40 Dae Dissipelskap `07
Geleentheid 8: Dissipels is ingeskryf by die skool van lewensverandering
Gebed
Bespreek die volgende opwarmingstelling krities: Die verandering wat dissipelskap
meebring, bots met die boodskap dat God ons aanvaar net soos ons is.
Lees 2 Tim 3:16 en 17 en evalueer die volgende:
1. Common sense is net soveel werd as die Bybel as ons wil weet hoe om naby God te
lewe.
2. Sonder die Bybel (of sy inhoud) is dit onmoontlik om in die skool van dissipelskap te
vorder.
3. Van alles speel die Bybel die belangrikste rol om die regte lewenswyse te kweek.
In watter 4 opsigte het die Bybel groot waarde, volgens die teks?
Vers 17 beskryf die resultaat van „n dissipel se omgang met God se Woord. Beskryf
dit in jou eie woorde.
Watter veranderinge moet jy aanbring om te groei in dissipelskap?
Commitment en Gebed
40 Dae Dissipelskap `07
Geleentheid 9: Dissipels doen wat God sê
Gebed
Lees Ps 119:1-16 en besluit in elke geval op die beste antwoord(e):
1
a) Mens put die meeste vreugde uit rykdom
b) Mens put die meeste vreugde as mens doen wat God sê
c) Mens put die meeste vreugde as mens doen wat almal graag wil hê
2
a) Hierdie teks verwag die onmoontlike
b) Hierdie teks stel „n billike eis
c) Liefde vir die wil van God vloei voort uit „n verhouding met Hom
Daar is „n verskeidenheid van Bybelstudietegnieke. Deel met mekaar jul metodes en
vertel hoe dit julle help.
Kon julle by „n eenvoudige skema van Waarneem – Interpreteer – Toepas uitkom?
Commitment en Gebed
40 Dae Dissipelskap `07
Geleentheid 10: Gebed is die asemhaling van „n dissipel
Gebed
Lees Mat 6:9-16
1. Watter elemente merk jy op in hierdie modelgebed?
2. Hoe vergelyk ons gebede met die basiese inhoud van hierdie gebed?
3. Hoe help die sake waaroor dit in hierdie gebed gaan ons om as dissipels nader
by God te wees?
Gebed word beskryf as „n deursigtige dialoog, „n gesprek met God waarin ons met
Hom praat en Hy met ons. Hoe help hierdie beskrywing om ons gebedslewe te
bevorder? Watter element sou jy by hierdie beskrywing wou voeg wat jou nog altyd
gehelp het in jou intimiteit met God?
Watter stelling weeg na jou gevoel die swaarste: (1) Gebed is my opregte poging om
God na my te laat luister; (2) God het in Jesus na my geluister en gebed is my reaksie
op sy gewillige luister.
Commitment en Gebed
40 Dae Dissipelskap `07
Geleentheid 11: Dissipels hou aan met bid
Gebed
Lees Luk 11:5-13
Wat is die hele punt van hierdie gedeelte en watter insig maak dit vir ons oop in ons
volgelingskap van God?
Vertel vir mekaar van jul opwindendste gebedsavonture – ook dié tye wat stil-wees en
luister jou diep geraak het en “op ver paaie” laat beland het, en die een gebed wat jy
aanhou bid het en toe verras was met die wyse waarop dit verhoor is.
Gee geleentheid en sê: Watter deel (aanbidding, belydenis, danksegging,
voorbidding/intersessie) is vir jou die maklikste?
Gee genoeg tyd vir stilgebed en dan geleentheid dat elkeen sy “sterk punt” (=
maklikste deel) van gebed beoefen.
Commitment
40 Dae Dissipelskap `07
Geleentheid 12: Dissipels maak God se Naam groot in aanbidding
Gebed
Wie kan nog onthou wat ons lewensdoel op aarde is as ons terugdink aan 40 Dae
Doelgerigte Lewe?
Lees Openb 4:1-11 en vertel vir mekaar wat die oorweldigende indruk is wat hierdie
verse op elke leser laat.
1) Wat beteken dit dat God “waardig” is (v.11)?
2) Wat was die hoof-aktiwiteit van die 4 lewende wesens?
3) Watter 3 goed moet die Een wat op die troon sit ontvang?
4) Watter lewenshouding word gesuggereer deur die aksie van die 4 lewende
wesens as hulle hul krone voor die troon neersit (v.10)?
Bespreek die stelling: Die verskil tussen „n dissipel van Jesus en iemand wat nog
geestelike melkkossies eet is die bewussyn van die heiligheid van God.
Hoe raak hierdie teksgedeelte en bespreking jou?
Commitment en gebed
40 Dae Dissipelskap `07
Geleentheid 13: Dissipels buig voor God wanneer hulle aanbid
Gebed
Vraag: Waarvan hang die diepte en intensiteit van ons aanbidding af?
Antwoord: Van ons konsep van God – wie ons dink Hy is! Is hierdie stelling waar?
Lees Openb 5:1-14 en bespreek die vrae/stellings:
1. Ons is meer geneig om ons idees oor God te vorm as dat ons die Woord
toelaat om in te vul wie Hy regtig is.
2. Ons dink baie oor God in terme van hoe ons wil hê Hy moet wees.
3. Die teks beskryf hoe God ánders is as ons. Waarin lê sy andersheid?
4. Hoe kan in die teks van Leeu en Lam in een asem gepraat word?
5. Hoekom is die Lam waardig om die boek oop te maak?
In Job 39:36-38 en Jesaja 6:1-5 lees ons van menslike reaksie op die korrekte insig in
wie God is. Deel dit met mekaar.
Hierdie gedeeltes help ons om ons eie posisie en houding voor God te oorweeg.
Beskryf dit in jou eie woorde, en beantwoord die vraag hoe dit „n kenmerk van
dissipelskap word.
Commitment en Gebed
40 Dae Dissipelskap `07
Geleentheid 14: Dissipels leer by Jesus en die Heilige Gees God se hart ken
Gebed
Lees Joh 14:1-26 en beantwoord die volgende vrae:
1. Wat het Tomas nodig om te leer in die skool van dissipelskap?
2. Lê die geheim van dissipelskap in boekekennis of in „n Persoon?
3. Hoe word die Vader “sigbaar”?
4. Wat beteken dit om “in die Naam van die Seun” te vra? Wat sê dit van ons
band met Jesus?
5. Die waarheid (= hoe die hart van God is) word ook ontsluit deur die Heilige
Gees (v.17). Hoe werk dit prakties?
6. Is dit moontlik om God lief te hê (v.21) en nie sy opdragte uit te voer nie?
7. Volgens v.23 trek God in by iemand onder sekere omstandighede. Wat is dit?
Dissipelskap kan beskryf word as “om in sy voetspore te volg deur sy hartklop te
hoor” – dink jy dis waar?
Commitment en Gebed