Waterkringlop koerant Graad 5 NW

Shared by: MmzK4zU
Categories
Tags
-
Stats
views:
56
posted:
5/30/2012
language:
pages:
4
Document Sample
scope of work template
							Laerskool Menlopark                                     Natuurwetenskap Gr. 5
Tema: Die Waterkringloop                                24 Februarie
LU: 2                                                   Annerika van Zyl
e-pos adres: annerika_fischer@yahoo.com                 0728994311

Water is gedurig besig om van gedaante te verander. Die waterkringloop is ‘n

nimmereindigende proses dwarsoor die wêreld: dit is die proses van water wat

van die see, mere en die land af verdamp, opstyg en afkoel om wolke te vorm,

en dan weer op die aarde of seë neerslaan in die vorm van reën, hael of sneeu.



Neerslag wat op land voorkom, kan verskillende weë volg. Pary daarvan

verdamp weer nog voordat dit die grond bereik, ander word deur plante

onderskep, en die res val op die grond, of op binnelandse wateroppervlakte. Van

die water wat wel die grond bereik, verdamp ‘n groot gedeelte en keer weer na

die atmosfeer terug.



Van die water sypel in die grond in, waar dit miskien deur plantwortels opgesuig

word en deur die blare weer verdamp word (transpirasie) of dit sypel by die

wortels verby en vul later die onderaardse watervoorraad aan. Net ‘n klein

gedeelte van die water sypel by die wortelvlak verby ondertoe.



Die grondbeginsel is eenvoudig: water gaan van die oseaan na die wolk, na die

land, na rivier en terug na die oseaan; maar daar is so baie onderdele in hierdie

waterkringloop, en soveel wisselwerkinge tussen hulle, dat dit eintlik ‘n baie

ingewikkelde proses is. Die studie van hierdie waterkringloop staan bekens as

die wetenskap van die hidrologie.
Maak ‘n voorstelling van die waterkringloop

Wat jy vir die projek benodig:

‘n A4 karton, watte, blou silofaanpapier, sand en skulpies, kleurpotlode of verf,

skêr, sterk gom, ou tydskrifte.

Berei jou A4 karton voor deur na die voorbeeld te kyk en die nommers en pyle op

jou karton aan te dui.



                          5                                             4

                                                                            3
 6



  2                                                                      1


                          7. ______________________



Maak ‘n afskrif van die volgende stadiums in die waterkringloop. Knip dit uit en

plak dit op die nommer waar die inligting ontbreek.

6. Die reënwater              2. Waterdamp word ook       5. Reënwolke kan op
beweeg in die grond in        deur diere wat              hierdie manier vorm, en
en vorm weer fonteine,        asemhaal en sweet           dan val die water weer
stroompies en riviere         afgegee en dit kom ook      in die vorm van reën na
wat terugvloei in             van die nattigheid in die   die aarde toe.
damme, mere en die            grond.
see.
1. Water van die see,         3. Hierdie waterdamp        4. As waterdamp hoog
damme, riviere en mere        wat vorm, word deel         genoeg opstyg, sal dit
verdamp en verander in        van die lug en styg op.     afkoel en kondenseer
waterdamp.                                                om wolke te vorm.
                               7. Die waterkringloop
Gebruik nou jou watte, blou silofaanpapier, sand en skulpies, kleurpotlode of

verf, skêr, sterk gom en ou tydskrifte om die waterkringloop in kleur en met

kreatiwiteit uit te beeld.



Laerskool Menlopark                                    Natuurwetenskap Gr. 5
Tema: Die Waterkringloop                               24 Februarie
LU: 2                                                  Annerika van Zyl
e-pos adres: annerika_fischer@yahoo.com                0728994311

Memo




                                    5                                 4




                                                                               3



 6




                                                                               1

 2




                        7. Die waterkringloop

						
Related docs
Other docs by MmzK4zU
2 carta alir pelantikan pensyarah
Views: 74  |  Downloads: 0
2 icindekiler
Views: 4  |  Downloads: 0
h0810127 yuni ari
Views: 61  |  Downloads: 0
Plats och tid f�r sammantr�de
Views: 4  |  Downloads: 0
Syarat Kelayakan
Views: 71  |  Downloads: 0
analiz listesi
Views: 48  |  Downloads: 0
ALONSO LILIANA FABIOLA C/ PROSEGUR S
Views: 21  |  Downloads: 0
Relped fag
Views: 4  |  Downloads: 0