01 2011 Klerebrief

W
Shared by: E8ppR0H
Categories
Tags
-
Stats
views:
17
posted:
12/3/2011
language:
Afrikaans
pages:
6
Document Sample
scope of work template
							                                 LAERSKOOL GARSFONTEIN

                        Posbus 905-933 Garsfontein 0042        Tel. 012-348-1269 / 348-1270
                        e-pos: garsies@ccdweb.co.za            Faks. 012-348-6460
                        www.lsgarsfontein.co.za



18 Januarie 2011

Oueromsendbrief . . . 01/2011

Geagte ouers

Belangrike reëls ten opsigte van skool- en sportdrag

Ons hartlike dank aan elke ouer wat nog altyd sorg dat hulle kinders met die regte skool- en
sportdrag uitgerus is gedurende die skooldag en op die sportveld. By Laerskool Garsfontein
is ons baie trots op die leerders se dissipline en glo dat ‘n belangrike bousteen daarvoor in
die nakoming van selfs die eenvoudigste van reëls lê.

Leerders wat die reëls verontagsaam sal na slegs 1 waarskuwing ‘n negatiewe inskrywing
ontvang of die voorreg vir die dra van spesiale drag op sekere dae verbeur. Ons gaan
vanjaar streng wees ten opsigte van klerereëls, aangesien ons graag ons skool se beeld na
buite asook ons dissipline wil vasvat.

Graag bevestig ons die volgende reëls ten opsigte van skool- en sportdrag. Ons maak staat
op u, as ouers of voogde, om toe te sien dat u kind volgens die reëls aantrek. Ons is mos die
beste laerskool in Gauteng – kom ons hou dit so!

Somersdrag vir seuns
Grys kortbroek
Wit kortmou hemp
Groen moulose skooltruitjie (opsioneel)
Grys langkouse
Swart skoolskoene
Donkergroen drimacbaadjie met skoolwapen (ou sweetpakbaadjie), groen fleece top (wat
begin uitfaseer) of langmou skooltrui vir koeler dae.

Somersdrag vir meisies
Grys rompie/broekrompie
Wit kortmou hemp
Groen moulose skooltruitjie (opsioneel)
Grys kort kouse
Swart skoolskoene
Donkergroen drimacbaadjie met skoolwapen (ou sweetpakbaadjie), groen fleece top (wat
begin uitfaseer) of langmou skooltrui vir koeler dae.
                                                                                          2

Wintersdrag vir seuns
Grys langbroek
Wit langmou hemp
Grys kouse en swart skoolskoene
Donkergroen drimacbaadjie met skoolwapen (ou sweetpakbaadjie), groen fleece top of
langmou skooltrui. Ou Fleece tops faseer uit en word vervang deur kombinasiebaadjies
(drimac met fleece binne)
Donkergroen of grys serp, mus en handskoene
Musse mag slegs voor en na skool gedra word en nie tydens skoolure nie

Wintersdrag vir meisies
Grys langbroek of
Grys rompie/broekrompie met grys gebreide ribkouse of skoolbroekiekouse (nie swart,
gewone grys of blackmail sykouse nie). Grys Kniekouse (Bobby socks) is ook aanvaarbaar.
Grys langbroek met grys kouse kan ook gedra word.
Wit langmou hemp
Swart skoolskoene
Donkergroen drimacbaadjie met skoolwapen (ou sweetpakbaadjie), groen fleece top of
langmou skooltrui. Ou Fleece tops faseer uit en word vervang deur kombinasiebaadjies
(drimac met fleece binne)
Donkergroen of grys serp, mus en handskoene
Musse mag slegs voor en na skool gedra word en nie tydens skoolure nie.

Tekkies is onder GEEN omstandighede skooldrag nie, hetsy winter of somer.
Sweetpakke is NIE skooldrag NIE

Provinsiale en Nasionale drag (Bokkieweek)
Slegs op Maandae.
Volledige amptelike drag met oorwegend wit tekkies en kouse of kaalvoet
Geen deelneemhempies en –broekies (veral by landloop/atletiek)
Geen oefen T-hempies ens. nie.
Geen ander bypassende broeke of hemde soos byvoorbeeld denims nie.
Bokkieweekleerders mag die bokkiebaadjie by skoolklere dra - Slegs op Maandae.
As ‘n leerder na 1 waarskuwing weer die reëls verontagsaam, verbeur hy/sy die voorreg.

Eerstespandrag
SLEGS op Maandae en SLEGS gedurende die betrokke seisoen.
Ander dae of ligadae sal tweede pouse in die geval van wegwedstryde en na skool in die
geval van tuiswedstryde verklee word.
Volledige drag (sweetpak/ soos deur afrigter vasgestel in somersport) met oorwegend wit
tekkies en kouse/spankouse of kaalvoet.
Geen ander bypassende drag nie.
Bokkieweekbaadjies by skooldrag.
Eerstespankepse regdeur die jaar, maar slegs voor en na skool asook pouses.
Eerstespanserpe gedurende die winter mits dit by skoolkleure pas.
Verontagsaming van reëls na 1 waarskuwing sal daartoe lei dat die betrokke leerder die
voorreg verbeur.
                                                                                             3

Die volgende reëls geld bykomstighede:
Meisies

     Donkergroen of wit haarrekkies
     Donkergroen of wit haarlinte
     Donkergroen of wit Alice bands
     Knippies kan donkergroen, wit, silwer of swart wees
     GEEN GEEL rekkies, linte, knippies of Alice bands nie.
     geen blommetjies of ander motiewe op rekkies, knippies, Alice bands of linte nie.
     Hare wat oor die onderkant van die kraag hang, moet vasgemaak word.
     Kuiwe mag nie oor die wenkbroue hang nie
     Geen stukkie hare mag uit die poniestert getrek word om langs die gesig af te hang nie.
     Hare moet so glad moontlik teen die kop gekam en vasgemaak word.
     Geen onnatuurlike bulte of hobbels mag uit die poniestert getrek word nie.
     Slegs goue of silwer knoppiesoorbelle of klein ringetjies mag gedra word.
     Geen verjaarsdagstene, pêrels, diamante, blommetjies of ander motiewe is toelaatbaar nie.
     Geen vorm van grimering is toelaatbaar nie.
     Hare mag nie gekleur, gebleik of gestreep word nie.
     Slegs 1 Christelike bandjie is toelaatbaar om die pols.
     Seëlring en horlosie met gewone horlosieband is toelaatbaar.
     Geen magneetbandjies of ander bandjies hetsy om die pols of enkel nie.

Seuns

     Hare moet kort agter en om die ore gesny word.
     Kuiwe mag nie oor die wenkbroue hang nie.
     Hare mag nie in ‘n “wig” gesny word nie.
     Hare mag nie gekleur, gebleik of gestreep word nie.
     Slegs 1 Christelike bandjie is toelaatbaar om pols.
     Geen magneetbandjies of ander bandjies hetsy om die pols of enkel nie.
     Geen gel in die hare nie.

KDA-drag
Slegs Graad 4-leerders mag KDA-drag vir die duur van die skooldag dra, aangesien hulle nog
klaswisseling gewoond raak. Graad 4-fasiliteerders sal vereistes vir die drag met die
leerders kommunikeer.

Grondslagfase: Meisies mag skipants of kortbroekies saambring skool toe en met aanvang
van die periode onder die rompies aantrek. Na afloop van die periode moet dit egter weer
uitgetrek word.

Seniorfase: Leerders bring KDA-drag (Volgens voorskrif van KDA-fasiliteerder) skool toe en
verklee met aanvang en na afloop van die bepaalde periode.
                                                                                             4

Sportdrag vir 2011 is soos volg:

Rugby en Bulletjie-rugby

Die rugbytruie is skooleiendom en word voorsien vir die duur van ‘n seisoen. Al die spanne
speel met groen broeke en die eerste span speel in wit. Hierdie broeke asook kouse sal in
die winkel beskikbaar wees.

Hokkie

         Die gewone donkergroen gholfhemp met geel insetsels aan die kante. Vir seuns is
          dit ‘n hemp met moue en vir dogters ‘n moulose hemp (soos reeds bestaan). Nuwe
          voorraad se materiaal sal verskil, maar die snit, kleur en borduurwerk (Garsies) sal
          dieselfde bly sodat die ou en nuwe hemp dieselfde lyk en albei toelaatbaar is.
         Die seuns sal ‘n donkergroen sportbroek dra. Alhoewel nuwe voorraad sonder
          enige drukwerk of insetsels is, sal albei broeke toelaatbaar wees.
         Die dogters sal die moulose hempie dra (sonder keuse) en met die bestaande
          donkergroen rompie speel. Donkergroen “hotpants” sal steeds beskikbaar wees by
          die winkel en dogters mag dit aanskaf om onder die rompie te dra.
         Donkergroen kniekouse.
         Geen rompies of broeke sal voortaan geborduur word nie.
         Die eerstespan se drag kan aangepas word.

Krieket

         Die krieketseuns sal voortaan met dieselfde donkergroen hemp as die hokkieseuns
          speel.
         Die seuns speel met wit broeke wat op enige plek gekoop mag word, maar ook in die
          winkel beskikbaar sal wees.
         Die Bev-krieket sal dieselfde drag as die ander spanne dra.

Netbal

         Dieselfde hemp as vir hokkie dogters, d.w.s. die donkergroen moulose hempie met
          geel insetsels soos wat reeds gebruik word.
         Die huidige groen rompie sonder enige borduurwerk word behou.
         Donkergroen “hotpants” sal steeds in die winkel beskikbaar wees om onder die
          rompies te dra. Laasgenoemde is egter opsioneel.
         Kort wit sokkies/netbalsokkies sal steeds gedra word.
         Mini-netbal se drag sal deur die afrigters aan leerders en ouers gekommunikeer
          word.
         Die eerste span se drag sal anders as die ander spanne wees, soos wat reeds die
          geval is.

Tennis

         Die tennisspelers sal met die hokkie/netbal hemde vir seuns en dogters,
          onderskeidelik speel.
         Die seuns sal met groen broeke speel en die dogters met die groen
          hokkie/netbalrompies.
                                                                                             5

         “Hotpants” is weer eens opsioneel. Kort wit sokkies sal gedra word.
         Die eerstespanne se drag word behou soos dit huidiglik is.

Gholf

Die spelers se hemde sal deur die afrigter, soos in die geval van ander eerstespanne,
hanteer word. ‘n Bypassende langbroek, soos deur die afrigter bepaal, word daarby gedra.

Perdry

Ruiters dra ook die donkergroen hemp met geel insetsels. Die res van die drag is baie
sportspesifiek en word behou soos dit is.

Swem

         Die groen meisiesswembroek wat in die verlede gebruik is, word behou. Garsies sal
          agterop gedruk word.
         Vir die seuns word die ou “speedo” vervang deur ‘n donkergroen langer (Net bokant
          die knie) kleefbroek.
         Seuns en dogters sal dieselfde hemde as wat by hokkie/netbal van toepasseing is,
          dra. Seuns die hemp met moue en dogters die moulose hemp.
         Die donkergroen “boardshort” wat vir die hokkie seuns ingestel word, sal ook deur al
          die swemmers gebruik word.
         Handdoeke sal vir al die swemmers, behalwe o/13, donkergroen wees.
          Laasgenoemde se handdoeke sal wit wees. Dit word nie in die winkel verkoop nie,
          maar by wyse van borge hanteer.
         Donkergroen swemkappies met Garsies in geel daarop gedruk sal in die winkel
          beskikbaar wees.

Jukskei

Ook vir hierdie sport word die hokkie/netbal-hemp gebruik.
Aangesien dit ‘n wintersport is, sal spelers, soos in die verlede, denims en sweetpakbaadjies,
skooltruie of fleece tops daarby dra. Eerstespanne sal geborgde hemde dra.

Atletiek en landloop

         Die patroon van die huidige atletiek/landloop hempie word behou. Die huidige crop
          top sal steeds vir die meisies beskikbaar wees by die winkel.
         Die langerbeen ski-pants sal ook beskikbaar wees en wel in effekleur donkergroen.
          Geen insetsels sal meer aangebring word in nuwe voorraad nie. Albei soorte sal
          toelaatbaar wees.
         Die broeke sal vir seuns en meisies beskikbaar wees.
         Die amptelike hardloopbroekie bly die donkergroen poly shorts.

Addisionele klere

‘n Donkergroen langmou T-hemp sal voortaan beskikbaar wees. Geen borduur- of drukwerk
sal daarop aangebring word nie om kostes laag te hou. Die hemp mag deur enige
deelnemer aangeskaf word vir koeler sportdae. Dit sal egter nie vir deelname gebruik word
nie en is opsioneel.
                                                                                           6

Sweetpakke

‘n Nuwe donkergroen sweetpak met wit insetsels in die baadjie en broek sal voortaan die
skool se amptelike sweetpak wees. Die ou sweetpak mag nog gedra word en sal geleidelik
uitfaseer.

Die skoolwapen word op die linkerkant voor geborduur. Indien ‘n leerder in enige van die
sportsoorte se eerste span opgeneem word, word 1ste span agterop sy/haar sweetpak-
baadjie geborduur en hy/sy kry ‘n balkie waarop die betrokke sportsoort se naam is. Die
balkies word onder die wapen voor op die baadjie vasgewerk. Eerstespan sweetpakke/klere
mag deur borge borduur word met ‘n borglogo, maar sal dan deur die borg gefinansier
word.

Sportsakke

Die ou donkergroen en geel sportsak sal weer in die winkel beskikbaar wees. Indien ‘n borg
die sakke vir ‘n span aankoop, mag hulle logo aan die teenoorgestelde kant van die
skoolwapen verskyn.

Sportpette

‘n Donkergroen en geel sportpet met Garsies daarop geborduur is in die winkel beskikbaar .

Ons hoop en vertrou dat u die kleredrag en –reëls in orde sal vind en ons sal help om ‘n
mooi eenvormige beeld van Laerskool Garsfontein na buite uit te straal. Kom ons kweek by
ons leerders ‘n trots op hulle skool en voorkoms!

Vriendelike groete




Me. C. Vorster                                                      JH Joubert
Klerekomitee                                                        Prinsipaal

						
Related docs
Other docs by E8ppR0H
PapaKaizen implementing Lean Manufacturing
Views: 1  |  Downloads: 1
P A Bullfrogs Final Paper
Views: 1  |  Downloads: 0
Writing Assignments for - Download Now DOC
Views: 3  |  Downloads: 0
????1
Views: 35  |  Downloads: 0
Reservations (RSVP due by October 7, 2005)
Views: 0  |  Downloads: 0
CHLA LOGO
Views: 1  |  Downloads: 0
An Origin of Species
Views: 17  |  Downloads: 0
Registration Form Word
Views: 3  |  Downloads: 0
Foglio1
Views: 294  |  Downloads: 0
B�L�M IV
Views: 4  |  Downloads: 0