meer as waarvan hulle bewus kon wees — het
         afgehang van wie hulle gekies het om te gaan. Danksy die voorsienigheid van God het hulle die
         beste man vir hierdie delikate en belangrike opdrag gekies — Barnabas, “iemand wat mense
         moed inpraat.” Barnabas self was ’n Sipriese Jood van geboorte, net soos sommige van die
         mense wat begin het om die evangelie aan die heidene in Antiogië te verkondig. Hy sou meer
         simpatiek en medelydend kon wees as die Joodse Christene wat nog nooit ’n voet buite Judea
         gesit het nie (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 240)


9. Hoe vergelyk en verskil ons versorging van nuwe gelowiges met die sorg wat hier
gegee word?




10. In hierdie gedeelte, hoe word die ware betekenis van “Christen” wees meer ten volle
ontdek en in ’n multikulturele kerk uitgeleef?




11. Op watter manier moet jou kerk en Christengemeenskap dit nog ervaar?




      Vraag 11. Ons het verseker nog dieselfde vooroordele as wat die vroeë Joodse kerk gehad het. Ons
      het net verskillende beginpunte. Help jou groep om hierdie dinge in die lig van wat ons Christelike
      reaksie behoort te wees, te bespreek.




                                                    33
12 Wonderbaarlike Bevryding
Handelinge 12
      Doel: Om ons ’n dieper begrip van God se krag te gee wanneer ons dit geopenbaar sien in Petrus se
      ontsnapping, Herodes se dood, en in die uitbreiding en verspreiding van God se Woord selfs te
      midde van hewige teenkanting.
Hudson Taylor, die bekende sendeling na China, het gesê, “Dis deur gebed alleen dat
God ’n mens beweeg.” Ons sien die krag van God in hierdie gedeelte geopenbaar in
antwoord op die gebede van sy mense.

1. Hoe het jy God al sien werk in antwoord op ’n groep mense wat ernstig gebid het?




2. Lees Handelinge 12:1–25. Beskryf die hoofkarakters in hierdie gedeelte.




Hoe reageer hulle op wat met en om hulle gebeur?




      Vraag 2. Help die groep om mooi na die mense te kyk en klein dingetjies raak te sien soos: Petrus
      wat in die tronk vas slaap, maar Herodes wat vier soldate as lyfwagte het. (Merk Petrus se vrede in
      vergelyking met Herodes se vrees en kommer.)


3. Wat motiveer blykbaar Herodes se optrede (v. 1–5)?




      Vraag 3. “Herodes het gedurende sy kort heerskappy oor Judea (41–44), ten spyte van sy foute,
      bewys dat hy ’n ywerige beskermheer van die Joodse geloof was en op vriendelike voet met die
      geestelike leiers van die mense verkeer. Daar word vertel dat hy op ’n keer toe hy die wet by die
      huttefees lees, by die woorde van Deut 17:15 (‘Jy moet iemand uit jou eie volk as koning aanstel. Jy
      mag nie ’n uitlander, iemand wat nie uit jou volk is nie, as koning aanstel nie), in trane uitgebars het
      omdat hy die Edomitiese afkoms van die Herdoes-familie onthou het. Die volk het egter uitgeroep:
      ‘Moet jou nie ontstel nie; jy is ons broer!’ ” (The New Bible, p. 987).
         “Sy teregstelling van Jakobus, seun van Sebedeus, en arrestasie van Petrus word hier vertel. Die
      woorde, ‘Toe Herodes sien dat dit by die Jode byval vind,’ is belangrik vir redes alreeds genoem”
      (The New Bible, p. 987).



                                                      34
         Herodes se aanval op die kerk was ongetwyfeld vanuit ’n beleidsoorweging gedoen om die ou
         vyande van die kerk, die Fariseërs en Sadduseërs, te behaag en te versoen.
            Die vervolging tot op hierdie stadium en die gevangenisneming van Petrus soos opgeteken in
         hierdie hoofstuk, is ’n direkte opvolging van die gebeure van hooftstuk 10:1–11:18. Die getroue
         onderhouding (van Joodse godsdienstige gebruike) wat die kerk in Jerusalem tot dusver
         gekenmerk het, het dus baie bygedra om die vrese van die geestelike leiers te besweer.
            Mits die Christendom binne die streng Joodse kamp bly en sy werksaamhede binne die
         raamwerk van die ou geloof voortsit, sou die Sadduseërs geen rede hê om fout te vind en die
         Fariseërs om te kla nie. Maar Petrus se verslag het verontrusting gebring wat buite die grense van
         die kerk gereik het. Gevestigde belange is geskud en die koning is óf oorgehaal, óf het ’n
         geleentheid raakgesien, sodat hy met die kleingeestige vervolging begin het.” (R. V. G. Tasker,
         The Acts, p. 99)


4. Wat weerspieël die kerk se reaksie op Jakobus se dood en Petrus se gevangeneming
(v. 5 and 12) omtrent gebed?




5. Dink aan Petrus se ontsnapping uit die tronk. As jy Petrus was, watter inlvoed sou dit
op jou gehad het?




      Vraag 5. “Petrus was onder bewaking van vier soldate per keer, waarvan twee waarskynlik
      weerskante van hom en twee by die deur was” (The New Bible, p. 987).


6. Wat, dink jy, was die rede vir die biddende Christene se reaksie op Petrus se
terugkeer?




7. Wanneer was jy nes daardie mense wat vir Rodé gesê het, “Jy is mal” (v. 15)?




      Vraag 7. Daar is geleenthede wanneer God ongewone dinge doen of gebede op dramatiese wyse
      antwoord en ons toelaat om hulle te sien. Ander se reaksie daarop kan letterlik wees, “Jy is van jou
      verstand af,” met ander woorde, “Dit kan nie waar wees nie.” Wanneer het dit met jou gebeur?


8. Waarom is Herodes neergevel (v. 21–23)?




                                                     35
9. Vergelyk Herodes se einde met wat met die woord van God gebeur het (v. 19–24).




      Vraag 9. “Die vervolger sterf; die saak wat hy vervolg het, leef met toenemende krag voort” (The
      New Bible, p. 988).


10. Die ernstige gebed van die kerk het ’n belangrike invloed op die verloop van gebeure
in hierdie hoofstuk gehad. Hoe word ons motivering om te bid deur hierdie waarheid
geraak?




11. Som hoofstuk 1–12 op deur ’n lys op te stel van die temas wat daarin voorkom en
wat jy daaruit geleer het.




      Vraag 11. As groepleier moet jy self ’n lys van die dinge wat jy in die eerste twaalf hoofstukke
      gesien het, opstel. Lei die groep dan deur hierdie oorsig en bespreek wat hulle geleer het.




                                                    36
Deel 2
God se Krag na die Uithoeke van die
Wêreld
Handelinge 13–28



1 Paulus se Eerste Sendingreis
Handelinge 13–14
      Doel: Om die persoonlike eienskappe wat Paulus so doeltreffend in wêreldwye evangelisasie
      gemaak het, te ondersoek.
Petrus het verdwyn. Ons weet nie waar hy wegkruip nie. Lukas lei Petrus van die toneel
af en Paulus tree na vore. Petrus, die apostel vir die Jode, het sy rol goed gespeel en die
pad voorberei vir Paulus, die apostel vir die nie-Jode.
   Paulus en Barnabas het hulle sending van hulp aan Jerusalem namens die kerk van
Antiogië afgehandel (11:29) en met Johannes Markus na Antiogië teruggekeer. In hierdie
studie gaan ons na Paulus se eerste sendingreis kyk — die begin van sy meesterplan vir
evangelisasie.

1. Dink aan iemand wat jy ken wat die evangelie effektief oordra. Watter eienskappe
sien jy in daardie persoon?




2. Lees Handelinge 13–14. Antiogië was die tweede groot metropool van die kerk en die
moeder van die nie-Joodse Christendom. Watter rol het die kerk in Antiogië gespeel in
Paulus se eerste sendingreis (13:1–3; 14:26–28)?




      Vraag 2. Die leiers van die kerk was verenig en het ’n klimaat vir aanbidding, gebed en vas geskep
      waarin hulle sensitief kon wees vir God se stem en doel met die mense in hulle gemeente. Hulle
      was gehoorsaam aan God, het Saulus en Barnabas die hande opgelê en hulle met ondersteuning en
      gebed uitgestuur.
        Daar is aanduidings dat die NT Christene veral sensitief was vir die Gees se kommunikasie
        wanneer daar gevas is. By hierdie geleentheid het die goddelike boodskap die leiers opdrag
        gegee om Barnabas en Saulus af te sonder vir ’n spesiale taak waartoe Hy hulle geroep het. Dit is
        dalk insiggewend dat die twee mans wat afgestaan moes word vir wat ons vandag sendingwerk



                                                    37
         oorsee noem, die beste en mees begaafde twee leiers van die gemeente was. (F. F. Bruce, The
         Book of Acts, p. 261)
      Die wêreldsending wat so begin is, was bestem om die geskiedenis van Europa en die wêreld te
      verander.
         Dit is belangrik dat ons kennis neem van en toepas wat gedoen is rondom Saulus en Baranbas se
      roeping vir hierdie bediening wanneer ons dink dat God ons vir wêreldevangelisasie geroep het.
      Hulle is in die konteks van ’n Christelike gemeente geroep en uitgestuur. Ons kan aanvaar dat
      hierdie gebed en ondersteuning volgehou is vir die drie jaar wat hulle weg was. Dit was ook
      dieselfde gemeente aan wie Saulus en Barnabas verantwoordelik was en verslag moes doen.


3. Wanneer sendinguitreiking gedoen word, hoe vergelyk en/of verskil kerke vandag met
dié van Antiogië?




4. Gaan Paulus se boodskap in Antiogië in Pisidië na (13:16–41). Watter waarhede van
die evangelie word oorgedra?




      Vraag 4. “Paulus voer aan dat die geskiedenis van die Joodse volk net verstaanbaar word in die
      volvoering in Christus in wie die belofte wat oorspronklik aan die Jode gegee is, vervulling vind.
      Die Wet kan nie red nie; dit is onvolledig (27, 32, 33, 39). Dit is natuurlik ook die tema van die
      brief aan die Galasiërs. Ten spyte van God se voorbereiding deur die ganse geskiedenis heen (17–
      23), en veral deur die bediening van die Wegbereider (24, 25), het die Jode van Jerusalem Hom
      verwerp (27–29). Deur dit te doen is die profesieë egter vervul en versoening en opstanding in die
      evangelie gestel (30–41)” (R. V. G. Tasker, The Acts, p. 105).


5. Hoe lewer Paulus se boodskap bewys van sy sensitiwiteit vir sy gehoor en die
konteks?




In watter verhoudings en situasies het jy dieselfde sensitiwiteit nodig?




6. Maak ’n lys van die verskillende reaksies op die evangelie (13:7–8, 13, 42–45, 48, 52;
14:1–5) wat in hierdie gedeelte voorkom.




                                                    38
7. Hoe het Paulus opgetree teenoor die wat die evangelie verwerp het (13:9–11, 46, 51),
en diegene wat geglo het (14:9–10, 21–23)?




8. In hierdie gedeelte was die reaksie van gelowiges op die evangelie om “vol blydskap
en vol van die Heilige Gees” (13:52) te word. Hoe algemeen is dit in die lewe van ons
kerk vandag? Verduidelik.




9. Mense vandag sal nie sommer offers bring aan diegene wat die Goeie Nuus oor Jesus
verkondig nie. Op watter maniere word ons nogtans versoek om “god” in ander se lewens
te wil speel deur erkenning te aanvaar vir iets wat God gedoen het?




10. Hoe kan ons mekaar help wanneer die versoekings kom?




11. Wanneer jy hierdie twee hoofstukke en Paulus se eerste reis beskou, watter
eienskappe sien jy in hom en in Barnabas wat hulle effektief in hulle bedieing gemaak
het?




      Vraag 11. Wanneer jy die groep in hulle antwoord op hierdie vraag lei, skenk aandag aan aspekte
      soos: dat daar op die sabbat in die Joodse sinagoges begin is, hulle onder leiding van die Heilige
      Gees was, die waarheid duidelik aangebied is, die Skrif as basis gebruik is vir alles wat hulle gesê
      het, en hulle gegaan het na waar mense ontvanklik sou wees vir die boodskap. Kyk ook na die dorpe
      waarheen hulle gereis het, die kruiskulturele beklemtoning, en die belangrikheid wat gegee is aan
      die kies, bemoediging en opleiding van leiers. Hulle het teenkanting en die bose trompop geloop
      (13:9–11).
         “Die gewoonte om die Christelike boodskap allereers in die Joodse sinagoge of sinagoges van
      elke stad waar hulle aangedoen het, te verkondig, sou ’n kenmerkende eienskap van Barnabas en



                                                    39
      Paulus se sendingprosedure word. Dit het prakties uitdrukking gegee aan die beginsel soos Paulus
      dit in Rom 1:16 gestel het — dat die evangelie ‘in die eerste plek [aan] die Jood’ verkondig moes
      word. Bowendien was Paulus ‘altyd seker van ’n goeie opening vir sy nie-Joodse sending onder die
      “Godvresendes,” wat deel was van sy gehoor in elke sinagoge’ (F. F. Bruce, The Book of Acts, p.
      263).
         Hulle is van Antiogië af gestuur wat ’n belangrike stad in die Romeinse Ryk was. Dit was ’n
      kosmopolitiese saamkomplek van Jode, Grieke, Romeiene en Siriërs. Die Christendom het hier vir
      die eerste keer ten volle kennis gemaak met die die breë stroom van diversiteit in die Ryk se lewe.
      Dit is hier waar die geloof die eerste keer heidene se aandag getrek het. “Julle sal my getuies wees
      in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld”
      (Handelinge 1:8).
         Hulle het gereis na die groot dorpe waar baie mense was en baie gekom en gegaan het. Siprus
      was van die vroegste tye af ’n belangrike eiland in die Midde-Ooste.
         Moet ten slotte nie die proses miskyk waarin Barnabas van die voor- na die agtergrond verskuif
      nie. Wanneer die geselskap Sirië verlaat, is die volgorde “Barnabas en Saulus”; teen die tyd dat
      hulle Siprus verlaat, is dit “Paulus en sy geselskap”!
         “Dit lyk nie of Barnabas omgegee het hieroor nie: sy grootheid van gees word weerspieël die ou
      koeplet —
             ‘It takes more grace than I can tell
             To play the second fiddle well.’ ”
      (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 266)


12. Watter van hierdie eienskappe wil jy hê dat God in jou moet ontwikkel sodat jy die
evangelie meer effektief kan kommunikeer?




                                                    40
2 Konflik in die Kerk
Handelinge 15
      Doel: Om maniere van konflikhantering binne die Christelike gemeente te ondersoek.
Sover dit die meeste terreine van die lewe aangaan, dink ek is ek nogal realisties. Wat
konflik onder gelowiges betref, is ek egter geneig om ’n idealis te wees. Ek glo dat God
eenheid onder ons verwag. Gelowiges behoort in staat te wees om konflikte op te los deur
daaroor te praat en bid, en daardeur te werk — net soos die kerk in Jerusalem dit hanteer
het.
  Ek word nietemin al hoe meer realisties oor hierdie saak. Ek het al talle situasies beleef
waarin ek gevoel het dat ek alles in my vermoë gedoen het om versoening te bewerk —
net om te misluk.
  Dit lyk of dit die geval is met Paulus en Barnabas. Hierdie twee manne wat deur God
gebruik is om voorkom dat ’n kerk verdeeld raak, kon nie hulle eie verskille oplos nie en
het uiteindelik geskei en verskillende rigtings ingeslaan. Wyle Kenneth Strachan van die
Latyns-Amerikaanse Sending het gesê, “Ons moet almal lewe en dien met ’n
voortdurende bewustheid van ons menslikheid.”

1. Hoe is jy wanneer jy sterk verskil met ander?




2. Lees Handelinge 15:1–35. Beskryf die konflik wat tussen die Christene in hierdie
gedeelte ontstaan.



      Vraag 2. Skep die toneel waarin hierdie drama afspeel. Wie is almal daar? Watter omstandighede
      gee aanleiding tot die konflik?


3. Beskryf die gees van almal wat betrokke is en watter stappe gedoen is om hierdie
konflik op te los.



      Vraag 3–4. Let mooi op en help die groep om hierdie vraag deeglik te beantwoord. Konflik is
      vandag ’n groot vyand binne die kerk omdat dit dikwels nie op Bybelse wyse hanteer word nie. Die
      antwoord op hierdie vraag vorm die basis van vraag 5, die handhawing van beginsels wat
      noodsaaklik is in konflikoplossing, en vraag 6 — waar het ek hulp nodig?
         Die eerste stap was om te erken dat daar konflik was. Dit is nie toegesmeer nie. Daar was ’n oop
      gesindheid om die konflik te hanteer. Hulle het mense na Jerusalem gestuur waar die konflik begin
      het.
         Hulle het op God eerder as die konflik gekonsentreer. Terwyl Paulus en Barnabas op pad was
      Jerusalem toe, het hulle die mense vertel van die wonderlike werke van God. Dit is ook hoe hulle by
      hul aankoms in Jerusalem begin het.




                                                    41
         Die gelowiges in Jerusalem het hulle “verwelkom”. Hulle was nie gegrief oor die besoek nie.
      Daar was geen stugheid of wrok nie. Hulle was almal ontvanklik om na mekaar te luister asook om
      hulle eie perspektief op ’n liefdevolle manier mee te deel. Hulle het gepraat vanuit hul ondervinding
      om God onder die heidennasies te sien werk en hulle het uit God se Woord gepraat. Hulle het die
      noodsaaklikheid daarvan besef dat hulle ondervinding met die Woord moes strook.
         Hulle begeerte as liggaam was om die nuwe heidense bekeerlinge te bemoedig. Hulle was lief vir
      hulle. Hulle wou na hulle uitreik en hulle lei. Hulle het openlik van hulle broederskap met die
      heidense gelowiges gepraat. Hulle het nie deur senioriteit of posisie probeer baasspeel oor hulle nie.
      Hulle het bewys hoe belangrik die nuwe gelowiges was deur mense na hulle te stuur om met hulle
      te praat en bemoedig asook ’n brief aan hulle te oorhandig.
         Die nuwe gelowiges is bemoedig. Hulle het in vrede uit mekaar gegaan. Hulle het nie ’n
      gedragsvoorskrif op die nuwe Christene afgedwing wat nie noodsaaklik was om ’n Christen te wees
      nie.


4. Wat was die gevolge hiervan?




5. Watter beginsels sien jy wat gevolg moet word wanneer ons konflik met ander
Christene in ons gemeente ervaar?




6. Watter van hierdie beginsels is vir jou die moeilikste om toe te pas?




7. Lees Handelinge 15:36–41. Op watter maniere sien jy (of kan jy aanneem) dat Paulus
en Barnabas eensgesind is?



      Vraag 7. Beide van hulle was toegewyd in hulle die diens van Christus. Hulle was soos een in hulle
      voorneme om God se liefde na die wêreld te neem en in hulle dogma. Hulle het saamgestem dat dit
      goed was om die kerke wat hulle geplant het, te besoek en selfs dat hulle nog ’n spanlid nodig
      gehad het. Hulle geskiedenis wat ons tot dusver gevolg het, sou spreek van ’n verhouding en
      eenheid wat op ’n sterk grondslag gebou is.


8. Wat was die rede vir hulle konflik?




9. Paulus en Barnabas het die punt bereik waar hulle “saamgestem het om te verskil” en
uit mekaar te gaan. Wat was die voordele verbonde aan hierdie tydelike oplossing?




                                                     42
      Vraag 9. Om ’n tydelike oplossing te vind is beter as ’n voortslepende stryd. Dit het hulle in staat
      gestel om die Here aan te hou dien. Daar was nou twee spanne wat uit gegaan het, in plaas van net
      een. Dit het beide van hulle tyd gegee om meer ernstig na God se wil te vra in die soeke na ’n
      oplossing.
         Ons het vanuit die Skrif genoeg rede om te glo dat Paulus en Barnabas weer versoen is (2 Tim
      4:11; 1 Kor 9:6; Gal 2:11–13). Hulle minder as ideale korttermynoplossing het op die lang duur
      herstel moontlik gemaak.


10. Beide Paulus en Barnabas het oënskynlik sterk gronde vir hulle standpunte gehad.
Onder watter omstandighede behoort ons afstand te doen van diep oortuigings wanneer
hulle deur ander betwis word?




11. Dit maak nie saak hoe sterk ons oor ’n saak voel nie, ons sien nie die hele prentjie
nie. Hoe behoort hierdie feit ons optrede teenoor mense met wie ons bots, te beïnvloed ?




      Vraag 11. Ons is kortsigtige mense. Hoewel ons beslis sterk standpunte moet huldig en moet kan
      oordra aan ander, is die manier waarop ons dit doen baie belangrik. Horace Fenton, Jr., in sy boek
      When Christians Clash (Downers Grove, Ill.: InterVarsity Press, 1987) praat van “om ons
      argumente teenoor mede-Christene aan te voer met wat ’n wyse man in ’n skynbare teenstrydigheid
      ‘voorlopige finaliteit’ genoem het.” Die feit dat Paulus en Barnabas nie die hele prentjie geken het
      nie, moes hulle nie verhinder om te praat nie, maar hulle aan hulle feilbaarheid herinner.


12. Wanneer jy met ander verskil, hoe vergelyk of verskil jou optrede met dié van Paulus
en Barnabas?




met die kerkleiers (v. 1–35)?




13. Hoe sou jy soos hulle wou word in jou reaksie in ’n konflik?




                                                     43
3 Wat Moet Ek Doen?
Handelinge 16
      Doel: Om te verstaan wat dit beteken om onmiddellik en onvoorwaardelik gehoorsaam te wees aan
      God se roeping.
Ek kan dit nog duidelik sien. Dit was tydens InterVarsity se Urbana Sendingkonferensie.
Die plek — ’n koshuiskamer. Die persoon, ’n jong vrou van die Bybelstudiegroep wat ek
gelei het.
  Ek het die aansporing van die Heilige Gees gevoel om by Susan se kamer in te loer.
Toe ek instap om “hallo” te sê, het sy opgekyk van die boekie wat sy besig was om te
lees en gesê, “Ek wil graag ’n Christen word. Sal jy my help?”
  Hierdie koshuisomgewing was nie so dramaties soos die tronk in Filippi nie, maar dit
was net so opwindend om Susan se woorde te hoor as wat dit vir Paulus en Silas moes
gewees het om die bewaarder te hoor uitroep, “Menere, wat moet ek doen om gered te
word?”
      Agtergrond. “Dit was Timoteus se gemengde afkoms wat Paulus laat besluit het om hom op sy
      reise saam te neem. In die oë van die Jode was Timoteus ’n heiden omdat hy die onbesnyde seun
      van ’n Griek was. Vir die heidene was hy egter weer feitlik ’n Jood omdat hy in sy ma se geloof
      opgevoed is. Paulus het dus sy status geregulariseer (en in die Jode se oë gelegaliseer) deur hom te
      besny” (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 322).
         Timoteus was nie verplig om besny te word nie, die vergadering in Jerusalem het dit immers
      klaar bepaal, maar hy het dit vrywillig gedoen om enige struikelblokke vir sy getuienis oor Christus
      uit die weg te ruim.
         Help jou groep om na te dink oor wat dit beteken om deur God gelei te word. Dit is belangrik om
      bereid te wees om te eniger tyd van jou eie planne, hoe goed en hoe edel hulle doel ook al mag
      wees, in antwoord op die Gees se inspraak af te sien. Hoewel Paulus ’n deurdagte plan van aksie en
      reisprogram gehad het, het hy dit skynbaar sonder teëstribbeling verander toe die Gees hom by twee
      verskillende geleenthede verhoed het om êrens te preek. Ander beginsels rondom leiding is: vra
      God om deure in jou omstandighede oop en toe te maak om jou te lei; bid voortdurend oor planne
      en leiding daarin; praat met volwasse, godvrugtige Christene; kyk mooi na jou motiewe om iets te
      doen en maak seker dat jou plan in ooreenstemming is met die beginsels in die Woord. En, ten
      slotte, wees ontvanklik vir God se inspraak daarin op enige manier wat Hy sou kies. Hy sal ons nie
      net lei in die rigting wat Hy wil hê ons moet gaan nie, maar ons ook weglei van die verkeerde
      rigting of situasie.


1. Wat maak dit vir jou makliker om God te gehoorsaam?




Wat maak jou huiwerig?




                                                    44
2. Lees Handelinge 16:1–10. Hoe word Paulus in vers 6–10 gelei in waar hy behoort te
gaan?




3. Watter beginsels van leiding sien jy hier?




4. Wanneer het jy al vir God so in jou lewe voel lei?




5. Lees Handelinge 16:11–40. Paulus het dadelik volgens God se boodskap opgetree.
Hoe is hierdie gehoorsaamheid by sy aankoms in Masedonië bevestig?




6. Daar is baie redes waarom mense die evangelie verwerp. Materiële gewin is die rede
waarom die eienaars van die slavin in vers 19 die evangelie weerstaan. Watter redes sien
jy vandag vir die verwerping van die waarheid?




      Vraag 6. Weerstand teen die waarheid van die evangelie vandag kan baie duidelik of uiters subtiel
      wees. Dit kan van beide Christene en nie-Christene kom — baie subtiel van Christene. Dit kan die
      vorm aanneem van fisiese, emosionele en geestelike vervolging. Die redes daarvoor kan dinge
      insluit soos materiële gewin, sosiale status, bedreiging van ander godsdienste of dogma, of vrees vir
      wat oorgawe en gehoorsaamheid aan die evangelie vir ’n mens se lewe inhou.


7. Die slavin se eienaars het vir Paulus en Silas in die tronk laat stop. Paulus-hulle se
reaksie op die gevangenskap en lyfstraf was om te bid en lofliedere te sing. Beskryf die
gebeure van daardie nag wat gelei het tot die bewaarder se vraag, “Wat moet ek doen om
gered te word?” (v. 23–30).




                                                     45
      Vraag 7. Lei die groep om deeglik na die hele verhaal oor die bekering van die tronkbewaarder in
      Filippi te kyk. Bespreek alles wat hom kon beïvloed het om na die Here te kom, soos Paulus en
      Silas se gesindheid, die aardbewing, tot die gevangenes wat nog steeds daar was. Ondersoek al die
      moontlike maniere wat God gekies het om in hierdie situasie te werk.


8. Hoe vergelyk of verskil jou reaksie op teenkanting teen en leiding vir die evangelie
van dié van Paulus en Silas (v. 25)?




9. Paulus en Silas spreek en leef die waarheid van die evangelie uit. Hoe getuig jy in
woord en in daad van Jesus?




10. Dit is duidelik in die boek Handelinge dat God daaroor begaan is om die wêreld en
die nasies met die evangelie te bereik. Hy wil egter ook individue bereik. Watter
individue is geraak deur Paulus se gehoorsaamheid aan God se leiding (v. 14, 18, 30–
31)? Hoe?




      Vraag 10. “Lukas sonder drie individue onder Paulus se bekeerlinge in Filippi uit. Hulle verskil so
      breed van mekaar dat mens maklik kan dink Lukas het hulle doelbewus gekies om te wys hoe die
      reddende naam van Jesus sy krag toon in die lewens van uiteenlopende tipes mense. Die eerste is
      Lidia, die selfstandige sakevrou van goeie naam en godvresende hart; toe sy die evangelie hoor, het
      die Here haar ‘vir Paulus se woorde ontvanklik gemaak’. Die tweede persoon is egter iemand van ’n
      heel ander formaat: ’n bejammeringswaardige slavin in die mag van ’n bose gees, wie se eienaars
      haar toestand vir hul eie materiële gewin uitgebuit het. Sy word deur Lukas beskryf as ’n
      ‘waarsegster’, d.w.s. iemand wat geïnspireer word deur Apollo, die god wat in besonder geassosieer
      word met die gee van orakels en wat as die ‘Pythiese’ god by die orakelaltaar in Delphi (ook bekend
      as Pytho) in Griekeland aanbid word. Haar onwillekeurige uitsprake is as die stem van hierdie god
      beskou en sy was dus hoog in aanvraag by mense wat hulle toekoms voorspel wou hê.
         “Haar bevryding het baie meer aanskoulike middele vereis as wat Lidia se stil inkeer tot die Here
      in haar hart genoodsaak het. Sy het dag na dag die sendelinge deur die strate van Filippi op pad na
      die bidplek gevolg en met ’n harde stem geadverteer dat hulle dienaars van God, die Allerhoogste is
      wat mense vertel hoe hulle gered kan word. Die titel, ‘God, die Allerhoogste,’ was een wat vir beide
      die Jode en heidene ’n gerieflike gemeenskaplike naam gebied het vir die Allerhoogste Wese, en
      ‘redding’ in die godsdienstige sin, is ywerig deur Jode sowel as heidene gesoek.
         “Die sendelinge het egter nie haar ‘ongevraagde getuigskrif’ waardeer nie totdat Paulus wat
      ergerlik geraak het met die aanhoudende lawaai, later die gees wat van haar besit geneem het,
      uitgedryf het deur dit in die naam van Jesus Christus te beveel om haar te verlaat. Die woorde was
      skaars koud of sy is van die gees bevry” (F. F. Bruce, The Book of Acts, pp. 332–33).




                                                    46
        Die laaste bekeerling, totaal verskillend van die twee vroue, was ’n tronkbewaarder wat die
      boodskap van verlossing met vreugde aangeneem het. Die evangelie het alle vlakke van die
      gemeenskap geraak.


11. Wat kon die gevolge gewees het indien Paulus God se roeping na Masedonië sou
verontagsaam het?




12. Is daar ’n mens vir wie, of taak waarvoor God besig is om jou te roep?




Watter stappe moet jy doen om onmiddellik en onvoorwaardelik te gehoorsaam?




                                                    47
4 ’n Onbekende God
Handelinge 17
      Doel: Om te sien hoe Paulus kennis geneem en gereageer het op die verskillende kulture waarin hy
      die evangelie gekommunikeer het, en om gemotiveer te word om die mense en kulture te verstaan
      waartoe God ons geroep het om hulle te bedien.
Tot ’n paar dekades gelede kon Christene in die Weste aanvaar dat die meeste mense wat
hulle teëgekom het, tot ’n kerk behoort of minstens hulle lewens op Joods-Christelike
waardes gebaseer het. Vandag kom hulle egter te staan voor wat Christene in die Ooste
vir eeue mee te doen gekry het — ’n wye verskeidenheid godsdienstige oortuigings en
gewoontes wat dikwels weinig met Christenskap gemeen het. Die wêreld se groot
godsdienste, Hindoeïsme, Boeddhisme en Isalm is besig om veld te wen, so ook verskeie
kultusse, New Age filosofieë, okkulte bewegings en selfs tradisionele heidense
opvattings.
  Hoe hanteer mens ’n wêreld wat so min weet of omgee vir die waarheid van Jesus
Christus? Paulus het vir ons ’n nuttige model agtergelaat toe hy die wêreldsentrum van
heidense filosofie en godsdiens — Atene — besoek het.

1. Watter tipe filosofieë kom jy teë wanneer jy probeer om die evangelie in ons moderne
wêreld te kommunikeer?




      Vraag 1. Hier is ’n gulde geleentheid om na hedendaagse filosofieë te kyk wat in ons wêreld
      floreer. Gee aandag aan sulke rigtings soos die New Age, Oosterse mistisime, Satansaanbiddig, die
      okkulte, humanisme, liberalisme en ander.


2. Lees Handelinge 17:1–34. In hierdie hoofstuk tree Paulus in ’n wisselwerking met drie
verskillende stede en kulture op. Vergelyk en stel sy bediening in Tessalonika en Berea
teenoor mekaar. (Watter benadering het hy gevolg? Hoe is sy boodskap deur die mense
ontvang? Watter tipe resultate het hy geniet?)




      Vraag 2. Vraag twee is ’n oorsig om die groep te lei om deur die hele gedeelte te kyk.
        Soos sy gewoonte was, (in Tessalonika) het Paulus die plaaslike sinagoge besoek en (nadat hy
        waarksynlik soos vroeër in Antiogië in Pisidië, genooi is om iets te sê) het hy die Ou-
        Testamentiese skrif vir drie opeenvolgende sabbatdae uitgelê. Hy het as bewys van hulle
        vervulling die historiese feite van die bediening, dood en verheerliking van Jesus na vore gebring
        en die vervulling voorspellings met mekaar vergelyk sodat die krag van sy argument maklik
        verstaanbaar sou wees. Ooreenkomstig hierdie voorspellings is die Messias aangestel om te ly en
        daarna uit die dood op te staan; beide feite is vervul in Jesus van Nasaret (en niemand anders
        nie); dus, gaan hy voort, “Hierdie Jesus wat ek aan julle verkondig, Hy is die Christus.” (F. F.
        Bruce, The Book of Acts, p. 343)



                                                    48
      In Tessalonika het sommige Jode en ’n hele aantal godvresende Grieke geglo. Van die ander Jode
      wat nie geglo het nie, het afgunstig geword en ’n oproer teen Paulus en sy geselskap begin. Paulus-
      hulle is van revolusionêre bedrywighede teen die Romeinse Ryk beskuldig.
         “Die apostels het die koninkryk van God verkondig, ’n totaal ander koninkryk as enige ander
      sekulêre ryk, en het waarskynlik aan Jesus die Griekse titel basileus (“koning”) gegee wat deur
      Griekssprekende onderdane gebruik is om die Romeinse keiser te beskryf” (F. F. Bruce, The Book
      of Acts, p. 345).
         Paulus het in Berea weer in die sinagoge begin maar die ontvangs deur die Joodse gemeente was
      baie anders as dié van Tessalonika.
         Hulle het met bewonderingswaardige onbevooroordeeldheid Paulus se stellings aan die
         toetssteen van die Heilige Skrif gemeet eerder as om aan vooroordeel toe te gee. Hulle gebruik
         om “elke dag die Skrif te ondersoek om te sien of dit is soos Paulus sê”, is een wat deur almal
         gevolg kan word wat een of ander nuwe godsdienstige leer vir aanvaarding aangebied word.
         Hierdie Jode in Berea sou hulle nooit kon indink hoeveel Christelike groepe hulleself later
         “Bereane” sou noem as gevolg van die pragtige voorbeeld van Bybelstudie nie. Soos te wagte
         kon wees van mense wat die apostoliese boodskap met soveel ywer ontvang, het baie van hulle
         geglo. Net soos in Tessalonika, het die gelowiges bestaan uit godvresende Grieke, manne sowel
         as vroue, en sommige hiervan — veral die vroue — was uit die vooraanstaande families van die
         stad.” (F.F. Bruce, The Book of Acts, p. 347)


3. In Tessalonika en Berea, soos in die meeste plekke, kry Paulus kontakte in die
sinagoges en praat hy feitlik net uit die Skrif. Hoe verskil sy bediening in Atene hiervan?




      Vraag 3. “Atene was nie eintlik in Paulus se sendingprogram ingesluit nie. Gedurende die dae wat
      hy op sy twee vriende gewag het om weer by hom aan te sluit, het hy tyd gehad om in die stad rond
      te loop en die argitektoniese meesterstukke en beeldhouwerk te besigtig.
          “Hoewel Atene lankal sy politieke belangrikheid van vroeër verloor het, het dit nog die hoogste
      vlak van kulturele ontwikkeling in die klassieke tyd verteenwoordig. Die beeldhouwerk, letterkunde
      en redenaarskuns van Atene in die vyfde en vierde eeu vC is trouens nog nooit weer geëwenaar nie.
      Ook wat die filosofie betref, het Atene die toon aangegee. Dit was die geboortestad van Sokrates en
      Plato, en die aangenome tuiste van Aristoteles, Epikurus en Zeno. Atene het op al hierdie terreine
      onbetwis die septer geswaai en sy politieke roem as die bakermat van demokrasie het nooit
      heeltemal getaan nie. Uit erkentlikheid vir sy roemryke verlede het die Romeine Atene toegelaat om
      sy eie gebruike te handhaaf as ’n vry bondgenoot binne die Romeinse Ryk.
          “… Wat Paulus se waardering vir die kuns ook al was, die gevoel wat in sy gemoed oorheers het
      terwyl hy oral in Atene geloop het, was verontwaardiging: die wonderskone stad was ‘vol
      afgodsbeelde,’ gewy aan die aanbidding van gode wat nie gode was nie — want ‘dié wat aan hulle
      offer, [offer] aan duiwels en nie aan God nie’ (1 Kor 10:20)” (F. F. Bruce, The Book of Acts, pp.
      348–49).
          As dit nie in die gesprek na vore kom nie, kan jy dalk vir die groep uitwys dat ons gedurig bewys
      sien van Paulus se strategie vir wêreldevangelisasie. Dit is goed en reg om ’n plan te hê. En selfs
      met ’n plan is dit moontlik om deur die Gees van God gelei te word. (Hierdie bediening in Atene
      was nie in Paulus se oorspronklike plan nie.) Hierdie dinge bots nie met mekaar nie.
          Dit is hier ook duidelik dat alle waarheid God se waarheid is. In vers 28 haal Paulus ’n heidense
      digter aan om een van sy stellings te staaf.
          Paulus bring baie van sy tyd hier op die markplein deur en is selfs na ’n vergadering van die Hof
      van die Areopagus geneem, wat “gesag rondom kwessies oor godsdiens en moraliteit behou het, en
      in die Romeinse tyd toenemende mag en hoë aansien geniet het” (F. F. Bruce, The Book of
      Handelinge, pp. 352).
          Paulus is voor hierdie hof gedaag om verantwoording te doen van sy filosofie. Merk op hoedat
      hy eerder as om met die Skrif te begin, stellings en onderwerpe noem waarmee die mense vertroud
      is. Hy noem dat hulle baie godsdienstig is. Hy verwys na hulle voorwerpe van aanbidding en ’n




                                                     49
      altaar waarop geskrywe staan, “Aan ’n onbekende god.” Van hier af vertel hy hulle van die ware
      lewende God.


4. Hoe reageer die mense op sy leer in Atene?




5. In sy toespraak in Atene verwys Paulus na “die plekke waar julle aanbid.” Noem
sommige van die dinge wat deur mense in ons kultuur aanbid word.




      Vraag 5–6. Help die groep om nie doekies om te draai nie. As leier behoort jy voor die tyd aan
      dinge te dink wat die hedendaagse mens aanbid en hoe die boodskap van Christus dit aanspreek,
      byvoorbeeld materiële goed, status, persoonlike identiteit, beroepe, ons land, militêre mag en mens
      se eie vermoëns.


6. Hoe spreek die boodskap van Christus hierdie dinge aan?




7. In Atene begin Paulus hulle van die lewende God te vertel deur die inskripsie op een
van hulle altare aan te haal —“Aan ’n onbekende god.” Wat is die “punte van waarheid”
wat jy as vertrekpunt kan gebruik om die evangelie aan mense in jou wêreld oor te dra?




      Vraag 7. Sommige “punte van waarheid” word aangetref waar mense hulle op ’n gegewe oomblik
      bevind: vrees vir die dood, nie-koesterende gesinne, “Jesus was a goeie man,” “Ek is wat ek doen”
      ensovoorts.


8. Paulus se verskillende benaderings toon sy begrip vir die kultuur en sy gewilligheid
om met mense te kommunikeer waar hulle is. Watter verskillende benaderings is nodig
om die mense wat God in jou wêreldjie geplaas het, met die evangelie te bereik?




                                                    50
9. Hoewel Paulus verskillende mense verskillend benader, verander sekere aspekte van
sy boodskap glad nie. Identifiseer sommige van hulle (v. 3, 18, 24–28, 30–31).




10. Op watter maniere kan jy versoek word om die boodskap van die evangelie te
kompromitteer wanneer jy dit aan bepaalde mense oordra?




      Vraag 10. Die evangelie kan subtiel en onopsetlik gekompromitteer word. Ons is partykeer so
      geakkultureer dat ons nie eers merk dat die waarheid afgewater word nie. Kommunikeer ons met
      volle oortuiging, maar nogtans met groot deernis, dat bekering ’n noodsaaklikheid is vir die
      saligheid? Word die boodskap van die opgestane Here hard en duidelik verkondig? Probeer ons die
      kwessie van sonde vermy? Ons moenie die boodskap van Jesus Christus kompromitteer nie, maar
      ons moet vol liefde en deernis wees wanneer ons sy boodskap duidelik oordra.


11. Op watter manier moet jy jouself beter voorberei om die evangelie van Jesus
Christus doeltreffend mee te deel aan die mense wat God jou geroep het om te bedien?




                                                  51
5 Medewerkers in die Bediening
Handelinge 18
      Doel: Om die invloed van verhoudings op Paulus te ondersoek terwyl hy voortgaan met die taak om
      die wêreld te evangeliseer. Om herinner te word aan die strategiese rol wat verhoudings met ander
      speel in ons motivering en pogings tot evangelisasie.
Ek het kort gelede die predikant van my kinderjare, en sy vrou besoek. Toe ek daar
wegry, is my hart met dankbaarheid gevul. Dankbaarheid, nie net vir die Wright-egpaar
nie maar ook vir die talle ander in die verlede en nou wat my vir uitreiking voorberei het.
Ek is dankbaar vir almal wat vir my gebid het, my vriende was, die pad saam met my
geloop het, na my geluister het, vir my lief was en omgegee het oor my wandeling met
God in my diens aan ander, en wat my aangemoedig en reggehelp het. Ek geniet dit om
terug te dink aan die mense wat my lewe aangeraak het en my medewerkers in die
bediening was.
   Ek is nie alleen in hierdie behoefte aan kameraadskap nie. In hierdie studie gaan ons
kyk na die mense in Paulus se lewe wat sy medewerkers in die bediening was.

1. Wanneer het jy stoksielalleen gevoel in die bediening om ander na Christus te lei?




Wat laat jou alleen voel?




2. Lees Handelinge 18:1–28. Maak ’n lysie van die mense in Paulus se lewe wat jy in
hierdie gedeelte sien.




      Vraag 2. Beperk die tyd wat julle aan hierdie vraag bestee. Dit is ’n oorsigtelike vraag. Kyk vinnig
      deur die teks en noem die mense sodat die groep net ’n begrip kan kry van hoeveel mense by Paulus
      se lewe betrokke was.


3. Kom ons bekyk sommige van hierdie verhoudings van nader. Van watter waarde was
sy verhouding met Priscilla en Akwila (v. 2–4, 18–19)?




      Vraag 3. “Hierdie getroude paar, wat Paulus later sy ‘medewerkers in Christus Jesus’ genoem het
      en wat hulle ‘lewens gewaag’ het vir hom, het oor buitengewone vryheid van beweging beskik.



                                                    52
      Hulle is van Rome af Korinte toe. Later het hulle verder getrek, hierdie keer saam met Paulus uit
      Korinte na Efese. Die gemeente, of ’n deel daarvan, het ook in hulle huis bymekaar gekom (18:18,
      19, 26).”
         “Elke Joodse seun het ’n ambag geleer en het probeer om daarvan te leef. Paulus en Akwila is in
      tentmakery opgelei. As tentmaker was Paulus in staat om te gaan waar God hom ook al gelei het
      omdat hy oral sy brood kon verdien” (Life Application Bible, p. 1669).
         Om die betekenis van Akwila en Priscilla se verhouding met Paulus op te som: hulle het aan hom
      blyplek verskaf, het saam met hom ’n bestaan gemaak, hom moontlik finansieel ondersteun (een
      verklaring doen aan die hand dat hulle moontlik sy reis na Efese befonds het), het saam met hom
      gereis, het hulle huis tot beskikking van die gemeente gestel, en het deel gehad aan sy bediening.
      Paulus is deur hulle getroue vriendskap onderskraag.


4. Wat het Silas en Timoteus tot Paulus se lewe en bediening bygedra?




      Vraag 4. “Na ’n paar weke het Paulus se kollegas, Silas en Timoteus, by hom aangesluit. Die nuus
      wat hulle uit Masedonië gebring het (veral Timoteus se nuus oor die standvastigheid van die swaar
      beproefde bekeerlinge in Tessalonisense) het Paulus gerus gestel; en die geldelike geskenk wat
      hulle van sy vriende in Filippi af saamgebring het, het hom tydelik daarvan los gemaak om self in
      sy onderhoud te voorsien deur leerwerk te doen; hy was dus in staat om op die prediking van die
      evangelie te konsentreer in sy strewe om die Joodse gemeenskap daarvan te oortuig dat Jesus die
      ware Messias was” (F. F. Bruce, The Book of Acts, pp. 370–71).
         Hulle absolute getrouheid in hul reise en bediening moes ’n bron van groot bemoediging vir
      Paulus gewees het.


5. Wanneer het jy krag geput uit iemand wat vir jou goeie nuus bring oor God se werk
elders, wat by jou bediening aansluit, hulself of hulle huis met jou deel, of wat jou
finansieel of op ander maniere ondersteun?




6. Wat veroorsaak dat jy ander verhoed om jou lewe of bediening op sulke maniere te
betree?




7. Vergelyk die Jode in Korinte se reaksie (v. 4–6) met dié van Krispus en sy huisgesin
(v. 7–8).




                                                   53
8. Waarom dink jy het God besluit om juis nou vir Paulus met woorde te troos en
bemoedig (v. 9–11)?




Hoe is sy bediening deur God se woorde beïnvloed?




      Vraag 8. “Kort nadat Paulus die sinagoge verlaat en die huis van Titius Justus as sy basis begin
      gebruik het, het hy ’n bemoedigende ervaring gehad — hy het een van die gesigte gesien wat in
      kritieke tye in sy lewe tot hom gekom en hom vir die werk wat voorlê versterk het. In hierdie
      besondere gesig het die opgestane Christus in die nag aan hom verskyn en verseker dat geen kwaad
      hom in Korinte sal oorkom as gevolg van die verset wat sy prediking mag uitlok nie. Hy moet dus
      enige vrese wat hy dalk gekoester het, afskud en aanhou om die evangelie met vrymoedigheid te
      verkondig; daardeur sou hy ’n ruim oes insamel aangesien die Here baie mense in Korinte gehad het
      wat Hy vir Homself bestem het.
         “Vervul met hernieude vertroue, het Paulus agtien maande lank in Korinte aangebly en met sy
      werk van verkondiging en onderrig voortgegaan” (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 372).


9. Wat leer jy in vers 18–23 omtrent Paulus se verhoudings?




      Vraag 9. Ons het alreeds die belangrikheid van Paulus se verhouding met Akwila en Priscilla
      bespreek. Dat sy hare afgesny word, kan heel waarskynlik ook in verband gebring word met sy
      verhoudings met mense.
         Ten opsigte van die gelofte wat afgelê is:
         Die verwysing na sy hare dui byna beslis op ’n Nasireërsgelofte waarvolgens daar vir ’n
         bepaalde tyd geen wyn gedrink of die hare gesny is nie. Aan die einde van die tydperk is die hare
         eers afgesny en dan saam met ander offers as simbool van selfopoffering aan God, verbrand.
         Selfs al word die gelofte weg van Jerusalem af vervul, kan die hare nog daarheen gebring en
         verbrand word. Sulke geloftes is óf uit dankbaarheid vir seën wat reeds ontvang is (soos Paulus
         se bewaring in Korinte), óf as deel van smeking vir toekomstige seën (soos veilige bewaring op
         Paulus se naderende reis) afgelê. Sedert Paulus vrygemaak is van sy pogings om deur die wet
         geregverdig te word, was sy gewete vry om aan praktyke deel te neem wat weens hul
         seremoniële of kulturele aard neutraal was, maar by hierdie geleentheid gedoen is om die Joods-
         Christenleiers wat hy in Jerusalem sou besoek, te paai. (John Stott, The Spirit, the Church and
         the World: the Message of Acts [Downers Grove, Ill.: InterVarsity Press, 1990], pp. 300–301)
      Ons sien sy deurlopende toegewydheid aan die Jode hoewel hulle baie stroom-op is. In hierdie
      situasie blyk hulle egter meer simpatiek te wees en vra hom selfs om terug te kom. Hy belowe om
      dit te doen as dit God se wil is.
         Hoewel daar in hierdie Skrifgedeelte (v. 22–23) min daaroor geskryf word, is Paulus se
      verhouding met die gemeente vir hulle sowel as vir hom belangrik. Hy het tyd met hulle
      deurgebring, met hulle gedeel en die dissipels versterk.


10. Beskryf Apollos (v. 24–26).



                                                    54
11. Wat het hy nodig gehad wat Akwila en Priscilla aan hom kon gee?




      Vraag 11. Toe dit duidelik word dat Apollos se boodskap onvolledig is en dat hy meer onderrig
      nodig gehad het, het Akwila en Priscilla hom na hulle huis genooi en vir hom die leer van God nog
      duideliker gemaak.
         “Hulle bediening was tydig en taktvol. Soos wat Professor Bruce opmerk, ‘hoeveel beter is dit
      nie om sulke privaat hulp aan ’n prediker te gee wie se bediening onvolledig is, as om hom in die
      openbaar reg te wys of te veroordeel nie!’ ” (John Stott, The Spirit, p. 296).


12. Hoe is Apollos se bediening deur sy verhouding met hulle geraak (v. 27–28)?




      Vraag 12. “Vervolgens, toe Apollos na Agaje wou gaan, het die gelowiges hom aangemoedig want
      hy was nou beter toegerus vir ’n breër bediening. Hulle het ’n brief aan die dissipels daar geskryf en
      versoek dat hulle hom vriendelik moet ontvang. By sy aankoms het hy die Jode kragtig in die
      openbare debatte weerlê en vanuit die Skrif bewys dat Jesus die Christus was. Trouens, Paulus self
      het in 1 Korintiërs 1–4 met waardering van Apollos se bediening in Korinte geskryf en ruim
      erkenning aan hom gegee as ’n medewerker in God se saailand. ‘Ek het geplant,’ skryf hy; ‘Apollos
      het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het’ ” (John Stott, The Spirit, p. 303).


13. Wanneer jy terugkyk op hierdie gedeelte, watter maniere herken jy waarop jy nodig
het om verhoudings te ontwikkel, bou en koester wat tot jou geestelike groei en uitreiking
sal bydra?




                                                     55
6 In die Naam van Jesus
Handelinge 19:1–20:12
      Doel: Om die verskillende tipe reaksies te sien wanneer die krag van God op wonderbaarlike
      manier geopenbaar word. Om gemotiveer te word om na die openbaring van hierdie krag in ons
      lewens en in Christengemeenskappe te strewe.
      Agtergrond: Efese was die hoofstad en voorste handelsentrum van die Romeinse provinsie, Asië.
      Dit was deel van die hedendaagse Turkye en omdat dit die middelpunt van besige see- en
      landverkeer was, het dit dieselfde aansien as Antiogië en Aleksandrië geniet. Dit was een van die
      grootste stede aan die Middelandse See.
Ons het Paulus in hoofstuk 18 agtergelaat waar hy deur Galasië en Frigië reis en oral “die
gelowiges geestelik versterk.” In hierdie hoofstuk keer hy terug na Efese waar hy vir
twee en ’n half jaar vestig.
  Groot werk word in hierdie tyd verrig en dit straal uit na ander stede in die provinsie
Asië. Lukas skilder in hierdie hoofstuk deur slegs enkele tonele ’n duidelike beeld van
die gevolge van Paulus se bediening.

1. Hoe sou jy graag die krag van God in jou Christengemeenskap geopenbaar wou sien?




      Vraag 1. God se krag word op allerhande manier geopenbaar — van wysheid wat hy gee om ’n
      kind te hanteer tot die wonder van die wedergeboorte, versoening in ’n gebroke verhouding tot
      bonatuurlike genesing. Hierdie vraag is slegs bedoel om die groep voor te berei om oor God se krag
      en die uitwerking daarvan op die wêreld na te dink.


2. Lees Handelinge 19. Kyk vlugtig deur die gedeelte en beskryf die insidente waar jy
God se krag geopenbaar sien.




      Vraag 2. Hierdie vraag is bedoel om ’n oorsig van die gedeelte te bied. Jy moet help om die pas aan
      te gee vir die groep in die deurkyk van die gedeelte. Help hulle egter ook om nie net die dramatiese
      gebeure nie maar ook sulke wonderlike dinge soos iemand wat in Jesus glo as die krag van God in
      aksie te sien. Sommige van die gebeure sal meer indringend bespreek word soos wat ons deur die
      studie vorder.


3. Waar die evangelie ook al doeltreffend gekommunikeer word, sal mense positief
sowel as negatief reageer. Watter positiewe gevolge sien jy in hierdie gedeelte?




Wat is die negatiewe reaksies?



                                                    56
      Vraag 3. Hierdie is nog ’n oorsigtelike vraag. Hou die tyd dop.


4. In 19:1–7 kom Paulus ’n groepie gelowiges teë. Waaroor was hy besorg vir hulle?




Wat het hy gedoen om effektief met hulle te verkeer?




      Vraag 4. Hierdie vraag sal na vore bring dat Paulus ’n klein groepie mense ontmoet het met ’n
      spesifieke geestelike behoefte — om die Heilige Gees te ontvang — en dat hy doeltreffend daarin
      voorsien het. Hy het begin deur sensitiewe vrae te stel. Hy het begin waar hulle hulle bevind het,
      waar hulle was, en hulle toe ’n stappie vorentoe in hul groei en geestelike wasdom geneem. Hulle
      was oop en ontvanklik.
         Hierdie episode het die potensiaal om kontroversieel te wees, afhangende van die samestelling
      van julle groep. Probeer die kontroversiële vermy en hou by dit waarmee almal kan saamstem. Die
      stof uit kommentare hieronder kan dalk help indien omstredenheid nie vermy kan word nie.
      Nogtans sal dit op een of ander stadium dalk nodig word om te sê, “Kom ons gaan voort met ons
      studie dan kan ons na afloop daarvan hierdie punt verder bespreek.”
         Sommige mense voel dat hierdie teks bewys dat bekering in stappe plaasvind. Daar is eers ’n
      terugkeer en toewyding aan Jesus, en dan ’n tweede stap waarin die Heilige Gees ontvang word.
      Ander glo dat dit alles gelyktydig gebeur. Hierdie geskil kan nie in hierdie studie besleg word nie
      (en standpunte gaan ook nie verander word nie). Daar is sommige kwessies waaroor Christene moet
      saamstem dat hulle nie saamstem nie en dan vorentoe beweeg.
         Johannes se doop was net ’n teken van bekering en nie van nuwe lewe in Christus nie. Soos
         Apollos (18:24–26), moes hierdie Efesiër gelowiges verder onderrig word in die boodskap en
         bediening van Jesus Christus. Deur geloof het hulle in Jesus as die Messias geglo, maar hulle het
         nie die betekenis van Jesus se dood en opstanding of die werk van die Heilige Gees verstaan nie.
         Daarom het hulle nie die teenwoordigheid en krag van die Heilige Gees ervaar nie.
            In die boek Handelinge het gelowiges die Heilige Gees op verskillende maniere ontvang. ’n
         Persoon is gewoonlik na belydenis van geloof in Christus met die Heilige Gees vervul. In hierdie
         geval het God egter toegelaat dat dit later gebeur. Hy was besig om aan hierdie gelowiges te
         bevestig dat hulle wat aanvanklik nie van die Heilige Gees geweet het nie, ook deel van die kerk
         was. Vervulling met die Heilige Gees het hulle as gelowiges erken.
            Pinkster was die formele uitstorting van die Heilige Gees oor die kerk. Die ander uitstortings
         in Handelinge was God se manier om nuwe gelowiges met die kerk te verenig. Die ware kerk
         word nie bloot deur suiwer dogma gekenmerk nie, maar deur tekens van die Heilige Gees se
         werk.” (Life Application Bible, p. 1673)


5. Wat merk jy in Paulus se verhouding met die gelowiges wat jou kan help in jou
kommunikasie met jong Christene of ongelowige vriende?




                                                    57
      Vraag 5. Ons moet meer vrae vra. Ons moet toelaat dat ander ons vertel waar hulle in hulle
      verhouding met God staan. Wat hulle ons meedeel, moet ons ernstig opneem en dan ons
      kommunikasie op hulle vlak begin, gevoelig vir hulle ontvanklikheid. Die gelowiges was gereed vir
      wat Paulus aan te bied gehad het. Hy het niks op hulle afgedwing nie. Meer tyd moet aan luister na
      ander as aan praat bestee word.


6. Dit is deurgaans in hierdie gedeelte duidelik dat Paulus ’n strategie vir die oordra van
die evangelie volg. Watter bepaalde strategie het Paulus vir sy bediening in Efese (19:8–
10)?




      Vraag 6. Paulus het sy bediening getrou en geduldig in die sinagoge begin net soos hy dit in ander
      stede gedoen het. Hy het Jode in Efese geken van sy vorige besoek af toe hulle hom gevra het om
      langer te bly. Hy het belowe om terug te kom as dit God se wil was. Maar die ou patroon het
      homself herhaal en die Joodse leiers het die boodskap verwerp. Paulus het toe na ’n sekulêre
      omgewing in die saal van Tirannus verskuif. Almal wat sy boodskap in die sinagoge aanvaar het,
      kon hom daarheen volg.
         Neem kennis dat hierdie werk vir twee volle jare aangegaan het. Paulus het in Efese gebly, maar
      sy kollegas het na ader stede uitgereik. Vers 10 sê dat almal teen die einde van daardie periode die
      woord van die Here gehoor het.
         “Die provinsie is intensief geëvangeliseer en het een van die voorste gebiede van die
      Christendom vir eeue daarna geword” (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 389).


7. Watter tipe plan sal nuttig wees vir die oordra van die evangelie in jou wêreld?




Wat sou jy graag wou sien gebeur?




      Vraag 7. Dit gebeur alte veel dat ons strategieë en planne vir allerhande dinge in ons lewens het —
      vir ons werk, huise, sosiale lewens, doelwitte vir die toekoms en vir ons kinders — maar wanneer
      dit kom by die belangrikste sake in ons lewens, evangelisasie, het ons nie sulke planne of strategieë
      nie. Wat behoort jy te dink, beplan en oor te bid vir die verspreiding van die evangelie in jou
      werkplek, buurt asook sosiale en beroepskring? Hoe kan jy hierdie terreine binnedring met die
      evangelie — selfs sover as om die gewenste effek te bereik dat “al die inwoners van die provinsie
      Asië, Jode sowel as Grieke, die woord van die Here gehoor het”?


8. Wat het gebeur met die Jode wat bose geeste in die naam van Jesus uitgedryf het
(19:11–14)? Waarom?




                                                     58
      Vraag 8. Daar is in boekrolle genoem dat “heidense” uitdrywing in die naam van Jesus gedoen is.
      Jesus se naam is dus deur mense gebruik wat hom nie gevolg het nie — oënskynlik net vir die krag
      daarvan.


9. Hoe het dit ’n getuienis van God se krag geword (19:15–20)?




10. Wat het die oproer in Efese veroorsaak (v. 23–41)?




Hoe is dit opgelos?




11. Lees Handelinge 20:1–12. Paulus het sy reis voortgesit en die gelowiges
aangemoedig waar hy die evangelie preek. Watter effek het die insident in 20:7–12 op die
skare gehad?




12. Watter “eietydse” positiewe reaksies het jy al gesien as gevolg van die evangelie wat
met krag gekommunikeer word?




En negatiewe reaksies?




                                                   59
13. Hoe kan jy jouself voorberei vir beide positiewe en negatiewe reaksies waar jy
deelneem aan die oordra van die evangelie van Christus?




      Vraag 13. Bloot deur daarvan bewus te wees dat sulke negatiewe reaksies sal plaasvind, help dat
      ons nie sal skrik wanneer dit gebeur nie. Byvoorbeeld, dit is nie noodwendig sleg as iemand kwaad
      word wanneer hy/sy met die evangelie gekonfronteer word nie. Dit kan beteken dat die boodskap
      deurdring. Maar natuurlik, ons moet seker maak dat die woede nie as gevolg van ’n onvanpaste of
      onbedagsame benadering is nie.
        Die wete dat die waarheid dikwels nagemaak word, waarsku ons om op die uitkyk te wees
      daarvoor en ons nie in ’n kompromie te laat vang nie.
        Om gedurig in voeling met God te verkeer en deurdrenk te wees van sy Woord, is noodsaaklike
      voorbereiding. Ons het sy wysheid en insig nodig. Ons het sy troos en bemoediging nodig. Ons
      moet altyd herinner word aan sy doel en prioriteite.
        Wanneer die reaksie positief is, moet ons aan God al die krediet en eer gee vir alles wat bereik is.
      Sonder die krag van sy Gees kan ons niks doen nie.




7 Paulus se Afskeid
Handelinge 20:13–38
      Doel: Om Paulus se lewe te hersien en daardeur gemotiveer te word om te strewe na die voltooiing
      van die taak om van God se genade te getuig.
“Ek sal jou in die hemel sien.” Ek het geknik, hom gedruk en gesoen, en weggeloop van
sy bed af. Toe ek uit die kamer is, het ek gehuil.
  Hoewel ek al twintig jaar terug vir oom Z gegroet het, bly die herinnering diep in my
hart sit.
  In hierdie hoofstuk sal ons ook huil wanneer Paulus die ouderlinge van Efese finaal
groet. Hy weet dat nog vervolging en gevangenskap in Jerusalem op hom wag en dat hy
die gesigte van hierdie ouderlinge nooit weer sal sien nie.

1. Stel jou voor hoe dit moet wees om iemand te groet wat jy weet jy nooit weer sal sien
nie. Beskryf jou gedagtes en gevoelens.




      Vraag 1. Dit is ’n dramatiese, roerende en emosionele oomblik hierdie. Paulus sê tot siens aan
      mense vir wie hy lief was en in wie hy drie intense jare belê het. Hy het hulle na Christus gelei. Hy
      het dissipels van hulle gemaak en hulle tot volwassenheid versorg. Hy het die leierskap van die kerk
      in Efese aan hulle oorgedra. En nou weet hy en vertel hy aan hulle dat hulle sy gesig nooit weer sal
      sien nie.
         Hulle was hartseer maar omdat dit die laaste keer is wat hulle hom sien, neem die krag van sy
      woorde toe. Hulle sal onthou wat Paulus gesê het. Hierdie aanvoorvraag is om die groep te help om
      by die gees en gevoel van hierdie kragtige gedeelte aan te sluit.




                                                     60
2. Lees Handelinge 20:13–38. Wat voel jy wanneer jy hierdie gedeelte lees?




      Vraag 2. Ons begin nie dikwels na die inhoud van ’n stuk te kyk deur ’n gevoelsvraag te stel nie.
      Die gevoelens sal egter, soos in so baie fasette van die lewe, indien nie in almal nie, die trefkrag van
      die inhoud verryk en versterk. Kyk vlugtig deur die gedeelte maar moenie jaag nie. Hou wel in
      gedagte dat die inhoud meer indringend gedek gaan word wanneer ons deur die stuk werk.
         “Die ontmoeting in Milete van Paulus en die ouderlinge van die kerk in Efese is belangrik omdat
      dit die een insident in Handelinge weergee waar Paulus ’n Christengehoor toespreek. Die toespraak
      werp lig op die verloop van omstandighede uit die onlangse verlede sowel as op Paulus se
      bedenkinge oor die toekoms. Niks sou hom egter van sy vasbeslotenheid laat afsien het om die werk
      te doen wat deur God aan hom gegee is en om dit met vreugde klaar te maak nie” (The New Bible,
      p. 1001).


3. Wat sê Paulus oor sy bediening aan die Efesiërs (v. 18–21, 26–27, 31, 33–35)?




      Vraag 3. Die doel van hierdie studie is om Paulus se lewe in oënskou te neem en daardeur
      gemotiveer te word om die werk te voltooi waartoe God ons geroep het om van die evangelie van sy
      genade te getuig. Dit beteken dat ’n oorsig van Paulus se bediening belangrik is en dat dit die basis
      vorm vir die res van die studie. Bestudeer elke gedeelte deeglik.


4. Watter daarvan sou jy graag aan die einde van jou lewe wou sê? Waarom?




      Vraag 4. Help die groep om hierdie vraag te beantwoord. Die beste manier is om voorbereid te
      wees om jou antwoord met hulle te deel.
        Die doel is nie om soos Paulus te wees nie. Dit is om onsself te wees maar met dieselfde
      motivering en begeerte om gehoorsaam te wees as Paulus.


5. Watter stappe moet jy nou neem om in staat te wees om dit te kan doen?




      Vraag 5. Help die groep om spesifiek te wees.


6. Wat is Paulus se prioriteite (v. 22–25)?




                                                      61
7. Hoe vergelyk of verskil jou prioriteite van syne?




8. Watter opdragte het Paulus aan die leiers van die gemeente in Efese gegee (v. 28–31)?




9. Na aanleiding van vers 32, waarom kan Paulus hulle met vertroue verlaat? 10. Som
kortliks na aanleiding van hierdie gedeelte op waarom Paulus in staat was om met
integriteit en nederigheid aan hierdie leiers te sê, “Volg my voorbeeld. Doen wat ek
gedoen het”?




      Vraag 9–10. “Hy was besig om van hulle afskeid te neem; hulle sou nooit weer op sy persoonlike
      teenwoordigheid kon reken vir sulke pastorale leiding en wyse vermaning nie. Maar ten spyte
      daarvan dat Paulus hulle sou verlaat, sou God altyd by hulle wees. So ook God se woord wat hulle
      ontvang het — die woord wat sy genade in hul verlossing en in hul heiligmaking verkondig het. Dit
      is dan aan God en aan hierdie woord dat Paulus hulle plegtig opdra. Deur hierdie woord, wanneer
      hulle dit aanvaar en gehoorsaam, sou hulle opgebou word in geloof en liefde saam met hulle mede-
      Christene; deur hierdie woord sou hulle ook verseker word van hul erfenis saam met al die kinders
      van God, geheilig deur sy genade. Mettertyd sou Paulus en al die apostels die aardse lewe verlaat;
      maar die apostoliese leer wat hulle agtergelaat het as ’n heilige nalatingskap vir bewaring deur hulle
      opvolgers, het nie net in die geheue van hul toehoorders voortbestaan nie maar in die geskrifte van
      die NT kanon en bly tot vandag toe vir ons behoue as die Woord van God se genade. Hulle wat
      hierdie apostoliese leer saam met die res van die Heilige Skrif as hulle rigsnoer vir geloof en lewe
      ontvang, is waarlik deel van die apostoliese opvolging” (F. F. Bruce, The Book of Acts, pp. 417–18).


10. Wie is aan jou geestelike sorg toevertrou?




      Vraag 10. Jy kan hierdie vraag dalk begin deur ’n stelling oor die belangrikheid van die werk
      waartoe jy geroep is.
        Op hierdie ouderlinge het daar dus ’n gewigtige verantwoordelikheid gerus. Die Heilige Gees het
        die versorging van God se kinders in Efese aan hulle toevertrou: hulle moes na hulle omsien soos
        herders na hulle kudde.
           … Hulle verantwoordelikheid was des te groter deurdat die gemeente van God wat Hy vir
        Homself gekoop het (hierin ’n weerklank van OT taal) — en die losprys was niks minder nie as
        die lewensbloed van sy geliefde seun. (F. F. Bruce, The Book of Acts, pp. 415–16)




                                                     62
11. Hoe is jy besig om die mense wat jy geestelik versorg, voor te berei sodat jy met
dieselfde vertroue van hulle kan afskeid neem?




12. Paulus en die ouderlinge van Efese is die seldsame en spesiale kans gegun om te kan
tot siens sê. Wat sou jy vir diegene in jou geestelike sorg wou sê as jy moes weet dat jy
gaan sterwe?




Gebruik die tyd in die nabye toekoms om jou hoop en liefde vir daardie persoon te wys.




8 Van Aangesig tot Aangesig met die
Opposisie
Handelinge 21:1–22:21
      Doel: Om die een doel voor oë vir ons lewens te soek wat Paulus gehad het in gehoorsaamheid aan
      God se wil.
Vyf jong manne het die volgende gesing:

  “We rest on Thee—our Shield and our Defender!
  We go not forth alone against the foe;
  Strong in Thy strength, safe in Thy keeping tender,
  We rest on Thee and in Thy name we go.

  “Yea, in Thy name, O Captain of salvation!
  In Thy dear Name, all other names above;
  Jesus our Righteousness, our sure foundation,
  Our Prince of glory and our King of love.

  “We go in faith, our own great weakness feeling,
  And needing more each day Thy grace to know:
  Yet from our hearts a song of triumph pealing;
  We rest on Thee, and in Thy name we go.

  “We rest on Thee our Shield and our Defender!
  Thine is the battle, Thine shall be the praise
  When passing through the gates of pearly splendor,


                                                  63
  Victors—we rest with Thee, through endless days.”

toe hulle hul dood in die gesig staar toe hulle die evangelie van Jesus Christus na die
Auca-Indiane geneem het. Soos Paulus was hulle bewus van die moontlikheid van die
dood maar het hulle hul nie laat afskrik van wat hulle geweet het dat God van hulle
verwag het nie.

1. Wanneer is jy al gewaarsku dat iets wat jy wil onderneem gevaarlik kan wees?




Hoe het jy gevoel?




2. Lees Handelinge 21:1–26. Beskryf die waarskuwings wat Paulus ontvang het oor sy
reis na Jerusalem (v. 4, 10–12).




3. Hoe het Paulus op hierdie waarskuwings gereageer (v. 5, 13)?




      Vraag 3. Paulus was nie ongehoorsaam aan die Heilige Gees deur na Jerusalem te gaan nie (v. 4).
      Die Gees het die gelowiges gewaarsku oor wat Paulus daar sou ly, en hulle het besluit dat hy om
      daardie rede nie soontoe moet gaan nie. Net so het die mense in vers 12 hom ook gesmeek om nie te
      gaan nie nadat hulle die profesie van Agabus gehoor het.
         Paulus het geweet dat hy in Jerusalem gevange geneem gaan word. Hoewel niemand pyn wil
      verduur nie wou Paulus as getroue dissipel bo alles aan God gehoorsaam wees.
         Jy mag dalk vra, “Wat was die rede vir sy besluit (v. 13)?” Dit is belangrik om te sien dat sy
      besluit gedraai het om die naam van die Here Jesus Christus.


4. Hoe dink jy is almal wat Paulus dopgehou het deur sy toegewydheid aan een doel,
beïnvloed?




                                                   64
5. Dink aan iemand wat jy ken wat hom/haar daarop toespits om God te gehoorsaam.
Hoe word jy deur daardie gehoorsaamheid geraak?




6. Paulus kom in Jerusalem aan, word deur die ouderlinge gegroet en doen dan verslag
van wat God deur sy bediening gedoen het. Waaroor is die ouderlinge bekommerd vir
Paulus se onthalwe (v. 20–25)?




      Vraag 6. “Toe die afvaardiging besoek aflê by Jakobus en die ouderlinge van die kerk in Jerusalem,
      is hulle verwelkom; maar hierdie liewe mense was ongetwyfeld bekommerd oor die verdraaide
      gerugte wat Jerusalem bereik het oor Paulus se houding teenoor die wet. Hulle het erken dat die
      beleid ten opsigte van die heidense gelowiges deur die apostoliese Sinode bepaal is, maar hulle wou
      hê dat Paulus die bewerings dat hy Joodse Christene afraai om die wet te onderhou en hulle kinders
      te laat besny, verkeerd moes bewys. Sover ons kan vasstel, het Paulus self dwarsdeur sy lewe
      voortgegaan om die wet te onderhou, veral in Joodse kringe. Sy gewilligheid om by hierdie
      geleentheid Jakobus se raad te aanvaar deur deel te neem aan die reinigingshandeling van vier
      manne wat ’n tydelike Nasireërsgelofte afgelê het, asook om die koste daarvoor te betaal, was in
      ooreenstemming met sy vaste beginsel: ‘Vir die Jode het ek soos ’n Jood geword om Jode te wen’ ”
      (The New Bible, p. 1002).


7. Hoe gee Paulus uitdrukking aan sy begeerte om met hierdie Joodse Christene verenig
te wees (v. 26)?




      Vraag 7. “Die Jerusalemse sinode (Handelinge 15) het die geskil oor die besnydenis van die
      heidense gelowiges besleg. Daar is skynbaar beweer dat Paulus buite die sinodale besluit opgetree
      het deur Jode te verbied om hulle kinders te besny. Dit was natuurlik nie waar nie. Paulus het dus
      ingewillig om hom aan die Joodse gebruike te onderwerp om te wys dat hy nie teen die sinode werk
      nie en dat hy nog steeds ’n Joodse lewenstyl volg. Soms moet ons die tweede myl loop om ander
      nie aanstoot te gee nie, veral nie wanneer aanstoot die evangelie sal beperk nie. “Paulus het hom
      aan die Joodse gebruike onderwerp om die vrede in die Jerusalemse kerk te bewaar.
         Hoewel Paulus ’n man met sterk oortuigings was, was hy bereid om ’n kompromie aan te gaan
      wat onbelangrike sake betref en alles vir almal te word sodat hy sommiges kon red (1 Korintiërs
      9:19–23). ’n Kerk sal dikwels as gevolg van verskille oor onbenullige kwessies of tradisies skeur.
      Soos Paulus behoort ons ferm te wees in belangrike Christelike oortuigings maar buigsaam in
      kwessies wat nie belangrik is nie. So word die gawe van wedersydse onderwerping ter wille van die
      evangelie beoefen ” (Life Application Bible, p. 1680).


8. Lees Handelinge 21:27–22:21. Kyk hoe word Paulus die skyf van massahisterie,
vooroordeel en vals getuienis (21:27–36, 38). Hoe reageer hy op al hierdie dinge (21:37–
22:21)?



                                                    65
      Vraag 8. “Dit was ’n merkwaardige toonbeeld van intellektuele ewewig en selfbeheersing ná die
      geweld en mishandeling van die skare en die daaropvolgende redding wat maar min aandag aan
      sagkens werk kon gegee het, om die geleentheid aan te gryp om te getuig en terselfdertyd die
      behoefte van die situasie en gepaste benadering te bepaal. Paulus laat vaar alle teologie en grond sy
      verdediging op feite uit sy persoonlike ervaring. Ten spyte van die skreiende onreg wat hy gely het
      en die wrede geweld van die skare se aanval wat hom nog laat steier het, doen hy alles in sy vermoë
      om sy vyandige gehoor met hom te versoen.” (R. V. G. Tasker, The Acts, p. 173).


9. Kom ons bekyk sy verdediging van nader. Van watter belang is dit dat hy sy
toehoorders as “broers en vaders” aanspreek?




10. Watter ander kenmerke van sy verdediging sien jy?




      Vraag 10. Dink aan dinge soos respek, eerlikheid en openhartigheid, vereenselwiging met sy
      luisteraars, en die verheerliking van Jesus.
         Bybelvertalers verskil met mekaar oor of Paulus Aramees of Hebreeus gepraat het. Nogtans,
      aangesien Aramees afgelei is van Hebreeus en die belangrikste taal van die Jode in Palestina was
      (The NIV Study Bible, p. 1689) is die volgende opmerkings in elk geval nuttig:
         Paulus het Hebreeus gepraat, die taal van die Ou Testament. Hy het hierdie taal gepraat om nie
         net in die taal van sy luisteraars te kommunikeer nie, maar ook om te bewys dat hy ’n vroom
         Jood was wat respek gehad het vir die Joodse wette en gebruike en wat Hebreeus magtig was.
         Paulus het Grieks met die Romeinse amptenare en Hebreeus met die Jode gepraat. As jy mense
         met maksimum doeltreffendheid wil bedien, moet jy hulle taal kan praat.
            Gamaliël was een van die mees gerespekteerde rabbi's van die eerste eeu. Hy was alom
         bekend as ’n kenner van godsdienstige wette en as ’n gematigde. Paulus het sy agtergrond as
         goed opgevoede man wat onder die mees gerespekteerde Joodse rabbi gestudeer het, oorgedra.
            As Paulus sê: “… ek was net so ’n kampvegter vir God soos julle almal vandag is”, dan wys
         hy dat hy begrip het vir die feit dat hulle motiewe suiwer was toe hulle hom probeer doodmaak
         het. Hy erken ook daarmee dat hy enkele jare tevore dieselfde sou gedoen het aan Christenleiers.
         Paulus het altyd probeer om te begin by iets waaroor hy en sy gehoor saamgestem het voordat hy
         die Christelike godsdiens verkondig het. (Die Bybel in Praktyk, p. 1709)
      Hy wag so lank as moontlik voordat hy die woord, heiden, gebruik en demonstreer daarmee ’n
      gevoeligheid vir sy gehoor. Hy pas selfs die woorde van die Here in vers 15 (Handelinge 9:15) aan.
         “Hy was egter verplig om te praat, om die volle waarheid te vertel, en hy het ’n punt in sy
      toespraak bereik, net soos in Atene, waar geen redenaarskuns of taalvaardigheid die kerngedagte
      van sy uitdaging kon verbloem nie” (R. V. G. Tasker, pp. 173–74).


11. Hoe tree jy gewoonlik op wanneer jy jou in ’n konflik bevind as gevolg van
gehoorsaamheid aan God?




                                                     66
12. Wat het jy in hierdie gedeelte gesien wat jou gaan help om meer op een doel gerig te
wees in jou gehoorsaamheid aan God se wil?




9 God se Werk
Handelinge 22:22–23:35
      Doel: Om God se leidende en beskermende hand in Paulus se lewe te sien sodat God se wil gedoen
      kan word. Om meer daarop ingestel te word om God se hand in ons lewens en omstandighede raak
      te sien.
Om onder God se beskerming te wees, is nie ’n waarborg teen fisiese gevaar nie. Dit
waarborg wel dat ons Vader met ons is, ’n doel met ons het en dat niks met ons sal
gebeur wat nie uit sy hand kom nie. Ons kan met vertroue leef dat ons lewens op aarde
nie beëindig sal word voordat sy doel met ons bereik is en dat ons uiteindelik veilig en
beskermd in die hemel sal aankom nie. Paulus was so seker van God se hand is sy lewe
dat hy aangehou het om vreesloos met die boodskap van Jesus Christus uit te beweeg ten
spyte van die fisiese gevaar wat toegeneem het.

1. Wat is die maniere waarop jy kan sien dat God besig is om in iemand se lewe werk?




2. Lees Handelinge 22:22–23:35. Dwarsdeur hierdie gedeelte kan ons God se hand in die
omstandighede rondom Paulus se lewe sien, besig om hom te beskerm en lei. In
Handelinge 22:22–29 wat is die rede vir die konflik?




Wat is dit wat vir Paulus beskerm?




      Vraag 2. Dit is God se wil dat Paulus Rome toe moet gaan. Hy is getrou besig om dit te
      bewerkstellig deur vir Paulus te beskerm en te lei.




                                                   67
         “In hierdie kort gedeelte kom die Romeinse reg en geregtigheid weer twee keer tot Paulus se
      redding. In die eerste geval keer Claudius Lisias weer eens dat Paulus buitegeregtelik tereggestel
      word, en tweedens, dat Paulus gegésel word nadat ontdek is dat hy ’n Romeinse burger is.
         “Paulus was trouens gereed gemaak vir die géseling toe hy sy Romeinse burgerskap
      bekendgemaak het. Eweneens het hy in Filippi gewag tot na hy geslaan, toegesluit en in blokke
      gesit is voordat hy laat blyk het dat hy ’n Romeinse burger is (16:31). Dit lyk of hy nie die voordele
      verbonde aan burgerskap wou benut nie, behalwe in uiters moeilike omstandighede” (John Stott,
      The Spirit, p. 348).


3. Wat is in 23:1–10 die bron van die konflik?




Hoe word Paulus beskerm?




      Vraag 3. Die geskil tussen die Sadduseërs en Fariseërs, asook die oproer wat dit veroorsaak het, het
      daartoe gelei dat die kommandant vir Paulus gaan laat uithaal het na veiligheid toe.


4. Waarom is Paulus op die mond geslaan nadat hy gesê het: “Broers, ek het heeltemal ’n
skoon gewete oor hoe ek tot vandag toe my lewe in diens van God gelei het” (23:1)?




Waarop het hy aanspraak gemaak?




      Vraag 4. “Dit is waar dat die gebeure op die Damaskuspad Paulus se lewe totaal vernietig en
      heropgebou het. Nog nooit was ’n bekering só volledig en herskeppend nie. Maar dit is ook waar,
      soos Ramsay sê, dat toe Paulus terugkyk op die volle verloop van sy lewe en rustig nadink oor die
      plan wat so duidelik daarin verweef is, hy die samehang en ontluikende doel gesien het waarna hy
      so dikwels verwys. Hy is afgesonder, verklaar hy, van sy moeder se skoot af, vir die taak voor hom
      ‘Broers,’ sê hy, ‘ek het heeltemal ’n skoon gewete oor hoe ek tot vandag toe my lewe in diens van
      God gelei het’ ” (R. V. G. Tasker, The Acts, pp. 175–76). Paulus maak daarop aanspraak dat hy God
      opreg en sonder misstap dien. Sy lewe is deurgaans met net een doel voor oë gerig — die
      verheerliking van die God van Israel.


5. Wat, sou jy sê, is jou doel in die lewe?




                                                     68
6. In Handelinge 23:12–25 is die Jode gefrustreerd omdat hulle Paulus nie deur middel
van die wet uit die weg kan ruim nie. Hulle besluit dus om hom self voor te lê en dood te
maak. Hoe is Paulus beskerm?




      Vraag 6. Paulus is teen die komplot van die Jode om hom dood te maak beskerm deur die inligting
      wat sy nefie gebring het.
        Aan die een kant is die Joodse vervolgers bevooroordeel en geweldadig. Aan die ander kant is
        die Romeine oopkop en gaan hulle uit hulle pad om die beginsels van die reg, geregtigheid en
        orde te handhaaf waarop hulle beste leiers tereg trots was. Hulle het Paulus vier keer van die
        dood deur ongeregtelike teregstelling of moord gered deur hom in hegtenis te neem totdat die
        klagte teen hom ondersoek kon word en indien afdoende, by die hof ingedien kon word. Drie
        keer in Lukas se vertelling, soos ons gesien het, word Paulus onskuldig bevind of gaan hy
        onskuldig verklaar word. (The Spirit, p. 356)


7. Ons het God se beskerming aan Paulus ondersoek. Hoe versorg God vir Paulus op ’n
meer direkte en bonatuurlike manier in 23:11?




      Vraag 7. “Paulus het twee angswekkende dae van intellektuele, geestelike en fisiese stres beleef.
      Twee keer het die ingryping van die Romeinse militêre patrollie hom van die geweld van sy eie
      landgenote gered. Hy moes ongetwyfeld sy bedenkinge gehad het en die herinnering aan die
      waarskuwings wat aan hom gerig is op pad na Jerusalem, sou hom seker kom treiter het” (R. V. G.
      Tasker, The Acts, p. 177). Hy het God se stem nodig gehad om hom te troos en bemoedig.


8. Dink aan God se hand in jou lewe en bediening. Hoe sien jy Hom werk om jou te
beskerm en binne sy wil te lei?




9. Wat leer jy omtrent Claudius Lisias in Handelinge 23:23–30?




      Vraag 9. “Lisias het die feite ietwat aangepas om homself in ’n beter lig te plaas deur die
      ontdekking dat Paulus ’n Romeinse burger was, voor in plaas van na die soldate se ingryping te
      noem, en deur sy ernstige fout gerieflikheidshalwe te verswyg dat hy op die punt gestaan het om ’n
      Romeinse burger te martel. Nege van die hoofwerkwoorde in sy brief is in die eerste persoon,




                                                    69
      enkelvoud. Die brief was redelik eerbaar maar beslis selfgesentreerd” (John Stott, The Spirit, p.
      356).


10. Hoe weerspieël Claudius Lisias ’n beeld van ons eie menslike aard?




11. Op watter maniere moet jy groei in die nederige erkenning van God se hand in jou
lewe?




12. Hoe is jou hoop dat God se wil in jou gedoen sal word, geraak deur te kyk na God se
hand in Paulus se lewe?




10 Vals Beskuldig
Handelinge 24:1–25:12
      Doel: Om by Paulus te leer hoe om te reageer wanneer ons weens ons geloof vals beskuldig word.
George, ’n liewe vriend van ons, is vals beskuldig en het terreggestaan weens kettery. My
man het ernstig gebid dat God hulle monde sou snoer, hulle pogings sou bind, en dat die
waarheid sou seëfier en hom vryheid bring. Hy het God gevra om hulle planne te verydel
sodat hulle eie woorde die waarheid sou uitbring en hulle vals aanklagte sou uitwys.
  God het besluit om te doen wat Andy gevra het … en George is op dramatiese manier
vrygespreek. Die woorde van die aanklaers het veroodeling oor hulleself gebring. Die
verdediging het nie eens nodig gehad om hulle saak te stel nie.
  Die pyn om vals beskuldig te gewees het, was egter groot. Die skade is ook nie maklik
herstel nie. Nogtans het George se deurlopend gelowige optrede tydens die hele
beproewing my aan Jesus en Paulus herinner toe hulle vals beskuldig is.

1. Hoe reageer jy gewoonlik wanneer jy vals beskuldig word?




                                                     70
      Vraag 1. As jy nie veel reaksie kry nie — of as die antwoorde nie realisties klink nie — probeer
      opvolg met, “En sê nou die beskuldigings word oor en oor gemaak?”


2. Lees Handelinge 24:1–27. Wat is die aanklagte wat die Jode teen Paulus inbring?




      Vraag 2. “Die klagte teen Paulus volg dié wat teen Jesus gelê is en kan ook onder drie hoofde
      saamgevat word. Eerstens, Paulus was ’n gevaar vir die samelewing en iemand wat skeuring in die
      Joodse geledere dwarsdeur die wêreld bring (5). Dit het neergekom op ’n klag van hoogverraad of
      laesa maiestas. Hierdie misdaad is nie duidelik in die Romeinse wet omskryf nie en het onder
      tirannieke keisers in ’n middel tot politieke terrorisme ontaard. Outoritêre regerings is nog altyd
      gekenmerk deur die gebruik van sulke plooibare regsmaatreëls. Tydens die bewind van ’n goeie
      regering is die wet op hoogverraad nie toegepas nie, maar dit kon altyd weer sy kop uitsteek …
      Tweedens, Paulus is voorgehou as ’n aanvoerder van die Nasareners, ’n groep wat nie amptelik
      erken is nie en by implikasie dus as uitgewekenes en rebelle beskou is. Laastens, Paulus het die
      tempel ontheilig, die een aanklag wat die Jode skynbaar in staat gestel het om selfs ’n Romein tereg
      te stel. Tertullus het sy beskuldigings gestaaf deur die getuienis van ooggetuies (9)” (R. V. G.
      Tasker, The Acts, p. 180).


3. Wat leer jy omtrent die aanklaers uit die manier waarop hulle vir Feliks heuning om
die mond smeer?




      Vraag 3. “Slegs ’n gedeelte van Tertullus se oordadige toespraak word gegee, maar dit is genoeg
      om die wese van hierdie retoriek en die aard van sy beskuldigings te weerspieël. Lukas het die slag
      geken om ’n kort aanhaling so te gebruik. Dit is moontlik dat die spreker ’n Romein was want daar
      is ’n Latynse geurtjie aan sommige van die frases soos hulle in Lukas se Grieks verskyn. Sy naam,
      hoewel dit nie noodwendig sy nasionaliteit verklap nie, is ook Latyn. Dat hy opgelei was in
      kontemporêre retoriekkuns, was duidelik, en wat vir Lukas beïndruk het, was sy uitgebreide
      inleiding, ’n captatio benevolentiae, of ‘soeke na toegeneendheid,’ soos die teoretici dit noem. So ’n
      slenterslag, sê Calvyn, is ‘die merk van ’n skuldige gewete’ ” (R. V. G. Tasker, The Acts, p. 179).


4. Hoe sou jy Paulus se verdediging beskryf? (Hou die inhoud, gesindheid en aanslag in
gedagte.)




5. Van watter belang, dink jy, is die feit dat Feliks die leer van Christus taamlik goed
geken het (v. 22)?




                                                     71
      Vraag 5. Dit is ’n spekulatiewe vraag hierdie wat nogtans die moeite werd is om aan te dink. Dit is
      waarom woorde soos “Wat dink jy kon …?” gebruik word.
         “Feliks was reeds ses jaar goewerneur en het die leer van Christus taamlik goed geken. Hy sou
      uit sy dagtaak ook op hoogte gewees het van die optrede van die Christene. Verder sou hy ook van
      die Romeinse amptenare gehoor het wat dikwels oor die Christene gepraat het. Die Christene se
      lewenswyse het hulle oortuig dat dit ’n vreedsame groep mense was wat besils nie oproerigheid
      onder die volk sou aanblaas nie.” (Die Bybel in Praktyk, p. 1714).


6. Waarom, dink jy, het Feliks op die evangelie reageer soos hy het?




      Vraag 6. Dit lyk of Paulus se boodskap te persoonlik geraak en Feliks skuldig laat voel het. Hy het
      ’n ander man se vrou geneem en toe Paulus oor gehoorsaamheid aan God, oor selfbeheersing en oor
      die komende oordeel praat, het Feliks bang geword en die gesprek daar beëindig. Daar is geen
      aanduidings dat Feliks ooit weer die tyd gehad het om oor die Christelike leer te praat nie.


7. Het jy al ervaar dat iemand net soos Feliks op die verkondiging van die evangelie
reageer?




Wat kan dit moontlik beteken?




      Vraag 7. Wanneer hulle aan die waarheid blootgestel word wat sonde uitwys, trek sommige mense
      terug net soos ander deur die Heilige Gees beweeg word om hulle te bekeer. Eersgenoemdes sê dalk
      nes Feliks: “… as ek tyd het, sal ek weer na die evangelie luister.” Hulle het nooit genoeg tyd nie.
         “Daar is baie mense wat die evangelie graag met jou sal bespreek, totdat dit hulle eie lewens te
      persoonlik raak. Dan sal party hulle teësit, en ander sal van jou woorde probeer wegvlug. Dit is juis
      die kern van die evangelie: God se vermoë om lewens te verander.” (Die Bybel in Praktyk, p. 1714).
         Die evangelie is eers effektief wanneer dit oorgaan van beginsels en leerstellings na ’n
      dinamiese, lewensveranderende krag. Wanneer iemand dus jou getuienis weerstaan of daarvan
      weghardloop, is dit dalk omdat die evangelie te persoonlik geraak het.


8. Lees Handelinge 25:1–12. Twee jaar het sedert sy verhoor verloop en Festus het nou
die nuwe goewerneur geword. Die Jode het nie tou opgegooi nie. Hulle smee weer ’n
komplot om Paulus om die lewe te bring en vra dat Festus hom na Jerusalem stuur.
Festus weier en beveel die Joodse leiers om na Sesarea toe te kom vir die verhoor. Watter
bewys is daar in hierdie gedeelte dat Festus bewus is van Paulus se onskuld?




                                                     72
9. Waarom stel Festus voor dat Paulus teruggaan Jerusalem toe vir die verhoor?




10. Hoe reageer Paulus hierop? Waarom?




11. Beskryf ’n keer toe jy vals beskuldig is weens jou geloof.




12. Hoe leer jy om op jou aanklaers te reageer wanneer jy kyk na hoe Paulus sy
aanklaers hanteer het?




      Vraag 12. “Om te strewe na ’n skoon gewete voor God en die mense” is ’n belangrike fasset van
      ons reaksie op vals beskuldigings.




11 Getuienis voor Agrippa
Handelinge 25:13–26:32
      Doel: Om Paulus se brandende begeerte dat elkeen die evangelie sal hoor en ’n Christen sal word,
      ons eie te maak.
Hoewel sy onskuld by herhaling bevestig is, bly Paulus in gevangenskap. Hy moet
telkens die onregverdige beskuldigings van die Joodse leiers trotseer. Hy verdedig
homself met krag en integriteit maar word in ruil daarvoor met die dood gedreig.
   Deur dit alles bly Paulus se getuienis konsekwent. Sy grootste begeerte is dat sy
aanklaers en almal wat regspraak oor hom het, Christene sal word.

1. Wat motiveer jou om nie-Christene van Jesus te vertel?




                                                   73
2. Lees Handelinge 25:13–27. Net soos die ander wat gevra is om Paulus te verhoor,
weet Festus ook nie wat om met Paulus te maak nie. Dit was duidelik dat Paulus nie
skuldig was of die doodstraf of gevangenskap verdien het nie, maar om die vrede met die
Jode te bewaar was vir Festus meer belangrik as regverdigheid. As Festus dan alreeds
besluit het wat hy met Paulus gaan doen, waarom dink jy het hy met koning Agrippa oor
hom gepraat?




      Vraag 2. “Festus het nou voor ’n nuwe probleem te staan gekom. Wanneer hy Paulus na Rome
      stuur om sy saak deur die keiser te laat verhoor, moet hy ’n verslag daarvan en hoe dit tot op
      daardie stadium ontwikkel het, saamstuur. Dit was geen maklike taak nie, veral aangesien Festus
      nie kon agterkom hoe die moeilikheid regtig begin het nie. Die aanhoor van die aanklaers en
      verdediger se toesprake het sy verwarring net vergroot.
         “Gelukkig vir Festus het ’n oplossing vir hierdie klein probleempie hom voorgedoen. In die
      noord-ooste van sy provinsie was ’n klein koninkrykie onder beheer van Herodes Agrippa II …
         “Die jonger Agrippa is as ’n kenner van die Joodse godsdiens beskou en Festus het besluit dat hy
      net die man was om te help met die opstel van die verslag wat hy by Rome moes indien oor Paulus
      se beroep op die keiser. Toe die geskikte geleentheid tydens Agrippa se verblyf in die provinsiale
      hoofstad kom, het Festus dus die onderwerp van Paulus se saak teenoor hom opgehaal” (F. F.
      Bruce, The Book of Acts, pp. 481–82).
         Om te weet dat Paulus onskuldig was en dan die krag van Paulus se boodskap te hoor, moes aan
      Festus se gewete geknaag het. Hy kon nie anders as om daaroor te praat nie.


3. Beskryf die aard en inhoud van Festus se verslag aan Agrippa.




      Vraag 3. Ek glo Festus se verslag aan Agrippa weerspieël iets van Festus se reaksie op Paulus se
      boodskap. Dit is van belang dat Paulus ’n indruk op Festus gemaak het. Hoewel dit vir Festus
      belangrik was om in die “goeie boekies” van die Jode te bly, kon hy nie Paulus se onskuld
      eenvoudig ignoreer nie. Hy was bereid om teenoor ’n ander leier te erken dat hy nie geweet het wat
      om te doen nie. Sy verslag het Agrippa nuuskierig gemaak om vir Paulus te hoor.
         Ons dink baiekeer dat ons getuienis geen indruk maak nie. Maar soms, al kan ons nie sien wat
      binne mense aangaan nie, is God besig om deur ons in hulle te werk.


4. Wat is die hoofgedagte van die Christendom wat Festus noem?




      Vraag 4. Festus sê dit lyk of die saak draai om ’n sekere Jesus wat dood is, maar van wie Paulus
      beweer dat hy lewe.


5. Wat dink jy onthou mense van die Christenom uit jou getuienis?


                                                    74
6. Waarom, dink jy, wou koning Agrippa vir Paulus hoor?




      Vraag 6. “Agrippa het ongetwyfeld genoeg van die Christelike beweging geweet dat sy
      belangstelling deur Festus geprikkel kon word” (F. F. Bruce, The Book of Acts, p. 482).


7. Lees Handelinge 26. Wat is die hoofpunte omtrent homself wat Paulus in sy
verdediging voorlê?




8. Waarom sê Paulus dat hy verhoor word (26:6–8)?




9. Hoe reageer Paulus op gesag (26:10, 19)?




10. Vergelyk die opdrag van die Sanhedrin (26:9–11) met die opdrag van Christus
(26:15–18).




11. Beskryf Paulus se laaste gesprek met koning Agrippa (26:26–29).




      Vraag 11. “Paulus aan Agrippa (en konfronteer die koning van wie hy pas teenoor Festus in die
      derde persoon gepraat het, reguit): ‘Koning Agrippa, glo u die profete? Ek weet u glo.’ (27)



                                                    75
         “Die hof snak na hulle asem. Het enige gevangene dit al ooit gewaag om Sy Koninklike
      Hoogheid so voorbarig aan te spreek? Agrippa se wind is uit sy seile. Te verleë om ’n reguit
      antwoord op Paulus se reguit vraag te gee, en te trots om Paulus toe te laat om die onderwerp van
      hulle gesprek voor te skryf, ontwyk hy die vraag met ’n dubbelsinnige teenaanval.
         “Agrippa aan Paulus: ‘Jy dink seker jy kan my gou-gou ’n Christen maak.’ (28)
         “Die hof snak weer na hulle asem. Dit was ’n slim antwoord waardeur die koning weer die
      inisiatief kry. Daar is ’n geruis in die gehoor soos die mense gedemp bespreek presies wat hy bedoel
      het. Dit is ‘op verskillende maniere vertolk as ’n ou grappie, bitter sarkasme, somber ironie, ’n
      woede-uitbarsting, en ’n uitdrukking van opregte oortuiging.’ Hoe sou Paulus reageer?
         “Paulus aan Agrippa (sonder om ooit te twyfel oor hoe hy die koning se woorde gaan verstaan,
      en vasbeslote om hulle vir die evangelie in te span): ‘Of dit nou gou-gou gebeur of langer duur, ek
      bid God dat nie net u nie, maar almal wat vandag na my luister, sal word wat ek is, natuurlik net
      sonder hierdie boeie.’ (29)
         “Met hierdie woorde lig Paulus sy hande op en skud die kettings wat hom boei. Hy was opreg,
      hierdie gevangene. Hy het werklik geglo in wat hy gesê het. Hy wou hê almal moet soos hy wees,
      die koning ingesluit — almal Christene, niemand gevangenes nie. Jy kan nie anders as om sy
      integriteit te bewonder nie. Daar was ook iets finaal omtrent sy stelling, want sy regters het niks
      meer te sê gehad nie” (John Stott, The Spirit, pp. 376–77).


12. Hoe vergelyk of verskil Paulus se wens vir koning Agrippa met jou wens vir die
mense rondom jou om Christus te leer ken?




13. Hoe kan jy maak om nader te beweeg aan waar Paulus in hierdie begeerte was?




12 Paulus in Rome!
Handelinge 27–28
      Doel: Om ons te verheug in die feit dat Paulus Rome bereik het en ons vertroue in God so te
      versterk oor wat Hy in Paulus se lewe gedoen het, dat ons ook sal uit gaan om met die grootste
      vrymoedigheid en sonder enige verhindering die koninkryk van God te verkondig en die mense
      alles oor die Here Jesus Christus te leer. (Handelinge 28:31)
      Algemene Aantekening: Ek wil by jou aandring dat jy die groep lei om die waarheid wat nie net in
      hierdie twee laaste hoofstukke nie maar in die hele boek Handelinge verskyn, ernstig op te neem. ’n
      Vinnige opsomming kan dalk van pas wees. Wees voorbereid om dit te doen indien jy dink dat dit
      sal help.
         Probeer ander te laat sien hoe opwindend dit is dat God sy plan uitvoer. Hy het Paulus ten spyte
      van allerhande omstandighede in Rome laat uit kom. Kyk ook na Paulus se getrouheid aan God en
      sy toegewydheid aan een enkele saak in die verkondiging van die evangelie van Jesus Chirstus.
         Of julle nou al saam gebid het of nie, beveel ek ’n tyd van gebed aan die einde van hierdie studie
      aan.
Rome, uiteindelik!
  Paulus was onskuldig. Hy kon ’n vry man gewees het, maar hy het hom op die keiser
beroep — en na die keiser sal hy gaan.


                                                     76
  Wanneer ons na hierdie laaste twee hoofstukke aan die einde van ons studie van die
lewe van hierdie wonderlike dienaar van God kyk, is dit dalk gepas om te vra: “Wie was
werklik vry, en wie was eintlik die gevangenes?”

1. Wat, dink jy, beteken dit om vry te wees?




      Vraag 1. Onthou, hierdie is maar net ’n aanvoorvraag. Moenie te veel tyd daaraan bestee nie. Pasop
      dat die bespreking nie te filosofies en uitgerek raak nie. Daar is nog baie belangrike dinge wat in
      hierdie laaste studie behandel moet word.


2. Lees Handelinge 27–28. Hoewel Paulus teen hierdie tyd genoeg rede gehad het om
selfgesentreerd te raak, hoe sien ons hom in hierdie twee hoofstukke besig om sy
bediening van ander voort te sit (27:9–10, 21–25, 31–38, 42–43; 28:3, 8–9, 17–20, 23–
31)?




      Vraag 2. “Tot dusver in Handelinge het Lukas Paulus uitgebeeld as die apostel na die heidene, die
      baanbreker van die sendingreise, die gevangene, en die verdediger. Nou beeld hy hom in ’n ander
      lig uit. Hy is nie meer die gerespekteerde apostel nie maar ’n gewone mens tussen doodgewone
      mense, ’n eensame Christen (afgesien van Lukas self en Aristargos) tussen byna drie honderd nie-
      Christene wat of soldate of gevangenes, of dalk handelaars of skeepslui was. Nogtans tree Paulus se
      God-gegewe leierskapseienskappe duidelik na vore. ‘Dit is byna seker’, skryf William Barclay, ‘dat
      Paulus die mees ervare reisiger aanboord van daardie skip was.’ Selfs Haenchen, wat Lukas se
      beskrywing van Paulus minagtend verwerp as ‘net … ’n sterk supermens’, gee toe dat Lukas in
      gebreke bly om Paulus se kundigheid as seevaarder genoegsaam te beklemtoon. Hy gee ’n lys van
      die apostel se elf bootreise op die Middelandse See voor hy na Rome vaar en bereken dat Paulus
      minstens 3 500 myl per boot gereis het. Dit was egter meer as net sy rype ervaring wat hom as leier
      op die skip na vore laat tree het; dit was sy standvastige Christelike geloof en karakter” (John Stott,
      The Spirit, p. 390).
         Hierdie vraag is belangrik. Dit bied ’n oorsig van die gedeelte, ’n lang deel, en is toegespits op
      die belangrike inhoud. Kyk mooi na al die maniere waarop Paulus na ander uitreik.


3. Wat sien jy van Paulus se deernis in sy bediening van ander?




Hoe moet jou deernis vir ander nog groei?




                                                      77
      Vraag 3. Dit lyk vir my of Paulus elke keer wat hy uitgereik het, dit uit deernis gedoen het — hetsy
      deur die skeepslui teen die verlies van lewens en vrag te waarsku (hy kon net vir homself gesorg
      het) (27:9–10), deur hulle met God se belofte van beskerming te troos (27:21–25) in plaas daarvan
      om dit vir homself te hou, hulle aan te moedig om te eet, aan boord te bly, of vir hulle ’n vuur te
      maak vir die gerief van hulle liggame (27:31–38; 28:31), die eilandbewoners gesond te maak (28:8–
      9), of die evangelie met die Jode te deel (28:17–20, 23–31).


4. Wat dink jy getuig dit van Paulus dat Julius hom toegelaat het om sy vriende te besoek
(27:3)?




      Vraag 4. Julius het Paulus vertrou en wou goed vir hom wees. Julius moes Christus se karakter en
      integriteit in Paulus waargeneem het, en dat hy waardig was om goed te behandel. Paulus het waar
      hy ook al was, verhoudings gebou wat die Here vereer en mense hulle waarde laat besef het — selfs
      diegene wat hom gevange gehou en bewaak het.


5. Wat sien jy van Paulus se vertroue in God in hierdie gedeelte?




      Vraag 5. “Hoe dit ook al sy, hy het nou volle vertroue gehad in wat hy sou sê. Hy het hulle twee
      keer opgeroep om moed te hou (22, 25). Op gronde waarvan? Dat nie een van hulle nie, net die
      skip, sou vergaan (22). Hoe kon hy so seker wees? Omdat ’n engel van die God aan wie hy behoort
      en wat hy dien die vorige nag aan hom verskyn (23) en vertel het om nie bang te wees nie, belowe
      het dat hy nog voor die keiser moet verskyn, en bygevoeg het dat God hom (in antwoord op sy
      gebede?) ook die lewens van al sy medepassasiers sou gee (24). Hierdie Goddelike beloftes het die
      gronslag gevorm vir sy oproep aan elkeen om moed te hou. Hy het in God geglo, in sy karakter en
      verbond, en was daarvan oortuig dat Hy sy beloftes sou nakom (25), selfs al sou die eerste skip op
      een of ander eiland moes strand (26)” (John Stott, The Spirit, p. 392).


6. Hoe is ander deur sy onwrikbare vertroue in God geraak?




      Vraag 6. Daar is verskeie maniere waarop mense deur Paulus se vertroue in God geraak is. Paulus
      se hele wese is met Christus vervul. Mense is dus deur sy lewenswyse en nie net deur sy prediking
      geraak nie. Oorweeg bietjie die wye omvang van die invloed van sy bediening. Hierdie vraag is
      bedoel om jou groep vir vraag 9, sowel as vraag 7 en 8 voor te berei.


7. Watter situasies of verhoudings met nie-Christene in jou lewe maak jou lus voel om
op te hou om die evangelie daar te verkondig?




                                                    78
8. Watter waarhede uit die studie van Handelinge moedig jou aan om nie tou op te gooi
nie?




9. Op watter ander maniere sou jy graag wou hê dat jou vertroue in God die mense om
jou moet raak?




      Vraag 9. Vraag 7 en 8 vestig aandag op die uitwerking wat ons vertroue op God het op ons
      getuienis van Christus se aansprake teenoor nie-Christene. Help jou groep om na te dink oor hoe
      ander beïnvloed word deur ons vertroue in God om in ons en ander se fisiese, geestelike en
      emosionele behoeftes te voorsien.


10. Die woorde “Hy het die koninkryk van God verkondig en die mense alles oor die
Here Jesus Christus geleer. Dit het hy gedoen met die grootste vrymoedigheid en sonder
enige verhindering” (28:31) som nie net Paulus se twee jaar in Rome op nie, maar ook sy
hele Christelike lewe. Tot in watter mate sou jy wou hê dat dit ook jou lewe moet opsom?
Verduidelik.




11. Ten slotte, wat in die boek Handelinge motiveer en rus jou toe om ’n getuie “tot in
die uithoeke van die wêreld” (1:8) te wees?




Noudat ons gekyk het na God se krag deur sy Heilige Gees in die wêreld en in die
kerk, laat ons van Handelinge uit beweeg, soos Paulus, en met die grootste
vrymoedigheid en sonder verhindering “die koninkryk van God verkondig en die
mense alles oor die Here Jesus Christus” leer. Die genade en vrede sy met julle.




                                                    79

				
DOCUMENT INFO
Shared By:
Categories:
Tags:
Stats:
views:70
posted:9/30/2012
language:Unknown
pages:79