OPVK 321 AS GB04476 by AOrJoU

VIEWS: 78 PAGES: 49

									            OPVOEDKUNDE
         STUDIEGIDS VIR

    OPVK 321 A
        Dr Carl F Kirstein
      Prof Charl C Wolhurter

FAKULTEIT OPVOEDINGSWETENSKAPPE
Bladuitleg deur Marietjie Verster, Grafiese Dienste
Hantering van drukwerk en verspreiding deur Telematiese Leersisteme
Gerick deur Platinum Press (018) 294 8879/(016) 981 9401
Kopiereg  2004 uitgawe. Hersieningsdatum 2007.
Noordwes-Universiteit. Potchefstroomkampus
Kopiereg voorbehou. Geen gedeelte van hierdie boek, mag in enige vorm of
op enige manier, sonder skriftelike toestemming van die publiseerders,
weergegee word nie. Dit sluit fotokopiëring van die hele, of gedeeltes van die
boek, in.
INHOUDSOPGAWE
 (Ek kry nie hier verander nie, die inhoudsopgawe het
verander)
Welkom ....................................................................................................................................
Voorvereistes ...........................................................................................................................
Studiemateriaal ........................................................................................................................
Hoe u hierdie studiegids behoort te gebruik .............................................................................
Studie ikone .............................................................................................................................
Algemene studiewenke ............................................................................................................
Evaluering ................................................................................................................................
Aksiewerkwoorde .....................................................................................................................
Moduleplan ..............................................................................................................................
Werksprogram..........................................................................................................................
AFDELING A                    .................................................................................................................
Leereenheid 1                 Sosiopedagogiese             Begrippe              en        Sosiopedagogiese
                              Essensies ...............................................................................................
Leereenheid 2                 Die gesin as middelpunt van Opvoeding
Leereenheid 3                 Die skool: Brug na die samelewing
Leereenheid 4                 Eietydse jeugprobleme in die samelewing
Leereenheid 5                 Straatkinders as resultaat van die antikind kultuur in die
                              samelewing
AFDELING B
Leereenheid 6Die geskiedenis van onderwys in Suid-Afrika
WELKOM
Die Fakulteit Opvoedingswetenskappe en in besonder die Skool vir
Onderwysersopleiding heet jou hartlik welkom en hoop dat hierdie studiejaar
vir jou veel vreugde sal bring. Mag jy die opleiding baie positief ervaar. Mag jy
persoonlik groei in kennis, insig, vaardighede en in lewenswaardes. OPVK
321 is ’n derdejaar, tweede semester 8-krediet module wat impliseer dat jy 80
studie-ure gaan benodig om die module suksesvol te bemeester.
Wat die opleiding betref, het die klem heeltemal verskuif van ’n inhoudsgerigte
benadering na ’n uitkomsgerigte benadering. Dit gaan dus oor bepaalde
uitkomste wat bereik moet word. Assessering/toetsing sal in ’n groot mate
daarop gerig wees om te bepaal in watter mate jy die vaardighede bemeester
het en of jy aan die gestelde standaarde voldoen.
Baie sterkte met jou studies. Moenie huiwer om ’n afspraak te maak met jou
fasiliteerder/dosent indien daar enige onduidelikheid is nie.
Nogmaals baie welkom!

KONTAKPERSOON
Dr Carl Kirstein
Noordwes Universiteit
Potchefstroomkampus
Telno:018 299 1719
E-pos:       pokcfk@puk.ac.za

VOORVEREISTES
Om hierdie module suksesvol af te handel is daar drie voorvereistes waaraan
jy moet voldoen:
     wees ’n gemotiveerde leerder;
     maak gebruik van toepaslike leerstrategieë en –vaardighede;
     verkry toegang tot ‘n rekenaar en die internet aangesien jy
      internetsoektogte moet onderneem vir die voltooiing van sekere take
      en opdragte.

RASIONAAL
Hierdie is ‘n beroepsgerigte module wat jou in staat stel om die nodige
kennis,gesindhede en vaardighede te demonstreer wat vir die
onderwysberoep (provinsiaal, nasionaal en internasionaal) benodig word.
Met die nodige voorkennis wat jy in die eerste en tweede jaar opgedoen het
in OPVK 111 en OPVK 211 behoort jy hierdie module baie verrykend te vind.
Die nodige opvoedkundige begrippe wat jy bemeester het gee jou die
agtergrond om hierdie module volledig te begryp en verstaan.
Die module fokus hoofsaaklik op die ontwikkeling van praktiese bevoegdhede
wat op grondige opvoedkundige teorieë gebaseer is. Verder word jy geskool
in die sosiale ontwikkeling van leerders sodat jy hulle probleme en moontlike
probleme kan identifiseer om hulp te verleen.
STUDIEMATERIAAL
Die handboek wat jy vir hierdie module benodig is die volgende:
Kirstein, Carl. F. & Wolhuter, Charl. C.. 2004. Sosiopedagogiek en Historiese
Opvoedkunde vir Onderwysstudente. Potchefstroom: Keurkopie. Voortaan
word na die handboek verwys as K&W

Wat van die OLG en fleksi-leerders wat nie Afrikaans magtig is nie? Is julle
diktaat die beste bron wat julle kan voorskryf vir die module? Is daar nie ‘n
bron wat in beide Afr en Eng voorkom nie?

Ter aanvulling van die voorgeskrewe handboek, sal van jou verwag word om
verdere toepaslike boeke, wetenskaplike tydskrifartikels en internetartikels
self te soek en te integreer ten einde die uitkomste volledig te bemeester.
Telkens sal van jou bewyse gevra word dat dit wel persoonlik deur jou gedoen
is.

Persoonlike onderhoude met kenners en opvoeders uit die praktyk.

HOE JY HIERDIE STUDIEGIDS BEHOORT TE
GEBRUIK
Om vir hierdie module voor te berei, word voorgestel dat in elke leereenheid
die volgende stappe gevolg sal word:
lees die leeruitkomste wat in die studiegids gegee word;
verander die leeruitkomste in vrae en probeer om die vrae op grond van jou
     bestaande kennis te beantwoord. Hierdie stap aktiveer jou voorkennis van ’n
     bepaalde saak, help jou om te bepaal wat jy nie weet nie en vergemaklik die
     integrering van nuwe inligting by bestaande kennis;
lees nou die paragraafopskrifte van die voorgeskrewe studiemateriaal wat jy moet
      voorberei en oorsiglees die inhoud van die betrokke hoofstuk(ke);
verander elke paragraafopskrif in ’n vraag en probeer dit beantwoord nadat jy dit
     gelees het, hou die module uitkomste in gedagte;
bestudeer nou elke afdeling (maak gebruik van leerstrategieë soos opsommings,
     tabelle en breinkaarte) totdat jy die inhoud daarvan verstaan.;
beantwoord die vrae vir elke leereenheid wat in hierdie studiegids gegee word
     skriftelik.
    Hierdie vrae is meesal van ’n feitelike aard en sal ’n goeie toets wees van jou
kennis van          die inhoud van ’n hoofstuk. Sorg ook dat jy alle
toepassingsmoontlikhede van die feitelike      kennis bemeester. Hierdie vrae dien
ook as ’n evaluering van hoe goed jy ’n hoofstuk    voorberei het;
aan die einde van elke hoofstuk in jou handboek is daar “selftoetsvrae” wat jy moet
     beantwoord. Moenie met ‘n verdere hoofstuk aangaan as jy nie tenminste 75%
     vir die toets behaal het nie. Jy kan die vrae individueel of in groepsverband
     doen.
konstrueer nou ’n begripskaart van elke hoofafdeling wat dit goed opsom en ook as
      ’n evaluering dien van jou kennis, begrip en insig daarvan;
ten laaste, as ’n finale evaluering van jou kennis, begrip en insig van ’n leereenheid,
      moet jy weer die leeruitkomste in vrae verander en elke vraag skriftelik
      beantwoord.

STUDIE IKONE
1
2
3
4
5
8
9
10
11
13
14
15
16
17
20
22
24
31

ALGEMENE STUDIEWENKE
’n Voorvereiste vir die suksesvolle voltooiing van hierdie module is dat jy
toegewyd en selfgedissiplineerd is. Daar word van jou verwag om
verantwoordelikheid te aanvaar vir jou eie leer. Sorg dat jy deeglik vertroud is
met die inhoud van hierdie studiegids. Die studiegids dien as kompas om jou
deur die leerinhoude te begelei. Benut elke leergeleentheid optimaal. Die
belang van kontinue selfstudie kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Moenie huiwer om jou dosent te raadpleeg indien jy studieprobleme ervaar
nie. Skakel gerus indien jy hulp of advies nodig het, of bloot gesprek wil voer.
Voer alle leeraktiwiteite by elke leereenheid nougeset uit.
Vra jouself wat die doel van elke opdrag is. Waarom het die dosente juis hierdie
      opdrag gekies?
Definisies van nuwe begrippe is belangrik. Leer die definisies en maak seker dat jy
      hulle verstaan deur dit in jou eie woorde weer te gee.
Integreer voortdurend nuwe leerinhoude met die voorafgaande leerinhoude.
      Sodoende sal die verband duidelik raakgesien kan word en jy sal ’n vollediger
      prentjie kry van die onderwysstelsel.
Wees deurgaans bedag op oorsake en gevolge.
Vergelyk deur te let op ooreenkomste en verskille.
Reguleer jou eie leer deur onder meer die volgende:
          Beplan en stel persoonlike leerdoelwitte en hou daarby!
          Organiseer en struktureer leerinhoude.
          Maak doelbewus gebruik van leerstrategieë wat vir jou werk
            (Byvoorbeeld konsepkaarte, herhaling, skematiese voorstellings).
          Soek voortdurend na nuwe inligting (boeke, koerante, woordeboeke,
            internet) om bestaande kennis aan te vul en uit te brei.
          Soek hulp by dosente, opvoeders, mede-studente. (Studiegroepe het
            groot waarde. )
          Monitor en evalueer jou eie vordering voortdurend.
          Herhaal en internaliseer leerinhoude.

ASSESSERING (EVALUERING)
Evaluering geskied op ’n deurlopende basis. Klem word gelê op die feit dat jy
’n begrip van die leerinhoude moet kan weergee. Die toets is nie gerig op of
jy die werk ken nie (jy moet dit ken) maar of jy dit verstaan en kan toepas.

OPDRAGTE
Daar word van jou verwag om werkopdragte selfstandig te voltooi vir
evaluering. Geen opdragte word na sperdatums aanvaar nie. Alle opdragte
word by die betrokke dosent ingehandig, netjies geskryf of getik.
Indien jy nie ’n opdrag op die aangetoonde datum inhandig nie, moet jy binne
48 uur die nodige skriftelike verskoning of doktersbrief inhandig by G07.
Indien jy in gebreke bly om dit te doen, sal geen punt aan jou toegeken word
vir die spesifieke opdrag nie.
Opdragte wat in die diktaat aangetoon word, word selfstandig voltooi as
toeligting of verryking.
ONDERRIGTOETSE
Kort onderrigtoetse kan van tyd tot tyd afgeneem word. Datums hiervoor sal in
die kontaksessies aangekondig word sodat jy dit op die werkskedule kan
inskryf. Ongeskeduleerde klastoetse kan ook sonder waarskuwing afgeneem
word.
TOELATING TOT DIE EKSAMEN
Toelating tot die eksamen in enige module waarin eksamen geskryf word,
geskied deur die verwerwing van ’n deelnamebewys uitgereik deur die
skooldirekteur nadat aan die vereistes van die betrokke program en/of module
voldoen is.
DEELNAMEPUNT
'n Deelnamepunt, wat deel uitmaak van jou deelnamebewys wat toelating tot
die eksamen bepaal, bestaan uit die opdragte wat jy inhandig vir evaluering
en die aantal?onderrigtoetse. Opdragte en toetse tel 50% van die
deelnamepunt.
SEMESTERTOETS
’n Semester toets van 60 tot 90 minute word tydens die toets week geskryf.
Die semester toets tel 50% van die deelname punt.
Jy benodig ’n minimum deelname punt van 40% om toelating tot die eksamen
te verkry. Die semester toets is slegs vir voltydse studente.

EKSAMENPUNT
Aan die einde van die semester word ’n eksamenvraestel van 1 1/2 tot 2 ure
geskryf oor al die leereenhede.
Om die eksamen te slaag, moet jy ’n subminimum van 40% behaal.
Eksamenpunt:                      100 punte


FINALE MODULEPUNT
Deelnamepunt:            50%
Eksamenpunt:             50%
Modulepunt:             100%
Die slaagvereiste vir die module is 50%.
HERHALING VAN MODULE
'n Leerder kan die eksamen in enige module hoogstens twee keer aflê binne
twaalf maande wat volg op die registrasie vir sodanige module, waarna daar
weer opnuut vir die betrokke module geregistreer moet word.

AKSIEWERKWOORDE
Hierdie lys van aksiewoorde word by die studiegids ingesluit om duidelikheid
te gee oor presies wat van ’n student verwag word. Kyk deeglik hierna en
maak seker dat jy presies verstaan wat met elk van hierdie woorde bedoel
word.
Analiseer
Identifiseer die dele of elemente van ’n begrip en beskryf hulle een vir een
Voorbeeld: Analiseer ’n tipiese lesstruktuur en beskryf elke aspek in
besonderhede.
Vergelyk
Dui die ooreenkomste aan (dinge wat dieselfde is) asook die verskille tussen
voorwerpe, idees of menings. Die woord kontras sou ook hier gebruik kon
word. As u twee of meer voorwerpe met mekaar moet vergelyk, moet u dit
op In sistematiese wyse doen en een aspek op ’n slag bespreek.
Voorbeeld: Vergelyk Piaget en Ausubel se sienings oor die aard en wese van
leer.
Kritiese kommentaar/bespreking
Dit beteken dat u moet aandui of u saamstem of verskil van ‘n sekere
standpunt of siening. Jy moet dan aandui waarmee u saamstem of verskil en
redes daarvoor aanvoer.
Voorbeeld: Gee ’n kritiese bespreking van die gebruik van die rekenaar as
onderrigleermedium.
Definieer
Gee die presiese betekenis weer van die woord/begrip wat u moet definieer.
Voorbeeld: Definieer die begrip kurrikulum.
Demonstreer
Dit beteken dat u met behulp van voorbeelde moet aantoon hoe iets werk of
hoe iets ('n beginsel of reël) toegepas kan word. ,
Voorbeeld: Demonstreer skriftelik hoe vraagstelling toegepas kan word in die
onderrig van u vak.
Beskryf (describe)
Hier moet u sê hoe iets is, wat die aard en wese van iets is, wat die
kenmerke is of hoe iets werk. Geen opinies of bewyse hoef verskaf te word
nie.
Voorbeeld: Beskryf die model vir klaskamerkommunikasie
Bespreek (discuss)
Hier moet u in u eie woorde kommentaar lewer oor iets. Dikwels word van u
verwag om twee standpunte of moontlikhede te debatteer.
Voorbeeld: Bespreek die verskil tussen doelstellings en doelwitte.
Onderskei
Wys op die verskille tussen voorwerpe, verskillende idees/standpunte. Dit
moet gewoonlik in u eie woorde gedoen word.
Voorbeeld: Onderskei tussen ’n ostentiewe en ’n heuristiese
onderrigstrategie.
Skryf ’n opstel
In ’n opstel word ’n uitgebreide beskrywing van ’n onderwerp verwag.
Voorbeeld: Skryf ’n opstel oor die waarde van onderrigleermedia in die
onderrig van u vak.
Gee ’n voorbeeld
'n Praktiese illustrasie word verwag.
Voorbeeld: Gee ’n voorbeeld van ’n oop vraag (open ended Question)
Verduidelik
Gee redes vir iets (in u eie woorde ). u moet bewys lewer dat u die
leerinhoude verstaan. Dit is altyd goed om van voorbeelde gebruik te maak.
Voorbeeld: Verduidelik waarom beklemtoning so ’n belangrike
onderrigvaardigheid is.
Identifiseer
Gee die essensiële kenmerke of aspekte van ’n verskynsel weer.
Voorbeeld: Identifiseer die kenmerke van ’n effektiewe leerder.
Illustreer
Teken ’n diagram of skets wat die verskynsel, idee of teorie weergee.
Voorbeeld: Gee ’n skriftelike illustrasie van die werking van die truprojektor.
Stel ’n lys op
Stel ’n lys op van die name, feite, items wat gevra word. Dit kan van u verwag
word om dit volgens ’n bepaalde reël/orde te doen.
Voorbeeld: Stel ’n lys op van die faktore wat luister bevorder tydens onderrig.
Motiveer
Jy moet redes verskaf vir stellings/standpunte wat u aanvoer. u moet u leser
oortuig van u standpunt.
Voorbeeld: Stel u stand punt oor die gebruik van lyfstraf in skole en motiveer
dit.
Noem
Beskryf kortliks sonder enige besonderhede.
Voorbeeld: Noem die kritiese uitkomste wat met .die onderrig van u vak
bereik moet word.
Uiteensit
Beklemtoon die hoofkenmerke, struktuur of algemene beginsels van ’n
onderwerp sonder om in te veel besonderhede in te gaan.
Voorbeeld: Gee ’n uiteensetting van ’n hoof moment van ’n les.
Stel
Gee die verlangde inligting weer sonder om dit te bespreek.
Voorbeeld: Stel die voorwaardes vir effektiewe leer.
Som op
Gee ’n gestruktureerde oorsig van die kern (belangrikste) aspekte van ’n
onderwerp. Dit moet u eie woorde wees.
Voorbeeld: Gee ’n opsomming van die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse
Onderwysstelsel sedert 1992.
Formuleer
Stel dit mooi sistematies.
Voorbeeld: Formuleer die spesifieke uitkomste wat ’n leerder moet bereik.


INLIGTING VIR DIE SKRYF VAN WERKSTUKKE


Alle werkopdragte moet voltooi word vir evaluering en aan die volgende vereistes
      voldoen:
       Buiteblad                 -    naam van onderwerp / werkopdrag
                                 -    student se naam
                                 -    studentenommer
                                 -    klasgroep
                                 -    adres en telefoonnommer
                                 -    groepsopdragte: name moet alfabeties
wees.
       Inhoudsopgawe:            -    die   nommers      van     opskrifte moet
       ooreenkom met dié                                        in die teks
                                 -    bladsy nommers
       Opdrag self               -    begin altyd met ‘n inleiding. Hier moet jy
       kortliks                                   verwys na dit wat jy beoog (jou
       doel) met die                                    beantwoording van die
       werkopdrag. Die leser moet                                  nie twyfel aan
       wat aan die kom is nie.
                                 -    nommer opskrifte
                                  -       maak gebruik van bronverwysings in die
teks.
        Samevatting                  -     jy/julle moet instaat wees om die die
        werkopdragte                                       kan    saamvat.    In
        groepsverband kan elkeen ook ‘n                                      eie
        mening lig (plaas jou naam by jou siening).
        Bibliografie                  -   korrekte verwysings is noodsaaklik.
Maak gebruik van die voorgeskrewe boek, ander bronne soos internet-artikels,
   tydskrifartikels, onderhoude ens.
Geskrewe opdragte moet leesbaar wees – verkieslik getik met 1½ spasiëring.
Laat ’n lyn oop onder opskrifte
Werkopdragte wat na die ingee datum ingehandig word, sal gepenaliseer/nie
    nagesien word nie.
Fleksie en OLG studente moet ‘n afskrif van elke werkopdrag hou. Werkstukke kan
      in die pos verlore raak.
NB Skryf/tik slegs op een kant van die bladsy
Maak ten alle tye seker dat jy 100% weet wat behels die opdrag wat jy moet
doen.
WERKOPDRAGTE VIR INHANDIGING

AFDELING: A: Die Straatkind in Suid-Afrika
Puntetoekenning: 80
Deel 1:                                                       40
       Bronbewyse:                                       05
       Struktuur, logiese beredenering en taalgebruik 05
       Inhoud                                                 20
       Logiese beredenering van aanbevelings             10
Deel 2:                                                       40
       Notas/bande van onderhoude:                       10
       Analise van antwoorde                             20
       Kontekstualisering mbv literatuurstudie           10
Formaat en Bronspesifisering
Die werkopdrag bestaan uit twee dele waarvan die eerste gedeelte eers
afgehandel moet word voordat die tweede aangepak word.
Deel 1: ‘n Deeglike literatuurstudie van die straatkind fenomeen.
Soek ten minste 1 resente boek (2000+), 1 resente wetenskaplike
tydskrifartikel (2003/4; waarvan die eerste twee bladsye gekopieer en
aangeheg moet word) en 2 internetbesprekings of artikels (eerste 2 bladsye
gekopieer en aangeheg).

Bespreek die oorsake van die fenomeen, die lewenstyl van die straatkind en
verskaf ten slotte literatuurgefundeerde aanbevelings om die kinders te help.

Jou literatuuroorsig behoort die volgende aan te spreek:
    Inleiding – sê wat jy gaan doen – die leser moet dadelik weet waarmee
        jy besig is.
    Relevante begripsomskywings.
    Sosiopedagogiese essensies (verwys na byvoorbeeld – ek-jy
     verhouding, kommunikasie, ensomeer).
    Gesinstipes, opvoedingsfoute.
    Het die skool ‘n bydrae kon maak?
    Eietydse jeugprobleme (dink aan die rol van dwelms,
     kindermishandeling, en die ander).
    Skryf ‘n samevatting.
    Maak aanbevelings om die kinders deel van die samelewing te maak,
     hulle weer menswaardig te kry en goeie landsburgers.

Lengte: 650-700 woorde (ongeveer 2.5 A4 dubbelgespasieerde getikte
folios).
Indien u nie ‘n rekenaarfasiliteit het nie, mag u die opdrag skriftelik doen; hou
by die gespesifiseerde aantal woorde.

Deel 2: ‘n Veldstudie van straatkinders.
Vind ten minste 2 straatkinders, maar nie meer as 3 nie, verkieslik van beide
geslagte – verken die Bultomgewing en midde-dorp waar sulke kinders
saamdrom. Stel jouself bekend en benader die kinders sodat hulle nie skrik
of dink jy wil hulle aankla of laat verwyder nie.
NB. Moenie in plekke ingaan waar jou lewe in gevaar is nie. Doen
moeite om vriende saam te neem, en voer jou onderhoud op ‘n veilige
plek.
Kry die kinders se samewerking om ‘n gestruktureerde onderhoud met elkeen
te voer aan die hand van ‘n seleksie van die vrae uit die volgende vraelys.
Skryf hulle antwoorde neer in ‘n notaboek, of neem ‘n bandopnemer saam.

Die volgende vrae dien as riglyn ( jy het nie nodig om almal te gebruik nie, jy
kan ook jou eie vrae formuleer):
   Gesin
    Wat is jou naam? (gee die geslag);
    Hoe oud is jy? (bepaal min of meer of sy grote pas by dit wat hy sê);
    Waar bly jou pa en ma?
    Sien jy hulle nog?
    Is hulle kwaad vir jou?
    Hoekom het jy weggeloop? (bv te min kos en klere/hulle het gedrink)
    Het jy nog broers en susters en waar is hulle?
   Lewenstyl en vriende
    Waarom bly jy op die strate?
    Waar slaap jy?
    Waar kry jy kos, water en klere?
    Snuif jy gom? Kry jy dit maklik? Moet jy daarvoor betaal?
    Het jy al gesteel? Wat?
    Het jy vriende wat nie op straat bly nie?
    Is jy bang vir die polisie? Hoekom?
    Wat doen jy elke dag?
    Is daar mense wat jou help?
   Skoolverwant
    Was jy al ooit in ‘n skool? Vir hoe lank? Waarom is jy nie meer daar
       nie? Sal jy wil teruggaan?
   Lewenstylverandering
    Wil jy hê jou lewe moet verander? Hoe wil jy hê moet dit wees?
    Dink jy daar is mense wat jou kan help om jou lewe te verander? Hoe?
    Wil jy graag werk? Wat wil jy doen? Hoekom?

Werkwyse
Trek ‘n drie/vierkolomtabel en skryf die vraag en antwoorde van die kinders
daarop neer. Analiseer die antwoorde vir ooreenkomste en verskille.
Vergelyk die verskille en probeer bepaal of verskille tussen geslagte en
ouderdomme voorkom.
Skryf ‘n 200-300 woorde verslag oor die bevindings van die analise.
Toets ten slotte of die aanbevelings wat jy in deel 1 gemaak het, relevant is vir
hierdie kinders – nie meer as 100 woorde nie.

AFDELING: B

Opdrag:
Bestudeer die historiese       verloop   van    die   Suid-Afrikaanse    onderwysstelsel
(leereenheid 7):
Gebruik twee dubbel bladsye en stel breinkaarte op:
           hoe jy die ontwikkeling van die Suid-Afrikaanse onderwysstelsel sien – gee
            datums en gegewens.
            Evalueer die grondbeginsels waarop die huidige onderwysstelsel (na-
           1994) berus. Begin jou evaluering deur eers die grondbeginsels van
           die voor-1994 onderwysbedeling te ondersoek en dit dan te vergelyk
           met dié van na-1994. Besluit ten slotte of die ontwerpers van die na-
           1994 onderwysbedeling die geskiedenis korrek gelees het en motiveer
           jou antwoord deeglik.



WERKSPROGRAM
  Week-              Leereenheid/              Studie-ure en
                                                                             Opdrag
 indeling            Leergedeelte                Krediete

                      Afdeling A                  70 ure

       1            Leereenheid 1                 12 ure

   2&3              Leereenheid 2                 13 ure

                                                                        Bespreking en begin
   4&5              Leereenheid 3                 20 ure                    van opdrag
                                                                         A:literatuurstudie
                                                                   Bespreking & riglyne
   6&7              Leereenheid 4                 15 ure
                                                                   vir deel ii van opdrag A
                                                            Inhandiging opdrag A
     8           Leereenheid 5              10 ure
                                                            & bespreking opdrag B

                  Afdeling B                10 ure

  9 & 10         Leereenheid 6              10 ure          Inhandiging opdrag B



                 Hersiening en
    11        eksamenvoorbereidi
                      ng


MODULE-UITKOMSTE

Die module-uitkomste moet binne die konteks van die program se
uittreevlakuitkomste, naamlik die 7 rolle van die onderwyser, gesien word
(raadpleeg asb die jaarboek of BEd-inligtingstuk daarvoor).

Na voltooiing van die module behoort jy:
    die nodige kennis en vaardighede te besit vir die opvoeding van en
       hulpgewing aan die leerder binne gesin-, skool- en gemeenskaps-
       verband, tot gebalanseerde volwassene wat sy/haar rolle in die
       verskillende samelewingstrukture vanuit ‘n vaste waardesisteem kan
       vervul.
    die historiese ontwikkeling van die onderwysstelsel in Suid-Afrika
       vanaf sy vroegste oorspronge tot die hede te kan analiseer en aan die
       hand van ‘n persoonlike waardesisteem evalueer.
    selfstandig elementêre empiriese navorsing te kan doen, dit te kan
       analiseer, jou bevindings in ‘n verslag te kan weergee en met behulp
       van toepaslike media aan ‘n gehoor te kan kommunikeer.
Leereenheid 1:SOSIOPEDAGOGIESE BEGRIPPE EN ESSENSIES


Ikoon 13

Jy benodig ongeveer 12 studieure om hierdie leereenheid te bemeester.

Ikoon 14
Na bestudering van die leereenheid behoort jy in staat te wees om:
*   met die gebruik van die korrekte terminologie sinvol, toepaslik en binne
    opvoedkundige konteks skriftelik en mondeling verskillende aspekte van
    die sosiopedagogiek krities te bespreek;
* sosiopedagogiek te omskryf binne konteks van die verskillende sosiale
  strukture waarbinne dit plaasvind;
*   die essensies van die sosiopedagogiese situasie te beskryf en motiveer;
*   verskillende sosiopedagogiese gevallestudies te analiseer ten einde die
    essensies te identifiseer;
*   die essensies te evalueer ten einde te bepaal watter essensies tot
    probleme kan lei binne ‘n gegewe situasie;
*   probleemgevalle te evalueer om te bepaal of die onderwyser self hulp kan
    verleen en of die probleem die hulp van ‘n professionele sielkundige
    vereis.

Ikoon 13
K&W
Tydskrifartikels (Jy moet self in die biblioteek gaan soek)
Media
Internet (Jy moet oor elke deel van die werk die internet raadpleeg)
Woordeboek (Opvoedkundige – in biblioteek)
Biblioteekboeke
Persoonlike onderhoude met keneers opdie verskillende gebiede

ikoon 9
Opvoeding en sosialisering gebeur daagliks in en om ons en ter wille van die
mens (i.c. kind en leerder) se ontwikkeling is dit noodsaaklik om dit te
bevorder en te verbeter sodat die leerder kan aanpas by die vinnig
veranderende lewe van vandag. Die sosiale vorm ten slotte deel van ons
alledaagse lewe, en vorm die hoeksteen van aanpassings en wyses om met
die medemens om te gaan.
1.1    Sosiopedagogiese begrippe

Die Sosiopedagogiek (i.c. sosio-opvoedkunde of sosiale opvoeding) is die
studieterrein wat die verhouding tussen opvoeding (tuis, by die skool en kerk)
en die gemeenskap, in die kind se begeleiding tot volwassenheid beskryf. Die
gemeenskap word in verskillende strukture verdeel, elkeen met sy eie aard en
opdragte. Wanneer die kind volwasse geword het, sal hy in elk van hierdie
sosiale strukture ‘n rol vervul. Hy moet dus van jongs af opgevoed word vir
hierdie rolle. Die verskillende sosiale strukture is:
     die gesin, die eerste en belangrikste struktuur, waar die aanvanklike
       opvoeding voorkom.
     die skool, wat die opvoeding namens, en ter ondersteuning van die
       ouer doen.
     die kerk, wat saam met die ouer verantwoordelik is vir die kind se
       geestelik-godsdienstige opvoeding.
     die staat wat deel het in die kind se opvoeding na verantwoordelike
       volwassenheid en burgerskap.
 Ander strukture, alhoewel minder gestruktureerd, kan vriende, sportklubs en
kultuurorganisasies insluit.

Ikoon 2
Bestudeer nou in K&W.

       1. Gebruik ‘n opvoedkundige woordeboek vir ‘n tweede definisie van
       sosiopedagogiek. Vergelyk ook die definisie in hoofstuk 1 van K&W.
       Gee nou ‘n uitgebreide beskrywing van die begrip.
       2. Analiseer ons huidige moderne samelewing en gee soveel moontlik
          voorbeelde van ander sosiale strukture as die hierbo genoem.
       3. Waarom is dit nodig om sosiale strukture te identifiseer wanneer
          met die kind se opvoeding en ontwikkeling gehandel word?

Jy moet werklik in staat wees om bogenoemde vrae te beantwoord. Dit
is die basis vir bespreking oor die sosiale ontwikkeling en opvoeding
van die kind.
Die antwoorde op die vrae sal tydens die volgende kontakgeleentheid
bespreek word.

Die aktualiteit van die vroeë sosialisering van die kind (leerder) vir effektiewe
funksionering in ons moderne samelewing met sy toenemende
gekompliseerde bestaanswyses kan nie genoeg beklemtoon word nie.
Bestudeer vervolgens K&W, vir ‘n motivering vir die noodsaak van insluiting
van Sosiopedagogiek in onderwysersopleding
Ikoon 2
Gevallestudie
Berei jou voor om as onderwyser die ouers van jou leerders toe te spreek oor
die tipiese sosiopedagogiese probleme wat tans in die samelewing voorkom
en die skoolsituasie bemoeilik. Maak seker van die betekenis van die volgen-
de terminologie deur p. ? - ? in K&W te bestudeer en die Opvoedkundige
Woordeboek te gebruik. Tydens kontak sal leerders lukraak gevra word om
hulle toespraak voor te dra.
Skryf nou ‘n kort toespraak (ongeveer 300-350 woorde) waarin jy die relevan-
te terminologie gebruik om die ouers toe te spreek. Gebruik telkens ‘n voor-
beeld uit die lewenspraktyk om die term duideliker te maak, wanneer nodig.
        Aanvaarding
    o Kindermishandeling
    o Kommunikasie
   o   Kontak inflasie
   o   Dwelmmisbruik
   o   Jeugmisdaad
   o   Lewe in meervoud
   o   Selfaktualisasie
   o   Sosiopedagogiek


Ikoon6
Maak ‘n lys van ander tipies sosiopedagogiese begrippe wat in K&W gebruik
word en raak vertroud met die betekenis van elke begip in konteks van die
sosiopedagogiek. Gee veral aandag aan figuur 2.1 in K&W (p.?) waar die
invloed van die gesin en skool op die kind se ontwikkeling uitgebeeld word.
Bestudeer ook die volgende voorbeelde om te sien watter sosiopedagogiese
probleme van huis-uit kan ontstaan.

Ikoon 8
Die sosiale ontwikkeling en gepaardgaande waardestelsel van jong kinders
en adolessente kan beïnvloed word deur televisieprogramme en verskillende
tipes gedrukte media en kunswerke. Kunswerke, videos en boeke wat
geweld en negatiewe sedes uitbeeld, kan die boodskap oordra dat sodanige
gedrag aanvaarbaar is, veral wanneer die media dit as “goeie vorme van
kuns” oordra. Hersien in dié verband OPVK???, leereenhede ? en ? wat
aandag gee aan Christelike opvoeding, waardes en norme.

Ikoon 16
Soek 1 wetenskaplike artikel, hetsy op internet of in die FP biblioteek, waarin
die negatiewe invloed wat kuns, televisie, videos of boeke op kinders of
adolessente se sosiale gedrag bespreek word. Bring dit na die
kontakgeleentheid vir bespreking. Drie artikels sal geselekteer word en dien
as verdere bronne vir hierdie module en dus vir eksamendoeleindes.

Jy weet nou wat die begrip Sosiopedagogiek behels en ook wat die vakterrein
insluit. Jy behoort nou in staat te wees om die verskille tussen die Sosiopeda-
gogiek en die Psigo-opvoedkunde, byvoorbeeld, te peil. In die volgende
afdeling van die leereenheid word aandag gegee aan die essensiële
kenmerke van die Sosiopedagogiek. Hierdie kenmerke of essensies kan
hetsy negatief op ontwikkeling inwerk of positief. Waar die essensies negatief
inwerk, veroorsaak dit natuurlik ontwikkelingsprobleme wat uitloop op iets
soos jeugmisdaad of selfs selfmoord.

1.2    Sosiopedagogiese essensies
Volgens Kirstein & Wolhurter is dit belangrik om die opvoedings fenomeen te
verdeel in sy sub-dissiplines. Op hierdie manier kan meer inligting bekom
word, en kan situasies makliker in verband gesien word. Sosiopedagogiek
het sy eie verwante begrippe, waarvan die meeste aan die begin van die
studie eenheid gegee is. Gedurende ‘n kind se ontwikkeling word elke
konsep deel van sy sosiale wording. Hy word nie net bewus daarvan nie,
maar ervaar dit deur opvoeding en sosiale interaksie. Alhoewel ons elke
konsep apart gaan bestudeer, bestaan dit nie apart nie (dit is bipolêr – kan
van mekaar onderskei word maar nooit geskei word nie), maar kom voor in
situasies in die kind se totale sosiale ontwikkeling. Die essensies/konsepte
wat ons gaan bestudeer is:
       Ek-jy verhouding
       Opvoedingstyle
       Goeie verhoudings
       Kommunikasie
       Sosiale lewe
       Sosialisering
       Self-aktualisering
       Identiteit en self-konsep
       Sosiale maatskaplike oriëntering
       Behoefte vervulling in sosiale verband
       Sosiale milieu
       Persoonlikheid
Kyk na figuur 2.2 en die res van die hoofstuk

Ikoon 2 en 5
Werk in jou studiegroep, of Skryf elke essensie in paragraaf vorm. Gebruik
jou eie woorde en voorbeelde. Doen goeie werk, want hierdie moet vir die res
van jou lewe deel van jou mondering vorm en mag dalk ‘n eksamenvraag
wees.

Jy moet voorbereid na die klas toe kom, en in staat wees om te kan terug
rapporteer.

Ikoon 11
Ek-jy verhoudings: Die ek-jy verhouding is een van die mees basiese
verhoudings in elke persoon se lewe, die ek-jy moet later die “ons” verhouding
word. Bestudeer die gedeelte in die handboek, en wees in staat om dit te kan
toepas in die alledaagse lewe, asook in die eksamen.

Opvoedkundige style: Dink aan voorbeelde van gesinne/onderwyser wat jy
ken en wat jy by elkeen van die style kan inpas.

Ikoon 8:
Na die bestudering van die opvoeding style, waar pas jy in? Hoe sal jy die
kind in jou klas benader, wat n premisiewe leefwyse handhaaf?

Ikoon 1
Gee een voorbeeld in gesinsverband, en een in skoolverband van elkeen van
die drie verskillende opvoedingstyle:
             Personale
             Positionele
             Permissiewe
Bespreek in jou groep of met kollegas die voor en nadele van die verskillende
opvoedingstyle

Ikoon 5
Goeie verhoudings: Nadat jy die gedeelte bestudeer het moet julle in
groepverband mekaar se goeie en minder goeie eienskappe beoordeel (
hierdie oefening is nie om mekaar te kritiseer nie, maar eerder om mekaar te
help) en mekaar te wys op sterk en swak punte. Wees objektief en help om
mekaar te slyp.

Ikoon 16
Kommunikasie: Kommunikasie is deel van elke mens se lewe. Dit is die
manier waarop alle sosiopedagogiese essensies aktualiseer, en kan baie
vorms hê, bv die gesproke woord, telefoongesprek, televisie of radio, briewe,
boeke, internet, en selfs vingertaal. Verder is liggaamstaal ook nog belangrik.

Ikoon 13
Bestudeer figuur 2.3 in Handboek.

Ikoon 3
Onthou dat duidelike kommunikasie/boodskappe misverstande kan voorkom,
wat daartoe lei dat mense vir mekaar kwaad word!

Ikoon 5
In jou groep: Gee ‘n voorbeeld van swak kommunikasie in die klaskamer –
dink aan tuiswerk opdragte. Doen dit skriftelik vir klasbespreking.

Ikoon 11
Sosiale lewe: Elke kind behoort begelei te word om die nodige vaardighede
te bekom, sodat hy kan deel wees van die sosiale lewe. Sosiale wortels lê in
die gesinslewe en interpersoonlike verhoudings.

Ikoon 11
Sosialisering: Deur sosialisering word die kind opgevoed om eendag ‘n goed
aangepaste volwassene te wees. Hy moet kan inpas en aanpas by alle sfere
van die samelewing – gesin, werk en gemeenskap. Hy moet ‘n vennoot in die
gemeenskap wees.

Ons kan vra: Waar begin ‘n kind se sosialisering? Is dit in die gesin, deur
intieme en persoonlike opvoeding, deur woord of deur daad? As dit so is
moet die kind ontwikkel tot ‘n onafhanklike, verantwoordelike mens. Elkeen
moet deel wees van die gemeenskap, maar moet tog ook krities daarna kan
kyk, om by sy eie lewens- en wêreldbeskouing te kan pas. Sy eie norms en
waardes kan uitleef (kyk weer na OPVK 211).

Sosialisering behels meer as net opvoeding. Opvoeding is slegs deel van die
sosialiseringsproses. Dit hou aan vir so lank as wat jy lewe.

Onthou: Ons kan nie die samelewing vir die kind voorberei nie, maar ons kan
wel die kind, deur opvoeding en voorlewing, voorberei vir die samelewing.

Ikoon 2
Selfaktualisering: Elke kind het die potensiaal om sy eie identiteit te
ontwikkel. Die metode waardeur dit ontwikkel, is ook deel van die opvoeding.
Selfaktualisering beteken dat die potensiaal wat inherent in die kind is,
geaktualiseer, realiseer, of ontwikkel word. Hierdie potensiaal kan slegs deur
ouers/opvoeders tot sy volle leiding tot volheid gebring word.

Ikoon 8
Formuleer ‘n praktiese voorbeeld wat illustreer hoe die fasette wat vermeld is
(in handboek), sal pas by ‘n laerskoolkind. Maak ‘n opsomming (puntsgewys)
sodat jy dit kan bespreek in jou groep.

Ikoon 11 & 5
Identiteit en self-konsep:

Bestudeer figuur 2.4 in jou handboek, en stel vas wat elke konsep vir jou
beteken.

Identiteit: Wie is ek? - Selfkennis
Analise van persoonlike ervarings op kognitiewe vlak

Self-konsep: Hoe is ek? - Persepsie van die self, voortspruitend uit
kognitiewe evaluering, maar meer op emosionele vlak.

Die vrae kan as volg uiteengesit word:
     Wie is ek? Vir myself? Vir ander? Sien hulle my soos ek myself sien?
     Waar pas ek in by die huis, die skool en die gemeenskap?
     Waarheen is ek op pad met my lewe?
     Wat is my sosiale posisie in die samelewing?
     Wat is die betekenis van hierdie lewe?
     Wat is die betekenis van my persoonlike lewe?
     Het ek ‘n toekoms? Weet ek wat dit is? Kan ek myself daarvoor
       voorberei?
     Hoe kan ek as ouer/opvoeder bogenoemde vir my kinders/leerders
       moontlik maak?
Doen jouself ‘n guns en beantwoord bogenoemde vraeskriftelik. Die
antwoorde op bogenoemde vrae lei tot selfevaluering, sodat die persoon kan
sien wie jy/hy/sy eintlik is, soos ander jou sien. Daar is ‘n belangrike
wisselwerking tussen die selfevaluering, self-konsep en self aktualisering, wat
òf positief, òf negatief kan wees. Lewer kommentaar.

Ikoon 8
Verduidelik die wisselwerking tussen self-konsep en self aktualisering met ‘n
voorbeeld. Gaan deur die self evalueringsproses van ‘n tipiese laerskoolkind.

Ikoon 11
Ouers, onderwysers, die gemeenskap en vriende speel almal ‘n rol om die
kind te help om tot sy volle potensiaal en identiteit te ontwikkel, of om tot self
aktualisering te kom. Elke kind(mens) vra van tyd tot tyd die vraag: Hoe sien
ander mense my?
Identiteit het dus ook te doen met hoe ander my sien, en nie net hoe ek
myself sien nie.
Ikoon 4
Die ontwikkeling van ‘n eie identiteit en self-konsep is waarskynlik die twee
belangrikste ontwikkelingstake wat die jong kind/leerder moet doen. Skryf ‘n
kort opstel hieroor, en lig dit toe met skool gebaseerde voorbeelde. Dit kan
maklik ‘n eksamenvraag wees.

Ikoon 11
Sosiaalmaatskaplike oriëntasie: Deur opvoeding moet die kind die
geleentheid kry om sy eie posisie in die samelewing te bepaal. Hy moet ‘n
vennoot in die gemeenskap wees, en hy moet hulp kry op die pad.

Ikoon 5:
Bespreek in julle groep hoe julle (as Christen) te werk sal gaan om die kind te
begelei op die pad van sosiale ontwikkeling.

Behoeftevervulling in sosiale verband

Ikoon 13
Maslow het ‘n teorie ontwikkel waarin hy vyf vlakke van behoeftes onderskei –
sy hiërargie van behoeftes. Bestudeer dit in figuur 2.6 in jou handboek.

Ikoon 1 en 5:
Hoe sal jou/julle groep, deur middel van ‘n breinkaart, Maslow se behoefte
hiërargie aan ‘n oningeligte verduidelik. Gee voorbeelde en verduidelik watter
verband hou dit met die sosiale ontwikkeling en sosiale oriëntasie. Bring dit
saam klas toe.
.


Ikoon 11
Sosiale milieu: Die sosiale milieu betrek al die sosiale strukture waarin die
kind funksioneer, plus die omgewings van elke struktuur, met ander woorde
die huis waarin die gesin woon, die omgewing, en die buurt. Is dit ‘n goeie
voorstad of ‘n plakkerskamp? Aangesien alle huise, dorpe, omgewings
verskillend is van ander, is die milieu van elke kind anders as die van ‘n
volgende kind. NB onthou hierdie leerders uit verskillende milieue gaan saam
in jou klas sit.

Ikoon 5
Noem en bespreek die verskillende faktore wat die sosiale milieu kan
beïnvloed. Hoe kan jy as onderwyser/opvoeder die leerders in jou klas
ondersteun. Gee voorbeelde. Die opdrag moet skriftelik gedoen word, sodat
dit in die klas bespreek kan word.
Ikoon 3
*       Opvoeding beïnvloed die omgewing, ongeag die milieu.
*       Die gemeenskap beïnvloed opvoeding, ongeag die milieu.
*       Milieu beïnvloed beide die gemeenskap en die tipe opvoeding wat
        plaasvind.

Ikoon 2
Bespreek bogenoemde stellings, en illustreer met voorbeelde.

Ikoon 11
Persoonlikheid:

Gebruik jou woordeboek en definieer die woord persoonlikheid.
Vergelyk dit nou met identiteit en self-konsep. Verduidelik die verwantskap.
Kyk weer na die opvoedingstyle wat jy reeds bestudeer het.

Ikoon 3
Jy is nou aan die einde van hierdie studie-eenheid. Indien jy al die vrae tot
dusver beantwoord het, en die opdragte uitgevoer het, behoort jy te weet of jy
die werk verstaan. Jy het heel waarskynlik ook die probleemareas
geïdentifiseer en neergeskryf.

Ikoon 22
Hersien nou weer die eenheid, en maak seker dat jy al die uitkomstes
bemeester het. Verander die uitkomste in vrae, en maak seker jy kan dit
beantwoord. Moenie met die volgende eenheid aangaan voordat jy nie
hierdie een bemeester het nie!

Ikoon 1 en 2
Soos ek reeds aan die begin van die leereenheid gesê het is hierdie werk van
uiterste belang vir jou as ouer en opvoeder. Kry jou pen en papier gereed en
skryf die selftoets aan die einde van die hoofstuk in jou handboek.

Voordat jy met die volgende eenheid begin, kyk eers of jy die volgende vrae
skriftelik kan beantwoord. Merk dit, of vra ‘n vriend om dit te merk. Jy kan
slegs aangaan as jy 75% en meer behaal het (onthou net as jy oneerlik is met
jouself sal jy die vrugte in die eksamen pluk).
   LEEREENHEID 2: DIE GESIN AS MIDDELPUNT VAN OPVOEDING

Ikoon 31
Om die leereenheid te bemeester moet jy 10 studie studie ure werk aan die
leereenheid.


Ikoon 14
Na bestudering van hierdie eenheid behoort jy in te staat wees om:



      betekenis van die begrip, gesin te ken in al sy fasette
      die rol wat ouers en opvoeders moet vertolk te begryp en verstaan
      Veskillende gesinstipes te Identifiseer, verduidelik en met voorbeelde
       verduidelik
      te onderskei tussen die verskillende opvoedings foute wat mag
       ontstaan tydens opvoeding
      die posisie van die kind in die gesin te verstaan as die leerder in jou
       klas sit en op bepaalde maniere optree.

Ikoon 13
Kirstein. CARL. F. &. Wolhuter. Charl.C 2004. Sosiopedagogiek en Historiese
Opvoedkunde vir Onderwysstudente. Potchefstroom. Keurkopie.
Tydskrifartikels
Media
Internet
Woordeboeke
Biblioteekboeke
Persoonlike onderhoude


Ikoon 3
Terwyl jy besig was met leereenhede 1 en 2 het jy sekere definisies en
Sosiopedagogiese essensies bestudeer. Dit sal tot jou voordeel wees om dit
weer deur te gaan, want jy gaan dit ook hier gebruik.

Die inhoud van hierdie leereenheid is baie belangrik vir die samewerking
tussen skool en ouerhuis.

Ikoon 9
Die gesin kan beskryf word as ‘n klein gemeenskappie. Dis ‘n sosiale
instelling. Vergelyk met jou definisie in hoofstuk 1

Ikon 1
Voordat jy hierdie hoofstuk bestudeer, praat in jou groep, en maak
aantekeninge:

Watter rol speel ouers? Vader en moeder, deur hulle:
             opvoeding
             gewoontes
             tradisies
             norme en waardes
             voorbeeld
             geloof
             sosiale lewe
Kinders identifiseer met hulle, en so word hul karakter en persoonlikheid
gevorm. ‘n Stabiele gesin is dus nodig om die kind te lei van die klein
gemeenskap (die ouerhuis) na die groter gemeenskap (die skool – hoofstuk
4).

Ikoon 10
Lees die Info: ‘n Profiel van families in Suid-Afrika.

Ikoon 5
Voer gesprek (in jou groep) oor die Info en bestudeer die verskillende
gesinstipes in jou handboek.


Ikoon 11
Verskillende gesinstipes in sosiopedagogiese perspektief

Volgens K&W onderskei ons tussen die verskillende gesinstipes. (Sien
handboek). Wanneer die verskillende gesinstipes bespreek word, moet jy
probeer om in jou gedagte ‘n voorbeeld van elk uit jou omgewing te “sien”.

Ikoon 5




             Kyk na die strokiesprent en identifiseer die gesinstipe.
             Dink aan jou eie gesin. Waar pas jy in? Sal jy ook jou kinders
              so wil opvoed? Hoekom?
Ikoon 9
Die gesin as opvoedkundige omgewing:

Die gesin moet ‘n stabiele invloed op die sosialisering van die kind hê. Die
gesin is die primêre opvoedings verband deur God ingestel
Ikoon 1
Die gesinsmilieu is antwoord op ervarings. Lees die Info oor Hagar. Hoe
wonderlik dat ‘n pa nog tyd maak vir sy kind. As jy aan die Sosiopedagogiese
essensies (hoofstuk 2) dink, wat sien jy raak. Jy moet ten minste twee
Sosopedagogiese essensies uitlig. Motiveer jy antwoord.

Ikoon 11
Die gesin is ‘n wêreld wat fokus op persoonlike liefde.

Die kind het die liefde en versorging van sy ouers nodig. Hulle moet
bemoeienis met hom maak deur konkrete dade. Indien liefde ontbreek, is die
kind se lewe nie volledig nie. In die gesin moet hierdie behoefte vervul word.

Ikoon 3
Bestudeer die gedeelte oor die gesin wat op persoonlike liefde fokus baie
deeglik, en besin oor die rol daarvan op die kind se persoonlikheid en
sosialisering. Wat is jou antwoord/siening hieroor?

Ikoon 2
Het jy in so gesin groot geword? Indien nie, sal jy graag jou eie gesin op
hierdie basis wil opvoed? Motiveer jou antwoord.
Bring tydskrifartikels oor bogenoemde na die klas vir bespreking.

Ikoon 3
Lees die Info: Gesinslewe in krisis. Hoe sien jy jou taak as
opvoeder/onderwyser om mee te help om die “gesinslewe in ‘n krisis die hoof
te bied in skoolverband?

Ikoon 11
Bestudeer die opvoedingsfoute wat kan ontstaan/voorkom tydens opvoeding.
Haal enige 5 van die foute uit: Kyk weer na Leereenheid 2 en inkorporeer die
opvoedingsfoute met die Sosiopedagogiese essensies. Dink aan voorbeelde
in die gesin en in die skool. Maak gebruik van tydskrif- en ander artikels. Die
opdrag is vir klasbespreking asook vir inhandiging vir ‘n punt.
 Fleksie en OLG-studente moet die opdrag ook skriftelik doen as
voorbereiding vir die eksamen.

Ikoon 1
Jy ken nou al die prosedure: Selftoets tyd! Blaai na die einde van hoofstuk 3
en evalueer jouself, maak dit ‘n gesamentlike toets periode saam met jou
groep en merk mekaar se werk.
Leereenheid 3: DIE SKOOL: BRUG NA DIE SAMELEWING
Ikoon 31
Jy behoort 20 studie ure aan hierdie leereenheid te spandeer.

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leereenheid behoort jy in te staat wees om:



            die skool nie net as akademiese instelling te sien nie, maar ook
             as sosialiserings geleentheid;
            die skool as brug tussen die ouerhuis en breë gemeenskap te
             ervaar;
            die konsep skool te kan beskryf;
            te weet wat die funksie van die skool is (in al sy fasette);
            die take van die skool te beskryf en te bespreek, met
             voorbeelde, en om dit te kan toepas in die praktyk;
            te weet wat die sosiale aspekte van die klaskamer is;
            te weet watter rol die onderwyser moet vervul;
            te weet wat die rol van die onderwyser is;
            te weet wat van die kinders verwag word;
            te weet wat ‘n selfbeeld is en om die leerder te begelei om een
             te vorm;
            die kinders in jou klas deur kommunikasie te help om te
             sosialiseer en te aktualiseer;
            die verskillende faktore in jou klas wat ‘n invloed op
             kommunikasie het, te identifiseer;
            die proses van “les gee” ‘n interaktiewe gebeurtenis te maak,
             deur die regte didaktiese en sosiale interaksie te gebruik;
            die kind te begelei na integrasie met die samelewing.

Ikoon 13
Kirstein. CARL. F. & Wolhuter. Charl. C. 2004. Sosiopedagogiek en
Historiese Opvoedkunde vir Onderwysstudente. Potchefstroom. Keurkopie.
Tydskrifartikels
Media
Internet
Woordeboek
Biblioteekboeke
Persoonlike onderhoude

IKOON 4
Studie leereenheid 2 het oor die gesin gehandel. Dit sal goed wees as jy ook
die vorige eenhede weer deurlees voordat jy met hierdie een begin.

Ikoon 20
Kry jou notaboek en woordeboek gereed. Is jy positief en gemotiveerd?
Ikoon 2
Doen eers die volgende oefening sonder om jou handboek te raadpleeg:
Noem al die rolspelers in die SKOOL. Gaan nou na jou handboek. Het jy aan
almal gedink?

Aan die een kant is die skool ‘n sosiale instelling, wat deur die gemeenskap
ingestel is, met die taak om die volwasse wordendes toe te rus met die nodige
vaardighede, kennis en insig wat hulle as volwassenes in die gemeenskap sal
nodig hê.

Ikoon 9
Funksie van die skool, bestudeer figuur4.2
Jy het gesien dat die gesin ‘n klein gemeenskap is wat deel vorm van die
groter gemeenskap. Die rol van die skool is om ‘n BRUG te vorm tussen die
ouerhuis en die gemeenskap.

Ikoon 13
Sosialiseringstaak van die skool. In die klaskamer kan die kind homself
ontdek en aktualiseer as sosiale wese. Die kind leer hier ook om te
sosialiseer (onthou die Sosiopedagogiese essensies – hoofstuk 2 in K&W).
Die kind bevind hom vir meer ure per dag in die onderwyser se
teenwoordigheid, as met sy ouers, en daarom is dit noodsaaklik dat die
onderwyser nie net moet aandag gee aan die kind se ontwikkeling ten opsigte
van kennis nie, maar ook ten opsigte van sosialisering in sy groei na
volwassenheid.

Ikoon 16
In jou handboek is ‘n oorsig oor die sosialiseringstaak van die skool:

             Oordra van kennis en kultuur
             Leer om met ander saam te werk
             Leer om te organiseer
             Leer om saam te werk en saam te leef
             Leer om te ontspan
             Leer respek vir waardes, en leef daarvolgens
             Leer om te kompeteer
             Leer om met die teenoorgestelde geslag te meng
             Leer om voorbereid te wees
             Leer om te lewe.
Bestudeer figuur 4.3 Hieruit sien ons baie duidelik dat die sosialiseringstaak
van die skool ‘n holistiese eenheid vorm. Ons kan hulle van mekaar
onderskei maar nooit skei nie.

Ikoon 4 en 5
Bestudeer bogenoemde take van die skool. Jy moet in staat wees om elkeen
te kan beskryf, asook om die Sosiopedagogiese essensies uit te lig en
antwoorde te verskaf. Daar is altyd wisselwerking tussen die sosialiserings
take van die skool.


Ikoon 2
Leer om saam met ander te werk: Hoe sal jy werk definieer? Gebruik jou
woordeboek. As dit die taak van die skool/onderwyser is om die kind te laat
werk, beteken dit ‘n geleidelike deurbraak na die arbeidsomgewing en sosiale
omgewing. Onthou dat die skool ‘n brug-funksie het. Die skool moet die kind
lei, van speel, deur middel van leer, na die werksituasie.

Ikoon 2
Leer om te organiseer: Verstaan jy die term organiseer? Wat sê jou
woordeboek? Organisasie is deel van ons daaglikse lewe. Die kind moet
gehelp word om te organiseer – homself, sy omgewing, vriende. Later in die
lewe sal hy sy loopbaan, gesin, kerk en sosiale lewe moet organiseer. Hy
leer dit omdat die skoollewe self baie georganiseerd is.

Ikoon 3
Leer om saam te werk en saam te leef: Die kind kom uit ‘n gesin waar hy met
ouers, broers en susters saamleef. By die skool is hy in ‘n breër gemeenskap
met nuwe sosiale situasies waar hy moet kies hoe hy wil optree. Hoe kan die
onderwyser hom help met hierdie sosiale taak? Dit word bepaal deur die
verhouding wat in die klaskamer is. Het die kind vertroue in die onderwyser?
Die onderwyser moet ook denkbeeldige maniere skep om demokratiese
leierskap te ontwikkel.

Ikoon 10
Leer om te ontspan. As gevolg van korter werksure het mense meer vrye tyd.
Kinders moet dus ook gelei word tot betekenisvolle vryetydsbenutting. Dis
nodig sodat die kind nie in verveeldheid verval nie.

Ikoon 3
‘n Opname het getoon dat jong kinders eerder hou van passiewe
vryetydsbesteding, wat nie altyd kreatief of opbouend is nie.

Ikoon 2 en 5
Leer respek vir waardes, en leef daarvolgens: Lees die Info: Opspoor
gedagtes. Hoe/waar sien jy jouself? Definieer respek, waardes en norme.
Gebruik jou woordeboek.

In die moderne tyd word sommige waardes net eenvoudig geïgnoreer. Die
onderwyser moet dit dus meer beklemtoon dat mense volgens sekere norme
moet leef. As almal dieselfde waardes en norme gehoorsaam, kan ons ‘n
konflikvrye gemeenskap teweeg bring. Die kind moet dus geleer word dat hy
sekere waardes en norme moet gehoorsaam. Hier is
jou/opvoeder/onderwyser/ouer se voorbeeld deurslaggewend. Vermy: Maak
soos ek sê en moenie maak soos ek maak nie. Gee ‘n voorbeeld van die
stelling waar ons as volwassenes dikwils die fout begaan.
Ikoon 5
Lees die Info: Victor Frankle. Lewer in jou groep kommentaar hierop, uit ‘n
Sosiopedagogiese oogpunt en die invloed op die leerder se sosialisering.

Ikoon 2
Leer om mee te ding: Op skool kompeteer die kind voortdurend. Ook in die
breër gemeenskap gebeur dit daagliks. Onthou die skool se brug-funksie.
Kind moet leer om homself te kan laat geld, sonder om ‘n ander te benadeel.
Ontwikkel dus ook ‘n sosiale gewete.

Die kind moet leer om met kompetisie saam te leef. Hy moet ook leer hoe om
mislukking, verloor en swak doen te hanteer.

Ikoon 2
Jy het ‘n kind wat altyd huil as hy verloor. Hoe sal jy hom hanteer? (75
woorde)

Ikoon 2
Leer om met die teenoorgestelde geslag te meng: ‘n Seun-dogter verhouding
is normaal, maar die kinders weet nie altyd hoe om dit te hanteer nie. Wat sê
jy hiervan?

Ikoon 3
Behoorlike gedrag met die teenoorgestelde geslag moet deur die regte
opvoedkundige beginsels hanteer word. Skep geleenthede in die klaskamer,
op die sportveld, sosiale funksies, ensomeer. Dis belangrik dat hulle respek
vir mekaar moet hê. Die beste plek om dit aan te leer is by
volwassenes/gesin. Tog is volwassenes nie altyd goeie voorbeelde nie.
Bespreek die stelling in jou groep

Ikoon 9
Leer om weerbaar te wees: Voorbereid vir wat? Sosialisering, norme,
lewensbeskouing, waardes. Onderwyser moet hiermee help. Dink aan
opvoedkundigeprogramme as aanvulling tot gesinsopvoeding. Onthou – ons
is besig om die kind te sosialiseer en aanpasbaar te maak vir die samelewing.
Voor te berei vir volwassenheid om verantwoordelik op te tree, maar ook om
eendag sy gesin te versorg.

:Ikoon 8
Leer om te lewe. Leef jy of is jy ‘n roetine-mens? Wat moet jy doen om te
kan “leef”? Hoe kan jy die kind hiermee help? Lees Info: Almal soek ‘n idol.
Wat is jou kommentaar oor die gedeelte, dink aan die skool se
sosialiseringstake.

Kinders wil meer weet van saamwerk en saamleef, en soek na
betekenisvolheid in die lewe. Opvoeding moet daarop gemik wees om
vinnige veranderinge te kan maak, om bewus te wees van betekenisvolle
deelname in die toekomstige super geïndustrialiseerde samelewing. Hiervoor
is dit nodig dat die skool kinders die volgende leer:
              Leer hoe om te leer
             Kommunikasie, en hoe om langdurende interpersoonlike
              verhoudings op te bou
             Hoe om keuses te maak tussen baie moontlikhede.
Daarom behoort elkeen van ons die begeerte te ontwikkel om meer beheer
van jou/ons lewens te neem sodat die mense word wat God bedoel het ons
moet wees.

Ikoon 3
NOU MAG JY ‘N BREEK VAT!!!!!!!
Ikoon 9
Sosiale aspekte van die klaskamersituasie: Die skool/klaskamer is ‘n sosiale
omgewing, georganiseer in ‘n spesifieke sosiale klimaat. Dis gestruktureer vir
interaksie tussen onderwyser en leerder, en tussen leerders onderling. Dis so
gestruktureer sodat spesifieke doelwitte bereik kan word. Dis dus
gestruktureerde sosiale interaksie.

Ikoon 5 en 15
Bestudeer die gedeelte in K&W en maak ‘n transparant oor hoe jy die sosiale
aspekte van die klaskamer aan studente sal verduidelik. (Slegs een
transparant per groep).
Ikoon 9
Aktualisering en sosialisering van effektiewe kommunikasie in die klaskamer:
Onderwys kan in die algemeen beskryf word as die beplanning van sekere
aktiwiteite in bepaalde situasies sodat die leerders sekere aktiwiteite kan
bemeester. Dit gaan nie net oor leer nie, maar ook oor sosialisering.
Derhalwe verwys die klaskamer na die positiewe of negatiewe aard van die
kultuur wat in die klaskamer voorkom, en die persepsies van die deelnemers
aan die kommunikasie in die klaskamer.

Onderwysers en leerders deel die sosiale realiteit van die klaskamersituasie,
en vorm ‘n hegte eenheid wat gedurig en intensief met mekaar kommunikeer.
Dis dus ‘n interaktiewe proses tussen die onderwyser en leerders aan die
eenkant, en tussen leerders onderling. Kommunikasie staan dus hier
sentraal. Bestudeer figuur 4.7

Ikoon 4
Jy moet in staat wees om die verskillende faktore wat die aktualisering van
opvoedkundige kommunikasie in die klaskamer beïnvloed, te identifiseer en
omskryf.

Ikoon 3
Faktore wat daagliks die kommunikasie in die klaskamer kan beïnvloed is die
volgende:

1. Eksterne faktore:
Dis faktore buite die klaskamer wat die gebeure in die klas kan beïnvloed, bv

Die skoolhoof:
            Wat is sy onderwysbeleid?
             Is hy outokraties of demokraties?
             Sy verhouding met die onderwysers?
             Is die leerders bang vir hom?
             Hoe is sy dissipline?
             Is hy geïnteresseerd in die skoolaktiwiteite?

Bogenoemde kan daartoe lei dat die onderwysers en leerders gespanne en
bang is, of aan die anderkant nie omgee wat gebeur nie.

Ander onderwyspersoneel:
Is daar samewerking of konflik tussen die kollegas? Dit kan die mate van sy
gelukkigheid en welstand by die skool bepaal, wat weer kan bepaal hoe hy
teenoor leerders optree. Neem altyd ander mense se gevoelens in ag.

Voorbeeld: Een onderwyser hou die leerders langer nadat die klok gelui het.
Hulle kom nou laat in jou klas, en jy is kwaad vir hulle, maar dis nie hulle skuld
nie. Wat sal jou optrede wees?

Ikoon 2
Dink aan jou vorige praktiese onderwys: Skryf in tien (10) sinne hoe jy die rol
van die hoof en personeel beleef het.

Die ouers:
Indirek het ouers ‘n invloed op die gebeure in die klas, aangesien leerders en
ouers tuis die situasies in die klas bespreek, en die onderwyser daarvolgens
evalueer.

Voorbeeld: “My pa sê hierdie woord moenie so nie, maar so uitgespreek
word!”. Of: “Hy sê hierdie moet anders gedoen word”.

Sulke situasies kan die onderwyser kwaad maak, en dit kan weer sy
kommunikasie met die leerder/leerders beïnvloed.

Verskillende klasse:
Soms is ‘n onderwyser moeilik met een klas nadat die vorige klas hom kwaad
gemaak het (swak maniere, huiswerk ensomeer). Onthou om nie jou vorige
klas se frustrasies op die volgende klas uit te haal nie. Het jy sulke
onderwysers in jou skool loopbaan gehad? Indien wel moenie die selfde
foute begaan nie.


2.Onderwyser faktore:
Onderwysers is ook maar net mense, en moenie met mekaar vergelyk word
nie. Almal tree verskillend op in verskillende situasies. Kenmerke van
onderwysers wat as kommunikasie faktore bestempel kan word, is die
volgende (bestudeer die gedeelte in jou handboek):

             Onderwyser se persoonlikheid
             Sy ouderdom
             Sy geslag
            Sy status
            Sy opleiding
            Sy siening van die rol van die onderwyser
            Sy roepingsbewustheid
            Sy sosiale milieu

Ikoon 3
Kenmerke van die onderwyser wat waardeer moet word, is die volgende:

            ‘n Samewerkende, demokratiese gesindheid
            Vriendelikheid en konsiderasie vir ander
            Geduld
            Wye belangstelling
            Aangename kommunikasie styl
            Eerlikheid en onpartydigheid
            Sin vir humor
            Egalige temperament en fermheid
            Belangstelling in ander se probleme
            Buigbaarheid
            Bereid om ander aan te moedig en te prys
            Vermoë om dinge te verduidelik
            Streng, nie familiêr nie
            Sosiale belangstelling in die leerders
            Positiewe gesindheid teenoor leerders en gemeenskap
            Verstaan die behoeftes van die leerders.

Ikoon 2
Noudat jy die kenmerke van die onderwyser in die handboek/studiegids
bestudeer het: wees objektief –waar sien jy jouself? Waar sal jy graag wil
verander. Doen die oefening skriftelik.

3.Leerder faktore:
Die onderwyser sowel as die leerders het sekere persoonlikheidskenmerke.
Die onderwyser sal verskillend kommunikeer met:

            seuns
            dogters
            intelligente leerders
            gestremde leerders
            ‘n graad 7 leerder
            ‘n graad 12 leerder
Waarom is dit belangrik om jou kommunikasie styl in verskillende situasies
aan te pas? Bespreek met ‘n vriend.

Faktore in die leerders het ook ‘n invloed op die kommunikasie in die
klaskamer, bv.:

            Ontwikkelingspeil
            Geslag
            Intelligensie
            Emansipasie
            Sosio-ekonomiese omgewing
            Gesindheid
            Kommunikasie probleme

4. Faktore om orde in die klas te handhaaf:
Vir goeie onderrig en sosialisering het jy die volgende nodig:

            Goeie kommunikasie
            Orde
            Dissipline
            Liefde
            Verdraagsaamheid
            Vryheid (met gepaardgaande verantwoordelikheid)
            Stimulasie van leerders
            Kreatiewe motivering
            Vasberadenheid
            Om denkvrae te vra
            Om ‘n klimaat van leerder-betrokkenheid te skep
            Humor

Indien ‘n onderwyser orde kan handhaaf in sy klas, behoort die res vanself te
volg. Om dit te doen, moet hy egter bogenoemde kan nakom en gereeld
homself te evalueer.

Ikoon 5
Maak vir jou groep koffie en elkeen kry ‘n geleentheid om aan die ander sy
sterk en swakpunte te noem. Dit is belangrik as ons die sterk- en swakpunte
uitlig en sê hoekom jy so sê, asook alternatiewe gee. Maak dit ‘n
gesamentlike poging om mekaar te help. Deur mekaar te help sal ons ook die
toekomstige volwassenes bystaan om beter te sosialiseer en waardige
burgers in die samelewing te wees. Dit sal goed wees as ons kommentaar
skriftelik doen en met mekaar gesels daaroor. Moenie dit weggooi nie, maar
gereeld my eie verandering/vordering monitor.

Ikoon 3 & 5
Riglyne om die jong onderwyser te help met orde in die klas. Bestudeer die
gedeelte in die handboek. Wat kan julle groep nog byvoeg? Gee voorbeelde.
Hier is ‘n voorbeeld: Wees voorbereid, en begin dadelik werk. As jy bv
Wiskunde gee, gee ‘n toetsie oor die vorige jaar se werk. Dit skep ‘n werk
atmosfeer.

Ikoon 17 en 24
Jy moet nooit toelaat dat leerders te familiêr met jou raak nie. Moet ook nie
skree om orde te bewerkstellig nie – dit kan tot meer chaos lei. Wees altyd
kalm en beheers. Praat saggies. Die leerders wat wil werk sal wel die ander
stilmaak.
As jy doelbewus ‘n positiewe sosiale klimaat in jou klas skep, sal jy ook
omgee vir die leerders se geestelike gesondheid, hul
persoonlikheidsontwikkeling en sosialisering. Jy moet verantwoordelik voel
vir die self aktualisering en akademiese prestasies vir die leerders in jou sorg.
Wees sensitief vir hulle behoeftes, probleme en latere verhoudings in die
breër samelewing. Lees na oor nog moontlike riglyne om toereikende
ordehou en dissipline in die klaskamer te bevorder ook terwille van
sosialisering.

Die kind word opgevoed vir aanvaarding in die gemeenskap.
Elke onderwyser moet homself die vraag afvra: Is die kind in jou klas ---
figuur 4.10? Net jyself kan hier antwoord want jy weet hoe jy optree.

Ikoon1 &5
Blaai na die einde van die hoofstuk in jou handboek en beantwoord vraag –
skriftelik. Die geskrewe antwoord moet klas toe gebring word: of vir
inhandiging, of ‘n klasbespreking, of om deur ander groepe geëvalueer te
word.

Ikoon 3
Bestudeer figuur 4.11 en 4.12 in jou handboek. Hierdie twee figure is ook
belangrik by die bestudering van die volgende twee leereenhede.

Ikoon 5
Jy is ‘n nuwe onderwyser by Laerskool Reënboognasie. Die hoof vra/sê dat
jy tydens die oueraand die volgende tema met die ouers moet bespreek:
“Gesin en Skool: die Wenvennootskap”. In jou groep berei ‘n toespraak voor.
Gee aandag aan die volgende:
     Inleiding
     Terminologie
     Wenvennootskap (struktuur,feite, voorbeelde)
     Samevatting
Julle kan in die klas gevra word om jou toespraak te lewer.

Ikoon 1
Die leereenheid oor die skool ( essensie en gesin) is baie belangrik. Is jy
tevrede dat jy die werk bemeester het? Al die hoofstukke vorm ‘n eenheid.

Kry jouself rustig en in ‘n eksamen “mood”. Dit is belangrik dat jy die vrae in
die handboek (einde van hoofstuk 4) skriftelik beantwoord.

Ikoon 3
Sterkte met die bestudering van leereenhied 5 wat handel oor eietydse
jeugprobleme.
LEEREENHEID 4: EIETYDSE JEUGPROBLEME IN DIE
SAMELEWING.
Ikoon 31
Jy behoort 15 studie ure aan hierdie leereenheid te spandeer.

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leereenheid behoort jy in staat te wees om:



      te weet watter soorte sosiale jeugprobleme in die samelewing
       voorkom;
      die verskillende sosiale probleme te herken en definieer;
      as onderwyser ingestel te wees om die probleme te identifiseer sonder
       om hulle met mekaar te verwar en tot konklusies te spring;
      na identifisering van die jeugprobleme die leerder te help, as pastor op
       te tree of om professionele hulp te kry sodat hy weer sy normale plek in
       die samelewing kan inneem en sodanig funksioneer.

Ikoon 3
By elkeen van die verskillende sosiale jeugprobleme sal ook ‘n kort uitkomste
gestel word.

Ikoon 13
Kirstein. CARL. F. & Wolhuter. Charl. C. 2004. Sosiopedagogiek en
Historiese Opvoedkunde vir Onderwysstudente. Potchefstroom. Keurkopie.
Tydskrifartikels
Media
Internet
Woordeboek
Biblioteekboeke (Daar is koerant uitknipsels in die POK biblioteek)
Persoonlike onderhoude

Dit sal tot jou voordeel wees as jy ook kenners in hierdie verband kan
raadpleeg, soos iemand van die dwelm eenheid, of maatskaplike werkers.
Bestudeer egter eers jou boek voordat jy dit doen.

Ikoon 9

Daar is baie probleme en ander dinge in die gemeenskap, wat die gesin,
skool en ons daaglikse lewe beïnvloed. Ons moet probeer om die jeug te
beskerm teen gevare wat hulle hele lewe, asook die van hulle geliefdes, kan
beïnvloed en verander. Probleme wat dikwels voorkom moet geïdentifiseer
word, sodat die kind na die regte persoon verwys kan word vir hulp. Kinders
moet ook bewus gemaak word van hul regte, en van die feit dat hulle hulp kan
kry in noodsituasies. Hoe vroeër die probleme gediagnoseer word, hoe
makliker kan dit opgelos word.
Ikoon 3
Wanneer ons na die eietydse jeugproblematiek kyk, moet ons altyd in
gedagte hou dat ons die leerder eerstens moet help met sy probleem, maar
ook baie belangrik dat hy as sosiale wese sy plek sal kan volstaan in die
samelewing.

Die volgende sosiale probleme gaan aangespreek word:
            Stryd om selfbevestiging
            Milieu geremde situasie
            Dwelmmisbruik
            Jeugmisdaad
            Selfmoord
            Kindermishandeling


LEERGEDEELTE 4.1: DIE STRYD OM SELFBEVESTIGING

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leergedeelte behoort jy in staat te wees om:



      die soeke van die jeug te kan verstaan;
      te besef dat daar intense worsteling in die gemoed van die jeugdiges
       bestaan in sy sosialisering;
      “generasiegaping te definieer en te verduidelik met voorbeelde.

Ikoon 2 & 5
Bestudeer die verskillende “soeke “ van die jeug (maak kriptiese
aantekeninge). Nadat julle in groepsverband die gedeelte bestudeer het: Stel
‘n eksamen vraag op asook ‘n memo oor die gedeelte (soeke van die jeug).
Die vraag mag nie net ‘n bespreek, noem, beskryf tipe vraag wees nie. Dit
moet so geformuleer word dat dit ‘n denk vraag is en kreatief is. Maak gebruik
van artikels, internet, biblioteek boeke en onderhoude, ensomeer (dui aan
waar jy die inligting gekry het).
Die werkopdrag kan ingeneem word vir evaluering.

LEERGEDEELTE 4.2: DIE MILIEU GEREMDE OMGEWING

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leergedeelte behoort jy in staat te wees om:



      milieugeremde omgewings te identifiseer en te definieer;
      te besef wat die leerders se werklike situasie is;
      agterstande van die leerders raak te sien en weet hoe om hulle te
       behandel in jou klaskamer.


Ikoon 4
In elke stad en dorp is daar sosiale groeperings van verskillende sosio-
ekonomiese en kulturele vlakke. Daar is rykes en armes. Sommige gesinne
woon in beter omgewings as ander, en sommige kinders het meer
geleenthede as ander. Die kind wat ernstige sosiale, kulturele en
opvoedkundige probleme ervaar, het dikwels ook nie die voorreg van
buitemuurse aktiwiteite nie.

As onderwyser moet jy bereid wees om kinders uit alle vlakke van die
samelewing in jou klas te hanteer. Jy mag nie teen sekeres diskrimineer nie..

Ikoon 5
Voordat jy/julle na die werk in die handboek kyk kan jy/julle eers bespreek
watter tekortkomings by die leerders bespeur kan word (verwys ook na ander
bronne). Vergelyk dit dan met die handboek, en rapporteer in die klaskamer.


LEERGEDEELTE 4.3: DWELM EN ALKOHOLMISBRUIK

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leergedeelte behoort jy in staat te wees om:



      te weet wat is ‘n dwelmmiddel, asook verslawing daaraan;
      verandering in leerders se gedrag raak te sien;
      self hulp te bied of om professionele hulp te kry;
      altyd te poog om die leerders weer deel te maak van ‘n gelukkige
       samelewing.

Ikoon 3
Lees die Info: Dwelms het sy lewe verwoes. Lewer in tien sinne kommentaar
oor die gedeelte. Verwys na die Sosipedagogiese essensies, die gesin,
opvoedings foute en die soeke van die jeug..

Ikoon 9

Die gebruik van dwelmmiddels is so oud soos die mensdom, maar was nog
nooit so ‘n groot bedreiging as tans nie. Waarom? Dis maklik om weg te
steek, te bekom en te versprei.

Ikoon 2
Bring ‘n koerantuitknipsel klas toe wat handel oor dwelmmisbruik. Jy moet in
staat wees om kommentaar te lewer oor die berig. Lig die Sosiopedagogiese
essensies uit.
Ikoon 5
Bespreek kortliks wat jy/julle dink die redes is waarom kinders dwelms
gebruik. Gee ten minste 5 redes. Kyk nou in die handboek en ten minste
twee ander bronne en vergelyk die antwoorde. In die besprekings moet die
Sosiopedagogiese essensies, rol van die gesin en skool beslis ingewerk
word.

Ikoon 3
Identifisering van, en hulp aan die dwelmmisbruiker: Ouers (en onderwysers)
raak dikwels angstig om te weet of hul kinders dwelms gebruik. Dit is altyd
goed om voorbereid te wees op sulke gebeurlikhede. Tog is dit so dat die
meeste kinders wat aan dwelms blootgestel word, dit nie gebruik nie.
Sommige eksperimenteer wel, maar los dit dan.

Dan is daar egter die groepie wat aanhou om dit te gebruik. Aanvanklik kan
hulle hulself oortuig dat dit nie verslawend is nie, maar later lei dit tog na
ernstige probleme, en dan het hulle hulp nodig.

Ouers en onderwysers speel ‘n baie belangrike rol om die kind te oortuig dat
hy wel professionele hulp nodig het. Die tekens van dwelmmisbruik moet
dus bekend wees, sodat die kind geïdentifiseer kan word. Wees egter
versigtig om nie “normale buierigheid” van tieners sommer aan ander
oorsake toe te skryf nie. As jy twyfel is die huisdokter en kenners die beste
persone om te help.

Ikoon 2 en 3
Bestudeer die tekens van dwelmmisbruik goed. Jy gaan met kinders werk, en
hulle lewens is in jou hande - jou waarnemings is dus belangrik. Pas egter
op vir veralgemenings, en moenie sommer tot gevolgtrekkings kom nie. Kan
jy nog enige ander tekens byvoeg by die handboek?

Ikoon 3 en 11
Lees die Info: Skool-dwelms
Bestudeer hierdie gedeelte baie deeglik in jou handboek. Ons sal dit in die
klas bespreek en aan mekaar demonstreer.

Ikoon 3 en 11
Die rol van die onderwyser: Bewustheid, en die verkryging van basiese
objektiewe kennis van die huidige dwelmprobleem is uiters noodsaaklik. Te
veel onderwysers is te bang om betrokke te raak, omdat hulle dink dat hulle
nie genoeg weet nie, en dan verkeerd sal optree.

Omdat die grootste hoeveelheid dwlemmisbruikers van skoolgaande
ouderdom is, is dit dus belangrik dat daar in die skool klem gelê word op die
voorkoming daarvan. Dit sal nie help om al die verantwoordelikheid op die
ouers af te skuif nie, en die onderwyser kan ‘n sleutelrol speel in die brug
tussen skool en ouerhuis.

Basiese kennis van dwelms, en die tekens en simptome daarvan is
essensieel. Indien jy nie genoeg kennis het nie, lees na daaroor. Ouer-
onderwyser bewustheidsgroepe kan ook gestig word om gedurig aandag aan
die saak te gee. Net soos by enige skoolprojek waarmee die ouers help, ‘n
groter kans op sukses het, net so kan hierdie taak meer effektief uitgevoer
word as al die rolspelers saamwerk.

Ikoon 1 & 5
Hoe beleef jy/julle drankmisbruik op die kampus (Fleksie en OLG studente
kyk na die jong mense in jou omgewing):
    Vergelyk die misbruik tussen mans en dames;
    Hoe verklaar jy/julle dat ‘n student nooit geld het, maar drankgeld is
      daar altyd;
    Wat kan jy/julle voorstel om die probleem die hoof te bied?;



Ikoon 3 en 11
Eerstens moet ons onsself afvra wat ons as opvoeders/ouers kan doen om ‘n
positiewe bydrae te lewer tot die opvoeding van die dwelmgebruikers. Wil
ons net wegkyk, en nie betrokke raak nie? Skryf 5 maniere neer wat jy dalk
sal doen, voordat jy die handboek raadpleeg.


LEERGEDEELTE 4.4: JEUGMISDAAD

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leergedeelte behoort jy in staat te wees om:



      te weet wat gee aanleiding tot jeugmisdaad;
      verskillende jeugmisdade te onderskei;
      die oortredings te hanteer as dit in jou klas gebeur;
      voorkomend op te tree.

Ikoon 9
‘n Land se jeug is sy trots. Hulle kan die land tot nuwe hoogtes lei, of op sy
knieë dwing. Jeugmisdaad is een van hierdie probleme. Ons moet ons
kinders/jeugdiges toerus met opvoedkundige beginsels om hulle te help om
nie in hierdie misdaad betrokke te raak nie.

Wie is die jeugmisdadiger? Enige jong mens/persoon wat ‘n kriminele
oortreding begaan. Van ouderdom 17/18 is ‘n kind vir sy eie dade
verantwoordelik. Seuns pleeg meer oortredings as dogters, en seuns se
oortredings is ook meer gewelddadig (vandalisme, roof, aanranding), terwyl
dogters eerder geld en/of klere steel.
Waarom sal jy sê is seuns meer betrokke by jeugmisdaad?

Ikoon 2
Blaai ten minste 5 koerante of tydskrifte deur en kyk hoeveel gevalle van
jeugmisdaad gerapporteer word. Bring die stukke klas toe. Kyk of jy kan
vasstel waarom het dit gebeur – dink aan: gesin, skool,Sosiopedagogiese
essensies, milieu geremde omgewing,dwelms, ensomeer.

Ikoon 3 en 5
Julle was nie lank gelede nie nog self op skool. Is self nog jeugdiges. As julle
aan julle mede studente dink: Watter misdade het die meeste voorgekom?
Wat sou die redes wees waarom hulle dit gedoen het? Gebruik die volgende
opskrifte:

             Verhoudings in die gesin
             Skool lewe
             Innerlike konflik
             Omgewingsfaktore
             Sosiale faktore
             Soeke van die jeug
             Godsdiens
Elke groep moet voorbereid wees om oor die werk in die klas te praat, dit kan
ook ingeneem word of groepe kan mekaar se werk evalueer.
Ikoon 5
Hoe kan die gesin aanleiding gee tot jeugmisdaad? Blaai weer deur die
hoofstuk 3 ( die gesin) en kyk veral na die opvoedingsfoute wat ouers en
opvoeders kan begaan.

Ikoon 3
Bestudeer die motiewe wat aanleiding kan gee tot jeugmisdaad. In julle groep
moet om die beurt ‘n gesprek gevoer word met ‘n medestudent wat
byvoorbeeld ‘n (jeug)misdaad gepleeg het vir die genot daarvan (die een
treeop as onderwyser en die ander een is die oortreeder). Dink hoe jy die
situasie sal hanteer (hier kan jy aan die oorsake, gevolge en oplossings
werk). ‘n Paar van julle sal die gesprek in die klas moet kom doen. Die res
sal dan die gesprek evalueer – op positiewe en negatiewe punte wys, en sê
hoe hulle dit anders sou hanteer. Maak gebruik van alle vorige werk in jou
handboek.

Ikoon 3
Wees bewus van die verskillende tipes van jeugmisdaad wat in die
samelewing voorkom.

IKOON 3
Lees Info: Waarmee hou tieners hulle besig wanneer hulle ouers nie by is
nie. Bestudeer nou die rol van die onderwyser en wat om te doen wanneer
probleme by die leerders ontdek word.


LEERGEDEELTE 4.5: KINDERMISHANDELING

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leergedeelte behoort jy in staat te wees om:



      kindermishandeling en kinderverwaarlosing van mekaar te onderskei
       en te kan definieer;
      te weet watter faktore gee aanleiding tot kindermishandeling (kyk na
       opvoedings foute in hoofstuk 2);
      voorbereid te wees om hierdie leerders in jou klas te hanteer en hulle
       menswaardigheid weer te laat “blom”;
      te weet jy kan ‘n verskil in die leerder se lewe maak.

Ikoon 9
Kinders word as potensiële burgers van die gemeenskap gesien, met sekere
regte en pligte, maar omdat hulle nog baie kwesbaar is, geniet hulle ook
spesiale beskerming. Onderwysers en ouers moet die nodige sorg en
kontrole verskaf, en slegs wanneer dit nie voldoende is nie het buitestaanders
die reg om in te meng.

Sommige ouers beskou kinders as hul besittings, om mee te maak wat hulle
wil, en duld geen inmenging van buite nie. Veral hier moet seker gemaak
word dat die kinders nie misbruik word nie. Kyk na figuur 5.2. Dink aan jou
skooldae, was jy dalk een van die figure of van jou maats?

Ikoon 1
Wat is die verskil tussen kindermishandeling en kinderverwaarlosing?
(‘n Tipiese eksamenvraag!)

Skryf vinnig die twee definisies neer, en toon die ooreenkomste en verskille
aan. Gaan nou terug na hoofstuk 1 en merk jou eie antwoorde. Bespreek dit
dan met ‘n vriend.

Ikoon 3 en 5
Faktore wat kindermishandeling kan veroorsaak: In jou groep: Skryf tien
faktore neer wat kan aanleidng gee tot kindermishandeling. Bring
koerant/tydskrifartikels oor kindermishandeling klas toe. Herskryf die berig,
maar bring die Sosiopedagogiese essensies asook opvoedingsfoute ter
sprake. Bestudeer nou jou handboek. Klasbespreking sal volg.

Soorte kindermishandeling:

             Fisiese misbruik
             Seksuele misbruik
             Fisiese verwaarlosing
             Emosionele misbruik
             Opvoedkundige verwaarlosing
             Verwerping deur ouers

Ikoon 1 & 5
Skryf in ongeveer ‘n halwe bladsy hoe jy/jullesal optree as jy/julle vermoed ‘n
kind word mishandel. Bestudeer die gedeelte in die handboek en ander
brone (noem jou bronne) en vergelyk met julle bevindinge. Kyk ook na die
faktore wat aanleiding gee tot kindermishandeling. Klasbespreking sal hieroor
gehou word.


LEERGEDEELTE 4.6: JEUGSELFMOORD

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leergedeelte behoort jy in staat te wees om:



      leerders te identifiseer wat moontlike kandidate is vir jeugselfmoord;
      die regte optredes en prosedures te volg om nie meer skade aan te rig
       nie.

Ikoon 9
Feitlik alle mense wat selfmoord oorweeg stuur seine uit oor hulle gevoelens.
Gewoonlik wil hulle nie regtig doodgaan nie. Hulle soek hulp, en dis die
manier waarop hulle hulp soek (ons noem dit kwasi selfmoord – help my ek is
in nood).

Om kinders te help is dit nodig om bewus te wees van hierdie tekens, of
seine. Ook kinders moet hiervan bewus wees, want hulle kan weer maats
help. Sekere gevoelens kan ‘n mens laat verander, en dit kan ‘n mens
heeltemal anders laat reageer.

Snags word sekere diere deur die ligte van ‘n motor vasgevang. Hulle is nie
baie slim nie, maar weet dat hulle moet weg hardloop as ‘n motor vinnig
aankom, en hulle doen dit ook bedags. Wanneer dit egter donker is, maak
dit lig hulle bang, en hulle vries en staan net daar. Die idee om weg te
hardloop is totaal en al weg. Nou kan hulle maklik doodgery word.

Net so kan mense ook “vries” as gevolg van hulle gevoelens. Hulle dink dan
nie normaal nie. Dit word ‘n “mental block” genoem.

Ikoon 3
Abnormale sterftes lyk soos volg:

            Ongeveer 27% - oorloë
            Ongeveer 30% - geweld, moord, aanrandings
            Ongeveer 42% - selfmoord

Dit is vreesaanjaend. Dadelik moet “ek” vra wat “ek” daaraan kan doen.


Ikoon 1
Lees die Info: Ons lees in koerante en tydskrifte.
Bespreek in groepverband die redes waarom mense selfmoord pleeg. Bring
koerant/tydskrifartikels klas toe oor die onderwerp. Jy moet kortliks die
verhaal vertel en dan kommentaar lewer.

Ikoon 3
Nie een van ons mag toe oë deur die lewe (skool) gaan nie. Wees altyd
waaksaam om onnatuurlike gedrag raak te sien. Wees versigtig hoe jy dit
hanteer. Volg altyd die regte kanale by die skool. Jy mag nooit buite die
kanale optree nie. Kan jy Sosiopedagogiese essensies of opvoedings foute
raaksien?

Kyk in jou handboek na die tekens wat op selfmoord kan dui. Bespreek dit in
julle groep. Was daar dalk vriende op skool of universiteit wat van hierdie
tekens getoon het, maar gelukkig nie tot die daad oorgegaan het nie. As jy dit
nou weer sou raaksien, hoe sal jy optree?

Ikoon 3
Lees die Info: Bel en keer dalk ‘n selfmoord.: Maak seker jy weet wat om te
doen. Bestudeer die gedeelte oor hulp en die taak van die onderwyser in die
handboek.

* Maak die HULPLYN nommer beskikbaar aan kinders.
* Gee geleentheid dat kinders hul gevoelens lug. Sterk gevoelens is soos
   stoom in ‘n ketel sonder ‘n uitlaatklep.
* Praat oor die probleem. Die tiener kan ‘n slagoffer van molestering, of selfs
  swanger wees. Ons kan nie altyd die probleem oplos nie, maar vra die kind
  wat dink hy kan gedoen word. Laat hom belangrik voel.
* Neem een tree op ‘n keer. Die Chinese sê “die langste reis begin by die
  eerste tree”.
* Vind en maak keuses. Wys die persoon daarop dat die probleem op meer
  as een manier opgelos kan word.
* Verdere riglyne vir onderwysers is in jou handboek en ander bronne:
* Hegte familie en sosiale bande is baie belangrik.
* Betekenisvolle waardes en norme moet herontdek word deur die moderne
  gemeenskap.
* Die vermoë om te kan luister met belangstelling, begrip en empatie moet
  herontdek word.
* Moenie valse versekering gee nie.
* Die kind se probleme, asook sy selfmoordneigings of pogings moet openlik
  bespreek word.
* Interpersoonlike verhoudings wat op wedersydse vertroue gebaseer is,
   moet herstel word.
* Kinders wat werklik die geneigdheid tot selfmoord het, moet nooit alleen
  gelaat word nie, en moet professionele hulp kry.
* Die werklike motiewe, redes vir die selfmoord moet geïdentifiseer en
  hanteer word. Soek die oorsaak, met ander woorde die wortel van die
  probleem.
* Die beskikbaarheid van pille en dwelms moet effektief beheer word.
* ‘n Multi-dissiplinêre benadering is meer effektief en moet gevolg word in die
  voorkoming van selfmoord.
Ikoon 11
Bestudeer hierdie en wees paraat. Dit kan in die eksamen as deel van ‘n
vraag gevra word.

Ikoon 3
Noudat jy die verskillende eietydse jeug probleme bestudeer het, hulle ken
en van mekaar onderskei moet jy die gedeelte oor wat kan ons as
volwassenes/ onderwysers/ouers doen om so vroeg moontlik probeme te
identifiseer en hulp te verleen. Bestudeer die gedeelte in die handboek.
NB. Hierdie hoofstuk kan saam met enige deel van die werk
wat ons gedoen het as ‘n geïntegreerde vraag gevra word in
die eksamen. Ek beklemtoon weer dat die Sosiopedegogiek
‘n eenheid vorm in die sosialiserings proses van elke
kind/leerder/jongmens.

Ikoon 1
Hierdie hoofstuk is BAIE belangrik vir elke opvoeder. Onthou jy het elke
leerder se toekoms in jou hande, deur jou oplettendheid om te identifiseer en
reg op te tree tot die leerder se voordeel. Ons wil mos van elke persoon ‘n
gelukkige aangepaste sosiale mens maak tot voordeel van die samelewing.

Ikoon 1
Om te weet of jy die werk bemeester het is dit nou weer selftoets tyd.
Beantwoord die vrae aan die einde van hoofstuk 5. Wees net baie eerlik met
jouself.

Ikoon 10
In die volgende leereenheid sal ons na die straatkind as gevolg van die anti-
kind kultuur in die samelewing kyk.
.
LEEREENHEID 5: STRAATKINDERS AS RESULTAAT VAN DIE ANTI-
KIND KULTUUR IN DIE SAMELEWING

Ikoon 31
Jy moet tenminste 10 studie ure aan die leereenheid spandeer.

Ikoon 14
Na bestudering van hierdie leereenheid behoort jy in staat te wees om:



          die volgende begrippe te definieer: straatkind, anti-kind kultuur,
           plakkers (squattering). Gebruik jou woordeboek sowel as
           besprekings met kenners op die gebied;
          begrip te ontwikkel vir die straatkind se manifestasie;
          die toestand van die Suid-Afrikaanse straatkind te verstaan en
           simpatie te betoon;
          te weet hoekom het die kind op straat beland;
          te weet hoe om die kind in jou klas te behandel tot voordeel van die
           gemeenskap;
          opvoedings foute met die straatkind fenomeen in verband te bring.

Ikoon 13
Kirstein. CARL. F. & Wolhuter. Charl. C. 2004. Sosiopedagogiek en
Historiese Opvoedkunde vir Onderwysstudente. Potchefstroom. Keurkopie.
Tydskrifartikels
Media
Internet
Woordeboek
Biblioteekboeke
Persoonlike onderhoude

Ikoon 20
NB. Hoe lyk jou punte na die vorige selftoets? Jy moet ten minste 75%
     hê om tevrede te kan voel. Slegs dan kan jy voortgaan met hierdie
     leereenheid.

Ikoon 3
Hierdie hoofstuk moet as selfstudie afgehandel word. Daar sal slegs ‘n kort
bespreking oor die straatkind in die klas wees. Jou werkopdrag sal
hoofsaaklik oor die straatkind handel, maar beslis al die ander leereenhede
insluit.

Ikoon 24
Die doel van hierdie eenheid is om jou te oriënteer ten opsigte van
straatkinders as ‘n manifestasie van die anti-kind kultuur in Suid-Afrika, en
ook pogings wat aangewend word om dit op te los, sowel as die sosio-
opvoedkundige implikasies van die hervestiging van Suid-Afrikaners. Jy moet
die straatkind fenomeen ken want, ons regering poog om al die leerders van
die strate te kty en in skole te plaas. Die kind/leerder gaan voor jou in die klas
sit (sonder kennis van die kind kan dit moeilik wees vir jou).
 Ook die impak van plakkerskampe word bekyk.

Ikoon 15
Bestudeer hierdie gedeelte in jou handboek en ander bronne om agtergrond
oor straatkinders te kry (die handboek is nie genoeg nie. Verwys na
tydskrifartikels, koerante, foto’s,onderhoude, ensomeer..

Ikoon 5
Die werkopdrag is in die eerste deel van die studiegids.
Die werkstuk moet in groeps verband (indien van die Fleksie en OLG
studente in ‘n posisie is om saam met iemand te werk sal baie goed wees.
Onthou net om dan afskrifte te maak sodat elkeen sy eie portfoli
ingee)gehandig word vir evaluering.
Fleksie en OLG studente hierdie werkopdrag moet deel van jou portefeulje
wees.

NB. Lees weer die gedeelte oor hoe om ‘n werkopdrag te
voltooi. Jy sal ook punte verdien vir die versorging van jou
werkopdrag.
Hierdie geld vir voltydse sowel as deeltydse studente.
Ikoon 3
Die volgende leereenheid handel oor die geskiedenis van onderwys in Suid-
Afrika.
Leereenheid 6



                DIE GESKIEDENIS VAN
             ONDERWYS IN SUID-
             AFRIKA



ikoon31

U sal ongeveer 10 studie ure benodig om hierdie leereenheid te voltooi.
Ikoon 14
Na voltooiing van hierdie leereenheid behoort u in staat te wees om:
         die begrip Historiese Opvoedkunde te kan omskryf;
         die waarde en funksies van Historiese Opvoedkunde te kan
          verduidelik;
         die historiese ontwikkeling van onderwys in Suid-Afrika vanaf sy
          vroegste oorspronge tot die hede te kan analiseer en evalueer.



Ikoon13
Kirstein. CARL. F. Wolhuter. 2004. & Charl. C. Sosiopedagogiek en
Historiese Opvoedkunde vir Onderwysstudente. Potchefstroom. Keurkopie.
Tydskrifartikels
Media
Internet
Woordeboek
Biblioteekboeke
Persoonlike onderhoude

Ikoon 9
Historiese Opvoedkunde is een van die deelwetenskappe van die wetenskap
Opvoedkunde.
In dié eenheid word die term “Historiese Opvoedkunde” eers verduidelik, en
word die betekenis en funksies van dé deelwetenskap bespreek, waarna ’n
oorsig van die Suid-Afrikaanse onderwysgeskiedenis, vanaf sy oorsprong tot
die hede, gegee word.
Ikoon 13
Bestudeer hoofstuk 7.1 in die handboek, K&W sodat jy verstaan wat die
studie-objek van Historiese Opvoedkunde is.
Ikoon 13
Bestudeer hoofstuk 7.2 in die handboek, K&W. Jy moet verstaan wat die sin
van die studie van Historiese Opvoedkunde is. Dit sal u help om die
maksimum waarde te verkry uit die bestudering van die oorsig van die Suid-
Afrikaanse onderwysgeskiedenis wat volg.
Ikoon 13
Bestudeer hoofstuk 7.3 in die handboek, K&W. Let op hoe die twee lyne van
onderwysvoorsiening – Blanke en Swart onderwys – verskillend ontwikkel het.
Ikoon 13
Bestudeer hoofstuk 7.4 in die handboek, K&W. Die twee lyne het gedurende
die tydperk 1948 – 1994, gepolariseer tot 2 konflikterende kragte: Blanke
onderwysbeskouings vs. Swart aspirasies.
Ikoon 13
Bestudeer hoofstuk 7.5 in die handboek, K&W.          Probeer om die
grondbeginsels van die na-1994 onderwysbedeling te verklaar uit die voor-
1994 geskiedenis.



Ikoon 15
WERKOPDRAG (Afdeling B)
Die werkopdrag is in die eerste deel van die studiegids.

NB. Lees weer die gedeelte oor hoe om ‘n werkopdrag te
voltooi. Jy sal ook punte verdien vir die versorging van jou
werkopdrag.
Hierdie geld vir voltydse sowel as deeltydse studente.

DANKIE DAT JY DIE PAD SAAM MET MY GELOOP HET – NET
JY ALLEEN SAL WEET HOE DEEGLIK EN GETROU JY JOU
OPDRAGTE GEDOEN HET.
BAIE STERKTE            MET      JOU     VOORBEREIDING         VIR    DIE
EKSAMEN.

								
To top