Hierdie resep is ontvang van Nicole Viviers in Gr 1B - DOC by P1OBWG

VIEWS: 88 PAGES: 19

									                    KOSBLIK – HAPPIES
Elke ouer moet weet … dat ‘n Kind se broeksak ook kougom, lekkers & albasters
kan bevat – Solly Ozrovech


Hierdie resep is ontvang van Nicole Viviers.
Sjokolade Cup Cake in ‘n koppie

4 eetlepels “self raising flour”
4 eetlepels suiker
2 eetlepels kakao
1 eier
3 eetlepels melk
3 eetlepels olie
1 koppie

Metode

Meng alles saam.
Sit in mikrogolf vir 3 minute (1000 watt).
Tip die Cup Cake uit en geniet saam met vla of karamel.


Hierdie resep is ontvang van Melissa en Dian Cloete
Klapperys (Mikrogolf)

1 blik kondensmelk
200g klapper
500g versiersuiker
2 teelepels kleursel

Metode

Mikrogolf kondensmelk ± 2½ tot 3 minute op hoog.
Gooi klapper, kleursel en versiersuiker by. Mikrogolf weer vir 3 minute op hoog en roer.
Mikrogolf nog 2 minute op hoog.
Roer en gooi in bak om af te koel. Sny in blokkies.
Karamelspringmielies

12 x 250ml gespringde springmielies
500ml suiker
2ml sout
5ml karamelgeursel
125ml gouestroop
500ml water

Metode

Versprei die springmielies in ‘n dun laag op ‘n bakplaat of oondpan.
Roer die res van die bestanddele oor matige hitte totdat die suiker opgelos is.
Was die suikerkristalle wat teen die kante vassit af met ‘n kwassie wat in koue water
gedompel is.
Kook die stroop tot by ligtekraakstadium. Hierdie stadium word bepaal deur die
volgende toets: as ‘n bietjie van die stroop in yskoue water gedompel word, versprei dit
in drade wat styf en bros is.
Gooi die stroop oor die springmielies en roer dit vinnig met ‘n groot lepel.
Laat effens afkoel voordat die springmielies los van mekaar gebreek word.
Laat dit heeltemal koud word en plaas in lugdigte houer.


Maklike Skons

1 koppie meel
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
1 eier – vul die koppie verder met melk

Metode

Meng alles deurmekaar en skep ‘n vol lepel in kolwyntjie pannetjies.
Bak in oond tot gaar.
Wenk: Varieer deur of gerasperde kaas of geklopte biltong by die mengsel te voeg.


Lekker Tert

Kors van fyngedrukte Marie of Tennisbeskuitjies met gesmelte margarine gemeng
1 blik kondensmelk
¼ koppie suurlemoensap
Metode

Meng bogenoemde met 500ml yoghurt (enige geur).
Gooi in die kors en bak 5 – 8 minute in die mikrogolfoond.
Koel af in yskas.


Mieliepap-poffers

250ml koekmeelblom
250ml warm, gaar mieliepap
1 eier
65ml gerasperde kaas
Knippie sout
15ml bakpoeier
Kookolie
Gegeurde Sout

Metode

Voeg koekmeelblom geleidelik by pap en roer deurentyd.
Klits eier en roer by pap-en-meelmengsel in.
Voeg kaas en sout by.
Voeg bakpoeier by en meng goed.
Verhit kookolie oor matige hitte in ‘n swaarboombraaipan.
Drup ‘n vol lepel meel daarin.
Braai aan albei kante en tot goudbruin.
Strooi gegeurde sout oor en sit warm voor.


Pizza

Aspersie vulsel
Plaas gedreineerde aspersie stukke op rou deeg.
Besprinkel met gekapte ham en gerasperde kaas.

Bacon vulsel
Braai gekapte spek, gekapte uie, ˝greenpeper˝, tamatie en geur met sout en peper.
Skep lepels op rou deeg en strooi kaas bo-op.

Soutvleis vulsel
Geur soutvleis met mostert en smeer oor rou deeg.
Sprinkel gekapte argurkies en tamaties op deeg.
Gooi gerasperde kaas bo-op.
Ham vulsel
Geur tamatiesous met oregano en smeer oor rou deeg.
Sprinkel gekapte ham, uie, gebraaide sampioene en kaas bo-op.

Salami vulsel
Rangskik stukke salami, uieringe, olywe en tamatieskywe op rou deeg en sprinkel kaas
bo-op.

Tuna vulsel
Geur tamatiesous met knoffelsout en smeer op rou deeg.
Sprinkel gevlokte tuna en uieringe bo-op.
Besprinkel met kaas.

Wenk: Gebruik klaargemaakte brooddeeg wat by supermark gekoop word.


Rooibos kaasmuffins

500ml koekmeelblom
15ml bakpoeier
2ml sout
5ml mostert
250ml Freshpak rooibos (effens afgekoel)
250ml cheddar kaas
1 ekstra groot eier
80g sagte botter in blokkies
Paprika

Metode

Voorverhit oond tot 200ºC en spuit ‘n muffinpannetjie met ‘n kleefwerende middel.
Sif meel, bakpoeier, sout en mostert saam.
Meng rooibos, kaas en eier saam in ‘n ander bak.
Vryf botter met vingerpunte in meelmengsel tot dit soos broodkrummels lyk.
Roer rooibos mengsel versigtig by die droë mengsel.
Roer net tot gemeng – nie te veel nie, anders sal muffins plat wees.
Skep in pannetjie en sprinkel paprika oor.
Bak 20 minute of tot gaar.
Bedien warm of koud met botter.
Skon-Pizza

500ml koekmeelblom
20ml bakpoeier
2ml sout
60ml botter of margarine
250ml melk

Metode

Voorverhit oond tot 200ºC.
Smeer ‘n oondvaste bak of pan (30 x 25 x 5).
Sif koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.
Vryf botter met vingertoppe daarin tot gemeng.
Sny van die melk met ‘n slaplemmes in die meelmengsel in om ‘n sagte deeg te vorm.
Voer die boom van die bak met deeg uit.

Vulsel

250g spekvleis (gesnipper)
1 ui, gekap
50ml blatjang
200g gerasperde kaas
4 middelslag tamaties
1 eier
250ml melk
1 blik knopiesampioene, fyn gesny
Sout en peper

Metode

Skil en sny tamaties in skywe en braai spekvleis en ui saam tot mengsel begin verkleur –
laat afkoel.
Smeer blatjang liggies oor skondeeg en strooi ¾ kaas bo-oor.
Versprei spek en uie mengsel oor kaas en bedek met tamatieskywe.
Geur met sout en peper en oorblywende kaas.
Klits eier en melk saam en gooi bo-oor.
Bak 25 minute tot stol op middelste oondrak.
Sny in vierkante en sit warm voor.
Springmielie-Ruimterotse

230g wit suiker (285ml)
250ml gouestroop
1 x 100g pakkie jelliepoeier
1 x 200g pakkie springmielies

Metode

Meng suiker, stroop en jellie saam in swaarboomkastrol.
Roer oor stadige hitte tot suiker smelt.
Bring tot kookpunt en laat 5 minute prut.
Roer aanhoudend.
Plaas mielies in ‘n groot mengbak.
Skep stroop oor en roer met vurk en vorm balle.


Vinnige Crunchies

Meng 250ml gesmelte botter of margarine met 15ml stroop.
Meng 5ml koeksoda met 15ml melk.
Meng 2 koppies hawermout, 1 koppie suiker, 1 koppie klapper en 1 koppie meel.
Meng al die bestanddele saam.
Plaas in pan en bak by 180ºC vir 15 minute.


Klapperys

375g klapper
3 teelepels suurlemoensap
1 blik kondensmelk
Voedselkleursel

Metode

Meng kondensmelk en suurlemoensap en voeg klapper by, meng tot stywe bal.
Verdeel, kleur en druk 2 lae in bak.
Plaas in yskas en sny in blokkies.
RESEPTE VIR SUIWEL-ALLERGIE
          KINDERS
Elke ouer moet weet… dat elke kind ‘n talent het – Solly Ozrovech


Lemoen Sjokolade Truffles

300g donker sjokolade (Albany is suiwel-vry)
150ml Orley-Whip
5ml lemoengeursel
Gerasperde lemoenskil van 1 lemoen
100g amandels fyngekap
Gesifte Nestle Kakao

Metode

Breek die sjokolade in stukkies en smelt vir ongeveer 2 minute op medium in mikrogolf.
Mikrogolf die Orley-Whip 1 minuut lank teen 10% krag en roer by sjokolade tot glad.
Laat afkoel. Voeg geursel, skil en amandels by en meng goed.
Bedek die mengsel en bevries totdat dit styf genoeg is om balletjies te rol.
Rol die balletjies liggies in kakao.
As die balletjies te sag en taai word om te rol, plaas die mengsel weer in die yskas om te
verkoel.


Kakao Fudge

1.2kg suiker
500ml soja melk
250ml kakaopoeier
75ml goue stroop
5ml sout
100g blossom lite margarine
10ml vanilla geursel

Metode

Verhit suiker, melk, kakaopoeier, goue stroop en sout oor lae hitte totdat die suiker
opgelos het.
Bring mengsel tot kookpunt. Kook tot hardebalstadium.
Voeg margarine en geursel by gekookte mengsel.
Klits mengsel met ‘n elektriese menger totdat fudge begin verdik en verkoel.
Werk nou vinnig: Giet mengsel in gesmeerde rolkoekpan.
Laat afkoel en sny in blokkies (72 blokkies).


Piesang Roomys

3 ryp piesangs, fyngedruk
37.5ml suurlemoensap
375ml vars lemoensap
100ml goue stroop
80ml strooisuiker
2ml vanilla kleursel
250ml Orley-Whip, styfgeklop

Metode

Meng piesang, suurlemoensap, lemoensap, stroop, suiker en vanilla saam. Roer goed.
Vou Orley-Whip versigtig by mengsel in. Skep in ‘n vrieskashouer.
Vries tot byna gestol is.
Klits mengsel weer goed en plaas terug in vrieskas om te stol.


Cremora Tert

167g cremora
83ml kookwater
200ml suiwelvrye kondensmelk
45ml suurlemoensap
2 druppels eiergeel kleursel

Metode

Los cremora in kookwater op en plaas in yskas totdat koud.
Klop styf en klop gekondenseerde melk by.
Giet suurlemoensap geleidelik by en klop tot styf.
Giet in kors en versier met suurlemoenrepies.

Kors

4 koppies fyngedrukte cornflakes
30ml suiker
100ml blossom lite margarine
2g kaneel
Metode

Smelt suiker en blossom saam.
Voeg kaneel by en meng met cornflakes.
Druk vas in gesmeerde tertbord.
Laat koud word in yskas voordat vulsel ingesit word.
Die resep is voldoende vir 2 korse.


Sjokolade Koek

3 koppies koekmeelblom
4 teelepels bakpoeier
2 koppies suiker
1 teelepel kakaopoeier
Knippie sout
Sif al bogenoemde bestanddele saam.

2 koppies kookwater
1 koppie olie
2 teelepels vanilla
1/5 koppie druiwe asyn
Meng bogenoemde bestanddele saam.

Metode

Meng die twee beslagte in met ‘n vurk tot roomglad en klontvry.
Gooi in gesmeerde oondpan of pyrexbak.
Plaas in voorverhitte oond en bak 25 – 30 minute by 180ºC.
Versier soos gewoonlik of gebruik “Pillsbury Ice Frosting” – dis heerlik.


Vla (dik vla vir poeding)

1 liter kookwater
300ml cremora poeier
30g blossom lite margarine
110ml suiker
5ml sout
100ml vlapoeier
5ml vanilla
Metode

Voeg die 1ste 5 bestanddele saam in ‘n kastrol en kook.
Maak vla met 125ml koue water aan en voeg by. Roer gedurig.
Verwyder van stoof wanneer dit dik is en voeg vanilla by.


Smelt in die mond southappie

1 rol klaar voorbereide blaardeeg
Olie
Aromat

Metode

Ontvries die blaardeeg en sny in langwerpige vingers van 1.5cm lank.
Braai in diep olie tot goudbruin.
Haal uit olie en besprinkel met aromat.
Oortollige olie kan met kombuishanddoek papier gedreineer word.


Pannekoek sonder eiers

250ml koekmeelblom
2ml bakpoeier
2ml koeksoda
1ml sout
450ml water
12.5ml asyn
60ml olie

Metode

Sif meel, bakpoeier, koeksoda en sout saam.
Meng water, asyn en olie.
Roer die helfte van die vloeistof by die droë bestanddele. Meng tot glad.
Roer die res van die vloeistof by om ‘n loperige beslag te vorm.
Giet 100ml beslag op ‘n keer in ‘n verhitte gesmeerde braaipan.
Braai pannekoek aan beide kante tot goudbruin en gaar – resep voldoende vir 6
pannekoeke.
Suiwelvry Kondensmelk

40ml water
80ml Orley-Whip
160l suiker
15ml mielieblom
200ml cremora (1 op 3 aangemaak)
Knippie sout
2ml xanthan
5ml vanilla essens

Metode

Maak cremora aan en meng die water en Orley-Whip in ‘n mengbak.
Klits mielieblom en suiker, wat vermeng is, by tot ‘n gladde tekstuur verkry is.
Voeg die mengsel by die cremora en klits goed.
Voeg ander bestanddele by en kook vir 1 minuut, voeg vanilla by en laat afkoel.
NS: Skep roomlaag af indien gevorm word na opkoking.


Goue stroop

2.5kg suiker
5ml sout
5ml kremetart
500ml water
1l yskoue water

Metode

Plaas die suiker, sout en kremetart in ‘n groot kastrol en voeg 500ml water by.
Verhit totdat al die suiker opgelos is, voordat die mengsel begin kook. Roer gedurig.
Verwyder die suiker kristalle van die kante af met ‘n nat kwassie.
Laat kook mengsel tot liggeel van kleur.
Voeg die yswater baie stadig en baie versigitig by. (Die mengsel kook op en maak stoom)
Kook totdat stroop dik genoeg is.
Die stroop moet ‘n draad van sowat 5cm lank van lepel afloop.


Rooibostee-Koeldrank

3 rooibostee sakkies
750ml kookwater
1stokkie pypkaneel (opsioneel)
150ml suiker
250ml onversoete appelsap, bv. Liqui-fruit
Metode

Laat tee, kookwater en pypkaneel trek totdat die water koud is.
Roer suiker en appelsap by koue tee. Verkoel.
Verdun die teemengsel net voor opdiening om die helfte met sodawater of koue water.
Skink.


a)    Voedsel bevat melk en of laktose indien die volgende woorde op die verpakking
      verskyn:
      * Any milk from animal origin * butter * margarine-when not indicated milk-
      free * Buttermilk * Yoghurt * Cheese * Milk solids * whey * Curds *
      Lactoglubuling * Casein * Lactate * Lactic acid * whey syrup * Lactose
      Produkte met bogenoemde bestanddele moet vermy word indien u ‘n
      onverdraagsaamheid vir melk/lactose het.

b)    Voedsel bevat eiers indien die volgende woorde op die verpakking verskyn:
      * Egg * Egg white * Egg yolk * Albumen * Egg lecithin * Vitellen *
      Ovevitelling * Liveting * Globulin * Ovomucoid * Ovomucin * Egg
      lysozyme
      Produkte met hierdie bestanddele moet vermy word indien u ‘n
      onverdraagsaamheid vir eier (geel/wit) het.

c)    *Sojamelk * Karobpoeier * xanthan * ens. Kan by enige gesondheidswinkel
      verkry word. Bv. Health corner, Langs Pick ‘n Pay, Langenhovenpark
      Emagene’s by Shoprite Checkers
      Let’s eat right, Sanlam Plaza, Preller Plein

      No Egg (substant vir Eier) is beskikbaar by Let’s eat right.
      Dit word in die plek van eier gebruik – net soos ‘n eier.
                               ALLERLEI
Elke ouer moet weet … dat modder maklik uitwas – Solly Ozrovech


Maklike Speelgoedklei

1 koppie meel
1 eetlepel sout
1 eetlepel olie
Water
Kleursel

Metode

Meng alles deeglik tot ‘n gladde deeg.


Handeroom vir Juffrou/Kleuterhande

1 klein botteltjie babapoeier
1 klein potjie Vaseline
1 botteltjie amandelolie
1 botteltjie gliserien (dieselfde hoeveelheid as amandelolie)
Enige ander handeroom net vir reuk

Metode

Pas die hoeveelhede maar aan soos dit nodig is.
Smeer makliker aan as dit nie so styf is nie.


Speeldeeg 1

2 koppies meel
¾ koppie sout
1 eetlepel slaai-olie
½ koppie water
Metode

Meng water en slaai olie.
Roer meel en sout in.
Knie tot soos brooddeeg.
Indien nodig, voeg watter by.
Druppels voedselkleursel kan by dele van die deeg gevoeg word.
Die deeg sal aanvanklik streperig lyk, maar sal weldra eenvorming in kleur wees.


Speeldeeg 2

2 koppies meel
½ koppie sout
2 teelepels kookolie
2 koppies water
4 teelepels kremetart
1 bottel voedselkleursel

Metode

Meng met houtlepel.
Kook al die bestanddele oor medium hitte vir 5 minute, totdat die mengsel van die kant
van die pot af loskom.
Laat afkoel.
Plaas in plastieksakkies in yskas.


Lekkergoedmanne

Enige sagte lekkergoed waardeur ‘n naald gesteek kan word, is geskik. Gebruik ‘n
dubbele draad gare en ‘n lang, dun naald. Begin en eindig altyd met ‘n groot knoop in
die gare.

Begin met die bene. Begin by een voet, voltooi die been en gaan direk aan met die ander
been – van bo af na die voet toe.
Maak nou die lyf. Vou die gare dubbel om die garedraad van die bene en steek dit dan
deur die naald. Maak nou die lyf van onder af boontoe tot by die kop en eindig met die
hoed.
Maak die arms. Begin met een hand, maak die arm, steek die naald deur die lekker wat
die bors voorstel en voltooi die ander arm aan die ander kant en eindig met die hand.
Lekkergoedmandjie

Sny gekleurde pypskoonmakers middeldeur – elke helfte is sowat 15cm lank.
Gebruik eetbare koekvormpies van Fatti’s en maak ‘n klein gaatjie in elke koekvormpie,
ongeveer 1cm van bo. Wees versigtig want die vormpie breek maklik.
Steek die pypskoonmaker deur die gaatjie en buig dit om ‘n handvatsel voor te stel.
Maak nog ‘n gaatjie regoor die eerste een en steek die ander punt van die pypskoonmaker
daardeur.
Skeur die lint in smal repies en bind ‘n strikkie om elke handvatsel.
Vul die mandjies met lekkergoed.


Speletjies

Vir die 1 tot 2 jarige kind

Rammelaars rammel

Gee jy ‘n partytjie vir ‘n paar babas en weet jy glad nie hoe om dit vir hulle plesierig te
maak nie? Laat hulle lawaai maak. Gebruik ‘n paar ligte, liefs deursigtige plastiekbottels
en gooi ‘n klompie kleurryke knope of plastiekkrale daarin. Draai die doppies van die
bottels weer styf op. Jy het nou goedkoop rammelaars waarmee die kinders hulself kan
vermaak.


Sneespapier skeur

Een- tot tweejariges weet niks van saamspeel nie. Wat hulle wel interesseer, is om goed
stukkend te skeur. Koop ‘n pak sneespapier, sit die kinders op ‘n kombers en laat hulle
na hartelus papier opfrommel en skeur. Hou net ‘n ogie dat dit nie in die monde beland
nie.


Vir die 3 tot 5 jarige kind

Aartappelresies

Elke deelnemer kry ‘n lepel en ‘n middelslag-aartappel. Wanneer hulle agter die
wegspringstreep plek inneem, sit elkeen sy aartappel in sy lepel en hou die lepel aan die
steel vas. Die een wat eerste oor die wenstreep hardloop met die aartappel steeds in die
lepel, is die wenner. Val die aartappel tydens die resies af, kan die kind dit optel, weer in
sy lepel sit en verder hardloop. Vir groot kinders kan die aartappels deur rou eiers
vervang word. Val die eier en breek dit, word die kind gediskwalifiseer.
Papiervoëls vlieg

Kleuters wat nog te jonk is om lekker met mekaar te speel, kan met papiervoëls besig
gehou word. Gee vir elke kind ‘n voël met ‘n toutjie aan. Hulle hardloop dan buite rond
met die voëls wat agter hulle aangevlieg kom. Maak maar ‘n paar ekstra vir wanneer
daar een breek.

Vergroot die patroon tot die werklike grootte en teken dit na op ‘n stuk stywe papier wat
dubbel gevou is. Knip die voël uit. Plak ‘n stukkie stywe papier voor naby die bekkie
om dit te versterk. Maak ‘n gaatjie deur die dubbele laag papier en maak ‘n toutjie
daaraan vas.


Aan-aan

Een kind is “aan”. Hy jaag sy maats om een te probeer aanraak, maar hulle hardloop
weg. Slaag hy daarin om ‘n kind aan te raak, is jy self nie meer aan nie, maar wel die
ander kind en begin die rondjaery van voor af.

Variasie 1    Die een wat aangeraak is, moet aangeraakte plek, byvoorbeeld sy skouer
              of rug, vashou terwyl hy die ander probeer aanraak. Die geheim is om die
              ander op ‘n moeilike” plek te probeer aanraak, byvoorbeeld onder die voet
              of aan die enkel, sodat dit daardie een se beweeglikheid kniehalter.
Variasie 2    Die kind wat aangeraak word, moet die een wat aan is se hand vashou en
              saamhardloop. Albei is nou aan. Raak hulle ander kinders aan, moet hulle
              by die “ketting” aanlas en is ook aan. Die speletjie duur voort totdat almal
              aangeraak is. Die kind wat eerste aangeraak is, kry die volgende beurt om
              aan te wees en die speletjie van voor af te begin.
Variasie 3    Sodra iemand aangeraak word, gaan staan hy wydsbeen doodstil. Een van
              die ander maats wat nie aan is nie, probeer nou deur sy bene kruip om hom
              vry te maak. Slaag iemand daarin, is hy vry om weer saam met die ander
              te harloop. Die een wat aan is, moet probeer om sou gou moontlik soveel
              moontlik maats aan te raak dat hulle wydsbeen stil moet staan en die ander
              kans kry om hulle te bevry nie.

Ander bekende speletjies

Poppekas
Video’s
Wegkruipertjie
Skattejag
Vrot eier
Kinderdeeg vir koekies


250ml koekmeelblom
62ml vlapoeier
62ml versiersuiker
125ml margarien

Metode

Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ‘n bakplaat. Meng al die bestanddele baie goed.
Rol die deeg uit en druk vormpies af. Bak vir 15 min.


Deegklei

Genoeg vir 4 kleuters

500ml water
250ml sout
30ml olie
15ml kremetart
Kleursel
500ml koekmeelblom

Metode

Kook die water, sout, olie en kremetart saam totdat die deeg ‘n bal vorm en los van die
kante af kom. Voeg die kleursel en die koekmeelblom by. Knie baie goed en bêre in ‘n
lugdigte houer.


Vingerverf

250ml koekmeelblom
250ml koue water
250ml suiker
750ml kookwater
Kleursel

Metode

Meng koekmeelblom en koue water. Voeg suiker by en meng. Verhit en roer totdat die
mengsel glad is. Voeg kookwater by en laat opkook. Kleur met kleursel en laat afkoel.
Tuisgemaakte gom

250ml koekmeelblom
250ml suiker
5ml aluin
1 liter kookwater
10ml olie

Metode

Kook die koekmeelblom, suiker, aluin en kookwater tot dik en helder. Voeg die olie by.
Laat afkoel en bêre in ‘n lugdigte houer.

								
To top