Embed
Email

GOP finaal

Document Sample
GOP finaal
Shared by: HC11112321137
Categories
Tags
Stats
views:
5
posted:
11/23/2011
language:
Afrikaans
pages:
68
‘N





GEïNTEGREERDE



ONTWIKKELINGSPLAN

VIR





KAROO HOOGLAND

2001 – 2005

‘n Amalgamasie van Sutherland, Williston, Fraserburg en

omliggende landelike gebiede









MUNISIPALITEIT

‘n Amalgamasie van Fraserburg, Sutherland, Williston & omliggende landelike gebiede



Privaatsak X03 Posbus 24 Privaatsak X03

WILLISTON SUTHERLAND FRASERBURG

8920 6920 6960



Tel.: (053) 391 3003/182 Tel.: (023) 571 1020 Tel.: (023) 741 1012

Faks: (053) 391 3294 Faks: (023) 571 1089 Faks: (023) 741 1257

E-pos: karoohoogwil@telkomsa.net E-pos: lando646@lando.co.za E-pos: fraseradmin@telkomsa.net





NAVRAE: VERW. NR.:









AAN WIE DIT MAG AANGAAN







‘N GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN VIR KAROO HOOGLAND



Elke plaaslike owerheid is ingevolge wetgewing verplig om ‘n Geïntegreerde

Ontwikkelingsplan vir die nuwe munisipaliteite op te stel. Hierdie G.O.P. moet by wyse

van konsultasie met die gemeenskap geskied.



‘n Reeks werkswinkels is in Wyke 1, 2 & 3 oor die afgelope 9 maande gehou. Wyk 4 is

sedert 1997 reeds deur hierdie proses en die resultate van die werkswinkels in Wyk 4 is

deurlopend in die nuwe G.O.P. ingewerk.



Soos in die werkswinkels verduidelik, bestaan die nuwe proses vir die saamstel van ‘n

G.O.P. uit 5 fases en die finale G.O.P. is op 26 Februarie 2002 deur die Raad van Karoo

Hoogland eenparig goedgekeur.



Aangeheg is die volledige goedgekeurde G.O.P. Hierdie G.O.P. hanteer elke fase soos

wat die proses ontvou het. Melding word ook gemaak in die G.O.P. van in-diepte studies

en aanhangsels. Vanweë die omvang van hierdie dokument, is ‘n afsonderlike

werksdokument voorberei waarin al hierdie aanhangsels en resultate van die in-diepte

analises opgeneem is (en sal word soos wat die werk vorder). Hierdie werksdokument is

beskikbaar op aanvraag.



2



Dit moet verder ook vermeld word dat elke projek oor sy eie besigheidsplan sal beskik

en dat aansienlike vordering reeds gemaak is met die opstel van besigheidsplanne en die

saamstel van projekspanne, hetsy intern of uit die gemeenskap. Die besigheidsplanne en

projekspanne vir elke afsonderlike projek sal ook op aanvraag beskikbaar wees.



Ten slotte is ‘n verkorte weergawe van die G.O.P opgestel en in ‘n brosjure-vorm

beskikbaar. Hierdie brosjure is ook op aanvraag beskikbaar.



Enige verdere navrae insake die GOP kan gerig word aan



Mnr CJ Symington Mevr. Alletta van Sittert

Burgemeester Munisipale Bestuurder



Tel 023 - 5711020 Sel 082 460 4317



Vriendelike Karoo Hoogland-groete









Mevr. Alletta van Sittert

Munisipale Bestuurder

3









‘N



GEïNTEGREERDE



ONTWIKKELINGSPLAN



VIR



KAROO HOOGLAND



2001 - 2005









‘n Amalgamasie van Sutherland,

Williston, Fraserburg en omliggende

landelike gebiede

4







INHOUDSOPGAWE



ONDERWERP BLADSY



I. INLEIDING:



 AGTERGROND EN DOEL VAN GOP 7



 METODOLOGIE 7



 VERTREKPUNTE 9



 Gemeenskapsgedrewe ontwikkeling

 Volhoubaarheid

 Roluitklaring

 Bekostigbaarheid

 Omgewingsvolhoubaarheid

 Meganismes vir belyning







 WETLIKE RAAMWERKE 11







II. FASE 1: ‘N ANALISE



i. ‘n Analise 13



 Algemene Statistiese Inligting 13



 Provinsie en Landdrosdistrik

 Lengte- en Breedtegraad

 Provinsiale Ligging

 Plaaslike Regering Perspektief

 Grootte van regsgebied





 Munisipale Analise 14



 Finansies

5

 Infrastruktuur

 Toerusting

 Menslike Hulpbron Kapasiteite







 Ekonomiese Analise 17



 Demografie

 Vestigingspatrone

 Inkomsteprofiele en werksgeleenthede

 Besighede

 Tendense tov koopkrag







 Sosio-Ekonomiese Analise 23



 Geletterdheid- en vaardigheidsvlakke

 Opvoedkundige instellings

 Geestelike instellings

 Gesondheidsinstellings

 Welsynsinstellings

 Sport- en Ontspanning







 Omgewingsanalise 28



 Geografiese besonderhede







 Institusionele Analise 31



 Die Raad

 Die Munisipaliteit

 Gemeenskapsorganisasies







 Ruimtelike Analise 32







ii. Bepaling van prioriteite 34

6

iii. Bepaling van Behoeftes deur gemeenskap 36







iv. Indiepte Analise 40







III. FASE 2: STRATEGIESE DOELWITTE 41



 Agtergrond 41

 Visie 41

 Strategiese Doelwitte 42

 Ontwikkelingstrategieë 44







IV. FASE 3: PROJEKBEPLANNING



 Opsomming van projekte: Tabel 53







V. FASE 4: INTEGRASIE



 Tabel: Integrasie van projekte 58







VI. FASE 5: GOEDKEURING DEUR RAAD 66

7





I. INLEIDING



 AGTERGROND EN DOEL VAN GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN



Wetgewing verplig alle plaaslike owerhede om ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP)

op te stel. Hierdie proses is nie nuut nie en in die vorige bedeling moes munisipaliteite

ook ‘n GOP opstel. Amalgamasie het egter meegebring dat ‘n nuwe enkele GOP vir die

nuwe munisipaliteit opgestel moet word.



Suid-Afrika as ontwikkelende land het noodwendig omvattende ontwikkelingsbehoeftes

en met beperkte bronne van finansiering, is die vraag die omvang en aard van die

ontwikkeling. Die primêre doel van die GOP is dan juis om met gemeenskappe te

konsulteer in terme van die werklike ontwikkelingsbehoeftes wat geïdentifiseer en

geprioritiseer moet word. Van kritieke belang is dan uiteindelik om die geïdentifiseerde

behoeftes te integreer met die werksaamhede van die munisipaliteit, aangesien die

primêre taak van munisipaliteite sal wees om die ontwikkelingsplan te bestuur en te

implementeer.



Die doel van die GOP is opsommend in wese:



 dit help om meer effektief gebruik te maak van skaars hulpbronne

 dit bevorder dienslewering

 dit help om addisionele fondse te bekom

 dit versterk demokrasie en het institusionele transformasie tot gevolg omdat

besluite op ‘n demokratiese en deursigtige manier geneem word

 dit bevorder interregering-koördinasie









 METODOLOGIE



Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan is in wese ‘n 5-jaar ontwikkelingsplan vir Karoo

Hoogland en die proses bestaan uit 5 fases. Hierdie fases behels:



i. ‘n Analise

ii. Identifisering van Visie en Strategiese Doelwitte

iii. Projekbeplanning

iv. Integrasie

v. Goedkeuring deur Raad

8



Vir elke fase is tydsraamwerke bepaal en die finale GOP moet in Maart 2002 voltooi

wees. Die vernaamste vertrekpunt is dat die GOP ‘n enkele ontwikkelingsplan vir Karoo

Hoogland sal wees, maar afstande tussen die dorpe bemoeilik sinvolle gemeenskaps-

prosesse. Vir hierdie doeleindes is die volgende metodologie gebruik:



 Werkswinkels is per wyk gehou en die inligting is in ‘n enkele GOP geïntegreer. Die

volgende wyke bestaan:



Wyk 1 Williston dorp

Wyk 2 Fraserburg dorp

Wyk 3 Sakrivier, Nuweveld en deel van Roggeveld landelike gebiede

Wyk 4 Sutherland dorp en deel van Roggeveld Landelike gebied







 Werkswinkels per wyk is gereeld per fase gehou word;



 Die oorhoofse fasilitering is deur die munisipaliteit gehanteer;



 Wykskomitees sal verantwoordelik wees vir die oorhoofse bestuur van die GOP;



 Enige werkskomitees wat gestig word uit die GOP-werkswinkels, sal met die hulp van

personeel in die Ekonomiese Direktoraat gefasiliteer word;



 Alle organisasies in die wyke is geïdentifiseer (Sien Bylae-dokument) en is na alle

werkswinkels genooi. Spesifieke fokus in die werkswinkels is geplaas op die

behoorlike verteenwoordiging van belangegroepe. Hierdie belangegroepe is:



 politieke organisasies belastingbetalersorganisasies

 kerke skole

 jeug gestremdes

 vroue georganiseerde landbou

 besigheidsektor en toerisme



 Elke konsep wat in elke fase voorberei word, is eers aan al die organisasies versprei

om te verseker dat konsensus bestaan oor die inhoud van die fase;

 Een van die mees suksesvolle strategieë vir volhoubare ontwikkeling sluit in die

koördinering van organisasies in forums wat verantwoordelikheid van van die projekte

kan neem. Voorbeelde in hierdie verband is sportforums, sakekamers, welsynforums,

ens. Ernstige pogings sal aangewend word om sodanige forums te stig.



Van kritieke belang is om te meld dat die GOP beskou sal word as ‘n werksdokument met

die doel om as ‘n enkele punt van insette te dien. Dit word dus ook aanvaar dat hierdie

9



werkdokument onderhewig sal wees aan deurlopende veranderinge soos wat

omstandighede sodanige veranderinge mag noodsaak.





 VERTREKPUNTE



Enige gemeenskapskonsultasie-proses vereis onderliggende vertrekpunte om die proses

regverdig en gefokus te hou. Die volgende vertrekpunte is in werkswinkels

geïdentifiseer:



 Gemeenskapsgedrewe ontwikkeling



In die meeste van die werkswinkels is gemeenskapsgedrewe ontwikkeling geïden-

tifiseer as ‘n vername vertrekpunt. Die gemeenskappe in Karoo Hoogland is

histories-verdeelde gemeenskappe met hoë mate van ongelykhede. Alhoewel daar

nie noodwendig “ryk” inwoners in Karoo Hoogland is nie, woon die meerderheid arm

inwoners in die voorheen agtergeblewe gemeenskappe met geen of beperkte

ekonomiese en/of besigheidsblootstelling.



Die deurlopende insette (en leiding) van georganiseerde gemeenskappe sal van

kardinale belang wees. Van die implikasies van hierdie sluit in:



 Ontwikkeling hang nie slegs van (‘n) individue(e) af nie, maar van die

gemeenskap –in-die-breë;



 Ontwikkeling sal gebaseer wees op werklike behoeftes en nie op aannames.





 Volhoubaarheid



Die beginsel van volhoubaarheid is belangrik in terme van die langer termyn visie.

Karoo Hoogland se ontwikkeling moet in belang van generasies wees en volhou-

baarheid is dus belangrik. Prof Fanie Cloete (US) definieër volhoubaarheid as

ontwikkeling wat in die behoeftes van die huidige generasie voldoen, sonder om die

behoeftes van die volgende generasie te kompromiteer.





 Roluitklaring



Die Raad van Karoo Hoogland is ingevolge wetgewing verplig om die GOP-prosesse

te stimuleer. Soos wat ontwikkeling begin realiseer, sal georganiseerde entiteite

van die rolle moet begin oorneem. Dit beteken prakties dat ‘n sportforum sport-

10



en ontspanning moet dryf, welsynorganisasies die leiding sal moet neem itv

opheffingswerk, ens. Alle gemeenskapsorganisasies moet egter die gelyke en volle

reg geniet om aan die proses deel te neem.





 Bekostigbaarheid



Een van die grootste gevare in die GOP-proses is die skep van verwagtinge. In

Fase 3: Projekbeplanning word die kwessie van wat bekostig kan word, uitgeklaar.





 Omgewingsvolhoubaarheid



Karoo Hoogland is primêr ‘n landbougemeenskap en die bewaring van die omgewing

in ontwikkelinge is ‘n belangrike vertrekpunt in terme van die volhoubaarheid van

die inisiatiewe.





 Koördinering met ander instansies



Sterk munisipaliteite en ontwikkelingsgeleenthede is grootliks afhanklik van die

strategiese posisionering van die munisipaliteit. Geen munisipaliteit moet dus ‘n

GOP in isolasie voorberei en implementeer nie. Skakeling moet geskied met

naburige munisipaliteite, die Distrikmunisipaliteit, provinsiale en nasionale

regeringsdepartemente en ander rolspelers. Hierdie belyning moet ook verseker

dat duplikasie en botsende projekte gekoördineer kan word en pro-aktief bestuur

kan word.

11





 WETLIKE RAAMWERKE



‘n Aantal wetgewings verplig plaaslike regerings om spesifieke aspekte te beplan

en implimenteer. Die belangrikste wetgewing sluit in:



 Die Grondwet



Die Grondwet van Suid-Afrika is die raamwerk waarbinne plaaslike owerhede

funksioneer. Plaaslike owerhede is die regering naaste aan gemeenskappe en is

dus primêr verantwoordelik vir ontwikkeling in die gebied.





 Die Oorgangswet op Plaaslike Regering



Die Oorgangswet op Plaaslike Regering vorm ‘n basis vir plaaslike owerhede.

Hierdie wet bepaal dat plaaslike owerhede basies twee funksies het:



 Die lewering van basiese dienste (water, sanitasie, vullisverwydering, ens)



 Die skep van ‘n klimaat wat ekonomiese ontwikkeling sal bevorder.



In die lig van bogemelde funksies, beskou die Raad dit as sy plig om

ontwikkelingsprosesse te inisieër en te dryf.





 Munisipale Strukture- en Stelselswet



Die Munisipale Strukture- en Stelselswet gee inhoudelike oorsig van die GOP en

alle plaaslike owerhede moet binne die konteks van hierdie wette beweeg.



Een van die belangrike aspekte wat hierdie wetgewing uitlig, is ‘n “prestasie-

kontrak” tussen die Raad en die gemeenskap i.t.v. van die kwaliteit en kwantiteit

van die dienste wat gelewer moet word. Hierdie proses moet dus ook poog om die

basis van hierdie kontrak te vorm.



‘n Tweede doelwit van hierdie Wetgewing is om die verhouding tussen die werk-

gewer (Die Raad) en senior bestuur in plaaslike Regerings vas te stel. Hierdie

dokument sal as ‘n instrument vir die Raad dien om die prestasie van die bestuur

te evalueer, aangesien die Munisipale Bestuurder sal moet verseker dat die

toepaslike doelwitte (tov die funksies van die munisipaliteit) uitgevoer word.

12



 Waterdienste Ontwikkelingsplan



Die Departement van Waterwese verplig tans plaaslike owerhede om

Waterdienste Ontwikkelingsplanne saam te stel. Die WSDP is ‘n instrument om

die ernstige situasie in die Noord-Kaap t.o.v. waterhulpbronne, sanitasie en

omgewingsbewaring te bestuur. Karoo Hoogland is geografies geleë in ‘n droë

area en die omliggende boerdery gemeenskap is afhanklik van die beskikbare

waterhulpbronne. Die WSDP sal ‘n ernstige poging wees om waterhulpbronne in

Karoo Hoogland te bestuur.



Verskeie ander wetgewing is ook relevant in die opstel van die GOP en sal

voortdurend in aggeneem word.

13





II. FASE 1: ‘N ANALISE



Soos reeds vermeld, bestaan die GOP uit verskeie fases. Die volgende gedeelte is Fase 1

wat ‘n analise is van die nuwe munisipaliteit en sy gemeenskappe. Hierdie fase is

belangrik omdat toekomstige strategieë hieruit moet voortvloei. Die doel van hierdie

fase is dus om die basis te vorm waarbinne beplanning vir ontwikkeling kan geskied.

Hierdie gedeelte sal dus ook deurlopend hersien moet word. Onderskeid moet getref

word tussen statistiese inligting wat die gebied omskryf en inligting waarvan afleidings

gemaak kan word vir ontwikkelingsdoeleindes. Die vraag sal dus deurlopend wees die

doel en nut van die inligting ter sprake. Die analise word dan ook ingedeel in:



 ‘n Algemene Statistiese Konteks

 ‘n Munisipale Analise

 Ekonomiese Analise

 Sosio-Ekonomiese Analise

 Omgewingsanalise

 Institusionele Analise

 Ruimtelike Analise



Bogemelde analises sal meebring dat bepaalde prioriteite geïdentifiseer sal kan word.

Hierdie prioriteite sal spesifiek met die behoeftes wat die gemeenskap identifiseer,

geïntegreer word waaruit ontwikkelingsprojekte gebore sal word.









 Algemene Statistiese Inligting



 Provinsie en Landdrosdistrik



Karoo Hoogland is geleë in die Noord-Kaap Provinsie.



Die wyke is in die volgende landdrosdistrikte geleë:



Wyk 1 - Williston Wyk 2 - Fraserburg

Wyk 3 - Williston/Fraserburg en Sutherland Wyk 4 - Sutherland



 Lengtegraad en Breedtegraad

Wyk 1 - 20º56’O, 31º34’S Wyk 2 - 21º29’O, 31º56’S

Wyk 3 - NVT Wyk 4 - 31º28’S, 19º47’O

14



 Provinsiale Ligging



Karoo Hoogland is geleë in die mees suidelike gedeelte van die Noord-Kaap en

vorm deel van die nuwe Namakwa Distrikmunisipaliteit. Die hoofsetel van die

Distrikmunisipaliteit is Springbok wat 499 km van Williston geleë is, 592 km van

Fraserburg en 539 km van Sutherland. Een van die strategieë sal juis die

korrekte posisionering van Karoo Hoogland moet wees om afstand en isolasie teen

te werk.





 Plaaslike Regering Perspektief



Karoo Hoogland is ‘n amalgamasie van Williston (Wyk 1), Fraserburg (Wyk 2),

Nuweveld/Sakrivier landelike gebied (Wyk 3) en Sutherland/Roggeveld landelike

gebied (Wyk 4).



Aantal kiesers 6 018

Kiesers/wyk Wyk 1 1 430 Wyk 2 1 351

Wyk 3 1 009 Wyk 4 1 074

Aantal setels 7

Aantal wyke 4





 Grootte van regsgebied



34 038 vierkante km Wyk 1 56 vk km Wyk 2 98 vk km

Wyk 3 24 620 vk km Wyk 4 9 2 64 vk km









 Munisipale Analise: Infrastruktuur & Finansies



Die volgende inligting ten opsigte van die munisipale funksies is kritiek, aangesien dit die

kwaliteit en koste-effektiwiteit van dienslewering bepaal.



 Finansies



Die vernaamste kenmerke van Karoo Hoogland Munisipaliteit se finansies is opsommend:



 ‘n Relatief gesonde kontantvloeisituasie

15



Na amalgamasie is die projeksies dat die munisipaliteit nie in die kort- en medium

termyn ernstige kontantvloei-probleme sal ervaar nie. Hierdie aspek is egter

onderhewig aan die betalingsyfer van verbruikers.



 ‘n Gebrekkige betalingskultuur



Dit is tans duidelik dat daar hoofsaaklik 3 kategorieë van verbruikers is, nl

diegene wat gereeld rekeninge betaal, diegene wat dit werklik nie kan bekostig nie

en diegene wat die rekening om ander redes nie betaal nie. Die volgende is ‘n % van

die gemeenskap wat betaal en ‘n % van die gemeenskap wat aansoek doen vir

interowerheidstoekennings; (Huishoudings wat kwalifiseer vir interower-

heidstoekennings moet minder as R 1 200 per maand verdien en die rekening van

hierdie huishoudings word gesubsidieër):



Dorp Betaling % Interowerheidstoekenning %

Williston 80 48,5

Fraserburg 78 41

Sutherland 69 41



Gemiddeld 75,7 40,2



Ondersoek word tans gedoen na die profiele van debiteure i.t.v. die ouderdoms-

analises van die rekeninge, asook na inkomstes van verbruikers. Hierdie onder-

soek moet die Raad in staat stel om beleidsraamwerke te verfyn itv die vermoë

van verbruikers om te kan betaal en om kontantvloei te kan verseker. Hierdie is

veral belangrik in die konteks van eenvormige tariewe in Karoo Hoogland en die

impak wat dit op veral die verbruikers in Wyk 4 (Sutherland) gehad het.



 Gebrekkige fondse vir ontwikkeling



Voldoende fondse bestaan vir die bedryf van die munisipaliteit, maar nie

noodwendig vir omvattende kapitale werke nie. Dit bring mee dat weinig belê kan

word in ontwikkeling en dat die munisipaliteit afhanklik is van eksterne fondse.





 Infrastruktuur



Vir die historiese konteks waaruit al 3 vorige munisipaliteite kom as klein

munisipaliteite met beperkte finansiële vermoëns, is die infrastruktuur relatief goed.

Geen kritieke gapings in terme van toegang tot basiese dienste bestaan nie, maar die

standaard en lewensduur van sommige infrastruktuur word toenemend ‘n bron van

kommer. Die volgende statistieke is belangrik:

16

Wyk Huishoudings Formele Huise Elektrisiteit Water Sanitasie Vullis

% % % %

1 648 97,9 100 100 55,3 100

2 544 97,2 100 100 64,9 100

3 1030 97,6 37,3 42,2 0,9

4 1051 92,1 63,7 39 34,0 47,7



Definisie:



Formele Huise % huise gebou van steen of klip

Elektrisiteit % huishoudings wat elektrisiteit vir beligting gebruik

Water % huishoudings wat kraanwater in die huis het

Sanitasie % huishoudings wat ‘n spoeltoilet het

Vullis % huishoudings waarvan vullis verwyder word



Die volgende inligting is ook belangrik:



Wyk Aantal nagemmers Oksidasiedam % doeltreffend



1 (Williston) 290 40

2 (Fraserburg) 191 100

3 (Sutherland) 300 50



‘n Ondersoek word tans gedoen na die infrastruktuur van Karoo Hoogland en die

resultate van die ondersoek sal in die GOP geïntegreer word. Hierdie ondersoek sal

in wese gefokus wees op die toestand en verwagte lewensduur van infrastruktuur

(oksidasiedamme, stortingsterreine, waternetwerke, ens). Verder word ‘n ondersoek

ook geloods na die toekomstige meganismes vir die lewering van dienste (soos vervat

in die Stelselswet) in Karoo Hoogland. Die resultate van die ondersoek sal in die

Bylae-dokument opgeneem word.



Die Raad van Karoo Hoogland moes in terme van wetgewing ‘n kapitaalprogram opstel.

Hierdie program sal tydens wykskomitees bespreek word om sodoende alle kapitale

werke te prioritiseer en dienooreenkomstig te begroot. (Sien Bylae-dokument)







 Toerusting





Die meeste van die toerusting vir die lewering van dienste se lewensduur is kort en

sal vervang moet word. Hieronder tel:

17

Wyk Toerusting Getal Toestand Lewensduur (Jaar)

1 Vragmotor 1 Redelik 5+

Padskraper 1 Swak -5

Laaigraaf 1 Swak -5

Kompressor 1 Swak -5

Sleepwaens 2 Goed +10

Vulliswa 1 Redelik +5

Rioolwa 1 Swak -5

Waterkar 1 Redelik +5

Bakkie 1 Redelik +5

2 Vragmotor 1 Goed +10

Padskraper 1 Goed +10

Sleepwa (groot) 2 Goed +10

Sleepwa (klein) 3 Redelik +5

Bakkie 2 Goed +10

Bakkie 1 SWak -5

Paneelwa 1 Goed +10

3 Beskik oor geen toerusting

4 Vulliswa 1 Goed +10

Sleepwa 1 Redelik +10

Bakkie 1 Swak -5









 Menslike Hulpbron Kapasiteite



Sien Institusionele Analise









 Ekonomiese Analise



Die vernaamste analise is die ekonomiese tendense en dinamika in Karoo Hoogland. Dit is

immers ekonomiese faktore wat aanleiding gegee het tot die oorspronklike vestiging van

mense in die gebied. Indien hierdie oorspronklike ekonomiese redes nie meer bestaan

nie, plaas dit vraagtekens oor die lewensvatbaarheid van gemeenskappe.



Die volgende inligting is belangrik ten opsigte van die bevolking in Karoo Hoogland:



Demografie



 Bevolkingsdigtheid



Die Hantam-Karoo vestigingspatrone word gekenmerk deur lae bevolkingsdigtheid

wat ‘n groot geografiese gebied dek. Die volgende tabel is belangrik:

18



Karoo Hoogland regsgebied Totale bevolking Bevolkingsdigtheid

34 038 vk km 12 116 2,8’vk km







 Bevolkingsamestelling



Bevolkingsgroep (%) Ouderdomsgroep (%)

Wyk Bevolking Swart Kleurling Indier Blank Ander 0-19 20-34 35-64 65+

1 3 072 1.0 82.7 0 13.4 2.7 44.4 20.6 24 8.2

2 2 642 0.2 81.8 0 16.8 1.0 44.4 19.8 24.8 9.8

3 2 754 0.5 76.7 0 22.6 0 26.4 28.7 37 6.7

4 3 648 1.3 77.4 0 20.5 0.6 36.5 23.3 31.4 7.2







 Die totale bevolking vir Karoo Hoogland is:



Wyk 1 Wyk 2 Wyk 3 Wyk 4 Totaal

Swartes 32 7 17 47 102

Kleurlinge 2 543 2 162 2 113 2 828 9 643

Indiërs 0 0 0 0 0

Blankes 412 445 624 749 2 233

Ander 85 28 0 24 136

Totaal 3 072 2 642 2 754 3 648 12 116







 Ouderdomsontleding



Wyk 0-19 20-34 35-65 65+

1 1 363 635 737 251

2 1 173 523 755 258

3 727 790 1 018 184

4 1 331 849 1 145 262

Totaal 4 594 2 797 3 555 955







 Gemiddelde Gesinsgrootte



Die gemiddelde gesinsgrootte is Wyk 1 6.0 mense per gesin.

Wyk 2 5.9

Wyk 3 6.0

Wyk 4 6.0





 Bevolkingsgroei



Die bevolkingsgroei is Wyk 1 15% Wyk 2 14,6%

Wyk 3 15% (geskat) Wyk 4 15%

19



Vestigingspatrone



 Aantal huishoudings



Die aantal huishoudings is Wyk 1 648 Wyk 2 544

Wyk 3 1 030 Wyk 4 1 051







 Permanente vestiging



Die meeste inwoners in Karoo Hoogland is permanent gevestig. Huidiglik woon die

volgende persentasie mense permanent in Karoo Hoogland.



Wyk 1 93,5% Wyk 2 97,5%

Wyk 3 94 % (geskat) Wyk 4 94,5%



Gemiddelde permanent gevestig: 94,8%





 Informele vestiging



Slegs ‘n klein persentasie woon in informele huisvestiging. Daar is ‘n formele

informele nedersetting in Wyk 2, maar die meeste informele huisvestiging is in

“shacks” op die erwe van permanente strukture. Die volgende statistieke is

belangrik:



Wyk Huishoudings Formele huise Informele huise

1 640 97,9% 2.1%

2 544 97,2% 2,8%

3 1 030 97,6% 2,4%

4 1 051 92,1% 7,9%





Nagenoeg



13 Huishoudings in Wyk 1 15 huishoudings in Wyk 2

25 Huishoudings in Wyk 3 83 huishoudings in Wyk 4



beskik nie oor formele huisvesting nie.



 Migrasie



Migrasie word hoofsaaklik veroorsaak deur die gebrek aan werksgeleenthede en

seisoenale werke. Die jeug is verplig om werk elders te soek en die normale

20



tendens is om werk in die Wes-Kaap te soek. ‘n Demografiese studie word tans vir

Wyk 4 beplan in die lig van die makro-ekonomiese strategie vir Sutherland.





 Aantal residensiële eenhede



Daar is huidiglik



730 residensiële eenhede in Wyk 1

651 residensiële eenhede in Wyk 2

542 residensiële eenhede in Wyk 4 (slegs Sutherland)





Die behoefte vir eiendomsontwikkeling/nuwe residensiële areas in die dorpe groei

soos afgelei kan word uit o.a. die relatief kort tydperke wat beskikbare eiendom in

die mark is en die navrae insake residensiële eiendom. Die aantal oordragte van

eiendom die laaste 2 jaar is tans: (Jan 2000 - Jun 2001)







Wyk Oordragte

Plase Huise

1 170

2 51

3 115 (Wyke 3 en 4 saam

4 125







‘n Belangrike aspek tov Wyk 3 en ‘n gedeelte van Wyk 4 is dat die ekonomiese een-

hede (plase) oor die afgelope 15 - 20 jaar groter geword het. Ekonomiese eenhede

was in 1980 ongeveer 5 000 hektaar groot, terwyl ekonomiese eenhede tans gemid-

deld 7 000 hektaar groot is. Hierdie eenhede is meesal nie een enkele plaas nie, maar

twee of meer plase wat as ‘n eenheid bestuur word, al grens die plase nie noodwendig

aan mekaar nie. Die vernaamste oorsaak hiervan was ekonomies van aard, want die

boer moes kompenseer vir lae produkte-pryse, stygende insetkostes, stygende

brandstofprys en stygende lewenskostes. Die volgende statistieke is belangrik:





Dorp Aantal plase Aantal bewoon Aantal onbewoon

Williston 210 90 120

Fraserburg 312 140 172

Sutherland 320 165 155

21



Inkomsteprofiele en werksgeleenthede





 Inkomste profiele





 Gemiddelde inkomste (per jaar)



Area Geen R1- R2401 R6001- R12001- R18000- R30000- R42001- R54001 R72001 R96001- R132000- R192000+

R2400 -R6000 R12000 R18000 R30000 R42000 R54000 -R72000 -R96000 R132000 R192000



Wyk 1 4.3 4.7 18.7 27.9 21.3 13.0 5.8 1.8 2.5 0 0 0 0

Wyk2 4.5 2.5 21.5 24.2 15.2 12.9 3.9 4.5 4.9 2.7 1.8 0.2 1.2

Wyk4 5.3 6.8 27.5 20.5 13.1 12.3 2.9 3.9 2.9 1.8 1.2 0.4 1.4









 Aantal huishoudings wat minder as R 500,00 per maand verdien:



Wyk Huishoudings % minder as R 500/m Aantal huishoudings

minder as R 500/m

1 648 27,7 179

2 544 28,5 155

3 1 030 39,6 408

4 1 051 30,4 320









 Werkloosheid



Wyk % van bevolking in diens Aantal in diens

1 24,1 740

2 21,6 571

3 48,4 1 333

4 37,0 1 349









 Besighede



 Grootste werkverskaffers



Die grootste werkverskaffers huidiglik sluit in:

22

Wyk Besigheid Aantal werknemers

1 Merino Slagtery 52

Williston Vleiskooperasie 30

Williston Handelshuis 25

A Polkota Taverne 6

Pep Stores 4

Vermeulen Algemene Handelaars 5

2 Nuweveld Kooperasie 8

Fraserburg Kooperasie 5

Pep Stores 5

Hodgson Broers 5

Central Bottelstoor 5

3 Geen besighede wat werk verskaf

4 Sutherland Verbruikers 10

Andre’s Kafee 8

Sutherland Landboukooperasie 8

Mamma se werkswinkel 8

Roggeveld Handelaars 5





Dit is duidelik uit bogemelde dat die formele handel en ander instellings nie

noodwendig ‘n belangrike bron van werkskepping is nie. Die aantal informele

handelaars is nie bekend nie, maar die gebrek aan formele werkskepping

forseer toenemend meer mense om met informele handel te begin. Hierdie

informele handel sluit in huiswinkels, “taxi’s”, shebeens, ens.



 Tendense tov koopkrag en inkopies



Een van die grootste beperkinge tans itv ekonomiese herlewing is die feit dat

die meeste huishoudings in Wyk 4 (Sutherland) in die Wes-Kaap inkopies doen.

‘n Groot aantal ouers huisves hulle kinders in koshuise in skole in die Wes-Kaap

en, gedurende naweke, wanneer die kinders van die koshuise gehaal word, word

inkopies in die dorpe gedoen waar die kinders gehuisves is. Hierdie dorpe sluit

in Worcester, Paarl, Wellington, Stellenbosch en Touwsrivier – dus Wes-Kaap

dorpe.



Beperkte kontantvloei is ook duidelik in al die dorpe, aangesien die meeste

besighede afhanklik is van ‘n kredietstelsel vir kliënte. Dit kan dus afgelei

word dat die inwoners oor beperkte koopkrag beskik. Dit is ook duidelik dat

diegene wat oor private vervoer beskik, dikwels inkopies buite die dorp doen

(bv in die Wes-Kaap) en dat diegene wat nie oor vervoer beskik nie, plaaslik

moet koop. Terwyl plaaslike pryse redelik goed vergelyk met stedelike pryse,

is die kwessie van vervoer as addisionele koste vir die handelaars ‘n aspek wat

pryse van produkte bepaal.

23

‘n Verdere beperkende invloed op die groei van potensiële besighede, is die

teenwoordigheid van buite-informele handelaars/smouse. Die smouse is slegs

in die dorpe teenwoordig tydens pensioenuitbetalings en verlaat die dorp

onmiddellik na afloop van die dag. Die gevolg is dat kontant wat in die dorp

gegenereer word, reeds dieselfde dag uit die dorp uitvloei en sodoende

plaaslike handelaars beïnvloed itv klandisie enersyds en andersyds itv

maandelikse kontantvloei, aangesien ‘n groot persentasie pensioen- en

welsynuitbetalings inkopies op krediet by die plaaslike handelaars koop.



 Aantal kleinhandelaars



Wyk Formele Handelaars Informele Handelaars

1 14 8

2 18 8

3 geen geen

4 13 8





Kommentaar:



Wyk 4 se vorige GOP was van so ‘n aard dat werkskepping reeds as ‘n strategie

omskryf is en projekte hieruit reeds voortgevloei het. Die vernaamste

projekte behels:



 die ontwerp en bou van ‘n Wetenskapsentrum vir besoekers by die

Sterrewag

 ‘n Aktiwiteitsentrum in die dorp

 ‘n wolverwerkingsaanleg in die dorp

 die vestiging van kleinboere

 die skep van ‘n Besigheidsadviessentrum in die dorp

 die vestiging van ‘n permanente toerismekantoor om Wyk4 as toerisme-

bestemming te bemark met gevolglike skep van SMME’s



Hierdie aspekte word nou opgeneem as prioriteite in Karoo Hoogland se GOP.





Sosio- Ekonomiese Analise



Van die vernaamste probleme in Karoo Hoogland is die gebrek aan werksgeleenthede wat

lei tot die bose kringloop van sosio-ekonomiese (welsyn)-probleme. Hierdie probleme

word ook vererger deur die hoë mate van ongeletterheid onder volwassenes wat in wese

nie oor die basiese lewensvaardighede beskik nie. Die algemene simptome hiervan is

24

gesinsgeweld, hoë vlakke van drankmisbruik, tienerswangerskappe, onhigiëniese

toestande in huise, ens.



Statistieke en die bepaling van probleme en tendense is belangrik t.o.v.:



 Geletterdheids- en vaardigheidsvlakke



Die huidige geletterheidsvlakke is:



Wyk 1 Wyk 2 Wyk 3 Wyk 4

Ongeletterd 16,3 21,9 40,9 28,9

Graad 7 39,0 34,4 3,4 3,8

Graad 10 16,0 18,1 1,9 1,6

Graad 11 2,0 2,0 0,3 0,9

Graad 12 3,8 4,8 5,0 2,6

Graad 12 + sert 0,1 0,7 0 0,5

Graad 12 + diploma 0,7 1,6 2,3 0,9

Graad 12 + graad 0,6 0,6 0,7 0,5







 ABET-programme:



Inligting tov ABET-programme/fasiliteerders kon met die opstel van die GOP nie

vasgestel word nie.



Van die opleidingsbehoeftes wat reeds geïdentifiseer is, sluit in:



 tegniese vaardighede (boubedryf, ens)

 Engelse

 Rekenaaropleiding





 Opvoedkundige instellings



Een van die vernaamste bronne in Karoo Hoogland is die Suid-Afrikaanse Astrono-

miese Observatorium (SAAO) wat een van die vernaamste navorsingsinstellings in

Suid-Afrika is en potensieël ‘n belangrike rol in Afrika sal speel met die grootste

teleskoop (SALT – Southern African Large Telescope) wat huidiglik daar gebou

word. Omvattende planne is reeds in ‘n gevorderde stadium vir die bou van ‘n

Wetenskapsentrum by die Sterrewag en ‘n groot toevloei van toeriste word oor

die volgende tydperk verwag.

25

Die volgende opvoedkundige instellings bestaan: (Sommige inligting ontbreek nog

en sal ingevoeg soos inligting beskikbaar gemaak word)



Wyk Inrigting Aantal Fasiliteerder Leerders Ratio F/L

1 H/S Williston 1 10 272 1:27

Nico Bekker 1 17 670 !:36

Williston Jun Kollege 1 2 13 1:6

Hompie Kedompie 1

Kleuterskool 1

Hasie Kalbassie 1

2 H/S Fraserburg 1

CVO-Skool 1

Malherbe Human Primêr 1

Melktandjies Kleuterskool 1

Mona Lisa Kleuterskool 1

4 H/S Sutherland 1 10 160 1:10

Roggeveld Primêr 1 10 398 1:40

Pikkiebult Kleuterskool 1 1 30

Sneeuvlokkie 1 2 140 1:70



 Geestelike instellings



Kerke speel ‘n belangrike rol in plattelandse dorpe en die rol van die kerke in die

GOP-proses moet uitgeklaar word. Die volgende kerke/denominasies is aktief:

(Lidmaat-skap word tans nog vasgestel)



Denominasie Lidmaatskap



Wyk 1 Wyk 2 Wyk 3 Wyk 4



Nederduits Gereformeerde Kerk x 400 412

NG Sending-kerk x x 560

Harvester Gemeente 30

Nuwe Apostoliese Kerk x 82

Hebron Pinkster Bediening 18

Bewegende Pinkster 52

Afrikaanse Protestante Kerk x x 33

Volle Evangelie Kerk x

A.M.E. Kerk x

Maranatas Kerk x

AGS Kerk x

Ou Apostoliese Geloof x

26

 Gesondheidsinrigtings



Daar is huidiglik in elke wyk ten minste ‘n kliniek (uitgesluit wyk 3). Terwyl die

meeste van die dorpe oor ‘n GGS beskik, het nie al die dorpe daagliks toegang tot ‘n

mediese dokter nie.



Algemene siektes



Die volgende siektes is algemeen:



Waterpokkies, pampoentjies, masels. Aangesien ‘n inentingsprogram teen hierdie

siektes gevolg word, is die uitwerking daarvan nie baie groot nie. Gastro-enteritis

(maagdermontsteking) en seborieë (velaandoening) kom meer algemeen voor en kan

toegeskryf word aan swak fisies huislike omstandighede. Tuberkulose is aan die

toeneem en die oorsaak sluit die volgende in:



 Behuisingsprobleme: daar is gevalle waar tot 20 mense ‘n 2-vertrekhuis deel;



 drankmisbruik, dwelmmisbruik, rookgewoontes, swak eetgewoontes;



 Geneesmiddels word nie gereeld geneem nie en pasiënte bou “multi drug

resistance” op waartydens die liggaam antiliggame opbou wat die werking van die

TB-middels teenwerk. So ‘n pasiënt kan nie genees word nie, en dra hierdie

verskynsel aan ander oor.



Vigs is aan die toeneem en daar is reeds 32 gevalle aangemeld waarvan 3 kinders is.

Die aantal weeskinders agv vigs is 7 en 2 swangerskappe is ook positief vir Vigs

gediagnoseer.



In die algemeen kan gesê word dat die gesondheidstatus van Karoo Hoogland swak is

en dat baie mense siek is. Babas het ‘n lae geboortegewig (soms so laag as 2,5kg), en

baie mense ly aan long-verwante siektes, agv die inasem van rook afkomstig van

smeulende kole wat gebruik word as verhitting gedurende die winter.





 Welsynsinstellings



Die mees algemene welsynprobleme sluit in armoede, alkoholisme, gesinsgeweld en

tienerswangerskappe. Die aanspreek van hierdie probleem is op ‘n multi-vlak en

werkskepping, en ander welsyninisiatiewe sal hierdie probleme moet aanspreek.

Tienerswangerskappe is aan die toeneem en kan toegeskryf word aan swak morele

waardes, negatiewe ingesteldheid teenoor gesinsbeplanning, verveeldheid,

27



groepsdruk, drank- en dwelmmisbruik. Tans kom daar 16 gevalle voor waarvan 7 nog

op skool is.





 Sport- en Ontspanning



Sportforums



‘n Aktiewe sportforum is in Sutherland. Sportforums word beplan vir Williston en

Fraserburg in die nabye toekoms.



Aantal sportklubs



Daar is huidiglik in



Wyk 1 8 sportklubs Wyk 2 5 sportklubs

Wyk 3 0 sportklubs Wyk 4 8 sportklubs



Sportklubs



Die volgende sportklubs bestaan:



Wyk 1 Wyk 2 Wyk 3 Wyk 4

Sokker x x x

Rugby x x x

Krieket

Netbal x x x

Atletiek

Jukskei x x

Tennis x x x

Pluimbal

Gholf x x x

Tafeltennis x

Karate x







Sportfasiliteite



Die volgende sportfasiliteite bestaan:



Wyk 1 Rugbyveld, tennisbane, netbalbane, jukskeibane, gholfbaan

Wyk 2 Rugbyveld, tennisbane, netbalbane, gholfbaan

Wyk 3 Geen fasiliteite

Wyk 4 Rugbyveld, tennisbane, netbalbane, gholfbaan, jukskeibaan

28







Een van die grootste behoeftes in Wyk 4 is ‘n veeldoelige gemeenskapsentrum wat

o.a. ‘n verbeterde biblioteek, ‘n rekenaarsentrum, binneshuise sportfasiliteite en

fasiliteite vir algemene gemeenskapsbehoeftes insluit. Ontwerpe in hierdie

verband is reeds deur argitekte opgestel as deel van Sutherland se makro-

ekonomiese strategie.









Omgewingsanalise





‘n Analise tov die omgewing is belangrik, aangesien dit ‘n landbou-omgewing is en omge-

wingsbewaring noodwendig ‘n belangrike komponent tov volhoubare ontwikkeling is. Die

analise bestaan uit ‘n omskrywing van die omgewing, asook die identifisering van die

kritieke aspekte tov die omgewing.





Geografiese Besonderhede





 Topografie



Wyk 1 is Williston en is 120 km oos van Calvinia geleë. Belangrike verkeerweë wat

Williston met omliggende dorpe verbind is:



 R63 na Calvinia (ongeveer 120 km)

 R63 na Carnarvon (ongeveer 135 km)

 R353 na Fraserburg (ongeveer 93 km)

 R353 na Brandvlei (ongeveer 127 km)



In 1845 is die Rhynse sendingstasie, Amandelboom, op die oewer van die Sakrivier

gestig. Dit was ‘n toevlugsoord vir die rondtrekkende inboorlinge op soek na wei-

velde wes van die Kareeberge. In 1919 is die dorp hernoem na ‘n Britse Koloniale

Sekretaris, Kolonel Hampden Willis en is die naam Williston amptelik in gebruik

geneem. Williston is geleë in ‘n goeie skaapboerderystreek wat begrens word deur

die Slangberge in die suide en ‘n aantal panne in die noorde.



Die gemiddelde reënval en temperatuur is:

29

Maand Gemiddelde Syfers

Reënval (mm) Temperatuur

Stasie No Mak - Min

Oktober 9,0 7,1-23,7

November 12,0 10,3 - 26,9

Desember 12,0 12,0 - 29,4

Januarie 16,0 12,8 - 30,6

Februarie 24,0 13,8 - 29,9

Maart 32 11,2 - 27,3

April 15 7,3 - 22,3

Mei 15 3,7 - 18,6

Junie 8 0,4 - 15,2

Julie 8 0,4 - 15,3

Augustus 8,0 0,9 - 16,9

September 7,0 3,5 - 20,8







Wyk 2, Fraserburg, is 215 km suid-oos van Calvinia geleë. Belangrike verkeers-

roetes wat Fraserburg met omliggende dorpe verbind is:



 R353 na Williston (93km)

 R356 na Sutherland (110km)

 R353 an die N1 (120 km)

 R356 na Loxton (100km)

 R361 na Carnarvon (135 km)



Die dorp is vernoem na ‘n Skotse geestelike, Eerwaarde Colin Fraser. Fraserburg

is in 1851 gestig op ‘n hoë plato noord van die Nuweveldberge. Die dorp is in ‘n

goeie skaapboerderystreek geleë. Dit is vanuit Fraserburg dat HWA Cooper in

1870 sy bekende “boerenbrieven” aan die “Het Volksblad” geskryf het.



Die gemiddelde reënval en temperatuur is:



Maand Gemiddelde Syfers

Reënval (mm) Temperatuur

Stasie No Mak - Min

Oktober 10 7-23,7

November 12 10,3-26,9

Desember 13 12,5-29,3

Januarie 16 13,9-30,6

Februarie 24 13,8-29,8

Maart 31 11,9-27,3

April 20 7,6-22,5

Mei 15 3,4-18,6

Junie 9 0,4-15,2

Julie 8 -1,4-15,3

Augustus 8 0,9-17

September 8 3,7-20,7

30

Wyk 4 is Sutherland en die oorblywende gedeelte van Roggeveld. Sutherland is

geleë op ‘n hoogte van ongeveer 1 440 m in 'n vlak vallei bo-op en terselfdertyd na

aan die suidwestelike rand van die binnelandse hoofplato van Suid-Afrika.

Gevolglik is die gebied blootgestel aan al die koue droë lugstrome wat die land op

daardie hoogte (1 500–3 000 m) uit die suidweste binnedring en vanweë die

geringe voginhoud en dunheid op daardie hoogte, die hitte-uitstraling van die

aardbodem snags baie sterk bevorder en sodoende die lug in kontak met die grond

geweldig afkoel. Verder vloei die swaar koue lug dus nadat die wind gaan lê het,

langs die hellings af na die laer valleie in een waarvan Sutherland lê. Dit is die

redes waarom hierdie dorp as een van die heel koudste in Suid-Afrika bekend

staan.



Sutherland kry gemiddeld 88 nagte ryp per jaar vanaf gemiddeld 23 April tot 11

November. Die gemiddelde minimum temperatuur vir die hele jaar is 3,0°C en die

gemiddelde maksimum is 20,25°C.



Maand Gemiddelde Syfers

Reënval (mm) Temperatuur

Stasie No 68722 Mak - Min

Oktober 17,8 20,6 - 3,2

November 13,0 23,6 - 6,3

Desember 15,3 26,0 - 8,2

Januarie 15,7 27,4 - 9,9

Februarie 14,3 27,0 - 9,7

Maart 28,4 24,8 - 7,9

April 30,4 20,3 - 4,2

Mei 23,8 16,1 - 1,0

Junie 29,9 13,0 - -1,2

Julie 23,3 12,6 - -2,0

Augustus 22,8 14,2 - -1,1

September 21,7 17,4 - 0,7

TOTAAL 256,4mm





Sutherland is verder geleë in die Roggeveld Berge op ‘n platorand en word

gekenmerk deur die tipiese Karooplantegroei wat insluit Roggras, (Secale

Africanum Stapf), waarvan die area Roggeveld se naam ontleen is. Volgens

kenners is dit die enigste wilde rogsoort in Afrika. Die Sterboom (cliffortia

Aborea) word sover bekend is, slegs in die omgewing aangetref word,

Olifantsvoete wat 'n beskermde plant is en waarvan die groterige plante meer as

'n eeu oud is en Daubenia Aurea wat 'n skaars blomsoort is en wat in kolonies in

die Roggeveld groei, is deel van die plantegroei. Dit is verder bekend as ‘n

geografiese area ideaal vir sterrekundige waarneming vanweë die hoë persentasie

skoon naghemel regdeur die jaar. Van insiggewende belang is ook die feit dat

onlangse navorsing getoon het dat die gebied in en rondom Sutherland

seismologies een van die stilste plekke in die wêreld is.

31

Die Karoo Hoogland-omgewing is bekend vir sy natuurlike omgewing wat ‘n sterk

toerisme-aantreklikheid is.







Institusionele Analise



Die institusionele analise behels ‘n analise van:



 die Raad

 die Munisipaliteit

 Gemeenskapsorganisasies





 Die Raad



Die Raad bestaan uit 7 raadslede waarvan 4 lede is van die DA en 3 van die ANC. Vir

elke wyksraadslid is ‘n wykskomitee gestig om die Raad by te staan in terme van die

ontwikkelingsbehoeftes en ander aspekte rakende die spesifieke wyk. Elke wyks-

komitee se verantwoordelikheid is ook die bestuur van die GOP-proses, veral om te

verseker dat die proses deelnemend en deursigtig is. Dit word in praktyk verseker

deurdat alle belangegroepe deurentyd by werkswinkels verteenwoordig moet wees.





 Die munisipaliteit



Die munisipaliteit bestaan uit 4 direktorate wat tans beman word deur 82

personeellede. Die direktorate is:



* Direktoraat Administrasie: Stadsekretariaat en Personeel

* Direktoraat Finansies

* Direktoraat Siviel- en Elektrotegniese Dienste

* Direktoraat Ekonomiese Ontwikkeling en GOP



Die munisipale bestuurder tree op as die GOP bestuurder. Departementshoofde sal

toenemend ‘n kritieke rol speel in die tegniese bestuursondersteuning en ander

spesialisdienste vir die GOP-proses.



Die Direktoraat Ekonomiese Ontwikkeling en GOP is ‘n nuwe direktoraat en sal in

wese verantwoordelik wees vir die beplanning, koördinering, fasilitering en

implementering van die GOP. Die kernbeginsel t.o.v. enige verdere kapasiteite is dat

die Independent Development Trust as netwerk benut sal word. NGO’s sal in soverre

32

moontlik aangewend word en die IDT sal ook behulpsaam wees in/met die vestiging en

opleiding van Gemeenskapsgebaseerde Organisasies (CBO’s) om projekte te

implementeer. Personeel in hierdie direktoraat sal ook opgelei word in die vestiging

van ‘n Besigheidsadviessentrum.





 Gemeenskapsorganisasies



Die organisering van gemeenskapsorganisasies vir die doeleindes van die GOP-proses,

beide i.t.v. beplannning en implementering, is van kritieke belang. Entiteite in hierdie

verband sluit die volgende forums in:



Wyk Sportforum Welsyn Sakekamer Polisieforum Ekon. Forum Toerisme POF

1 Onaktief Onaktief Aktief Onaktief NVT Aktief Onaktief

2 Onaktief Onaktief Onaktief Aktief NVT Onaktief Onaktief

3 NVT NVT NVT NVT NVT NVT NVT

4 Aktief Onaktief Onaktief Aktief Aktief Onaktief









Ruimtelike Analise



Die konsep van ‘n ruimtelike analise is kompleks, veral vanweë die gebrek aan spesialis-

kennis in hierdie verband. Die doel van die analise is om strategieë te ontwerp vir ruim-

telike ontwikkeling en die bestuur van grondgebruik. Hierdie moet gebaseer wees op:



 ruimtelike beperkinge, probleme, uitdagings, tendense;

 die noodsaak vir ruimtelike herstrukturering;

 die noodsaak van grondhervorming;

 alle ruimtelike dimensies vir ontwikkelingsdoeleindes.



Vir ‘n in-diepte-analise sal spesialiskennis ingewin word, maar vir die doeleindes van

hierdie fase, moet die volgende gemeld word:



 Sonering en ontwikkelingsaansoeke vind plaas sonder beleidsraamwerke itv die

gebruik van beskikbare gronde. Voorbeeld van hierdie aansoeke sluit in besigheid-

sonerings, en sonering vir gastehuiste. ‘n Detail opname vir uitbreidings en besig-

heidsonerings sal gedoen moet word en beleidsraamwerke sal ontwerp moet word;



 ‘n Bewussyn t.o.v. die bewaring van geboue van historiese waarde is toenemend sig-

baar, in so ‘n mate in Wyk 4 dat die ontwikkeling van ‘n karavaanpark in die oudste

deel van die dorp afgekeur is. Die behoefte vir ‘n beleidsraamwerk in hierdie ver-

33



band is van kritieke waarde en SAHRI se leiding sal in hierdie verband nagestreef

word. Die bewaring van historiese geboue in die Karoo is noodwendig ook van

toerisme-waarde.



 Terwyl grondhervormingsprogramme reeds in aanvang geneem het, geskied grond-

hervorming sonder beleidsraamwerke in hierdie verband. Grondhervorming is tans

ook beperk tot die aankoop van plase vir die vestiging van kleinboere. Strategieë vir

die herbenutting van meentgronde moet ernstige aandag genier itv grondhervorming.

SPP vul die Raad se kapasiteite aan en sal ‘n proses fasiliteer in die opstel van beleid

en strategieë. (Sien Bylae-dokument)

34





Bepaling van Prioriteite



Die bepaling van prioriteite is direk voortspruitend uit bogemelde analise van die ver-

skeie fasette. Hierdie gedeelte is belangrik, aangesien projekte uit hierdie gedeelte sal

voortspruit. Prioriteite wat nie nou geïdentifiseer word nie, mag dus eers oor die langer

termyn aandag geniet. Hierdie gedeelte meld dus slegs die prioriteit na aanleiding van

bogemelde analise en ‘n in-diepte analise van elke prioriteit sal dus ook die langer termyn

gemaak moet word.



Die volgende prioriteite is afgelei uit die studie:



 In terme van Munisipale Analise:



Finansies



 Strategiese posisionering van Karoo Hoogland vanweë afstand;

 Profiel van die gemeenskap itv betalingsvermoëns

 ‘n Strategie vir die aanmoediging vir die betaling van munisipale gelde





Infrastruktuur



 Ondersoek na dienslewering

 Ondersoek na die bedryf, instandhouding en opgradering van infrastruktuur;

 Prioritisering van ontwikkeling en opstel van kapitaalprogram





Toerusting



 Begroot vir nuwe toerusting

 Behoorlike instandhouding van huidige toerusting





 In terme van Ekonomiese Analise



 Karoo Hoogland word gekenmerk deur omvattende armoede probleme en werk-

skepping is noodwendig een van die mees kritieke prioriteite;

 Vaardigheidsontwikkeling is ‘n kritieke prioriteit;

 Die skep van werksgeleenthede nie noodwendig in formele sektor nie, maar eerder in

die informele sektor en die skep van SMME’s;

 Koop plaaslik veldtog;

 Beleid tov informele handelaars (smouse)

35



 Sekondêre bedryf uit die skaapbedryf

 die vestiging van ‘n Besigheidsadviessentrum

 Ontwikkeling van SMME-vaardighede

 Vestiging van ‘n toerisme-bedryf





 In terme van Sosio-Ekonomiese Analise



 Lewensvaardigheidsprogramme

 Strategie teen drankmisbruik

 HIV/Vigs Bewusmakingsprogram

 Opleidingsgeleenthede (tegnies en akademies)

 Demografiese studie vir Wyk 4

 Afleidings oor skole en onderwys

 Afleidings oor kerke se rol

 Deurlopende sport- en jeugprogramme moet aangebied word om kinders besig te hou

 Sportfasiliteite





 In terme van die omgewingsanalise:



 ‘n omgewingsbewaringstrategie

 strategie vir die waterbesparingsveldtog

 benutting van die omgewing as ‘n toerisme-aantreklikheid





 In terme van die Institusionele Analise



 vestiging van besigheidsadviessentrum

 organisering van organisasies in forums en ander entiteite





 In terme van die ruimtelike analise



 Bewaring van argitektuur

 Formulering van beleid en strategie vir sonering en uitbreidings

 Beleidsraamwerke en strategieë vir grondhervorming

36





Bepaling van Behoeftes deur Gemeenskap



Die eerste gedeelte van die analise-fase is hoofsaaklik ‘n “desk-top” studie deurdat data

ingewin word en in konteks geplaas word. Uit hierdie studie is afleidings gemaak wat tot

die identifisering van prioriteite gelei het.



Die volgende gedeelte het ten doel om die behoeftes van die gemeenskap te

identifiseer en te integreer met bogemelde “desk-top” studie. Uiteindelik moet die

prioriteite ooreenstem met die behoeftes van die gemeenskap.



Van kritieke belang is die vertrekpunt dat die behoeftes soos deur die gemeenskap

geïdentifiseer, die belangrikste insette is. Die analise-studie wat gedoen is, moet

slegs beskou word as ‘n raamwerk waarbinne die werkswinkels plaasvind.



Werkswinkels is oor ‘n tydperk in Wyke 1, 2 en 3 gehou en die volgende is ‘n bespreking

van die behoeftes soos deur gemeenskapsorganisasies geïdentifiseer. Kennis moet

geneem word dat Wyk 4 se GOP voltooi was en Wyk4-behoeftes geïntegreer is met die

bespreking.



Die behoeftes is vir die doeleindes van logiese uiteensettings in dieselfde kategorieë

bespreek as die “desk top”-studie:





 Sosio-Ekonomiese Analise



Armoede-kultuur



In werkswinkels met gemeenskapsleiers en belangegroepe, is die situasie tov die

sosio-ekonomiese omgewing van Karoo Hoogland gekenmerk as ‘n “armoede-kultuur”.

Hierdie armoede-kultuur is ‘n ”mindset” waar ‘n afhanklikheidskultuur heers en mense

moedeloos, magteloos en ambisieloos voel. Dit bring dus in ‘n groot mate mee dat

mense eie ontwikkelinge strem.



Smokkelhandel en “cash loans”



Die aanwesigheid van armoede opsigself word nie ontken nie en sal ernstige

intervensies moet verg oor ‘n lang periode om mense uit hulle armoede te lig. Sekere

instansies in die gemeenskappe vererger die armoede-situasies deurdat skuld

aangemoedig word. Voorbeelde van hierdie instansies sluit in “cash loans” en die

smokkelhuise. Papsakke word byvoorbeeld vir tot R 80,00 by smokkelhuise verkoop

37

waar dit in geregistreerde drankwinkels vir R 25,00 verkoop word. Ontledings van

sommige drank sal ook gemaak moet word, aangesien die drank (veral kannaman)

mense inhibisieloos maak en dit lei tot ander ernstige misdade. ‘n Aspek wat vermeld

is dat die wettiging van drankhandel in die toekoms potensieël ‘n oplossing kan wees

en dat dit gemonitor en gepolisieër kan word.



Pensioendae en smouse



Situasies word vererger op pensioendae wanneer die skuld geïn word deur die

smokkelhuise en “cash loan”. Smouse van buite tydens pensioendae dra ook by tot die

armoede-situasie. Wettige besighede wat krediet verleen aan verbruikers, se skuld

word nie vereffen nie vanweë die teenwoordigheid van die smouse. Die impak van die

smouse is dan ook uiteindelik dat inkomstes wat op pensioendae uitbetaal word,

dieselfde dag die dorp verlaat.



Dwelms



Dwelms word toenemend ‘n faktor in Karoo Hoogland en dit is bekend dat enkele

inwoners reeds in dwelms handel dryf. Die impak van dwelms is bekend, maar dit

verdien vermeld te word dat ‘n Mandrax-pil tans vir R 60,00 per pil verkoop word.



Rol van polisie



Die rol van die polisie in die smokkelbedryf het ook in die meeste van die

werkswinkels na vore gekom deurdat vrae gevra word oor die rol van die polisie en die

mate waartoe opgetree word.



Veediefstalle



Inwoners van die landelike gemeenskappe (veral diegene aangrensend tot die dorpe)

se behoefte is toenemend itv optrede teen veediefstal. Dit is vermeld in

werkswinkels dat veediefstalle veral voorkom met pensioendae en dat in die vleis

handel gedryf word.



Lewens- en tegniese vaardighede



Kinders verlaat dikwels op ‘n vroeë ouderdom die skool met geen vaardighede nie.

Ongeletterdheid onder volwassenes is ook besonder hoog en lei tot ‘n reeks sosio-

ekonomiese probleme. Werkskuheid is ‘n aspek wat in heelwat van die werkswinkels

ook genoem is as ‘n probleem. ‘n Sosio-aspek wat ook uitgelig is, is dat leierskap in die

gemeenskappe van Karoo Hoogland onderdruk word en nie aangemoedig word nie.

Projekte kom dikwels nie van die grond af nie, omdat weinig leiers bestaan wat die

38



projekte kan lei. Een van die konstruktiewe voorstelle wat uit ‘n werkswinkel (Wyk 1)

gekom het, is die instelling van tegniese vaardigheidskole om bogemelde probleme te

begin ondervang.



Ander sosio-maatskaplike probleme



Tienerswangerskappe, ‘n verhoogde voorkoms in Tuberkulose en HIV/Vigs-gevalle is

aanduidend van kommerwekkende sosio-maatskaplike probleme. Statistieke toon

huidiglik dat van die gemeenskappe in Karoo Hoogland oor die swakste huishoudelike

omstandighede beskik.



Kommerwekkend is die voorkoms in die wanaanwendig van toelaes (kinders wat

byvoorbeeld ouers se toelaes opeis). Die Departement van Welsyn is bewus hiervan

en hierdie aspekte word aangespreek.



Verder is dit ook duidelik dat gesinsgeweld verdoesel word, maar dat dit wel gereeld

voorkom. Algemene higiëne in die huise is ook in die algemeen nie in ‘n wenslike

toestand nie. Hierdie situasie word ook vererger deurdat plakkers op erwe gevestig

word en ‘n relatief groot aantal mense op ‘n enkele erf woon.





 Ekonomiese Analise



Die vernaamste behoefte is die ekonomiese bemagtiging van die inwoners van Karoo

Hoogand. Hierdie bemagting sluit in die ontwikkeling van entrepreneurskap tov die

vervaardiging van plaaslike produkte. Hierdie produkte sluit in gebreide skaapvelle,

“tradisionele” geregte, die verwerking van vleis ens. Ander projekte is ook moontlik

en sal in diepte aandag geniet in Fase 3: Projekbeplanning. ‘n Opname van

vaardighede moet ook gedoen word in die onderskeie gemeenskappe en

“werkskepping”-strategieë moet ontwerp word.





 Ruimtelike Analise



Een van die mees indringende behoeftes is ‘n in-diepte ruimtelike analise, veral itv

toekomstige werkskeppingsprojekte en die potensiële ligging van die projekte in die

verskillende dorpe. Vir enige nywerheidsontwikkelingstudie is daar voldoende fisiese

ruimte in al die dorpe, hoewel grondformasies beperkend mag wees.



Kommer bestaan oor die onbeskikbaarheid van huise (formeel en informeel) en die

algemene netheid van die dorpe, veral tov die instandhouding van privaatwonings. ‘n

39



Aspek wat vermeld is, is dat die oorspronklike argitektuur van die dorpe bewaar moet

word en dat ‘n beleid in hierdie verband geformuleer moet word.





 Omgewingsanalise



Een van die grootste probleme is die tekort aan water in Karoo Hoogland. Die pro-

bleem is nie slegs watertekorte nie, maar ook die kwaliteit van die water.



Grondbewaring is ook ‘n behoefte wat in die toekoms aangespreek sal moet word en

dat ‘n beleidsraamwerk en ‘n strategie vir grondhervorming, grondbewaring moet

insluit. Omgewingsnetheid en ‘n deurlopende bewustheid in hierdie verband sal

nagevolg moet word.





 Munisipale Analise



Die grootste behoefte in terme van munisipale ontwikkeling is tov informele

behuising, die opgradering van paaie (in die dorpe en die verbindingsroetes tussen die

dorpe), die uitfasering van nagemmers, die verfraaiing van die dorp deur o.a. meer

bome aan te plant, die opgradering van elektrisiteitsnetwerke (om “dips” uit te

skakel), eenvormige koopkrag vir al die gemeenskappe in Karoo Hoogland en ‘n

verbetering in waterretikulasie en die kwaliteit daarvan. ‘n Groot behoefte is ook

uitgespreek vir meer vullisdromme en die vasmaak van die vullisdromme. Vernielsug is

ook geïdentifiseer as ‘n bron van kommer, aangesien infrastruktuur gebou word, maar

nie deur die gemeenskappe onderhou word nie.

40





In-diepte Analises:



In-diepte analises word tans gemaak van enkele van bogemelde prioriteite en deel van

hierdie fase is in-diepte analises wat die volgende insluit:



 die opstel van die Waterdiensteplanne vir Karoo Hoogland



 ‘n Ondersoek na die meganismes vir dienslewering in die munisipaliteit



 ‘n Ondersoek na die ontwikkeling van bestuursmeganismes vir die bedryf en

onderhoud van infrastruktuur van die munisipaliteit (waternetwerke, oksidasie-

damme, stortingsterreine, ens.)



 ‘n Volledige ruimtelike analise



 die opstel van ‘n Prestasiebestuurstelsel waarvolgens die GOP gemonitor en ge-

evalueer kan word



 ‘n Demografiese studie vir Wyk 4 en die impak van verhoogte besoekersgetalle op

Karoo Hoogland



 Die fasilitering van beleidsraamwerke en ‘n strategie vir grondhervorming in Karoo

Hoogland



Dit moet beklemtoon word dat die in-diepte studies beskikbaar is in die Bylae-dokument.

41





FASE 2: VISIE EN STRATEGIESE DOELWITTE



 Agtergrond



Vir die samestelling van die GOP, was Fase 1 ‘n analise van die huidige realiteite.

Hierdie fase is afgehandel en die dokumentasie is aan alle organisasies in Karoo

Hoogland versprei. Fase 2 behels die identifisering van ‘n visie vir die nuwe

munisipaliteit en die strategiese doelwitte om die visie te kan bereik. Hierdie

fase is van kritieke belang, aangesien dit die toekomstige rigting van die nuwe

munisipaliteit sal bepaal deurdat dit die wense en behoeftes van die gemeenskap

moet reflekteer.



Uit die strategiese doelwitte volg die bepaling van projekte wat direk verband

moet hou met die visie (m.a.w. deur die projekte moet ons verseker dat die visie

bereik word). Uit Fase 2 volg Fase 3 waartydens die projekte wat in Fase 2

geïdentifiseer is, omskryf en beplan sal word.



Ter agtergrond word die volgende omskrywings gegee:



 ‘n visie is ‘n stelling wat die ideale situasie van die munisipaliteit en sy

gemeenskap bewoord en wat oor ‘n langer termyn bereik word. Dit omskryf

dus die “droom” waarna gestreef moet word;



 ontwikkelingsdoelwitte is ‘n aanduiding van wat die munisipaliteit wil bereik en

moet dus die gaping tussen die visie en die huidige realiteite oorbrug;



 ontwikkelingstrategieë moet aandui hoe die doelwitte bereik sal word.







 Die Visie



In die saamstel van ‘n enkele geïntegreerde ontwikkelingsplan vir Karoo Hoogland,

is verskeie werkswinkels en ander inisiatiewe gehou. Vir die formulering van ‘n

visie, is die resultate van hierdie inisiatiewe gebruik en saamgevoeg om ‘n konsep

te formuleer. Hierdie inisiatiewe het ingesluit:



 Wyk 4 het Fase 2 reeds 2 jaar gelede voltooi en word projekte in ‘n groot mate reeds

geïmplementeer;

42



 Wyk 1 het hierdie fase in ‘n werkswinkel behandel en ‘n visie vir Wyk 1 geïdentifiseer;



 Wyk 2 het Fase 3 in ‘n groot mate begin voltooi en moes nog ‘n visie vir Wyk 2

identifiseer. Uit die werkswinkels het strategiese doelwitte egter sterk na vore

gekom wat gebruik is vir die formulering van die visie;



 Die nuwe Raad van Karoo Hoogland het in Maart 2001 ‘n bosberaad gehou waartydens

‘n visie vir Karoo Hoogland geformuleer is;



 Die personeel van die munisipaliteit het ‘n werkswinkel in Julie 2001 gehou

waartydens ‘n visie vir die administrasie geformuleer is.



Uit bogemelde inisiatiewe en werkswinkels, is ‘n visie geformuleer wat ‘n

kombinasie van bogemelde insette en prosesse is en is as volg:







“Karoo Hoogland sal ‘n ekonomiese groeipunt in en vir die Noord-Kaap wees en

sal gekenmerk word deur ‘n aktiewe deelnemende gemeenskap. Die Raad sal

‘n omgewing fasiliteer wat bevorderlik is vir ekonomiese groei met spesifieke

fokus op die verligting van armoede deur die skep van direkte en indirekte

werksgeleenthede. Alle inwoners sal gelyke toegang hê tot basiese minimum

dienste en ‘n kultuur van betaling vir dienste sal gevestig word. Gefokusde

programme op lewensvaardighede, aanvaarbare en bekostigbare infrastruktuur

en ‘n kultuur van leer sal die bevordering van ‘n ekonomies-groeiende

gemeenskap aanvul. Karoo Hoogland sal ‘n gemeenskap word waar sy mense in

‘n veilige en gesonde omgewing kan woon en werk.”









 Strategiese doelwitte



Die visie wat vir Karoo Hoogland geformuleer is, is die droom waarna gestreef en

gewerk moet word. Om dit te kan bereik, moet strategiese doelwitte ge-

ïdentifiseer word wat verband moet hou met die probleme en/of behoeftes van

die gemeenskap. Dit moet geformuleer wees as oplossings vir probleme en moet

die beplande voordele vir die gemeenskap en munisipaliteit duidelik uitspel.



Die strategiese doelwitte wat geïdentifiseer is, is voortspruitend uit Fase 1 van

die GOP en kan in die Analise-gedeelte gelees word.

43

Die volgende strategiese doelwitte is geformuleer:



In terme van Munisipale Finansies is die strategiese doelwit(te):



 ‘n finansieël gesonde munisipaliteit



In terme van munisipale infrastruktuur is die strategiese doelwit(te):



 bekostigbare effektiewe diens aan alle inwoners op ‘n gelyke basis;

 ontwikkelde infrastruktuur (backlogs)



In terme van Ekonomiese Ontwikkeling is die strategiese doelwit(te):



 ontwikkeling van Karoo Hoogland as ‘n ekonomiese node deur die

ekonomiese bemagtiging van sy inwoners, met spesifieke fokus op die

herverspreiding van ekonomiese hulpbronne om armoede te verlig.



In terme van Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling is die strategiese doelwit(te):



 die ontwikkeling van Karoo Hoogland as ‘n geestesgesonde omgewing

waar mense opgehef kan word en dus menswaardigheid kan vind;



In terme van Omgewing is die strategiese doelwit(te):



 die bewaring van die omgewing in holistiese terme, veral tov die

beskerming van skaars hulpbronne;

 ekologies volhoubare ontwikkelingsprosesse.



In terme van Institusionele Ontwikkeling is die strategiese doelwit(te)



 die ontwikkeling van die munisipaliteit as ‘n volwaardige ontwikkelings-

agentskap



In terme van Ruimtelike Ontwikkeling is die strategiese doelwit(te):



 die skep van ‘n omgewing waar ontwikkeling georden sal plaasvind

 omgewingsvolhoubare grondontwikkelingspraktyke

44

 Ontwikkelingstrategieë



Voortspruitend uit die ontwikkelingsdoelwitte, moet ontwikkelingstrategieë vir elke

doelwit ontwerp word.



Ontwikkelingsdoelwitte dui aan wat gedoen moet word, terwyl die ontwikkeling-

strategieë aandui hoe dit gedoen moet word. Direk voortspruitend uit die strate-

gieë, word projekte geïdentifiseer waardeur hierdie doelwitte bereik sal word. Om

die verband tussen strategieë en projekte duideliker uit te bring, word projekte in

dieselfde gedeelte geïdentifiseer.



Die volgende ontwikkelingstrategieë en projekte is geïdentifiseer:





 In terme van Munisipale Finansies:



Om ‘n finansieël gesonde munisipaliteit te skep, moet die volgende strategieë ontwerp

word om die doelwitte te kan bereik:



i. Die behoud en vermeerdering van inkomste-bronne vir die munisipaliteit;



Projekte



 Ondersoek na die profiele van verbruikers

 Algemene waardasies vir dorpsgebiede

 Algemene waardasies vir landelike gebiede (itv nuwe wetgewing)

 Beleid tov armlastige huishoudings

 Ondersoek na die werklike kostes van dienslewering vir die bepaling van

tariefstrukture







ii. Die meer effektiewe bestuur van die Raad se inkomste en uitgawes



Projekte



 Finansiële bestuurstrategie: Ondersoek na die werklike finansiële situasie

van die Raad;

 Ontwerp van kredietbeheer- en invorderingsbeleid;

 Ontwikkeling van interne bronne om kredietbeheer toe te pas;

 Formulering van ‘n regstellende aankope-beleid;

 Ontwikkeling van rekenaarinfrastruktuur vir verbeterde diens;

45



 Strategie vir kapitaalfinansiering (lenings, toekennings, ens);

 Ondersoek na diensleweringsmeganismes.







iii. Strategie vir batebestuur



Projekte



 Finansiële bestuurstrategie: Ondersoek na die werklike finansiële situasie

van die Raad, insluitende ‘n ondersoek na die Raad se bates en die wyses

waarop dit in die toekoms bestuur en/of gehanteer moet word.







 In terme van Ekonomiese Ontwikkeling: (LED)



Plaaslike owerhede het ‘n grondwetlike mandaat om sosiale en ekonomiese ont-

wikkeling te bevorder en die LED is ‘n belangrike instrument in die GOP-proses vir

beplanning. Die doel van die LED is juis om werksgeleenthede te skep en om

ekonomiese hulpbronne en geleenthede te herversprei.



Die plaaslike strategieë vir ekonomiese ontwikkeling sluit hoofsaaklik in die

ontwerp en implementering van ‘n gefokusde toerisme-bedryf en die ontwikkeling

van sekondêre landbou-aktiwiteite. Sien ook ruimtelike ontwikkeling.



Projekte



Projekte word verdeel tussen projekte wat geïmplementeer sal word in die totale

regsgebied van Karoo Hoogland en projekte wat per wyk ge-implementeer sal

word. Hierdie is belangrik, vanweë die afstande tussen die dorpe en die

ekonomiese identiteit wat elke dorp nog wil behou.



 Projekte vir Karoo Hoogland (Sien Fase 3)



 ‘n Voltydse toerisme-kantoor vir Karoo Hoogland

 Die ontwikkeling en bedryf van ‘n Besigheidsadviessentrum

 Ontwikkeling van ‘n “craft”-bedryf’

 Beleidsraamwerke tov informele handel

 Beleidsraamwerke tov die beskerming van plaaslike handel

 ‘n Tenderbeleid

46

 Projekte per wyk



Sien Fase 3









 In terme van Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling:



Om Karoo Hoogland te ontwikkel as ‘n geestesgesonde omgewing waar mense kan

ontwikkel en menswaardigheid kan vind, is dit belangrik om strategieë te ontwerp

tov alle dimensies van ‘n gemeenskap, veral tov



 sosiale en maatskaplike opheffing

 sport- en ontspanning

 kulturele verryking

 ontwikkeling van die behoeftes van die jeug.



Projekte wat geïdentifiseer is om bogemelde strategieë moontlik te maak, is:



 In terme van opheffing



 opleidingsinisiatiewe



 In terme van sport en ontspanning



 Fasilitering van sportforums

 Ontwikkeling van sport- en ontspanningsprogramme deur sportforums

 Reël van jaarlikse rugby- en netbalkompetisie

 reël van jeugprogramme deur die sportforums



 In terme van kulturele inisiatiewe



 Jaarlikse kultuurfees







 In terme van Omgewing



Agenda 21 en verskeie wetgewing oor omgewingsbewaring verplig plaaslike

owerhede om omgewingsbewaringstrategieë te identifiseer. Alle munisipale

strategieë en projekte moet versoenbaar wees met die beginsels van ‘n ekologiese

47



volhoubare ontwikkelingsproses wat beteken dat enige gebruik van natuurlike

hulpbronne nie huidige en toekomstige generasies negatief beïnvloed nie. Van

kritieke belang is ook dat Agenda 21 bepaal dat die omgewing nie ten koste van

ontwikkeling en veral opheffing van armoede moet geskied nie, maar dat beide in

sinergie met mekaar moet ontwikkel. So kan besigheidsgeleenthede en

werkskepping ontwikkel word uit die bewaring van die omgewing.



Vir Karoo Hoogland is die bewaring van skaars hulpbronne een van die vernaamste

omgewingsaspekte wat met die identifisering van projekte in aggeneem moet

word.



Projekte



 Ontwikkeling van beleidsraamwerke vir Agenda 21;

 Ontwikkeling van beleid vir die bewaring van skaars hulpbronne, veral water;

 Identifisering van werksgeleenthede voortspruitend uit Agenda 21







 In terme van Institusionele Ontwikkeling



Die vernaamste strategiese doelwit is die ontwikkeling van die munisipaliteit as ‘n

ontwikkelingsagentskap. Per definisie beteken dit dat alle uitsette van die

munisipaliteit ontwikkelingsgerig moet wees: van basiese kliënte-diens tot die

lewering van dienste tot die ontwikkeling van ‘n ekonomiese klimaat.



In hierdie verband is dit van kritieke belang om d.m.v. projekte, ‘n administrasie

te skep wat bekostigbare, toeganklike, volhoubare en effektiewe diens kan lewer.

Hierdie diens is nie slegs tegniese dienste nie (water, reinigingsdienste, ens), maar

is van toepassing op elkeen van die direktorate van die nuwe munisipaliteit. Dit is

dus van kritieke belang dat elke amptenaar bemagtig moet word om sy/haar werk

binne hierdie konteks te kan doen.



Projekte



 ondersoek na diensleweringsmeganismes, veral in die tegniese dienste;

 ontwikkeling van prestasie-bestuurstelsels vir elke amptenaar en die Raad;

 Ontwikkeling van ‘n vaardigheidsplan vir elke amptenaar/werknemer;

 Omskepping van die Ekonomiese Direktoraat in ‘n Artikel 21-maatskappy /trust

om die Besigheidsadviessentrum moontlik te maak;

 Ontwikkeling van kliënte-diens opleidingsprogram.

48



 In terme van ruimtelike ontwikkeling:



Daar is huidiglik verskeie nasionale wetgewing wat plaaslike owerhede verplig om

ruimtelike ontwikkeling te bestuur. Vir hierdie doeleindes, is ruimtelike

ontwikkeling en grondhervorming die vernaamste aspekte.



Ruimtelike ontwikkeling



Vanweë die aard van Karoo Hoogland as ‘n samevoeging van klein plattelandse

dorpies, word grootskaalse stedelike uitbreiding nie werklik verwag nie. Die

enigste uitbreidings wat verwag word, is die ontwikkeling van lae-koste

behuisingsbehoeftes.



Die verwagte ontwikkeling in Sutherland beteken ‘n invloei van besoekers en nie

noodwendig ‘n groei in vestiging van permanente inwoners nie. Een van die ver-

naamste probleme wat in Wyk 4 ervaar word, is die afwesigheid van geordende

ontwikkeling.



Projekte



 ontwerp en implementering van grondgebruik- en soneringskemas

 Ontwikkeling van beleidsraamwerke vir die bewaring van argitektoniese

erfenisse. ‘n Vername aspek huidiglik in die Agenda 21-debat is die ekono-

miese ontwikkeling van gemeenskappe sonder om die omgewing te vernietig. Vir

hierdie doeleindes moet beleidsraamwerke geskep word vir die bewaring van

plattelandse dorpe se historiese aspekte, veral tov argitektoniese erfe-nisse

en algemene natuurlike historiese bronne.





Grondhervorming



Grondhervorming (en grondgebruiksdoeleindes) maak voorsiening vir die ontwik-

keling van stedelike en landelike vestigings, (en ook vir die ontmoediging van

grondbesettings). Grondeienaarskap en gelyke toegang tot grond is vername

vertrekpunte in hierdie opsig.



Die Raad van Karoo Hoogland het reeds begin met werkswinkels om beleids-

raamwerke en strategieë tov grondhervorming vir plase en meentgronde te

formuleer. (Sien Bylae-dokument).

49



In die eerste werkswinkel is die ontwikkeling-strategieë vir grondhervorming in

Karoo Hoogland geïdentifiseer en sluit die volgende in:



i. Toegang tot grond deur:



 die samewerking van alle rolspelers om beskikbare bronne te ontgin;

 die identifisering van grondbehoeftes en die benutting van die programme

van die Departement van Grondsake en ander programme;

 die bemagting van die kleinboere deur opleidingsprogramme



Projekte:



 loods grondbehoeftebepaling

 ondersoek lewensvatbaarheid vir ‘n reeks projekte, insluitende

wolverwerking, groenteverbouing, tulpindustrie, uitbreiding van hoender-

boerdery, ens.

 ondersoek moontlikheid vir opleidingsentrum;





ii. Samewerking met alle rolspelers



Projekte



* stig van forum (staatsdepart/kommersiële/kleinboere/munisipaliteit)

* identifiseer gesamentlike ondernemings met kommersiële-en beginner-

boere.





iii. Ontwikkeling en instandhouding van infrastruktuur



Projekte



 Opname van infrastruktuur op meent en befondsingsvoorstel aan

“Landcare”: Departement Landbou;

 Stig van bestuurskomitee om toesig te hou oor instandhouding;

 Bepaling van instandhoudingsfooie;

 Verkryging van addisionele fondse vir instandhouding;

 Opleiding vir kleinboere in instandhouding van infrastruktuur

50



iv. Opleiding



Die ontwikkelingsdoelwit tov opleiding is noodwendig om vaardighede aan

kleinboere oor te dra om finansieël sterk landbou-aktiwiteite te vestig.



Vir hierdie doel is die volgende projekte geïdentifiseer:



 Bepaling van opleidingsbehoeftes (Sien Bylae-dokument)

 Identifisering van beskikbare inligtingsbronne

 Opstel en implementering van voorligtingsprogram.





v. Regte van plaaswerkers en toegang tot grond:



Die ontwikkelingsdoelwit is om plaaswerkers te sensiteer tov verblyfregte,

werkersregte tov tydelike werknemers en om aan hierdie groep toegang te

bied tot grondhervormingsprogramme.



Projekte



 Organisering van plaaswerkers

 Voorligtingsprogramme vir plaaswerkers



Vir praktiese doeleindes, kan bogemelde in die volgende tabel uiteengesit word:

Kategorie Strategiese Doelwitte Ontwikkelingstrategie Projek



Munisipale Finansies Finansieel gesonde munisipaliteit Behoud/uitbreiding van inkomste-bronne Ondersoek profiele van verbruikers

Waardasies: dorpe

Waardasies: landelik

Beleid tov armlastige huishoudings

Ondersoek: Tariefstrukture +

Effektiewe bestuur van inkomste/uitgawes Ondersoek na finansiele posisie *

Kredietbeheer- en Invorderingsbeleid

Ontwikkel interne kapasiteite vir implementering

Regstellende aankope-beleid

Rekenaarinfrastruktuur

Strategie vir kapitaalinfrastruktuurbefondsing

Ondersoek na diensleweringsmeganismes +

Batebestuur Ondersoek na finansiele posisie van Raad*





Munisipale infrastruktuur Gelyke diens aan alle verbruikers Bekostigbare effektiewe dienslewering Ondersoek meganismes vir dienslewering +

Stel volledige databasis op

Ontwikkelde infrastruktuur Ontwikkeling van infrastruktuur Kapitaalprogram

Strategie vir befondsing van infrastruktuur

Ontwerp bestuursmeganismes (O&M)

Waterdienste Ontwikkelingsplanne

Ontwikkeling van verbindingsroetes





Ekonomiese Ontwikkeling Ontwikkeling as ekonomiese node Bemark Karoo Hoogland: toerisme & Algemene Projekte

landbou Voltydse toerisme-kantoor

Besigheidsadviessentrum

Ontwikkel "craft"-industrie

Beleidsraamwerke vir informele handel

Beleidsraamwerke vir plaaslike handel

Tenderbeleid

Projekte per wyk: Sien Fase 3

Sosio-maatskaplik Ontwikkeling Geestesgesonde omgewing Verskeie inisiatiewe Opheffing

Opleidingsprogramme

Voedings- en kledingsprogram

Sport, Ontspanning en Jeug

Fasilitering van sportforums

Ontwikkeling van sportprogramme





51

Jeugprogramme ontwikkel en koordineer





Kultuur

Jaarlikse kultuurfees





Omgewing Ekologiese volhoubare ontwikkeling Omgewingsbewaringstrategiee Beleidsraamwerke vir Agenda 21

Beleidsraamwerke: skaars hulpbronne

Identifiseer werksgeleenthede





Institusionele ontwikkeling Munisipaliteit = Ontwikkelingsagentskap Alle uitsette is ontwikkelingsgerig Ondersoek: diensleweringsmeganismes

Prestasie-bestuurstelsels

Vaardigheidsplan

Besigheidsadviessentrum

Ontwikkeling van klientediens

Deelnemende gemeenskap Organiseer gemeenskap Organisering van werkloses in forum

Bestuur van wykskomitees





Ruimtelike ontwikkeling Geordende ontwikkeling Ontwerp van strategiee en beleide Grondgebruik- en soneringskema

Beleidsraamwerke vir bewaring

Grondhervorming Toegang tot grond Loods grondbehoeftebepaling

Ondersoek lewensvatbaarheid van projekte

* wolverwerking

* groenteverbouing

* tulpindustrie

* hoenderboerdery

Samewerking met alle rolspelers Stig forum

Identifiseer ondernemings komm/kleinboere

Ontwikkel/bedryf infrastruktuur Opname: infrastruktuur op meent

Stig bestuurskomitee vir toesig

Bepaal instandhoudingsfooie

Verkry addisionele fondse

Opleiding in instandhouding

Opleiding Bepaal opleidingsbehoeftes

Identifiseer beskikbare inligtingsbronne

Opstel/implementering voorligtingsprogram

Plaaswerkers: Regte en toegang tot grond Organiseer plaaswerkers

Voorligtingsprogramme vir plaaswerkers









52

FASE 3: PROJEKBEPLANNING



Hierdie fase behels die verdere omskrywing en beplanning van elke projek soos geidentifiseer in Fase 2. Hierdie fase word

vir praktiese doeleindes weer in tabelvorm aangedui. Dit moet vermeld word dat die besigheidsplanne van elk van die

projekte in afsonderlike dokumentasie vervat word, vanweë die omvang van hierdie dokument. Enkele van die projekte se

besigheidsplanne moet nog voorberei word, terwyl die res beskikbaar is op aanvraag.



Die tabelle is ingedeel in 2 kategorieë, naamlik projekte wat vir die hele Karoo Hoogland sal geld en projekte wat vir die

betrokke wyk geïmplementeer sal word.



A. OPSOMMING VAN PROJEKTE VIR KAROO HOOGLAND REGSGEBIED



Kategorie Naam van projek Aard van projek Begroting Finansieringsbron

Munisipale Finansies Kredietbeheer Bou van interne kapasiteit R 132 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen



Rekenaar Eenvormige rekenaarstelsel R 416 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen



Ondersoek: Meganismes vir dienslewering R 150 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen



Waardasies Nuwe waardasies R 150 000 Moet nog fondse bekom



Finansiele Bestuurstrategie Ondersoek: finansies van R 50 000 Integrasiefondse

Raad



Kantoorakkommodasie Uitbreiding R 290 000 Integrasiefondse



Voertuie Uitbreiding R 200 000 Integrasiefondse



Infrastruktuur Toegangsroetes Ontwikkeling: landelike paaie Langtermyn 20 km Sutherland/Fraserburg ontwerp







53

Sportfasiliteite Opgradering/ontwikkel Werkswinkel om te beplan



Ekonomiese Ontwikkeling "Local Business Service Centre Ontwikkel: SMME's R 75 000 LED/Ekon Sake/NAMBID



Toerisme Ontwikkel: toerisme R 250 000 LED



"School:Stone Masonry Ontwikkel: vaardighede R 50 000 dept Arbeid/LED fondse



Vaardigheidsopleiding Verskeie behoeftes R 100 000 Dept Arbeid



Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling Sportontwikkeling Stig van sportforums R 10 000 Raadsfondse

Ontwikkel sportprogram



Kultuur Jaarlikse kultuurfees R 20 000 Raadsfondse



HIV/Vigs Versorging Ontwikkeling van oord R 500 000 Moet nog bepaal word

Bejaardesorg Dagsentrums R 500 000 Moet nog bepaal word

Kindersorg Bewusmakingsprogram R 250 000 Moet nog bepaal word

Alkoholisme-rehabilitasie R 500 000 Moet nog bepaal word



Omgewing Beleidsraamwerke Agenda 21-beleid R 50 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen



Institusioneel Werkloosheidsforums Organisering : werkloses Dept Arbeid



LBSC (Sien Ekon Ontwikkeling) Trust of stigting R 75 000 LED



Ruimtelike Ontwikkeling Grondgebruik/Soneringskema Ordelike ontwikkeling R 100 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen



Grondhervorming Ontwikkeling: beleid/ strategie Dept Grondsake/Landbou

Aankoop van grond









54

B. PROJEKTE PER WYK



Kategorie Naam van Projek Aard van projek Begroting Finansieringsbron

Infrastruktuur

Wyk 1 (Williston) Water Ondersoek bronne 30 000 CMIP/DWAF

Lae-koste behuising 150 nuwe huise 2 500 000 Dept Behuising

Stormwater en paaie Opgradering 300 000 CMIP

Kragnetwerk Opgradering 100 000 Eskom/CMIP



Wyk 2 (Fraserburg) Nagemmers Uitfasering 1 200 000 CMIP

Koopkrag Installering 350 000 Eie fondse

Oksidasiedam Uitbreiding 200 000 CMIP

Stormwater/sypaadjies Opgradering 750 000 CMIP

Verseeling van strate Opgradering 150 000 Eie fondse



Wyk 3 (Landelik) Paaie-netwerke Opgradering Moet nog bepaal word

Sanitasie/sonkrag op plase Subsidies DWAF



Wyk 4 (Sutherland) Radio- en TV Nuwe installering 100 000 Eie fondse

Lae-koste behuising 150 nuwe huise 2 500 000 Behuising

Openbare toilette 70 000 Eie fondse

Uitfasering straatligte 100 000 Eie fondse

Strate en Stormwater Opgradering 6 000 000 CMIP

Uitfasering nagemmers 900 000 Premierfondse

Kantore Beveiliging 50 000 Eie fondse



Ekonomiese Ontwikkeling

Wyk 1 Uitroei van doringbome DWAF

Byekorf-ontwikkeling Informele handelsarea 150 000 Moet nog bepaal word

Vleisverwerking 1 000 000 Moet nog bepaal word

Turksvyboerdery Kweek en verwerking 100 000 Moet nog bepaal word

Kleremakery 100 000 Dept Welsyn

55

Kruideniersakke Vervaardiging van sakke 100 000 Moet nog bepaal word

Oprigting krematorium 500 000 Moet nog bepaal word

Byeboerdery Heuning 50 000 Moet nog bepaal word

Naskoolse sentrum Verskeie aktiwiteite 4 000 000 Moet nog bepaal word



Wyk 2 Le-hen projek Bestaande projek 188 000 Flagshipfondse

Byekorf ontwikkeling Informele handelsarea 150 000 Moet nog bepaal word.

Groentetonnels Uitbrei bestaande projekte 200 000 Flagshipfondse

Songedroogde groente 100 000 Uit winste van flagship

Vleisverwerking 400 000 Flagshipfondse



Wyk 4 Wetenskapsentrum By Sterrewag 50 000 000 Verskeie

Aktiwiteitsentrum In Sutherland 10 000 000 Verskeie

Sonbrilleprojek Vir sonsverduistering 500 000 LED/ Verskeie ander

Wolwasindustrie Nuwe tegnologie R 100 m Moet nog gevind word

Tulpindustrie Bolvervaardiging R 75 000 Omgewingsake

Vlieer- en Kunsflyt Bemarking:fauna/flora R 70 000 Moet nog bepaal word

Byekorf Informele handelsgebiede R 150 000 Moet nog bepaal word









56

57





FASE 4: INTEGRASIE



Etlike interne beplanningsessies om die implementering van die GOP sinvol te benader

en met die struktuur en werksaamhede van die munisipaliteit te integreer, het

plaasgevind. Die aangehegte uiteensetting gee ‘n oorsig van die beplande projekte, wie

die projekleier sal wees en die tydsraamwerke daaraan verbonde. Die projekte sal

deur die wykskomitees bestuur word en gemonitor word. Projekspanne uit die

gemeenskap sal noodwendig help met die implementering van die verskeidenheid

projekte.



Kennis moet geneem word dat die finale projekplan bestaan uit projekte wat:



 deur die gemeenskap geïdentifiseer is in werkswinkel

 deur die amalgamasieproses van die munisipaliteite bepaal is

 die uitvloeisel is van die daaglikse/normale bedryf van ‘n munisipaliteit.





Die volgende tabel is ooreenstemmend met die table in Fase 3 t.o.v. van die projekte.

Die verskil egter is dat Fase 4 ‘n oorsig gee van die verantwoordelike persone vir die

verskillende projekte (dus die verantwoordelikhede van die direktorate), asook die

tydsraamwerke waarbinne beweeg word. Aangesien die G.O.P ‘n vyfjaarplan is, word die

tydsraamwerk tov die betrokke jaar aangedui. Van kritieke belang is om daarop te let

dat die eerste jaar benut sal word om al die besigheidsplanne deeglik voor te berei en

om bronne van befondsing te begin identifiseer. Dit mag dus wees dat die meeste van

die projekte slegs in die daaropvolgende boekjare gestalte begin kry.



OM dit integrasie in die strukture van die munisipaliteit aan te dui, is kleurskemas aan

elke direktoraat toegeken en is as volg:



 Direktoraat Administrasie: Blou

 Direktoraat Finansies Rooi

 Direktoraat Siviel- en Elektrotegniese Dienste Geel

 Direktoraat Ekonomiese Ontwikkeling Groen





Die sleutelprestasie-areas word vir elke projek per besigheidsplan ontwikkel en hierdie

word ook opgeneem in die Bylae-dokument. Sleutelprestasieareas vir die G.O.P as

geheel word tans voorberei.

INTEGRASIE VAN GOP

SPA = SLEUTEL PRESTASIE AREAS

KATEGORIE NAAM VAN PROJEK AKSIES/UITSETTE PROJEKLEIER Tydraamwerke Finansies:Bron

Munisipale Finansies Kredietbeheer/Skuldinvordering Kontrakteer konsultant Koot van Schalkwyk Februarie - Junie Integrasiefondse

2002

Opleiding van personeel

Formulering van beleid

Toepassing van kredietbeheer



Rekenaar Plaas van tenders Koot van Schalkwyk Februarie-Junie 2002 Integrasiefondse

Keuring van nuwe rekenaars

Installering van rekenaars

Opleiding van personeel



Ondersoek: Dienslewering Kontrakteer konsultant Alletta van Sittert Februarie-Mei 2002 Integrasiefondse

Onderneem ondersoek

Voorlegging aan Raad



Waardasies Nuwe waardasies Koot van Schalkwyk 2002-2003 Moet fondse bekom



Finansiele Bestuurstrategie Bepaal moontlike konsultante Koot van Schalkwyk Februarie-Junie 2002 Integrasiefondse

Onderneem ondersoek

Verslag aan Raad



Beleid en verordeninge is Finansies Koot van Schalkwyk 2002-2003



Integrasie van Finansiele Stelsels Koot van Schalkwyk Februarie-Des 2002



Oordragte van Huise Koot van Schalkwyk Febr-Junie 2002 Dept Plaaslike Reg.



Kantoorakkommodasie Sutherland: Nuwe kantore Louis Nothnagel Febr02-Jun03 Integrasiefondse

Trek bouplanne op

Verkry kontrakteur

Bou nuwe kantore

Rus kantore toe met meubels

Beveilig kassiere-kantoor

58

Williston

Onderhandel D/M aankoop

Rus nuwe kantore toe

Beveilig kassiere-kantoor

Fraserburg

Verander ontvangstoonbank



Voertuie Bepaal behoeftes Louis Nothnagel Febr-Jun2002 Integrasiefondse

Plaas tenders

Koop voertuie aan



Kwaliteit van diens SPA om kwaliteit van diens te bepaal Koot van SChalkwyk Febr - Junie 2002



Administrasie Vaardigheidsontwikkelingsplan Ontwikkel plan Louis Nothnagel Febr-April 2002 Vaardigheidsfonds

Verkry fondse

Implementeer opleidingsplan



Prestasiebestuurstelsel Onderhandel met konsultant Louis Nothnagel Jan - Mei 2002 Integrasiefondse

Prestasiekontraktering vir amptenare



Ontwikkel prestasiebestuur vir GOP Alletta van Sittert Febr - Jun 2002 GOP-fondse



Werwing en keuringsbeleid Louis Nothnagel Maart 2002 Integrasiefondse



Integrasie van verordeninge Louis Nothnagel Febr - Des 2002 NVT



Integrasie: administratiewe stelsels Louis Nothnagel Febr - Des 2002 INtegrasiefondse



Omskep biblioteke in leersentrums Louis Nothnagel Febr 02 - Jun 03 Moet bepaal word



Ontwikkel OG-program Louis Nothnagel Febr02-Des 02 NVT



Arbeidsforum Louis Nothnagel Maart - Mei 2002 NVT



Ondersoek Magte en Funksies Louis Nothnagel Deurlopend NVT



Noodramp Ontwikkel plan Louis Nothnagel April - Des 2002 Moet bepaal word



59

Klientediens Bepaal SPA vir direktoraat Louis Nothnagel Feb - Junie 2002 NVT



Infrastruktuur Toegangsroetes Onderhandel oor toegangsroetes Gys van Schalkwyk Deurlopend Dept Vervoer



O&M Ondersoek Konsulteer met Doreen Atkinson Gys van Schalkwyk Jan - Junie 2002 DWAF

Opstel van databasis Konsulteer met Africon Gys van Schalkwyk Jan - Maart 2002 DWAF



Waterdiensteplanne Stel raamwerk op Gys van Schalkwyk Jan - Maart 2002 Eie fondse



Sanitasie vir plaaswerkers Gys van Schalkwyk Deurlopend DWAF



Opname: Infrastruktuur: landelik Gys van Schalkwyk Jan - Junie 2002 NVT



5Jaar Kapitaal-Ontwikkelingsplan Gys van Schalkwyk Jan - Maart 2002 NVT



Sportfasiliteite Hou werkswinkel Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Dept Sport

Bepaal behoeftes Anthony Miethas

Skryf besigheidsplanne

Onderhandel vir fondse



Kwaliteit-dienslewering Bepaal SPA Gys van Schallkwyk Jan - Junie 2002 NVT



Ekon. Ontwikkeling "Local Business Service Centre" Onderhandel met Ekon Sake Alletta van Sittert Jan - April 2002 LED/Ekon. Sake

Stel Besigheidsplan op Hannes Venter

Implementeer LBSC Anthony Miethas

Bemarking van LBSC

Ontwikkel toerusting en biblioteek

Ontwikkel databasis vir werksburo

Stig Werkloosheidsforums



Toerisme Ontwikkel: toerisme-industrie Alletta van Sittert Deurlopend LED



"School:Stone Masonry Onderhandel met Arbeid Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Dept Arbeid/LED

Beplan logistiek van skool Hannes Venter

Werf leerders via werkloosheidsforum



Vaardigheidsopleiding Onderhandel met Arbeid Alletta van Sittert Deurlopend Dept Arbeid

Werf leerders vir programme

Identifiseer diensverskaffers

60

Implementeer opleidingsprogramme



Kwaliteitdienslewering Ontwikkel SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT

Sosio-Ekon. Ontwikkeling Sportontwikkeling Stig van sportforums Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Raadsfondse

Ontwikkel sportprogram Anthony Miethas



Kultuur Stig komitee uit 3 dorpe Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Raadsfondse

Ontwikkel kultuurprogram Hannes Venter



HIV/Vigs Versorging Stig loodskomitee Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Moet bepaal word

Ondersoek/Stel besigheidsplan saam Anthony Miethas

Onderhandel vir fondse



Bejaardesorg Stig loodskomitee Alletta van Sittert Jan -Junie 2002 Moet bepaal word

Ondersoek/Stel besigheidsplan saam Anthony Miethas

Onderhandel vir fondse



Kindersorg Stig loodskomitee Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Moet bepaal word

Ondersoek/Stel besigheidsplan saam Anthony Miethas

Onderhandel vir fondse



Alkoholisme-rehabilitasie Stig loodskomitee Alletta van Sittert Moet bepaal word

Ondersoek/Stel besigheidsplan saam Anthony Miethas

Onderhandel vir fondse



Kwaliteit dienslewering Bepaal SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT



Omgewing Beleidsraamwerke: Agenda 21 Onderhandel met konsultant Alletta van Sittert Jan - Des 2002 Integrasiefondse

Stig komitee

Formuleer beleid



Kwaliteitdienslewering Bepaal SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT



Institusioneel Institusioneel LBSC Alletta van Sittert

Werkloosheidsforum

Sportforums



Kwaliteitdienslewering Bepaal SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT

61

Ruimtelike Grondgebruik- en Kontrakteer PIMSS-sentrum Louis Nothnagel Integrasiefondse

Ontwikkeling soneringskemas Voorsien databasis aan PIMMS

Stel konsep op

Lê voor aan Raad vir goedkeuring



Grondhervorming Ontwikkeling: beleid/strategie Alletta van Sittert Grondsake/Landbou

Opname van behoeftes vir grond Hannes Venter

Loodskomitee bestuur proses SPP

Bepaal opleidingsbehoeftes

Ondersoek na benutting van meent

Bestuur huidige meent



Kwaliteitdienslewering Bepaal SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT





B. PROJEKTE PER WYK

Kategorie Naam van Projek Aard van projek Projekleier Tydsraamwerke Finansies: Bron

Infrastruktuur

Wyk 1 (Williston) Water Ondersoek bronne Gys van Schalkwyk Sien kapitaalprogram CMIP/DWAF

Lae-koste behuising 150 nuwe huise Dept Behuising

Stormwater en paaie Opgradering CMIP

Kragnetwerk Opgradering Eskom/CMIP



Wyk 2 (Fraserburg) Nagemmers Uitfasering Gys van Schalkwyk Sien kapitaalprogram CMIP

Koopkrag Installering Eie fondse

Oksidasiedam Uitbreiding CMIP

Stormwater/sypaadjies Opgradering CMIP

Verseëling van strate Opgradering Eie fondse



Wyk 3 (Landelik) Paaie-netwerke Opgradering Gys van Schalkwyk Sien kapitaalprogram Moet bepaal word

Sanitasie en sonkrag op plase





Wyk 4 (Sutherland) Radio- en TV Nuwe installering Gys van Schalkwyk Sien kapitaalprogram Eie fondse

Lae-koste behuising 150 nuwe huise Behuising

Openbare toilette Eie fondse

Uitfasering straatligte Eie fondse





62

Strate en Stormwater Opgradering CMIP

Uitfasering nagemmers Premierfondse

Kantore Beveiliging Eie fondse





Ekonomiese Ontwikkeling

Wyk 1 Uitroei van doringbome Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 DWAF

Onderhandel met Werk vir Water Anthony Miethas





Byekorf-ontwikkeling Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Moet bepaal word

Anthony Miethas





Vleisverwerking Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan02 - Des 2003 Moet bepaal word

Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas





Turksvyboerdery Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Moet bepaal word

Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas





Kleremakery Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Dept Welsyn

Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas





Kruideniersakke Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Moet bepaal word

Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas





Oprigting krematorium Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Moet bepaal word

Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas





Byeboerdery Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02 - Des 2003 Moet bepaal word

Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas





Naskoolse sentrum Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02 - Des 2003 Moet bepaal word

Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas





Wyk 2 Lê-hen projek Werk met bestaande Flagshipkomitee Alletta van Sittert Deurlopend Flagshipfondse

Hannes Venter

Byekorf ontwikkeling Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02 - Des 03 Moet bepaal word.

63

stel BP en onderhandel vir fondse Hannes Venter





Groentetonnels Werk met bestaande Flagshipkomitee Alletta van Sittert Deurlopend Flagshipfondse

Hannes Venter





Songedroogde groente Werk met bestaande Flagshipkomitee Alletta van Sittert Deurlopend Uit winste: flagship

Hannes Venter





Vleisverwerking Stel komitee saam Alletta van Sittert Deurlopend Flagshipfondse

Stel BP saam Hannes Venter





Wyk 4 Wetenskapsentrum Voorlegging aan Kabinet Alletta van Sittert Jan 01 - Des 03 Verskeie

Aktiwiteitsentrum BP vir fondsinsameling SAAO Verskeie

Konstruksie na fondsinsameling





Sonbrilleprojek Stel nuwe komitee saam Alletta van Sittert Deurlopend LED/Verskeie ander

Keur nuwe spanne Anthony Miethas

Bemarking by groot maatskappye

Toerusting, Film ens

Bepaal eklipse volgende 10jr internas

Bemark brille internasionaal





Planetariese Hoofweg Verkry toestemming by Vervoer Alletta van Sittert Mei 2002 LED

Ontwerp finaal enposisioneer Anthony Miethas

Bou eenhede





Draadmodelle Organiseer gestremdes Alletta van Sittert Jan - Des 2002 LED

Bemark produkte Anthony Miethas





Wolwasindustrie Onderhandel met konsultant Alletta van Sittert Jan - Des 2002 Moet gevind word

Onderhandel met Dept Ekon Sake Hannes Venter

Fondsinsameling o.a. IDC

Gesprek met Wooltech







64

Tulpindustrie Stel BP saam Alletta van Sittert Jan - Des 2002 Moet gevind word

Onderhandel met Ontwikkelingsbank Hannes Venter

Onderhandel vir fondse





Vlieër- en Kunsflyt Onderhandel met kunstenaar Alletta van Sittert Jan - Des 2002 Moet bepaal word

Onderhandel vir fondse Anthony Miethas

Bemark by WWF





Byekorf Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan - des 2002 Moet bepaal word

Onderhandel vir fondse









65

66





FASE 5: GOEDKEURING DEUR RAAD



Tydens ‘n Algemene Raadsvergadering op 26 Februarie 2002 het die Raad van Karoo

Hoogland die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan van sy regsgebied eenparig

goedgekeur.


Related docs
Other docs by HC11112321137
???????????? ?????????????? ...
Views: 0  |  Downloads: 0
botucatuemDados
Views: 0  |  Downloads: 0
Manuten��o Tipos e Tend�ncias
Views: 4  |  Downloads: 0
Sample Network
Views: 2  |  Downloads: 0
Zumba Schedule DanceZ 10 01 11
Views: 0  |  Downloads: 0
90-590
Views: 0  |  Downloads: 0
Ellis8th Grade Prealgebra Week6
Views: 0  |  Downloads: 0
cat H MontLouis09
Views: 1  |  Downloads: 0
zalacznik_12081
Views: 0  |  Downloads: 0
By registering with docstoc.com you agree to our
privacy policy

You are almost ready to download!

You are almost ready to download!