ALLES WAT VLIEG HET NIE VLERKE NIE! by K8R0b2R9

VIEWS: 149 PAGES: 48

									LEERAREA    TALE
FOKUS      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                         GRAAD




           NIE ALLES WAT VLIEG,
             HET VLERKE NIE!
                                          MODULERAAMWERK EN ASSESSERINGSBLAD
      LEERUITKOMSTES                           ASSESSERINGSTANDAARDE                         FORMATIEWE ASSESSERING                SOMMATIEWE ASSESSERING
                                                                                               ASe      (punt uit     LUs          Take of toetse Gem. vir LU
          (LUS)                                        (ASE)                                   Bladsy      4)       (gem. uit 4)       (%)         (% en punt 4)


             LU 1                  Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
LUISTER                            1.2 verstaan mondelinge tekste (soos
Die leerder is in staat om vir         oorvertellings, sportkommentaar):
inligting en genot te luister en       1.2.1 beantwoord vrae wat toenemend moeilik              23
gepas en krities binne ‘n wye                word;
verskeidenheid situasies te
reageer.

             LU 2                  Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
PRAAT                              2.1 vertaal:
Die leerder is in staat om             2.1.1 vertel stories uit die huistaal oor in die         38
vrymoedig en doeltreffend in                 addisionele taal;
gesproke taal binne ‘n wye         2.2 voer interaksie in die addisionele taal:
verskeidenheid situasies te
                                       2.2.1 gebruik taal vir ‘n wye verskeidenheid            6, 18
kommunikeer.
                                             funksies: gee uitdrukking aan menings en
                                             gevoelens, maak keuses, gee raad en maak
                                             voorstelle (soos: Ek dink jy moet …)
                                       2.2.2 neem deel aan rolspel in verskillende              24
                                             situasies wat verskillende soorte taalgebruik
                                             behels (soos formele en informele
                                             telefoongesprekke);
                                   2.3 toon ontwikkeling in die vermoë om kenmerke              11
                                       van gesproke taal te gebruik om te
                                       kommunikeer: woord- en sinsaksent, intonasie,
                                       ritme.
      LEERUITKOMSTES                          ASSESSERINGSTANDAARDE                          FORMATIEWE ASSESSERING                 SOMMATIEWE ASSESSERING
                                                                                               ASe       (punt uit     LUs          Take of toetse Gem. vir LU
          (LUS)                                       (ASE)                                    Bladsy       4)       (gem. uit 4)       (%)         (% en punt 4)


              LU 3               Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
LEES EN KYK                      3.4 lees vir inligting:
Die leerder is in staat om vir        3.4.1 volg feitelike tekste (soos ‘n beskrywing van    5, 13, 32
inligting en genot te lees en               die proses).
te kyk en krities op die
estetiese, kulturele en
emosionele waardes in tekste
te reageer.

             LU 4                Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
SKRYF                            4.1 skryf om inligting oor te dra:
Die leerder is in staat om            4.1.2 skryf een of twee paragrawe om ‘n proses te          7
verskillende soorte feitelike               beskryf (soos hoe om ‘n motorband om te
en verbeeldingstekste vir ‘n                ruil);
wye verskeidenheid                    4.1.3 gebruik inligting uit ‘n onderhoud en skryf ‘n      27
doeleindes te skryf.                        verslag of gee ‘n beskrywing daarvan;
                                 4.6 benader skryf as ‘n proses:
                                      4.6.1 beplan ‘n skryfstuk volgens die doel,               17
                                            teikengroep en konteks;
                                      4.6.4 gebruik kennis van grammatika en spelling om       9, 18
                                            te redigeer.
      LEERUITKOMSTES                            ASSESSERINGSTANDAARDE                             FORMATIEWE ASSESSERING                SOMMATIEWE ASSESSERING
                                                                                                    ASe      (punt uit     LUs          Take of toetse Gem. vir LU
          (LUS)                                         (ASE)                                       Bladsy      4)       (gem. uit 4)       (%)         (% en punt 4)


              LU 5                 Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
DINK EN REDENEER                   5.1 gebruik taal en geletterdheid oor die kurrikulum
Die leerder is in staat om taal        heen:
vir dink en redeneer te                 5.1.1 verstaan sommige begrippe uit ander                     2
gebruik en inligting vir leer te              leerareas en gebruik die woordeskat wat
verkry, verwerk en gebruik.                   daarmee verband hou (soos “vervoer” in
                                              Aardrykskunde);
                                   5.3 versamel inligting en teken dit op verskillende
                                       maniere op:
                                        5.3.1 kies relevante inligting en skryf aantekeninge         34
                                              (identifiseer kernwoorde en –sinne, stel ‘n lys
                                              belangrike punte saam);
                                        5.3.3 dra inligting van een modus na ‘n ander oor            15
                                              (soos gebruik inligting uit ‘n visuele teks om ‘n
                                              geskrewe teks te skryf).
             LU 6                  Dit is duidelik wanneer die leerder die volgende doen:
TAALSTRUKTUUR EN –                 6.1 hersien grammatika wat in die vorige grade                  21, 36
GEBRUIK                                gedek is;
Die leerder ken en is in staat     6.2 spel bekende woorde korrek:
om die klanke, woordeskat
en grammatika van die taal              6.2.4 algemene afkortings (soos: mnr., mev., me.,            29
te gebruik om tekste te skep                  mej., afkortings vir maande en dae);
en te interpreteer.
LEERUITKOMSTES              ASSESSERINGSTANDAARDE                        FORMATIEWE ASSESSERING                SOMMATIEWE ASSESSERING
                                                                           ASe      (punt uit     LUs          Take of toetse Gem. vir LU
    (LUS)                           (ASE)                                  Bladsy      4)       (gem. uit 4)       (%)         (% en punt 4)


                 6.3 gebruik verskillende eenvoudige taalvorme
                     en sinstrukture om mondelings en skriftelik te
                     kommunikeer:
                     6.3.2 alledaagse voorsetsels in vaste en vrye           3
                           verbindings;
                     6.3.5 determineerders (soos: ‘n, die);                 14
                     6.3.8 die gebruik van die teenwoordige-, verlede-    21, 22
                           en toekomendetydsvorm;
Vir die opvoeder:

Die leesstuk vir die luisterleesoefening by no. 10: Lees eers die stellings, dan die
leesstuk en herhaal die stellings aan die einde, waarop die leerders dan W of O moet
invul.


Daar is baie mense wat gekskeer met vreemde vlieënde voorwerpe. In 1962 het
twee skoolseuns van Sheffield, Engeland, beweer hulle het ‘n foto van vyf VVV’s. Die
VVV’s het oor Sheffield gevlieg. Die koerante het die foto gepubliseer met woorde
soos “die beste foto van vreemde vlieënde voorwerpe ooit”. Tien jaar later het een
van die seuns erken dat die foto ‘n vervalsing was. Hulle het vyf pieringvormige
voorwerpe op ‘n stuk glas geverf en ‘n foto daardeur geneem.


Stellings
1.    Daar is baie mense wat gekskeer met VVV’s.
2.    Hierdie gebeure het in 1960 plaasgevind.
3.    Daar was twee skoolseuns by betrokke.
4.    Hulle het in Sheffield gebly.
5.    Sheffield is in Amerika.
6.    Hulle het beweer hulle het ‘n foto van vier VVV’s geneem.
7.    Koerante het die foto gepubliseer.
8.    Een van die seuns het 20 jaar later erken dit was ‘n vervalsing.
9.    Hulle het vyf pierings gebruik.
10.   Hulle het die foto deur ‘n stuk glas geneem.


Die leerders kan by no. 17 na die Matrosekoor uit die opera, “Der Fliegende
Holländer”, van Richard Wagner luister. Indien u nie self ‘n CD in die hande kan kry
nie, behoort u plaaslike biblioteek u te kan help.


Zandra Bezuidenhout het die koorgedeelte in Afrikaans vertaal en dit is dus geskik vir
die leerders om te kan saamsing. Die hulp van die musiekdepartement kan hier
ingeroep word. Dalk kan die koor dit ook aanleer vir ‘n optrede!
MATROSEKOOR uit Die Vlieënde Hollander van Wagner.
(Afrikaanse bewoording vir laerskoolleerders vertaal deur Zandra Bezuidenhout)




                                 Vers 1: Seuns
                          Stuurman verlaat die wag!
                          Stuurman kom saam vannag!
                          Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
                          Laat die seile sak! Anker vas!
                          Stuurman skud op!


                          Niemand is vir wind of storm bang,
                          Almal sing en vier hier vrolik saam!
                          Elkeen het sy meisie op die land,
                          Eersteklas tabak, en volop brandewyn!
                          Wie kan nog kla!
                          Storm en rots, ons is die baas!
                          Branders en wind, julle is klaas!
                          Seile af, anker vas,
                          Stormsee ons is nie bang!


                          Stuurman verlaat die wag!
                          Stuurman kom saam vannag!
                          Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
                          Stuurman kom drink nog ‘n dop!
                          Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
                          Rotse en wind, alles oor,
                          Ja, alles oor, weggetoor
                          Stuurman jy’t reg gehoor
                          Ja ----------------------------
                          Komaan, Stuurman, drink ‘n dop.
      Vers 2: Dogters
Seeman ons wag al lank,
Seeman aan die strand.
Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
Dit is ons wat roep, kom aan land!
Seeman skud op!


Julle’s nie vir wind of storm bang,
Kom en dans hier met ons vrolik saam!
Elkeen wag hier vir haar hartedief.
Elkeen is vir iemand baie lief.
Waarom dan wag?
Storm en rots sal jul nie keer!
Branders en wind maak niemand seer!
Seile af, anker vas,
Julle is vir niemand bang!


Seeman ons wag op land
Seeman kom saam vannag
Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
Stuurman ons lied roep jul nou!
Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
Storms bedaar, geen gevaar.
Seeman my lied is sag.
Ja --------------------------
Kom nou seeman, ons sal wag.
     Vers 3: Almal saam
Almal verlaat die wag,
Almal aan land vannag.
Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
Kyk die seile sak, anker vas!
Almal is bly!


Niemand is vir wind of storm bang.
Almal sing en dans nou vrolik saam!
Elke man en meisie op die strand
Loop gelukkig saam en hou mekaar se hand!
Wie kan nog kla?
Storm en rots is nou oorwin;
Branders en wind pla ewe min.
Seile af, ankers vas,
Stormsee, niemand is bang!


Seemanne moet weer gaan,
Almal kom ver vandaan.
Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
Seemanne roep van die skip.
Hoor-, Daar-, Hoor-, Ja!
Storm en wind keer weer terug.
Ja, tyd verby, om te bly.
Seeman jy’t reg gehoor
Ja------------------------------
Totsiens, almal, dis verby.
                       LEEREENHEID 1

1.   In hierdie skets sien jy verskillende maniere hoe om by ‘n
     plek te kom:
(a)   Werk saam met ‘n maat en nommer elke vervoermiddel soos hier
      aangedui:

A. te voet                           B.     per motor                        C.    per minibus-taxi


D. te perd                           E.     per trein                        F.    per bus


G. per fiets                         H. per skip                             I.    per vierwielaangedrewe voertuig


J.    per motorfiets                 K.     per vliegtuig



      Het jy enige nuwe woorde aangeleer? Skryf hulle neer, asook die Engelse
      woorde.
       .............................................................................................................................
       .............................................................................................................................

                                                                                                          LU 5.1.1



(b)   Werk steeds saam met ‘n maat en beantwoord die volgende vrae in
      volsinne:

      Voorbeeld:
      Hoe sal jy reis as jy Amerika toe wil gaan?
      Antwoord:
      As ek Amerika toe gaan, sal ek per vliegtuig reis.

      Hoe sal jy reis:
      (i)        ..................................................................... as jy Engeland toe wil gaan?


      (ii)       .................................................................. as jy na die bure toe wil gaan?


      (iii)      .................................................................. as jy na ‘n eiland toe wil gaan?


      (iv)       ................................. as jy by familie in ‘n ander provinsie wil gaan kuier?


      (v)         ......................................................... as jy by ‘n maat in ‘n ander deel van
                 jou dorp of stad wil gaan kuier?
        (vi)     ........................................................................ as jy winkel toe wil gaan?


        (vii)    .....................................................................as jy in ‘n woestyn moet ry?


        (viii)   ........................................................................ as jy met vakansie gaan?

(c)     Voltooi die volgende sin:
        Al die motors, fietse, busse en treine is v .......................................................... .


(d)    Ons het gelees dat ‘n mens te perd reis, of per motor. Die vetgedrukte woorde
       is voorsetsels. Daar is nie reëls om te help hoe om voorsetsels te gebruik nie.
       Jy moet hulle net goed leer:

‘n Mens gesels met iemand.                          Hulle reis per vliegtuig.


Ek kyk na iets.                                     Almal loop by die deur uit.


Hy klop aan die deur.                               My broer sal langs my sit.


Ons ry agter ‘n bus.                                Ek klim in die bus.


Daar ry ‘n minibus-taxi voor ons.                   Die boek lê onder die tafel.


Ons hou almal van lekkers.                          Oor ‘n week sluit die skole.


Julle sit almal op stoele.                          Die skildery hang teen die muur.


My ma is kwaad vir my.                              Ek stap tot by die huis.


Die man roep om hulp.                               Daar was ‘n bakleiery tussen die twee vriende.


Ons gaan te voet of te perd.                        Die sak lê bo-op die kas.


                                                                                            LU 6.3.2

      Ons het oor ‘n klomp verskillende vervoermiddels gesels. Die mees opwindende
      en vinnigste vervoermiddel is sekerlik die vliegtuig. Mense het duisende jare
      gelede reeds aan maniere gedink om te kan vlieg. Op die volgende bladsy is ‘n
      tydlyn wat die geskiedenis van drome om te kan vlieg, asook die verskillende
      maniere van vlieg, ondersoek.
                                    2. TYDLYN

voor Christus
 c. 843 Bladud, koning van Brittanje, val hom dood
        terwyl hy uit ‘n toring spring met ‘n paar vlerke
        wat van vere gemaak is.
 c. 400 Die Chinese ontwerp vlieërs.
 c. 300 Die Egiptenare maak ‘n houtvoël met geboë
        vlerke en ‘n stertvin.




na Christus
1020 Die vlieënde monnik, Oliver van Malmesbury, slaag daarin om met ‘n paar
     vlerke te “sweef”, maar breek albei sy bene toe hy land.

1783 Joseph en Etienne Montgolfier se lugballon sweef vir omtrent 40 km. Die
     passasiers was ‘n skaap, hoenderhaan en eend.

1797 Die eerste valskermsprong deur ‘n Fransman, Andre Garnerin.

1903 Die Wright broers bewys die mens kan vlieg. Hulle vliegtuig is die eerste om in
     die lug te bly. Die eerste vlug duur 12 sekondes.

1908 Die eerste vliegongeluk. Orville Wright se vliegtuig val en sy passasier sterf.

1909 Louis Blériot vlieg oor die Engelse Kanaal.

1913 Die eerste luggeveg vind plaas wanneer twee vlieëniers op mekaar skiet met
     pistole tydens die Mexikaanse Burgeroorlog.

1919 Die eerste passasiersdiens word tussen Berlyn en Weimar (Duitsland) begin.

1933 Die eerste Boeing 247-vlug.

1947 Die klankgrens word gebreek deur ‘n vliegtuig. Die spoed was Mach 1, 015.
     Die spoed van klank word in Mach gemeet.

1969 Eerste vlug van die supersoniese straler, die Concorde. (Supersonies beteken
     dit vlieg vinniger as die spoed van klank).

1972 Die eerste vlug van ’n Airbus A300-vliegtuig.

1991 Die Lockheed F-117A is die eerste sluipbomwerper wat in ‘n geveg gebruik
     word tydens die Golfoorlog.
                                                 3. SOEKLEES


Beantwoord nou die volgende vrae wat oor die tydlyn handel. Skryf slegs die
antwoorde neer.

(a)   Watter koning van Brittanje het hom in 843 v.C. doodgeval? ..............................

(b)   Watter volk het vlieërs ontwerp? .........................................................................

(c)   Wat het in 1783 vir die eerste keer gesweef? .....................................................

(d)   Wanneer is die eerste valskermsprong uitgevoer? ..............................................

(e)   Watter broers het in 1903 daarin geslaag om die eerste vliegtuig te laat

      vlieg? ....................................................................................................................

(f)   Wie het in 1909 oor die Engelse Kanaal gevlieg? ...............................................

(g)   Wanneer is die eerste passasiersdiens ingestel? ................................................

(h)   In watter jaar het die eerste Boeing gevlieg? ......................................................

(i)   Watter supersoniese straler het in 1969 gevlieg? ................................................

(j)   Wanneer het die Airbus die eerste keer gevlieg? ................................................


        Selfassessering onder leiding van die opvoeder.


        Totaal:
                               10

                                                                                                       LU 3.4.1
                                 2.     NAVIGASIE
      Ken jy die woord navigasie? Die betekenis van die woord is om te weet waar jy
      is, waarheen jy wil gaan en hoe jy daar gaan kom.
      Hoe weet voëls waarheen hulle op pad is en hoe om daar te kom? Ons noem dit
      natuurlike navigasie. Volgens navorsers gebruik voëls die son en posisies van
      die sterre om rigting aan te dui.
      Geen vliegtuig kan vlieg sonder navigasie nie. Elektroniese instrumente maak
      navigasie baie makliker en meer akkuraat.



----------------------------------- Aktiwiteit
Een van die leerders word geblinddoek. Een van die klasmaats “navigeer” hom of
haar nou in die klaskamer deur duidelike instruksies te gee hoe hy of sy moet loop.
bv.     “Gee twee treë vorentoe.”
        “Draai 90º links en gee 4 treë vorentoe.”
Die navigator se instruksies moet baie duidelik wees, sodat die leerder nie in iets
vasloop nie.
Gee soveel leerders as wat moontlik is kans om te navigeer en “genavigeer” te word.


                                                                      LU 2.2.1




(a)    Instruksies
       Julle gaan ‘n skattejag op die speelgrond hou. Verdeel in groepe vir hierdie
       aktiwiteit. Elke groep moet duidelike instruksies neerskryf hoe om by die “skat”
       te kom. (Laasgenoemde kan sommer lekkers wees.)


       Hou die volgende in gedagte:

            die geskrewe instruksies moet afstand in meter of treë gee;

            die rigting waarin geloop word, moet aangedui wees, bv. links of regs;

            kompasrigting moet ook gebruik word, bv. suid, noord, ens.;

            landmerke, bv. “die bloekomboom”, kan ook gebruik word.
Die opvoeder moet ‘n sekere area aan elke groep toeken waar hulle hul skat
kan versteek.
Ruil nou julle instruksies met ‘n ander groep s’n. Lekker soek!




                                                              LU 4.1.2
SELFASSESSERING:


                                        Hoe goed het ons groep gevaar?

 Name van groeplede:                                                Waaroor het die aktiwiteit gehandel?

  ...............................................................    ...............................................................

  ...............................................................    ...............................................................

  ...............................................................    ...............................................................

  ...............................................................    ...............................................................

  ...............................................................

 Hoe goed het ons die opdrag gedeel?                                Hoe goed was ons eindresultaat?

  ...............................................................    ...............................................................

  ...............................................................    ...............................................................




(b)   Skryf nou die instruksies hoe jy van jou huis tot by die skool stap of ry.
      Onthou om die straatname ook te skryf! (Skryf elke instruksie op ‘n nuwe
      lyn.)
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
       .........................................................................................................................
(c)    Hoe het ek gevaar? Ruil jou instruksies met ‘n maat s’n en assesseer
       mekaar se werk.


        Gebruik hierdie leidrade om punte toe te ken:



            4                      3                      2                      1                     0

                                                 REDELIK (goed,
                                                                                               NOOIT (te veel
      ALTYD (kan nie       DIKWELS (net           maar daar is            SOMS (baie
                                                                                               foute – het hulp
        beter nie)          enkele feite)          ruimte vir             haakplekke)
                                                                                                    nodig)
                                                  verbetering)




                                                                                              Punt

                 Begin sinne en straatname met hoofletters.



                 Daar is ‘n punt aan die einde van elke instruksie.



                 Die woorde is korrek en sinvol.



                 Die woorde is korrek gespel.



                 Die instruksies is verstaanbaar en sinvol.




        Totaal:
                          20



        Geassesseer deur: ............................................................................................



                                                                                              LU 4.6.4
                           5. MONDELING
Kyk na al die illustrasies hieronder. Kies een van hulle en vertel aan jou
klasmaats watter een jy wil wees, of in watter een jy wil vlieg.
        Hoekom kies jy hierdie een?
        Waarheen wil jy vlieg?
        Wat wil jy daar sien of doen?
        Hoe sal jou vlug verloop?
        Hoe lank sal dit duur?
        Hoe dink jy sal jy voel?




   Lugballon                         Uil                      Helikopter




      Duif                   F16 vegvliegtuig                  Boeing




   Concorde                        Spitfire                  Hangvlieër


                    Neem ons saam op jou verbeeldingsvlug!
    Wat het jou klasmaats van jou vlug gedink?


    Ek is as volg geassesseer:
    (Maak slegs ‘n regmerkie (√) in die toepaslike kolomme)
                                                                  SOMS
                                                                               NOOIT
                                                     REDELIK       (Baie
                              ALTYD      GEREELD                             (Kan dit nie
                                                     GEREELD    foute, het
                              (Kan nie   (Baie min                            doen nie,
                                                      (Haak-        nog
                               beter)     foute)                               het baie
                                                      plekke)    oefening
                                                                             hulp nodig)
                                                                  nodig)


Praat duidelik en hoorbaar.


Afrikaanse taalgebruik is
verstaanbaar.


Die woorde is korrek.


Dis ‘n boeiende
verbeeldingsvlug.



                                                                       LU 2.3
                                 LEEREENHEID 2

                                   6. STILLEES
  Het jy al van ‘n VVV gehoor? VVV is die afkorting vir ‘n vreemde vlieënde
  voorwerp. Hierdie vlieënde voorwerp is nie naastenby soos een van die
  vervoermiddels wat ons in die vorige leereenheid behandel het nie. Nou wat is dit
  dan?


    (a)     Lees die volgende leesstuk aandagtig deur. Jy kan dit selfs twee of drie
            keer deurlees.

                                   NUWE WOORDE

voorwerp             object                natuurlike verskynsels   natural objects

opspoor              detect                gekskeerdery             hoax

verklaar             explain               oëverblindery            hallucinations

ruimteskip           spaceship             onsin                    nonsense

ruimtewese           alien                 verregaande              outrageous

wetenskaplike        scientist             ontvoer                  abduct

spioeneer            spy


      ‘n VVV is ‘n lig of voorwerp in die lug wat nie verklaar kan word nie.
      Sommige VVV’s word nie met die menslike oog gesien nie, maar word deur
      radar opgespoor.
      Dit is belangrik om te onthou dat meer as 90% van die VVV’s wel
      geïdentifiseer word. Dis dikwels vliegtuie, satelliete, planete of
      weerballonne. Wat is die ander 10% dan? Die mees romantiese teorie is
      dat VVV’s die ruimteskepe van ruimtewesens is wat op die aarde spioeneer.
      Sommige wetenskaplikes glo egter dat VVV’s in werklikheid
      natuurverskynsels in die atmosfeer is, byvoorbeeld wolke. Ander glo dis
      ‘n gekskeerdery of oëverblindery.
      Die meeste wetenskaplikes dink VVV’s is onsin, veral die stories oor mense
      wat sê hulle is deur ruimtewesens ontvoer. Daar is heelwat sulke stories
      wat verregaande klink. Maar hoe verklaar die wetenskap hierdie raaisel?
      Dis die eintlike vraag!
(b)   Beantwoord nou die volgende vrae deur slegs W (waar) O (onwaar) of OB
      (onvoldoende besonderhede) te skryf:

      (i)      ‘n VVV is ‘n lig of voorwerp in die lug. ..............................................

      (ii)     Hierdie VVV kan nie verklaar word nie. ............................................

      (iii)    VVV’s kan slegs met die menslike oog gesien word. .......................

      (iv)     Alle VVV’s word geïdentifiseer. ........................................................

      (v)      Dis altyd vliegtuie, satelliete, planete of weerballonne. ....................

      (vi)     Sommige mense dink dis ruimteskepe. ............................................

      (vii)    Hierdie ruimteskepe behoort aan ruimtewesens. .............................

      (viii)   Sommige wetenskaplikes dink dis ‘n gekskeerdery. ........................

      (ix)     Baie wetenskaplikes glo nie aan ruimtewesens wat mense ontvoer
               nie. ...................................................................................................

      (x)      Die wetenskap kan hierdie VVV’s verklaar. ......................................


 Assessering onder leiding van die opvoeder.


 My totaal uit
                            10
                                                                                             LU 3.4.1
                            7. LIDWOORDE
Kyk weer na die leesstuk by no. 6. Onderstreep die woorde ‘n en die.


Ons noem ‘n en die lidwoorde. Jy sal agterkom ons gebruik lidwoorde voor
naamwoorde. Die lidwoord ‘n word vir een ding gebruik bv. ‘n lig. Die lidwoord
die word vir een ding én meer as een ding gebruik: die lig, die ligte. As ons die
gebruik, is dit ‘n spesifieke ding of dinge waarvan gepraat word.



  Onthou, ‘n word nooit met ‘n hoofletter geskryf nie. As jy ‘n sin met ‘n
  begin, word die tweede woord met ‘n hoofletter geskryf, bv.

  ‘n Mens kan dit nie verklaar nie.

  Wanneer ons ‘n sin met die begin, word die met ‘n hoofletter geskryf, bv.

  Die mens kan dit nie verklaar nie.




      Vul ‘n of die by die volgende sinne in:

 ………..… Vliegtuig word dikwels aangemeld as …………..… VVV, veral in


 ……..…. nag wanneer ……….… mens net ligte kan sien. ……… ligte van


 …….….. helikopter kan ………..….. mens maklik verwar, omdat helikopters in


 …………… lug kan hang.




                                                                 LU 6.3.5
8. BOODSKAPPE



      Wat dink julle is dit hierdie?



      Gesels ‘n bietjie daaroor in julle groepe.



      Wat stel dit voor?



      Kom ek help julle. Dit is ‘n boodskap.



      Wie het hierdie boodskap gestuur?



       Hoekom is hierdie boodskap gestuur?



      Wat beteken hierdie boodskap? Elke
      groep moet verslag doen oor hulle
      vertolking van hierdie boodskap. (Kies
      ‘n leerder uit elke groep wat aan die res
      van die klas sal vertel wat sy / haar
      groep besluit het.



                                 LU 5.3.3
   Verklaring van die boodskap:
   Hierdie boodskap is ‘n rekenaarboodskap. Dit is in 1974 gestuur aan ‘n groep
   sterre in die ruimte. Dit bevat inligting oor ons sonnestelsel en bevat ook ‘n
   voorstelling van die mens. Kan jy die “mens” raaksien? Dit sal egter 24 000 jaar
   duur voordat hierdie boodskap sy bestemming sal bereik.
   Dit klink ‘n bietjie baie lank om te wag vir ‘n moontlike “antwoord” op hierdie
   boodskap.
   Dis nou julle beurt om ‘n boodskap te stuur. Julle boodskappe kan nou nie so ver
   gestuur word nie! Julle boodskappe moet geskik wees om in ‘n tydkapsule
   begrawe te word.




    Wat is ‘n tydkapsule? Dit is ‘n houer wat voorwerpe en inligting van die
    huidige tyd bevat en dan begrawe word. Hierdie tydkapsule sal dan
    hopelik in die verre toekoms opgegrawe word sodat mens kan sien hoe
    mense in die verlede geleef en gelyk het!




Elkeen van julle moet die volgende voorberei:

    ‘n Geskrewe stuk.

    ‘n Foto of skets van jouself.

    Enige voorwerp of item wat jy dink mense oor sowat eenhonderd jaar
    interessant sal vind.
(a)   Waaroor moet julle skryf?
      Skryf asseblief die volgende. Die datum word eerste geskryf:
              ‘n Paragraaf oor jouself (jou naam, van, waar jy gebore is en wanneer,
              waar jy woon).
              ‘n Paragraaf oor jou voorkoms (hoe jy lyk, kleur van hare, oë, lengte,
              liggaamsbou).
              ‘n Paragraaf oor jou voorkeure ( waarvan jy hou, bv. kleur, kos,
              skoolvakke, tydverdryf, ideaal).
              ‘n Paragraaf oor ‘n tipiese dag ( wat doen jy elke dag, bv. staan op, trek
              aan, gaan skool toe, aktiwiteite na skool, wat jy saans doen.


       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................
       .......................................................................................................................



                                                                                                        LU 4.6.1
      Ruil nou jou “lewenskets” om met jou maat s’n. Julle gaan mekaar se skryfwerk
      assesseer.
      Vul een van die volgende in by elke kategorie:

          ALTYD (alles is korrek);                                BAIE GEREELD (enkele foute);

          NIE GEREELD (baie foute, benodig
                                                                  SELDE (te veel foute, het hulp nodig)
          oefening);



Begin sinne en name met hoofletters.
                                                         .....................................................................
Begin sinne en name met hoofletters.
                                                         ....................................................................
Woorde is korrek gespel.
                                                         .........................................................................................
Woordorde is korrek.
                                                         .........................................................................................
Goeie, verstaanbare Afrikaans.
                                                         .........................................................................................

Geassesseer deur: ......................................................................................................

                                                                                                     LU 4.6.4

(b)    Mondeling
       Elke leerder kry nou ‘n beurt om die inhoud van sy of haar tydkapsule aan die
       klas voor te dra.
               Die lewenskets word oorvertel (nie gelees nie).
               Die voorwerp of item wat jy insluit, word gewys, en jy moet verduidelik
               hoekom jy hierdie item of voorwerp gekies het.
               Wie sal jy graag wil hê moet jou tydkapsule ontdek?


         Assessering deur die opvoeder


                                                                                                     LU 2.2.1
                  9. HOOFTYE VAN DIE WERKWOORD


   In Module 1 het julle ‘n bietjie hersiening van die Verlede Tyd gedoen. Kom ons
   kyk weer daarna.


   Werkwoorde sê mos wat ons doen.




           lees                        skryf                       praat




Ons kan werkwoorde op drie maniere gebruik:
     Om te sê wat ons gedoen het (verlede tyd).
     Om te sê wat ons doen (teenwoordige tyd).
     Om te sê wat ons sal doen (toekomende tyd).


Ons het by no.8 met al drie die tye kennis gemaak:




      Ons beskryf in die teenwoordige tyd en iemand sal in die
      toekomende tyd lees hoe ons in die verlede tyd geleef het.
(a)    Voltooi die tabel met die tye.


                                        Teenwoordige
       Verlede tyd (het ge-)                                    Toekomende tyd (sal)
                                            tyd

 Ek het gelees.                         Ek lees.         Ek sal lees.


 Jy …………………………………                       Jy luister.      Jy …………………………………


 Die seun …………………………..                  Die seun dans.   Die seun …………………………..


 Ons ………………………………..                     Ons loop ver.    Ons ………………………………..




Selfassessering onder leiding van die opvoeder.



      ONTHOU: IN DIE VERLEDE TYD VERANDER DIE VOLGENDE
                          WOORDE.


                                wil                      wou

                             moet                        moes

                                sal                      sou

                               kan                       kon


              bv.    Ons wil gaan.                       Ons wou gaan.
                     Ons moet bly.                       Ons moes bly.
                        Ons sal ry.                      Ons sou ry.
                    Ons kan hoor.                        Ons kon hoor.
(b)     Voltooi die tabel.


      Verlede tyd (het ge-)           Teenwoordige tyd              Toekomende tyd (sal)


Hy …………………………                     Hy wil lees.                    Hy sal wil lees.



Sy …………………………                     Sy kan nie gaan nie.            Sy …………………………



Almal ………………………                   Almal moet huiswerk doen.       Almal ………………………



Ek ………………………….                    Ek sal luister.                   (Geen toekomende tyd)



Selfassessering onder leiding van opvoeder.


         ONTHOU: woorde wat met be-, ge-, het-, er-, ont- en
         ver- begin, kry nie ‘n ge- in die verlede tyd nie.




                                       VOORBEELDE

       besluit -             Ons het besluit om te gaan slaap.

       gedra -               Ons het ons goed gedra.

       herhaal -             Die opvoeder het die vraag herhaal.

       erken -               Ek het dadelik erken dat ek ‘n fout begaan het.

       ontvang -             Die wenner het ‘n prys ontvang.

       verlang -             Die kind het na sy ouers verlang.


                                                         LU 6.1              LU 6.3.8
(c)   Skeibare werkwoorde.


      Party werkwoorde bestaan uit twee dele, soos:
            inpak                      uithaal                      inklim

           in + pak                   uit + haal                   in + klim


       In die toekomende tyd word die woorde aanmekaar geskryf:
       -      die dogter sal haar boeke inpak.
       In die teenwoordige tyd word die woorde geskei:
       -      die dogter pak haar boeke in.
       In die verlede tyd word die werkwoord weer een woord, maar die ge- kom
       tussen die twee dele.
       -      die dogter het haar boeke ingepak.




ONTHOU:

 Is word was:                Die kind is siek.        Die kind was siek.

 Het word het gehad:         Ek het griep.            Ek het griep gehad.



                                                                   LU 6.3.8
                                              LEEREENHEID 3

                                               10. LUISTERLEES


      Jul opvoeder gaan nou vir julle tien vrae lees, en daarna ‘n kort leesstuk. Luister
      mooi na die vrae sodat julle weet waarna om te luister terwyl die leesstuk
      voorgelees word. Julle opvoeder sal die leesstuk herhaal. Beantwoord dan die
      vrae wat aan die einde herhaal sal word. Skryf slegs W (waar) of O (onwaar).




(a)    ..................................................   (b)   ..................................................


(c)    ..................................................   (d)   ..................................................


(e)    ..................................................   (f)   ..................................................


(g)    ..................................................   (h)   ..................................................


(i)    ..................................................   (j)   ..................................................




Selfassessering onder leiding van die opvoeder.




        Totale punt uit:
                                            10




                                                                                                LU 1.2.1
                                          11. MONDELING
Jy gaan nou verslaggewer speel, of jy het ‘n VVV gesien! Verdeel in groepe van
twee. Een van julle is die verslaggewer wat ‘n onderhoud voer met ‘n persoon
wat ‘n VVV gesien het. Maak dit ‘n opwindende onderhoud.
Die verslaggewer vra baie vrae oor die VVV, en die persoon met wie hy die
onderhoud voer, moet volledige antwoorde gee. Die tipe vra wat gevra word,
moet ook die volgende insluit:


      Waar het jy dit gesien?
      Wanneer? (Datum)
      Hoe laat? Dag of nag?
      Beskryf presies wat gebeur het.
      Hoe het jy gevoel?
      Wat het jy gedink is dit?
      Wat het jy gedoen?
         ens.
 Rolspeel hierdie onderhoud. Julle kan julle vrae en antwoorde hieronder skryf as
 julle wil.
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................
 .........................................................................................................................


                                                                                                    LU 2.2.2
Assesseringsruit
Hoe het jy gevaar toe jy en jou maat julle onderhoud gevoer het? Maak ‘n regmerkie
in die toepaslike kolom:
                                            PUIK                         TE VEEL
                                                     BAIE      KAN
                                          (kan nie                        FOUTE
                                                     GOED    VERBETER
                                           beter)                       (hulp nodig)

  STEM EN SPRAAK.
  (Hard en duidelik?)

  WOORDORDE EN SINNE.
  (Sinvol?)

  AFRIKAANSE TAALGEBRUIK.
  (Praat ek ‘n goeie, verstaanbare
  Afrikaans?)

  Geslaagdheid.
  (Was onderhoud suksesvol?)
                      12. SKRYF ‘N BERIGGIE
Maak ‘n skets van die VVV wat in jou en jou maat se onderhoud beskryf is.
Skryf nou ‘n berig wat by die foto gepubliseer kan word. Die berig word gebaseer
op jou en jou maat se onderhoud. Die berig moet kortliks sê wie die VVV gesien
het, waar dit gesien is en wanneer dit gesien is. Dit moet die VVV beskryf, asook
presies wat gebeur het. Vertel ook wat die persoon wat dit gesien het, gedink het
en hoe hy of sy gevoel het.
Ruil jou beriggie om met jou maat s’n, sodat julle mekaar se beriggies kan
assesseer.
Gebruik die gesiggies soos aangedui. Teken ‘n toepaslike gesiggie by elke
kategorie.




                          Baie goed, min   Baie foute, het nog   Te veel foute, het
    Puik, kan nie beter
                              foute          oefening nodig          hulp nodig




                                                                         

          Sinne en eiename begin met hoofletters.



          Punktuasie is korrek gebruik.



          Woordorde is korrek en sinne is sinvol.



          Woorde is korrek gespel.



          Geslaagdheid van beriggie.




                                                                       LU 4.1.3
                                     13. SPEL
     VVV is ‘n afkorting vir die woorde “vreemde vlieënde voorwerp”. Hier volg nou
     voorbeelde van afkortings wat julle moet ken. Skryf die afkortings neer en ook
     waarvoor hulle staan.
1.                                           2.




                                                  …………………………………………
     …………………………………………                             …………………………………………
                                                  …………………………………………
                                                  …………………………………………
3.                                           4.




     …………………………………………                             …………………………………………
5.                                           6.




     …………………………………………                             …………………           …………………
     …………………………………………                             …………………           …………………
     …………………………………………                             …………………           …………………
                                                  …………………
7.                                           8.




                                                  …………………………………………


     …………………………………………
     …………………………………………

     Hier volg nog ‘n paar wat julle moet leer en ken:

      bv.            byvoorbeeld

      L. W.          let wel

      ens.           ensovoorts

      v.C.           voor Christus

      n.C.           na Christus

      mej.           mejuffrou

     Dan ook die metrieke stelsel se afkortings wat julle ook in Wiskunde gebruik:

      mm             millimeter

      cm             sentimeter

      m              meter

      km             kilometer

      g              gram

      kg             kilogram

      ml             milliliter

      ℓ              liter

                                                                 LU 6.2.4
                                LEEREENHEID 4
14.    Lees nou die legende van nog ‘n vlieënde voorwerp. Hierdie slag is dit nie ‘n
       vliegtuig of ruimtetuig nie, maar ‘n skip. Die skip se naam is “Vlieënde
       Hollander”.



       ‘n Legende: dis ‘n verhaal wat oorvertel word van geslag tot geslag, maar
            niemand weet of dit die waarheid is nie.


      Julle opvoeder sal die verhaal eers hardop vir julle voorlees. Daarna kan jy en
      jou maat die verhaal hardop vir mekaar voorlees. Help mekaar met die korrekte
      uitspraak van die woorde.

                            DIE VLIEËNDE HOLLANDER
        In 1680 het die skip, die Vlieënde Hollander, vanaf Amsterdam na
        Batavië uitgevaar. Die kaptein van die skip was beroemd vir sy
        vaardighede as kaptein. Sy naam was Hendrik van der Decken. Hy het
        oral vertel dat hy en sy skip vinniger kon vaar as enige ander skip. Hy
        was ‘n haastige man wat hom deur niemand laat stuit het nie.
        Op hierdie reis moes sy skip by Tafelbaai aandoen vir vars voorrade.
        Van der Decken was, soos gewoonlik, haastig om verder te vaar. Daar
        het ‘n stormwind gewaai en ‘n storm was aan die broei, maar die kaptein
        het sy bemanning beveel om gereed te maak om te vertrek. Die matrose
        was bang en het gevra dat hulle liewers moes wag totdat die storm
        verby was. “Ons gaan nou vertrek,” het Van der Decken gebulder. “Niks
        gaan ons keer nie! Lig die ankers en span die seile!”
        Die skip het met bollende seile teen die wind in gevaar. Die matrose het
        weer gesoebat dat hulle moes omdraai en in die hawe wag tot die storm
        verby was, maar die kaptein het net harder op hulle geskree: “Ons sal
        verder gaan! Nóg wind, nóg weer sal ons keer!” ‘n Muur water het vanuit
        die donker op die skip neergestort …
        Kaptein van der Decken en sy bemanning het nooit hulle bestemming
        bereik nie, maar talle skeepsreisigers het deur die jare vertel dat hulle
        ‘n outydse seilskip teengekom het wat teen die wind in vaar. Is dit dalk
        die “Vlieënde Hollander” wat vir ewig teen die stormwind in moet vaar?
        Of daar regtig so ‘n spookskip bestaan, weet niemand nie.
Nuwe woorde:

 vaardighede         skills

 stuit               stop

 aandoen             call at

 voorrade            supplies

 bemanning           crew

 soebat              beg

 bestemming          destination




Beantwoord nou die volgende vrae:
1.   Kies die regte antwoorde en skryf hulle neer:
     (a)    Die skip het vanaf (Amsterdam, Batavië, Italië) uitgevaar ………………
                                                                                    (1)
     (b)    Die bestemming was (Amsterdam, Batavië, Italië) ………………………
                                                                                    (1)


2.   Vul die ontbrekende woorde in:
     (a)    Die skip se naam was die ……………………………………………………
            en die kaptein se naam was …………………………………………………
                                                                                    (2)


3.   (a)    Waar moes die skip aandoen vir vars voorrade? …………………………
                                                                                    (1)
     (b)    Watter woord sê vir ons dat die kaptein nie wou wag nie en verder wou
            gaan? ……………………………………………………………                                       (½)
     (c)   Watter woord in die stuk is ‘n ander woord vir bemanning?
           …………………………………………………………................                                   (½)
                                                                                     [3]


4.   Die volgende stellings is onwaar. Skryf hulle oor sodat hulle waar sal wees.
     (a)   Die bemanning was baie opgewonde.
           …………………………………………………………………………                                             (1)


     (b)   Die bemanning wou graag verder seil.
           …………………………………………………………………………                                             (1)
                                                                                     [2]


5.    Watter soort skip was die Vlieënde Hollander? (Antwoord in ‘n volsin,
      asseblief)
      ……………………………………………………………………………………………
      ………………………………………………………………………………                                                [1]
                                                                              Totaal: 10
      Assessering deur die opvoeder.


      Totale punt uit:
                             10

                                                                    LU 3.4.1




     Kan jy dalk raai hoekom die skip se naam die “Vlieënde Hollander” was?
                         15. GEHEUEKAARTE
‘n Goeie manier om ‘n skryfstuk te beplan is deur ‘n geheuekaart te maak voordat
jy begin. Dit help jou om aan soveel idees as moontlik te dink. ‘n Mens kan dit
ook gebruik as jy hersiening doen vir ‘n vak.


              GEHEUEKAART VAN DIE VLIEËNDE HOLLANDER
Om ‘n geheuekaart te maak, moet jy soos volg te werk gaan:

     Skryf jou onderwerp waaroor jy gaan skryf in die middel en omkring dit.

     Skryf elke woord of frase wat oor die onderwerp in jou kop opkom, al in die
     rondte neer (byna soos die pote van ‘n spinnekop) en trek strepe vanaf die
     omkringde woorde na die woorde rondom. Daar hoef geen volgorde te
     wees nie, want jy gaan hulle reg rangskik sodat hulle logies op mekaar volg.

     Rangskik nou die gedagtes in volgorde deur hulle op die kaart te nommer.


Jou geheuekaart is nou klaar.


Hierdie was net ‘n oefening. Wanneer ‘n mens ‘n skryfstuk met behulp van ‘n
geheuekaart skryf, voeg jy ‘n inleiding en slot by en groepeer die woorde of frases
in paragrawe. Ons sal in die volgende module ‘n skryfstuk skryf deur van ‘n
geheuekaart gebruik te maak.


Gesels nou in julle groepe oor julle geheuekaarte. Vergelyk nou julle woorde en
frases. Het julle almal dieselfde woorde of frases? Het julle dalk onnodige
woorde of frases neergeskryf? Help mekaar om slegs die belangrikste woorde en
frases te skryf.


                                                                 LU 5.3.1
                    16. BYVOEGLIKE NAAMWOORDE
   Byvoeglike naamwoorde is beskrywende woorde en vertel vir ons meer van die
   selfstandige naamwoorde.
   vb. Die beroemde kaptein se skip was vinnig.
   Ons weet nou dat die kaptein beroemd was en dat sy skip vinnig was.
   Byvoeglike naamwoorde kan op twee maniere gebruik word. Partykeer staan die
   woorde voor die selfstandige naamwoorde en partykeer na die selfstandige
   naamwoorde.




          Die skip was vinnig                        Die seil was wit.




        Dit was ‘n vinnige skip.                    Dit was ‘n wit seil.


   Wanneer die byvoeglike naamwoorde lank is en uit meer as een lettergreep
   bestaan, las ons ‘n –e aan.


Voltooi die volgende sinne:

    Die kaptein was kwaai.

    Dit was ‘n …………………..…………. kaptein.

    Die matrose was bang.

    Dit was …………………..…………... matrose.

    Die kaptein was haastig.

    Dit was ‘n …………………..………… kaptein.

    Die wind was stormagtig.

    Dit was ‘n …………………..………....… wind.


   Partykeer verander die woorde heeltemal en lyk hulle nie dieselfde nie. Kyk mooi
   hoe die woorde verander.
Die glas is leeg        Dit is ‘n leë glas

Die ma is moeg          Dit is ‘n moeë ma

Die gebou is hoog       Dit is ‘n hoë gebou

Die winter is droog     Dit is ‘n droë winter

Die kussing is sag      Dit is ‘n sagte kussing

Die kos is sleg         Dit is slegte kos

Die rivier is breed     Dit is ‘n breë rivier

Die perd is dood        Dit is ‘n dooie perd

Die boek is goed        Dit is ‘n goeie boek

Die mat is oud          Dit is ‘n ou mat

Die kind is laf         Dit is ‘n lawwe kind

Die glas is dof         Dit is ‘n dowwe glas

Die kat is doof         Dit is ‘n dowe kat

Die man is gaaf         Dit is ‘n gawe man

Die tas is nuut         Dit is ‘n nuwe tas

Die pa is trots         Dit is ‘n trotse pa

Die grappie is snaaks   Dit is ‘n snaakse grappie

Die slang is lank       Dit is ‘n lang slang

Die hondjie is jonk     Dit is ‘n jong hondjie




                                  LU 6.1
                                 17. ‘N BEROEMDE OPERA
Die legende van die Vlieënde Hollander het die Duitse komponis, Richard
Wagner, so aangegryp dat hy ‘n beroemde opera daaroor geskryf het.


 Weet jy wat ‘n opera is? Skryf die betekenis van die woord “opera” hier:
 .............................................................................................................................
 .............................................................................................................................


Julle gaan nou na die koorgedeelte luister wat deur die matrose gesing word.
Julle opvoeder sal vir julle die Afrikaanse woorde gee, sodat julle kan saamsing.
                                 18. MONDELING
    Die Vlieënde Hollander is ‘n legende. Daar is baie legendes wat oorvertel word
    van geslag tot geslag. Daar is ook baie Afrika-legendes!
    Julle gaan nou elkeen ‘n legende kom oorvertel aan die klas of groep.
    Onthou, dis nie die storie self nie, maar hoe die storie oorvertel word, wat
    belangrik is!


Wat het jou maats van jou vertelling gedink? Gebruik die “oortjies” om aan te dui hoe
jy gevaar het.




    UITSTEKEND         BAIE GOED          GOED            REDELIK           SWAK
    – kan nie beter!    – baie min       – ‘n paar       – ruimte vir     – moet baie
                          foute.       haakplekke,      verbetering.       verbeter.
                                       maar nie te
                                       ernstig nie.




                                                                        Punt

           Gebruik van die stem.



           Woordeskat in Afrikaans.



           Uitspraak van elke woord.



           Konstruksie van sinne.



           Geslaagdheid van die vertelling.




                                                                        LU 2.1.1

								
To top