GIMMIE-NUUS by V0Ywna9

VIEWS: 23 PAGES: 9

									                                     GIMMIE-NUUS



                          LANGENHOVEN GIMNASIUM OUDTSHOORN
                 Privaatsak X611 Tel. 044 272 2151/2 Faks 044 272 6254 e-pos postmaster@lgim.wcape.school.za
                                                Web: www.langenhovengim.co.za
Uitgawe 9/2010                                 Gimmies vir uitnemendheid!                                      19 Maart 2010


Geagte Ouer/Voog

1.     INLEIDING

       Die Kunstefees is amper hier. Baie dankie vir die ouers wat bereid is om te help. Ons waardeer dit
       opreg. Sonder u hulp, is dit onmoontlik om so ‘n groot projek aan te pak. Ons benodig nog persone
       om te help. (Sien tye en plekke op aangehegte lys.) Let asseblief daarop dat die eerste skof by
       die kosverkope, snoepie en beide kasregisters eers om 10:00 begin. Die skoftye by die kroeg
       het ook verander – sien die afskeurstrokie wat aangeheg is. As u ons dalk nog kan help, moet u
       asseblief dringend vir mev. Sharon Basson skakel by 044-272 2151. Ek vertrou regtig dat ons
       genoeg mense gaan hê. Weereens: baie dankie, by voorbaat, vir u hulp.

2.     BELANGRIKE DATUMS VIR VOLGENDE WEEK

       Maandag, 22 Maart                   :        Vakansiedag
       Dinsdag, 23 Maart                   :        Gewone skool: 07:10 tot 13:15
       Woensdag, 24 Maart                  :        Gewone skool: 07:10 tot 13:15
                                                    Hokkietoer na Kaapstad
                                                    Eerste rugbyspan vs Hoërskool Montana (T): 16:00
       Donderdag, 25 Maart                 :        Gewone skool: 07:10 tot 12:15
       Vrydag, 26 Maart                    :        Skooltyd: 07:10 tot 08:30
                                                    Rapporte na leerders: ‘n leerder wat afwesig is, ontvang eers
                                                    volgende kwartaal sy/haar rapport
                                                    Rugby: onder 14- en onder 19-span toer na Kaapstad
                                                    (Vertrek 09:00 vanaf Songoudkoshuis)
                                                    Tennis: SA-interpro (Pretoria)
                                                    Koshuiskamers word ontruim vir KKNK

3.     BELANGRIKE DATUMS: EERSTE TWEE WEKE VAN DIE TWEEDE KWARTAAL

       Maandag, 12 April                   :        Skool heropen: opvoeders: 07:45
                                                                    leerders: 07:55
                                                    Saalopening: das en baadjie
                                                    Ouers maak oueraandafsprake by mev. Smit tot 15:30
       Dinsdag, 13 April                   :        Skooltye: 07:40 tot 13:45 (res van die kwartaal)
                                                    Ouers maak oueraandafsprake by mev. Smit tot 15:30
                                                    Oudtshoorn netbalproewe: onder 14 en onder 15 (Gim)
       Woensdag, 14 April                  :        Graad 12-onderhoude: akademiese onderpresteerders
                                                    LOP-periode: Sing-songs
                                                    Ouers maak oueraandafsprake by mev. Smit tot 15:30
       Donderdag, 15 April                 :        08:30 - 14:00: Loopbaanuitstalling in skoolsaal
                                          Ouers maak oueraandafsprake by mev. Smit tot 15:30
                                          Oudtshoorn netbalproewe: onder 16, 17 en 18 (HO)
     Vrydag, 16 April              :      Ouerbrief, asook kwartaal- en buitemuursprogram na ouers
                                          Ouers maak oueraandafsprake by mev. Smit tot 15:30
                                          Netbal vertrek na Stellenbergtoernooi (al die spanne)
     Saterdag, 17 April            :      Rugby: Gimmies vs Oakdale (T) (skoolklere)
                                          Netbal: Stellenbergtoernooi (Bellville)
     Maandag, 19 April             :      Ouers maak oueraandafsprake by mev. Smit tot 15:30
     Dinsdag, 20 April             :      Ouer-onderwyser-kontakaand: 18:00 in klasse
     Woensdag, 21 April            :      Eerste rondte SWD-netbalproewe: onder 14 en 15 (Gim)
                                                                             onder 16, 17 en 18 (HO)
                                          Beheerliggaamvergadering: 18:30
     Donderdag, 22 April           :      Wêreldkennis-olimpiade: 14:00 tot 15:15
                                          Rugby: Gim vs Haarlem (T)
                                          Netbal: Gim vs Aurial Kollege (Aurial)
                                          Tennis Nationals: Interpro O/15 - O/19 (22 - 27 April)
     Vrydag, 23 April              :      TUISNAWEEK
                                          Bloedskenk in skoolsaal
                                          Ouerbrief na ouers
     Saterdag, 24 April            :      TUISNAWEEK
                                          SWD-trompoppiekompetisie 1
                                          Rugby: Gim vs Seavuna (T) (voorlopig)
     Sondag, 25 April              :      TUISNAWEEK

4.   REËLINGS: 23 TOT 26 MAART 2010

     Skooltyd: 23 en 24 Maart: 07:10 - 13:15

     23 en 24 Maart 2010: Gewone klas, kontrolering en uitwerk van vraestelle. Geen punte-
     veranderings sal volgende kwartaal gedoen word, sou ‘n leerder volgende week afwesig wees nie.

     Sportoefeninge vind normaal plaas in die middae. Die rugbyliga begin die eerste naweek na die
     vakansie teen Oakdale en baie spanne gaan toer en moet daarom die oefeninge bywoon. Leerders
     kan ook nie die oggend by die skool afwesig wees en dan die middag gaan oefen nie.

     Donderdag, 25 Maart 2010, is die skooltyd 07:10 tot 12:15. Ons neem afskeid van mej. Van
     Antwerpen vanaf 12:15 tot 13:15. Normale sportoefeninge vind plaas.

     NB! Vrydag, 26 Maart 2010:

     07:10:   Opening
              Registerperiode. Uitdeel van rapporte. Leerders wat afwesig is ontvang hul rapporte
              volgende kwartaal. Geen leerder sal toegelaat word om ‘n ander leerder se rapport te
              neem nie.
     08:30:   Skool verdaag.

5.   KOSHUISLEERDERS

     Koshuisleerders wat ‘n probleem met stoorplek het vir van hul items die naweek en die vakansie,
     moet met die superintendente reëlings tref.

6.   SKOOLTYD EN KLEREDRAG VIR TWEEDE EN DERDE KWARTAAL

     Die skooltyd vir die tweede en derde kwartaal is 07:40 tot 13:45. Die kleredrag is winterdrag. Op
     Maandae, tydens saalopening, moet leerders ‘n das en ‘n baadjie aanhê.
7.   KLEREDRAG: TYDENS SPORTWEDSTRYDE EN TOESKOUERS

     Deelnemers en leerders wat wedstryde bywoon as toeskouers, moet onthou dat ons dit in skoolklere
     doen. Nadat leerders deelgeneem het, trek hulle weer hul skoolklere aan. Dit skep ‘n gevoel
     van eenheid en trots as ons dieselfde lyk. Leerders wat nie hieraan voldoen nie, sal versoek word
     om korrek te gaan aantrek. Gewone klere is ontoelaatbaar. Ek maak staat op almal se
     samewerking. Ons verwag ook dat alle leerders tydens die eerste rugbyspan se wedstryde op die
     pawiljoen sal sit. Ons beplan om met al ons tuiswedstryde lekker saam te sing. By voorbaat dankie
     vir almal se ondersteuning.

8.   BEHEERLIGGAAM-TUSSENVERKIESING

     Baie geluk en sterkte aan die volgende pesone wat in die drie vakante poste verkies is:

     Mnr. Douglas Bester
     Mnr. Len Droomer
     Mnr. Piet Otto

     Ons sien daarna uit om met hulle saam te werk.

9.   SKOOLROOSTER

     Neem kennis dat die skoolrooster gaan verander as gevolg van mej. Van Antwerpen se weggaan.
     Die nuwe rooster sal vanaf volgende kwartaal geïmplementeer word.

10. GOK: GIMNASIUM ONDERSTEUNERSKLUB

     Mnr. Heinrich Schnautz het bedank as voorsitter en lid van die GOK. Mnr. Hennie Bekker tree op
     as voorsitter tot met die Algemene Jaarvergadering en die verkiesing van ‘n nuwe bestuur.

     As daar persone is wat belangstel om deel te word van die GOK, kan u u R50 jaargeld by mev.
     Basson inbetaal en mev. L. Marx, die sekretaresse, van u besonderhede voorsien. Die doel van die
     GOK is om fondse te genereer ter bevordering van sport en geriewe vir die leerders van Gimmies.
     Enige persoon is welkom om ‘n lid van die GOK te word. U hoef nie ‘n ingeskrewe kind by die
     skool te hê nie.

11. UITSLAE

     Baie geluk aan die volgende leerders of spanne:

11.1 TENNIS: 12 EN 13 MAART 2010, TE BREDASDORP

     Baie geluk aan die eerste tennisspan wat so goed gevaar het.

     Gim wen Union High: 15 - 5
     Gim wen Brakenfell: 17 - 3
     Gim wen Paarl Vallei: 16 - 4

     Gim verloor in die finaal met een punt.

11.2 ATLETIEKBYEENKOMS: SWD-HOËRSKOLE

     300 m hekkies, dogters 15 jaar:           Ezètje Greeff: 49,40 s (vyfde plek)
     Spiesgooi, dogters onder 14:              Janke van Rensburg: 25,43 m (8ste plek)
     Spiesgooi, mans 19 jaar:                  Willem Freysen: 53,76 m (5de plek)
     Gewigstoot, dogters onder 14:             Carina Booysen: 8,79 m (8ste plek)
     Gewigstoot, vroue 19 jaar:                Johleen Booysen: 11,90 m (1ste plek)
     Driesprong, seuns 15 jaar:                Charles Radebe: 12,13 m (5de plek)
     Diskusgooi, dogters onder 14:             Carina Booysen: 27,74 m (6de plek)
   Diskusgooi, dogters 17 jaar:           Bianca Marais: 33,41 m (3de plek)
   Verspring, seuns 15 jaar:              Charles Radebe: 6,12 m (5de plek)
   400 m, dogters onder 14:               Suné Nel: 1:06.27 (7de plek)
   400 m, mans 19 jaar:                   Willem Freysen: 51,02 s (5de plek)

   Johleen Booysen is tydens die SWD-hoërskole-atletiekbyeenkoms opgeneem in die Wes-Kaapspan.
   Baie geluk aan haar en haar ouers.

11.3 CAPE ARGUS-FIETSTOER

   Die uitslae van die Cape Argus-fietstoer is soos volg:

   AFSTAND: 110 KM

   Gerhard Loots:          3 uur 19 minute
   André van Vuuren:       3 uur 34 minute
   Johanné van Rooyen:     4 uur 38 minute
   Gerhard Vlok:           4 uur 41 minute

11.4 HARMONY: WISKUNDE-OLIMPIADE

   Baie geluk aan die volgende leerders wat 50% of meer behaal het en kwalifiseer om aan die tweede
   rondte deel te neem, wat op 18 Mei 2010 gaan plaasvind.

   Juniors                                                  Seniors

   Delene Nel                                               Pieter Klue (90%)
   Gerrit van Wyk                                           Frikkie Boltman
   Karl-Johann Ewert                                        Christo Niemand
   Marizanne Boshoff                                        Dewald Knoetze
   Elmari Botes                                             William Meyer

11.5 TOUTREK TE SUURBRAAK (SWELLENDAM), 6 MAART 2010

   Op 6 Maart 2010 het die SWD-toutrekkampioenskapsbyeenkoms op Suurbraak plaasgevind.
   Langenhoven Gimnasium se toutrekspanne, onder leiding van mnr. Johan Lategan, het ook
   deelgeneem. Daar is hard geoefen en voorberei vir hierdie geleentheid. Op ‘n baie warm Vrydag, 5
   Maart 2010, het die spanne met ‘n bus (ou Noag), met mnr. Lategan agter die stuur, na die
   geleentheid vertrek. Die “Blou trein” (soos ons skool se spanne bekend staan) was uitgerus met
   eenderse hempies, geborg deur verskeie donateurs, en kon nie misgekyk word nie.

   Aan die tou was die kompetisie hard en die dag was warm, maar die “Blou trein” het met twee
   silwer medaljes huis toe gekom. Ons wil graag ons dank en waardering uitspreek teenoor die
   volgende donateurs wat almal ‘n bydrae gemaak het tot hierdie groep se deelname, naamlik:
   Oudtshoorn Markagentskap, Erik Davel Vervoer, Supa Quick, Holgate Hanepoot Halte, Rancho
   Las Plumas, Tyre Rama, Vredebest Verpakking, Van Antwerp Sweiswerke, D & J Vleisprodukte,
   Cango Candy Sweets, Boetie Fauré, Checkers, Y-Not Eiendomme en Milan Marble & Granite.

   Baie dankie aan al die ondersteuners, ouers, oudleerders en skoolmaats wat hul stemme laat hoor
   het langs die veld. Aan mej. Van Antwerpen, ‘n spesiale dankie vir die padkos en heerlike muffins.

   Op 19 en 20 Maart 2010 neem vyf spanne in Worcester deel aan die SA-kampioenskapsbyeenkoms.
   Ons wens hul baie voorspoed en sukses toe.
11.6 HOKKIETOERE

   RIVERSDAL, 19 tot 20 Maart 2010: onder 19B- en onder 16A-dogters
   KAAPSTAD, 23 tot 29 Maart 2010: onder 19A-dogters
   PAARL, 5 tot 9 April 2010: onder 14A-dogters

   Ons wens al hierdie spanne baie sterkte toe!

                                   GEDAGTE VIR DIE WEEK

   Spreuke 9:6 - 12

   Neem afskeid van die onkunde, dat julle kan lewe, kom op die pad van die insig!

   Wie iemand so opvoed dat hy ‘n ligsinnige mens word, moet die verwyt daarvoor dra; wie iemand
   so leer dat hy ‘n goddelose word, doen dit tot sy eie skande. Moenie ‘n ligsinnige mens probeer
   opvoed nie, hy sal jou daarvoor haat. Voed ‘n wyse op, en hy sal lief wees vir jou. Gee jou aandag
   aan ‘n wyse mens, en hy kry meer wysheid, leer ‘n regverdige, en sy kennis vermeerder. Wysheid
   begin met die dien van die Here; wie die Heilige ken, het werklik insig. As jy wysheid het, sal jy
   lank lewe, jou lewensjare sal vermeerder word. As jy wysheid het, het jy self die voordeel daarvan;
   as jy ‘n ligsinnige mens is, dra jy alleen die las.

   Geniet die langnaweek.

   Groete.



   BC SWANEPOEL
   SKOOLHOOF
                                    KKNK-AFSKEURSTROKIE

Die voltooide afskeurstrokie moet asseblief op Dinsdag, 23 Maart 2010, aan
die registeronderwyser gegee word as u vir ons nog kan help op die plekke
soos aangedui.

Persoon A (vader/voog)
Naam en van:

Telefoonnommer(s):

Handtekening:

Persoon B (moeder/voog)
Naam en van:

Telefoonnommer(s):

Handtekening:

ouer(s)/ voog(de) van                                                               Graad:

                                                                                    Graad:

Hiermee bevestig ek/ons dat ek/ons (merk met ‘n X in die betrokke blokkie)

               bereid is om te help soos aangedui op onderstaande tabelle.

Dui aan met ‘n A en/of B by onderstaande blokkies of u 1, 2 of meer persone is
wat kan werk. BAIE BELANGRIK: Die aantal persone wat nog per skof benodig
word is aangedui tussen hakies.


1. KOSTENT (BY BURGERTENT AGTER MUSEUM)

1.1       VERKOPE: (6 PERSONE PER SKOF)

            Donderdag,    Vrydag,    Saterdag,    Sondag,    Maandag,    Dinsdag,   Woensdag,   Donderdag,
              1 April     2 April     3 April      4 April    5 April     6 April    7 April      8 April
10:00 –
13:00                    * (3)                   * (3)
13:00 –
18:00-      * (4)        * (3)      * (3)                    * (6)      * (6)                   * (3)
18:00 –
22:00       * (3)        * (2)                   * (5)       * (4)      * (5)       * (6)       * (6)
1.2       KASREGISTER: KOS (1 PERSOON PER SKOF)
            Donderdag,     Vrydag,   Saterdag,    Sondag,    Maandag,     Dinsdag,   Woensdag,    Donderdag,
              1 April      2 April    3 April      4 April    5 April      6 April    7 April       8 April
10:00 –
13:00       * (1)        * (1)       * (1)       * (1)
13:00 –
18:00-      * (2)        * (1)                   * (1)       * (2)       * (2)       * (2)        * (2)
18:00 –
22:00       * (2)                    * (1)       * (1)       * (1)       * (1)       * (1)        * (2)


2.        SNOEPIE/KOFFIESTAL

2.1       VERKOPE (2 PERSONE PER SKOF)
            Donderdag,     Vrydag,   Saterdag,    Sondag,    Maandag,     Dinsdag,   Woensdag,    Donderdag,
              1 April      2 April    3 April      4 April    5 April      6 April    7 April       8 April
10:00 –
13:00                                * (2)       * (1)
13:00 –
18:00-      * (2)        * (2)       *(1)        * (2)       * (2)       * (2)       * (2)        * (2)
18:00 –
22:00       * (2)        * (2)                   * (2)       * (2)       * (2)       * (1)        * (1)


2.2       KASREGISTER: SNOEPIE/KOFFIESTAL (1 PERSOON PER SKOF)
            Donderdag,     Vrydag,   Saterdag,    Sondag,    Maandag,     Dinsdag,   Woensdag,    Donderdag,
              1 April      2 April    3 April      4 April    5 April      6 April    7 April       8 April
10:00 –
13:00       * (1)                                                                                 * (1)
13:00 –
18:00-      * (1)                    * (1)       * (1)       * (1)       * (1)       * (1)        * (1)
18:00 –
22:00       * (1)                                            * (1)       * (1)       * (1)        * (1)

3.        KROEG (BY BURGERTENT AGTER MUSEUM)

3.1       VERKOPE

            Donderdag,    Vrydag,    Saterdag,    Sondag,     Maandag,    Dinsdag,    Woensdag,   Donderdag,
              1 April     2 April     3 April      4 April     5 April     6 April     7 April      8 April
10:00 –
14:00       * (3)        * (2)                   * (4)       * (1)       * (2)                    * (4)
14:00 –
18:00-      * (3)        * (2)                   * (2)                   * (3)       * (4)        * (4)
18:00 –
24:00       * (4)        * (3)       * (1)       * (5)       * (3)       * (3)                    * (2)
3.2       KASREGISTER (3 PERSONE PER SKOF)
            Donderdag,    Vrydag,   Saterdag,    Sondag,    Maandag,    Dinsdag,   Woensdag,   Donderdag,
              1 April     2 April    3 April      4 April    5 April     6 April    7 April      8 April
10:00 –
14:00                               * (2)       * (1)                                          * (1)
14:00 –
19:00-      * (2)        * (2)      * (1)       * (1)       * (1)      * (2)                   * (2)
19:00 –
24:00       * (3)        * (3)      * (2)       * (2)       * (2)      * (1)       * (1)       * (2)

LET WEL: Persone wat reeds aangedui het om te werk by die kroeg, moet
daarop let dat die kroegtye verander het.

								
To top