‘N
GEïNTEGREERDE
ONTWIKKELINGSPLAN
VIR
KAROO HOOGLAND
2001 – 2005
‘n Amalgamasie van Sutherland, Williston, Fraserburg en
omliggende landelike gebiede
MUNISIPALITEIT
‘n Amalgamasie van Fraserburg, Sutherland, Williston & omliggende landelike gebiede
Privaatsak X03 Posbus 24 Privaatsak X03
WILLISTON SUTHERLAND FRASERBURG
8920 6920 6960
Tel.: (053) 391 3003/182 Tel.: (023) 571 1020 Tel.: (023) 741 1012
Faks: (053) 391 3294 Faks: (023) 571 1089 Faks: (023) 741 1257
E-pos: karoohoogwil@telkomsa.net E-pos: lando646@lando.co.za E-pos: fraseradmin@telkomsa.net
NAVRAE: VERW. NR.:
AAN WIE DIT MAG AANGAAN
‘N GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN VIR KAROO HOOGLAND
Elke plaaslike owerheid is ingevolge wetgewing verplig om ‘n Geïntegreerde
Ontwikkelingsplan vir die nuwe munisipaliteite op te stel. Hierdie G.O.P. moet by wyse
van konsultasie met die gemeenskap geskied.
‘n Reeks werkswinkels is in Wyke 1, 2 & 3 oor die afgelope 9 maande gehou. Wyk 4 is
sedert 1997 reeds deur hierdie proses en die resultate van die werkswinkels in Wyk 4 is
deurlopend in die nuwe G.O.P. ingewerk.
Soos in die werkswinkels verduidelik, bestaan die nuwe proses vir die saamstel van ‘n
G.O.P. uit 5 fases en die finale G.O.P. is op 26 Februarie 2002 deur die Raad van Karoo
Hoogland eenparig goedgekeur.
Aangeheg is die volledige goedgekeurde G.O.P. Hierdie G.O.P. hanteer elke fase soos
wat die proses ontvou het. Melding word ook gemaak in die G.O.P. van in-diepte studies
en aanhangsels. Vanweë die omvang van hierdie dokument, is ‘n afsonderlike
werksdokument voorberei waarin al hierdie aanhangsels en resultate van die in-diepte
analises opgeneem is (en sal word soos wat die werk vorder). Hierdie werksdokument is
beskikbaar op aanvraag.
2
Dit moet verder ook vermeld word dat elke projek oor sy eie besigheidsplan sal beskik
en dat aansienlike vordering reeds gemaak is met die opstel van besigheidsplanne en die
saamstel van projekspanne, hetsy intern of uit die gemeenskap. Die besigheidsplanne en
projekspanne vir elke afsonderlike projek sal ook op aanvraag beskikbaar wees.
Ten slotte is ‘n verkorte weergawe van die G.O.P opgestel en in ‘n brosjure-vorm
beskikbaar. Hierdie brosjure is ook op aanvraag beskikbaar.
Enige verdere navrae insake die GOP kan gerig word aan
Mnr CJ Symington Mevr. Alletta van Sittert
Burgemeester Munisipale Bestuurder
Tel 023 - 5711020 Sel 082 460 4317
Vriendelike Karoo Hoogland-groete
Mevr. Alletta van Sittert
Munisipale Bestuurder
3
‘N
GEïNTEGREERDE
ONTWIKKELINGSPLAN
VIR
KAROO HOOGLAND
2001 - 2005
‘n Amalgamasie van Sutherland,
Williston, Fraserburg en omliggende
landelike gebiede
4
INHOUDSOPGAWE
ONDERWERP BLADSY
I. INLEIDING:
AGTERGROND EN DOEL VAN GOP 7
METODOLOGIE 7
VERTREKPUNTE 9
Gemeenskapsgedrewe ontwikkeling
Volhoubaarheid
Roluitklaring
Bekostigbaarheid
Omgewingsvolhoubaarheid
Meganismes vir belyning
WETLIKE RAAMWERKE 11
II. FASE 1: ‘N ANALISE
i. ‘n Analise 13
Algemene Statistiese Inligting 13
Provinsie en Landdrosdistrik
Lengte- en Breedtegraad
Provinsiale Ligging
Plaaslike Regering Perspektief
Grootte van regsgebied
Munisipale Analise 14
Finansies
5
Infrastruktuur
Toerusting
Menslike Hulpbron Kapasiteite
Ekonomiese Analise 17
Demografie
Vestigingspatrone
Inkomsteprofiele en werksgeleenthede
Besighede
Tendense tov koopkrag
Sosio-Ekonomiese Analise 23
Geletterdheid- en vaardigheidsvlakke
Opvoedkundige instellings
Geestelike instellings
Gesondheidsinstellings
Welsynsinstellings
Sport- en Ontspanning
Omgewingsanalise 28
Geografiese besonderhede
Institusionele Analise 31
Die Raad
Die Munisipaliteit
Gemeenskapsorganisasies
Ruimtelike Analise 32
ii. Bepaling van prioriteite 34
6
iii. Bepaling van Behoeftes deur gemeenskap 36
iv. Indiepte Analise 40
III. FASE 2: STRATEGIESE DOELWITTE 41
Agtergrond 41
Visie 41
Strategiese Doelwitte 42
Ontwikkelingstrategieë 44
IV. FASE 3: PROJEKBEPLANNING
Opsomming van projekte: Tabel 53
V. FASE 4: INTEGRASIE
Tabel: Integrasie van projekte 58
VI. FASE 5: GOEDKEURING DEUR RAAD 66
7
I. INLEIDING
AGTERGROND EN DOEL VAN GEïNTEGREERDE ONTWIKKELINGSPLAN
Wetgewing verplig alle plaaslike owerhede om ‘n Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP)
op te stel. Hierdie proses is nie nuut nie en in die vorige bedeling moes munisipaliteite
ook ‘n GOP opstel. Amalgamasie het egter meegebring dat ‘n nuwe enkele GOP vir die
nuwe munisipaliteit opgestel moet word.
Suid-Afrika as ontwikkelende land het noodwendig omvattende ontwikkelingsbehoeftes
en met beperkte bronne van finansiering, is die vraag die omvang en aard van die
ontwikkeling. Die primêre doel van die GOP is dan juis om met gemeenskappe te
konsulteer in terme van die werklike ontwikkelingsbehoeftes wat geïdentifiseer en
geprioritiseer moet word. Van kritieke belang is dan uiteindelik om die geïdentifiseerde
behoeftes te integreer met die werksaamhede van die munisipaliteit, aangesien die
primêre taak van munisipaliteite sal wees om die ontwikkelingsplan te bestuur en te
implementeer.
Die doel van die GOP is opsommend in wese:
dit help om meer effektief gebruik te maak van skaars hulpbronne
dit bevorder dienslewering
dit help om addisionele fondse te bekom
dit versterk demokrasie en het institusionele transformasie tot gevolg omdat
besluite op ‘n demokratiese en deursigtige manier geneem word
dit bevorder interregering-koördinasie
METODOLOGIE
Die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan is in wese ‘n 5-jaar ontwikkelingsplan vir Karoo
Hoogland en die proses bestaan uit 5 fases. Hierdie fases behels:
i. ‘n Analise
ii. Identifisering van Visie en Strategiese Doelwitte
iii. Projekbeplanning
iv. Integrasie
v. Goedkeuring deur Raad
8
Vir elke fase is tydsraamwerke bepaal en die finale GOP moet in Maart 2002 voltooi
wees. Die vernaamste vertrekpunt is dat die GOP ‘n enkele ontwikkelingsplan vir Karoo
Hoogland sal wees, maar afstande tussen die dorpe bemoeilik sinvolle gemeenskaps-
prosesse. Vir hierdie doeleindes is die volgende metodologie gebruik:
Werkswinkels is per wyk gehou en die inligting is in ‘n enkele GOP geïntegreer. Die
volgende wyke bestaan:
Wyk 1 Williston dorp
Wyk 2 Fraserburg dorp
Wyk 3 Sakrivier, Nuweveld en deel van Roggeveld landelike gebiede
Wyk 4 Sutherland dorp en deel van Roggeveld Landelike gebied
Werkswinkels per wyk is gereeld per fase gehou word;
Die oorhoofse fasilitering is deur die munisipaliteit gehanteer;
Wykskomitees sal verantwoordelik wees vir die oorhoofse bestuur van die GOP;
Enige werkskomitees wat gestig word uit die GOP-werkswinkels, sal met die hulp van
personeel in die Ekonomiese Direktoraat gefasiliteer word;
Alle organisasies in die wyke is geïdentifiseer (Sien Bylae-dokument) en is na alle
werkswinkels genooi. Spesifieke fokus in die werkswinkels is geplaas op die
behoorlike verteenwoordiging van belangegroepe. Hierdie belangegroepe is:
politieke organisasies belastingbetalersorganisasies
kerke skole
jeug gestremdes
vroue georganiseerde landbou
besigheidsektor en toerisme
Elke konsep wat in elke fase voorberei word, is eers aan al die organisasies versprei
om te verseker dat konsensus bestaan oor die inhoud van die fase;
Een van die mees suksesvolle strategieë vir volhoubare ontwikkeling sluit in die
koördinering van organisasies in forums wat verantwoordelikheid van van die projekte
kan neem. Voorbeelde in hierdie verband is sportforums, sakekamers, welsynforums,
ens. Ernstige pogings sal aangewend word om sodanige forums te stig.
Van kritieke belang is om te meld dat die GOP beskou sal word as ‘n werksdokument met
die doel om as ‘n enkele punt van insette te dien. Dit word dus ook aanvaar dat hierdie
9
werkdokument onderhewig sal wees aan deurlopende veranderinge soos wat
omstandighede sodanige veranderinge mag noodsaak.
VERTREKPUNTE
Enige gemeenskapskonsultasie-proses vereis onderliggende vertrekpunte om die proses
regverdig en gefokus te hou. Die volgende vertrekpunte is in werkswinkels
geïdentifiseer:
Gemeenskapsgedrewe ontwikkeling
In die meeste van die werkswinkels is gemeenskapsgedrewe ontwikkeling geïden-
tifiseer as ‘n vername vertrekpunt. Die gemeenskappe in Karoo Hoogland is
histories-verdeelde gemeenskappe met hoë mate van ongelykhede. Alhoewel daar
nie noodwendig “ryk” inwoners in Karoo Hoogland is nie, woon die meerderheid arm
inwoners in die voorheen agtergeblewe gemeenskappe met geen of beperkte
ekonomiese en/of besigheidsblootstelling.
Die deurlopende insette (en leiding) van georganiseerde gemeenskappe sal van
kardinale belang wees. Van die implikasies van hierdie sluit in:
Ontwikkeling hang nie slegs van (‘n) individue(e) af nie, maar van die
gemeenskap –in-die-breë;
Ontwikkeling sal gebaseer wees op werklike behoeftes en nie op aannames.
Volhoubaarheid
Die beginsel van volhoubaarheid is belangrik in terme van die langer termyn visie.
Karoo Hoogland se ontwikkeling moet in belang van generasies wees en volhou-
baarheid is dus belangrik. Prof Fanie Cloete (US) definieër volhoubaarheid as
ontwikkeling wat in die behoeftes van die huidige generasie voldoen, sonder om die
behoeftes van die volgende generasie te kompromiteer.
Roluitklaring
Die Raad van Karoo Hoogland is ingevolge wetgewing verplig om die GOP-prosesse
te stimuleer. Soos wat ontwikkeling begin realiseer, sal georganiseerde entiteite
van die rolle moet begin oorneem. Dit beteken prakties dat ‘n sportforum sport-
10
en ontspanning moet dryf, welsynorganisasies die leiding sal moet neem itv
opheffingswerk, ens. Alle gemeenskapsorganisasies moet egter die gelyke en volle
reg geniet om aan die proses deel te neem.
Bekostigbaarheid
Een van die grootste gevare in die GOP-proses is die skep van verwagtinge. In
Fase 3: Projekbeplanning word die kwessie van wat bekostig kan word, uitgeklaar.
Omgewingsvolhoubaarheid
Karoo Hoogland is primêr ‘n landbougemeenskap en die bewaring van die omgewing
in ontwikkelinge is ‘n belangrike vertrekpunt in terme van die volhoubaarheid van
die inisiatiewe.
Koördinering met ander instansies
Sterk munisipaliteite en ontwikkelingsgeleenthede is grootliks afhanklik van die
strategiese posisionering van die munisipaliteit. Geen munisipaliteit moet dus ‘n
GOP in isolasie voorberei en implementeer nie. Skakeling moet geskied met
naburige munisipaliteite, die Distrikmunisipaliteit, provinsiale en nasionale
regeringsdepartemente en ander rolspelers. Hierdie belyning moet ook verseker
dat duplikasie en botsende projekte gekoördineer kan word en pro-aktief bestuur
kan word.
11
WETLIKE RAAMWERKE
‘n Aantal wetgewings verplig plaaslike regerings om spesifieke aspekte te beplan
en implimenteer. Die belangrikste wetgewing sluit in:
Die Grondwet
Die Grondwet van Suid-Afrika is die raamwerk waarbinne plaaslike owerhede
funksioneer. Plaaslike owerhede is die regering naaste aan gemeenskappe en is
dus primêr verantwoordelik vir ontwikkeling in die gebied.
Die Oorgangswet op Plaaslike Regering
Die Oorgangswet op Plaaslike Regering vorm ‘n basis vir plaaslike owerhede.
Hierdie wet bepaal dat plaaslike owerhede basies twee funksies het:
Die lewering van basiese dienste (water, sanitasie, vullisverwydering, ens)
Die skep van ‘n klimaat wat ekonomiese ontwikkeling sal bevorder.
In die lig van bogemelde funksies, beskou die Raad dit as sy plig om
ontwikkelingsprosesse te inisieër en te dryf.
Munisipale Strukture- en Stelselswet
Die Munisipale Strukture- en Stelselswet gee inhoudelike oorsig van die GOP en
alle plaaslike owerhede moet binne die konteks van hierdie wette beweeg.
Een van die belangrike aspekte wat hierdie wetgewing uitlig, is ‘n “prestasie-
kontrak” tussen die Raad en die gemeenskap i.t.v. van die kwaliteit en kwantiteit
van die dienste wat gelewer moet word. Hierdie proses moet dus ook poog om die
basis van hierdie kontrak te vorm.
‘n Tweede doelwit van hierdie Wetgewing is om die verhouding tussen die werk-
gewer (Die Raad) en senior bestuur in plaaslike Regerings vas te stel. Hierdie
dokument sal as ‘n instrument vir die Raad dien om die prestasie van die bestuur
te evalueer, aangesien die Munisipale Bestuurder sal moet verseker dat die
toepaslike doelwitte (tov die funksies van die munisipaliteit) uitgevoer word.
12
Waterdienste Ontwikkelingsplan
Die Departement van Waterwese verplig tans plaaslike owerhede om
Waterdienste Ontwikkelingsplanne saam te stel. Die WSDP is ‘n instrument om
die ernstige situasie in die Noord-Kaap t.o.v. waterhulpbronne, sanitasie en
omgewingsbewaring te bestuur. Karoo Hoogland is geografies geleë in ‘n droë
area en die omliggende boerdery gemeenskap is afhanklik van die beskikbare
waterhulpbronne. Die WSDP sal ‘n ernstige poging wees om waterhulpbronne in
Karoo Hoogland te bestuur.
Verskeie ander wetgewing is ook relevant in die opstel van die GOP en sal
voortdurend in aggeneem word.
13
II. FASE 1: ‘N ANALISE
Soos reeds vermeld, bestaan die GOP uit verskeie fases. Die volgende gedeelte is Fase 1
wat ‘n analise is van die nuwe munisipaliteit en sy gemeenskappe. Hierdie fase is
belangrik omdat toekomstige strategieë hieruit moet voortvloei. Die doel van hierdie
fase is dus om die basis te vorm waarbinne beplanning vir ontwikkeling kan geskied.
Hierdie gedeelte sal dus ook deurlopend hersien moet word. Onderskeid moet getref
word tussen statistiese inligting wat die gebied omskryf en inligting waarvan afleidings
gemaak kan word vir ontwikkelingsdoeleindes. Die vraag sal dus deurlopend wees die
doel en nut van die inligting ter sprake. Die analise word dan ook ingedeel in:
‘n Algemene Statistiese Konteks
‘n Munisipale Analise
Ekonomiese Analise
Sosio-Ekonomiese Analise
Omgewingsanalise
Institusionele Analise
Ruimtelike Analise
Bogemelde analises sal meebring dat bepaalde prioriteite geïdentifiseer sal kan word.
Hierdie prioriteite sal spesifiek met die behoeftes wat die gemeenskap identifiseer,
geïntegreer word waaruit ontwikkelingsprojekte gebore sal word.
Algemene Statistiese Inligting
Provinsie en Landdrosdistrik
Karoo Hoogland is geleë in die Noord-Kaap Provinsie.
Die wyke is in die volgende landdrosdistrikte geleë:
Wyk 1 - Williston Wyk 2 - Fraserburg
Wyk 3 - Williston/Fraserburg en Sutherland Wyk 4 - Sutherland
Lengtegraad en Breedtegraad
Wyk 1 - 20º56’O, 31º34’S Wyk 2 - 21º29’O, 31º56’S
Wyk 3 - NVT Wyk 4 - 31º28’S, 19º47’O
14
Provinsiale Ligging
Karoo Hoogland is geleë in die mees suidelike gedeelte van die Noord-Kaap en
vorm deel van die nuwe Namakwa Distrikmunisipaliteit. Die hoofsetel van die
Distrikmunisipaliteit is Springbok wat 499 km van Williston geleë is, 592 km van
Fraserburg en 539 km van Sutherland. Een van die strategieë sal juis die
korrekte posisionering van Karoo Hoogland moet wees om afstand en isolasie teen
te werk.
Plaaslike Regering Perspektief
Karoo Hoogland is ‘n amalgamasie van Williston (Wyk 1), Fraserburg (Wyk 2),
Nuweveld/Sakrivier landelike gebied (Wyk 3) en Sutherland/Roggeveld landelike
gebied (Wyk 4).
Aantal kiesers 6 018
Kiesers/wyk Wyk 1 1 430 Wyk 2 1 351
Wyk 3 1 009 Wyk 4 1 074
Aantal setels 7
Aantal wyke 4
Grootte van regsgebied
34 038 vierkante km Wyk 1 56 vk km Wyk 2 98 vk km
Wyk 3 24 620 vk km Wyk 4 9 2 64 vk km
Munisipale Analise: Infrastruktuur & Finansies
Die volgende inligting ten opsigte van die munisipale funksies is kritiek, aangesien dit die
kwaliteit en koste-effektiwiteit van dienslewering bepaal.
Finansies
Die vernaamste kenmerke van Karoo Hoogland Munisipaliteit se finansies is opsommend:
‘n Relatief gesonde kontantvloeisituasie
15
Na amalgamasie is die projeksies dat die munisipaliteit nie in die kort- en medium
termyn ernstige kontantvloei-probleme sal ervaar nie. Hierdie aspek is egter
onderhewig aan die betalingsyfer van verbruikers.
‘n Gebrekkige betalingskultuur
Dit is tans duidelik dat daar hoofsaaklik 3 kategorieë van verbruikers is, nl
diegene wat gereeld rekeninge betaal, diegene wat dit werklik nie kan bekostig nie
en diegene wat die rekening om ander redes nie betaal nie. Die volgende is ‘n % van
die gemeenskap wat betaal en ‘n % van die gemeenskap wat aansoek doen vir
interowerheidstoekennings; (Huishoudings wat kwalifiseer vir interower-
heidstoekennings moet minder as R 1 200 per maand verdien en die rekening van
hierdie huishoudings word gesubsidieër):
Dorp Betaling % Interowerheidstoekenning %
Williston 80 48,5
Fraserburg 78 41
Sutherland 69 41
Gemiddeld 75,7 40,2
Ondersoek word tans gedoen na die profiele van debiteure i.t.v. die ouderdoms-
analises van die rekeninge, asook na inkomstes van verbruikers. Hierdie onder-
soek moet die Raad in staat stel om beleidsraamwerke te verfyn itv die vermoë
van verbruikers om te kan betaal en om kontantvloei te kan verseker. Hierdie is
veral belangrik in die konteks van eenvormige tariewe in Karoo Hoogland en die
impak wat dit op veral die verbruikers in Wyk 4 (Sutherland) gehad het.
Gebrekkige fondse vir ontwikkeling
Voldoende fondse bestaan vir die bedryf van die munisipaliteit, maar nie
noodwendig vir omvattende kapitale werke nie. Dit bring mee dat weinig belê kan
word in ontwikkeling en dat die munisipaliteit afhanklik is van eksterne fondse.
Infrastruktuur
Vir die historiese konteks waaruit al 3 vorige munisipaliteite kom as klein
munisipaliteite met beperkte finansiële vermoëns, is die infrastruktuur relatief goed.
Geen kritieke gapings in terme van toegang tot basiese dienste bestaan nie, maar die
standaard en lewensduur van sommige infrastruktuur word toenemend ‘n bron van
kommer. Die volgende statistieke is belangrik:
16
Wyk Huishoudings Formele Huise Elektrisiteit Water Sanitasie Vullis
% % % %
1 648 97,9 100 100 55,3 100
2 544 97,2 100 100 64,9 100
3 1030 97,6 37,3 42,2 0,9
4 1051 92,1 63,7 39 34,0 47,7
Definisie:
Formele Huise % huise gebou van steen of klip
Elektrisiteit % huishoudings wat elektrisiteit vir beligting gebruik
Water % huishoudings wat kraanwater in die huis het
Sanitasie % huishoudings wat ‘n spoeltoilet het
Vullis % huishoudings waarvan vullis verwyder word
Die volgende inligting is ook belangrik:
Wyk Aantal nagemmers Oksidasiedam % doeltreffend
1 (Williston) 290 40
2 (Fraserburg) 191 100
3 (Sutherland) 300 50
‘n Ondersoek word tans gedoen na die infrastruktuur van Karoo Hoogland en die
resultate van die ondersoek sal in die GOP geïntegreer word. Hierdie ondersoek sal
in wese gefokus wees op die toestand en verwagte lewensduur van infrastruktuur
(oksidasiedamme, stortingsterreine, waternetwerke, ens). Verder word ‘n ondersoek
ook geloods na die toekomstige meganismes vir die lewering van dienste (soos vervat
in die Stelselswet) in Karoo Hoogland. Die resultate van die ondersoek sal in die
Bylae-dokument opgeneem word.
Die Raad van Karoo Hoogland moes in terme van wetgewing ‘n kapitaalprogram opstel.
Hierdie program sal tydens wykskomitees bespreek word om sodoende alle kapitale
werke te prioritiseer en dienooreenkomstig te begroot. (Sien Bylae-dokument)
Toerusting
Die meeste van die toerusting vir die lewering van dienste se lewensduur is kort en
sal vervang moet word. Hieronder tel:
17
Wyk Toerusting Getal Toestand Lewensduur (Jaar)
1 Vragmotor 1 Redelik 5+
Padskraper 1 Swak -5
Laaigraaf 1 Swak -5
Kompressor 1 Swak -5
Sleepwaens 2 Goed +10
Vulliswa 1 Redelik +5
Rioolwa 1 Swak -5
Waterkar 1 Redelik +5
Bakkie 1 Redelik +5
2 Vragmotor 1 Goed +10
Padskraper 1 Goed +10
Sleepwa (groot) 2 Goed +10
Sleepwa (klein) 3 Redelik +5
Bakkie 2 Goed +10
Bakkie 1 SWak -5
Paneelwa 1 Goed +10
3 Beskik oor geen toerusting
4 Vulliswa 1 Goed +10
Sleepwa 1 Redelik +10
Bakkie 1 Swak -5
Menslike Hulpbron Kapasiteite
Sien Institusionele Analise
Ekonomiese Analise
Die vernaamste analise is die ekonomiese tendense en dinamika in Karoo Hoogland. Dit is
immers ekonomiese faktore wat aanleiding gegee het tot die oorspronklike vestiging van
mense in die gebied. Indien hierdie oorspronklike ekonomiese redes nie meer bestaan
nie, plaas dit vraagtekens oor die lewensvatbaarheid van gemeenskappe.
Die volgende inligting is belangrik ten opsigte van die bevolking in Karoo Hoogland:
Demografie
Bevolkingsdigtheid
Die Hantam-Karoo vestigingspatrone word gekenmerk deur lae bevolkingsdigtheid
wat ‘n groot geografiese gebied dek. Die volgende tabel is belangrik:
18
Karoo Hoogland regsgebied Totale bevolking Bevolkingsdigtheid
34 038 vk km 12 116 2,8’vk km
Bevolkingsamestelling
Bevolkingsgroep (%) Ouderdomsgroep (%)
Wyk Bevolking Swart Kleurling Indier Blank Ander 0-19 20-34 35-64 65+
1 3 072 1.0 82.7 0 13.4 2.7 44.4 20.6 24 8.2
2 2 642 0.2 81.8 0 16.8 1.0 44.4 19.8 24.8 9.8
3 2 754 0.5 76.7 0 22.6 0 26.4 28.7 37 6.7
4 3 648 1.3 77.4 0 20.5 0.6 36.5 23.3 31.4 7.2
Die totale bevolking vir Karoo Hoogland is:
Wyk 1 Wyk 2 Wyk 3 Wyk 4 Totaal
Swartes 32 7 17 47 102
Kleurlinge 2 543 2 162 2 113 2 828 9 643
Indiërs 0 0 0 0 0
Blankes 412 445 624 749 2 233
Ander 85 28 0 24 136
Totaal 3 072 2 642 2 754 3 648 12 116
Ouderdomsontleding
Wyk 0-19 20-34 35-65 65+
1 1 363 635 737 251
2 1 173 523 755 258
3 727 790 1 018 184
4 1 331 849 1 145 262
Totaal 4 594 2 797 3 555 955
Gemiddelde Gesinsgrootte
Die gemiddelde gesinsgrootte is Wyk 1 6.0 mense per gesin.
Wyk 2 5.9
Wyk 3 6.0
Wyk 4 6.0
Bevolkingsgroei
Die bevolkingsgroei is Wyk 1 15% Wyk 2 14,6%
Wyk 3 15% (geskat) Wyk 4 15%
19
Vestigingspatrone
Aantal huishoudings
Die aantal huishoudings is Wyk 1 648 Wyk 2 544
Wyk 3 1 030 Wyk 4 1 051
Permanente vestiging
Die meeste inwoners in Karoo Hoogland is permanent gevestig. Huidiglik woon die
volgende persentasie mense permanent in Karoo Hoogland.
Wyk 1 93,5% Wyk 2 97,5%
Wyk 3 94 % (geskat) Wyk 4 94,5%
Gemiddelde permanent gevestig: 94,8%
Informele vestiging
Slegs ‘n klein persentasie woon in informele huisvestiging. Daar is ‘n formele
informele nedersetting in Wyk 2, maar die meeste informele huisvestiging is in
“shacks” op die erwe van permanente strukture. Die volgende statistieke is
belangrik:
Wyk Huishoudings Formele huise Informele huise
1 640 97,9% 2.1%
2 544 97,2% 2,8%
3 1 030 97,6% 2,4%
4 1 051 92,1% 7,9%
Nagenoeg
13 Huishoudings in Wyk 1 15 huishoudings in Wyk 2
25 Huishoudings in Wyk 3 83 huishoudings in Wyk 4
beskik nie oor formele huisvesting nie.
Migrasie
Migrasie word hoofsaaklik veroorsaak deur die gebrek aan werksgeleenthede en
seisoenale werke. Die jeug is verplig om werk elders te soek en die normale
20
tendens is om werk in die Wes-Kaap te soek. ‘n Demografiese studie word tans vir
Wyk 4 beplan in die lig van die makro-ekonomiese strategie vir Sutherland.
Aantal residensiële eenhede
Daar is huidiglik
730 residensiële eenhede in Wyk 1
651 residensiële eenhede in Wyk 2
542 residensiële eenhede in Wyk 4 (slegs Sutherland)
Die behoefte vir eiendomsontwikkeling/nuwe residensiële areas in die dorpe groei
soos afgelei kan word uit o.a. die relatief kort tydperke wat beskikbare eiendom in
die mark is en die navrae insake residensiële eiendom. Die aantal oordragte van
eiendom die laaste 2 jaar is tans: (Jan 2000 - Jun 2001)
Wyk Oordragte
Plase Huise
1 170
2 51
3 115 (Wyke 3 en 4 saam
4 125
‘n Belangrike aspek tov Wyk 3 en ‘n gedeelte van Wyk 4 is dat die ekonomiese een-
hede (plase) oor die afgelope 15 - 20 jaar groter geword het. Ekonomiese eenhede
was in 1980 ongeveer 5 000 hektaar groot, terwyl ekonomiese eenhede tans gemid-
deld 7 000 hektaar groot is. Hierdie eenhede is meesal nie een enkele plaas nie, maar
twee of meer plase wat as ‘n eenheid bestuur word, al grens die plase nie noodwendig
aan mekaar nie. Die vernaamste oorsaak hiervan was ekonomies van aard, want die
boer moes kompenseer vir lae produkte-pryse, stygende insetkostes, stygende
brandstofprys en stygende lewenskostes. Die volgende statistieke is belangrik:
Dorp Aantal plase Aantal bewoon Aantal onbewoon
Williston 210 90 120
Fraserburg 312 140 172
Sutherland 320 165 155
21
Inkomsteprofiele en werksgeleenthede
Inkomste profiele
Gemiddelde inkomste (per jaar)
Area Geen R1- R2401 R6001- R12001- R18000- R30000- R42001- R54001 R72001 R96001- R132000- R192000+
R2400 -R6000 R12000 R18000 R30000 R42000 R54000 -R72000 -R96000 R132000 R192000
Wyk 1 4.3 4.7 18.7 27.9 21.3 13.0 5.8 1.8 2.5 0 0 0 0
Wyk2 4.5 2.5 21.5 24.2 15.2 12.9 3.9 4.5 4.9 2.7 1.8 0.2 1.2
Wyk4 5.3 6.8 27.5 20.5 13.1 12.3 2.9 3.9 2.9 1.8 1.2 0.4 1.4
Aantal huishoudings wat minder as R 500,00 per maand verdien:
Wyk Huishoudings % minder as R 500/m Aantal huishoudings
minder as R 500/m
1 648 27,7 179
2 544 28,5 155
3 1 030 39,6 408
4 1 051 30,4 320
Werkloosheid
Wyk % van bevolking in diens Aantal in diens
1 24,1 740
2 21,6 571
3 48,4 1 333
4 37,0 1 349
Besighede
Grootste werkverskaffers
Die grootste werkverskaffers huidiglik sluit in:
22
Wyk Besigheid Aantal werknemers
1 Merino Slagtery 52
Williston Vleiskooperasie 30
Williston Handelshuis 25
A Polkota Taverne 6
Pep Stores 4
Vermeulen Algemene Handelaars 5
2 Nuweveld Kooperasie 8
Fraserburg Kooperasie 5
Pep Stores 5
Hodgson Broers 5
Central Bottelstoor 5
3 Geen besighede wat werk verskaf
4 Sutherland Verbruikers 10
Andre’s Kafee 8
Sutherland Landboukooperasie 8
Mamma se werkswinkel 8
Roggeveld Handelaars 5
Dit is duidelik uit bogemelde dat die formele handel en ander instellings nie
noodwendig ‘n belangrike bron van werkskepping is nie. Die aantal informele
handelaars is nie bekend nie, maar die gebrek aan formele werkskepping
forseer toenemend meer mense om met informele handel te begin. Hierdie
informele handel sluit in huiswinkels, “taxi’s”, shebeens, ens.
Tendense tov koopkrag en inkopies
Een van die grootste beperkinge tans itv ekonomiese herlewing is die feit dat
die meeste huishoudings in Wyk 4 (Sutherland) in die Wes-Kaap inkopies doen.
‘n Groot aantal ouers huisves hulle kinders in koshuise in skole in die Wes-Kaap
en, gedurende naweke, wanneer die kinders van die koshuise gehaal word, word
inkopies in die dorpe gedoen waar die kinders gehuisves is. Hierdie dorpe sluit
in Worcester, Paarl, Wellington, Stellenbosch en Touwsrivier – dus Wes-Kaap
dorpe.
Beperkte kontantvloei is ook duidelik in al die dorpe, aangesien die meeste
besighede afhanklik is van ‘n kredietstelsel vir kliënte. Dit kan dus afgelei
word dat die inwoners oor beperkte koopkrag beskik. Dit is ook duidelik dat
diegene wat oor private vervoer beskik, dikwels inkopies buite die dorp doen
(bv in die Wes-Kaap) en dat diegene wat nie oor vervoer beskik nie, plaaslik
moet koop. Terwyl plaaslike pryse redelik goed vergelyk met stedelike pryse,
is die kwessie van vervoer as addisionele koste vir die handelaars ‘n aspek wat
pryse van produkte bepaal.
23
‘n Verdere beperkende invloed op die groei van potensiële besighede, is die
teenwoordigheid van buite-informele handelaars/smouse. Die smouse is slegs
in die dorpe teenwoordig tydens pensioenuitbetalings en verlaat die dorp
onmiddellik na afloop van die dag. Die gevolg is dat kontant wat in die dorp
gegenereer word, reeds dieselfde dag uit die dorp uitvloei en sodoende
plaaslike handelaars beïnvloed itv klandisie enersyds en andersyds itv
maandelikse kontantvloei, aangesien ‘n groot persentasie pensioen- en
welsynuitbetalings inkopies op krediet by die plaaslike handelaars koop.
Aantal kleinhandelaars
Wyk Formele Handelaars Informele Handelaars
1 14 8
2 18 8
3 geen geen
4 13 8
Kommentaar:
Wyk 4 se vorige GOP was van so ‘n aard dat werkskepping reeds as ‘n strategie
omskryf is en projekte hieruit reeds voortgevloei het. Die vernaamste
projekte behels:
die ontwerp en bou van ‘n Wetenskapsentrum vir besoekers by die
Sterrewag
‘n Aktiwiteitsentrum in die dorp
‘n wolverwerkingsaanleg in die dorp
die vestiging van kleinboere
die skep van ‘n Besigheidsadviessentrum in die dorp
die vestiging van ‘n permanente toerismekantoor om Wyk4 as toerisme-
bestemming te bemark met gevolglike skep van SMME’s
Hierdie aspekte word nou opgeneem as prioriteite in Karoo Hoogland se GOP.
Sosio- Ekonomiese Analise
Van die vernaamste probleme in Karoo Hoogland is die gebrek aan werksgeleenthede wat
lei tot die bose kringloop van sosio-ekonomiese (welsyn)-probleme. Hierdie probleme
word ook vererger deur die hoë mate van ongeletterheid onder volwassenes wat in wese
nie oor die basiese lewensvaardighede beskik nie. Die algemene simptome hiervan is
24
gesinsgeweld, hoë vlakke van drankmisbruik, tienerswangerskappe, onhigiëniese
toestande in huise, ens.
Statistieke en die bepaling van probleme en tendense is belangrik t.o.v.:
Geletterdheids- en vaardigheidsvlakke
Die huidige geletterheidsvlakke is:
Wyk 1 Wyk 2 Wyk 3 Wyk 4
Ongeletterd 16,3 21,9 40,9 28,9
Graad 7 39,0 34,4 3,4 3,8
Graad 10 16,0 18,1 1,9 1,6
Graad 11 2,0 2,0 0,3 0,9
Graad 12 3,8 4,8 5,0 2,6
Graad 12 + sert 0,1 0,7 0 0,5
Graad 12 + diploma 0,7 1,6 2,3 0,9
Graad 12 + graad 0,6 0,6 0,7 0,5
ABET-programme:
Inligting tov ABET-programme/fasiliteerders kon met die opstel van die GOP nie
vasgestel word nie.
Van die opleidingsbehoeftes wat reeds geïdentifiseer is, sluit in:
tegniese vaardighede (boubedryf, ens)
Engelse
Rekenaaropleiding
Opvoedkundige instellings
Een van die vernaamste bronne in Karoo Hoogland is die Suid-Afrikaanse Astrono-
miese Observatorium (SAAO) wat een van die vernaamste navorsingsinstellings in
Suid-Afrika is en potensieël ‘n belangrike rol in Afrika sal speel met die grootste
teleskoop (SALT – Southern African Large Telescope) wat huidiglik daar gebou
word. Omvattende planne is reeds in ‘n gevorderde stadium vir die bou van ‘n
Wetenskapsentrum by die Sterrewag en ‘n groot toevloei van toeriste word oor
die volgende tydperk verwag.
25
Die volgende opvoedkundige instellings bestaan: (Sommige inligting ontbreek nog
en sal ingevoeg soos inligting beskikbaar gemaak word)
Wyk Inrigting Aantal Fasiliteerder Leerders Ratio F/L
1 H/S Williston 1 10 272 1:27
Nico Bekker 1 17 670 !:36
Williston Jun Kollege 1 2 13 1:6
Hompie Kedompie 1
Kleuterskool 1
Hasie Kalbassie 1
2 H/S Fraserburg 1
CVO-Skool 1
Malherbe Human Primêr 1
Melktandjies Kleuterskool 1
Mona Lisa Kleuterskool 1
4 H/S Sutherland 1 10 160 1:10
Roggeveld Primêr 1 10 398 1:40
Pikkiebult Kleuterskool 1 1 30
Sneeuvlokkie 1 2 140 1:70
Geestelike instellings
Kerke speel ‘n belangrike rol in plattelandse dorpe en die rol van die kerke in die
GOP-proses moet uitgeklaar word. Die volgende kerke/denominasies is aktief:
(Lidmaat-skap word tans nog vasgestel)
Denominasie Lidmaatskap
Wyk 1 Wyk 2 Wyk 3 Wyk 4
Nederduits Gereformeerde Kerk x 400 412
NG Sending-kerk x x 560
Harvester Gemeente 30
Nuwe Apostoliese Kerk x 82
Hebron Pinkster Bediening 18
Bewegende Pinkster 52
Afrikaanse Protestante Kerk x x 33
Volle Evangelie Kerk x
A.M.E. Kerk x
Maranatas Kerk x
AGS Kerk x
Ou Apostoliese Geloof x
26
Gesondheidsinrigtings
Daar is huidiglik in elke wyk ten minste ‘n kliniek (uitgesluit wyk 3). Terwyl die
meeste van die dorpe oor ‘n GGS beskik, het nie al die dorpe daagliks toegang tot ‘n
mediese dokter nie.
Algemene siektes
Die volgende siektes is algemeen:
Waterpokkies, pampoentjies, masels. Aangesien ‘n inentingsprogram teen hierdie
siektes gevolg word, is die uitwerking daarvan nie baie groot nie. Gastro-enteritis
(maagdermontsteking) en seborieë (velaandoening) kom meer algemeen voor en kan
toegeskryf word aan swak fisies huislike omstandighede. Tuberkulose is aan die
toeneem en die oorsaak sluit die volgende in:
Behuisingsprobleme: daar is gevalle waar tot 20 mense ‘n 2-vertrekhuis deel;
drankmisbruik, dwelmmisbruik, rookgewoontes, swak eetgewoontes;
Geneesmiddels word nie gereeld geneem nie en pasiënte bou “multi drug
resistance” op waartydens die liggaam antiliggame opbou wat die werking van die
TB-middels teenwerk. So ‘n pasiënt kan nie genees word nie, en dra hierdie
verskynsel aan ander oor.
Vigs is aan die toeneem en daar is reeds 32 gevalle aangemeld waarvan 3 kinders is.
Die aantal weeskinders agv vigs is 7 en 2 swangerskappe is ook positief vir Vigs
gediagnoseer.
In die algemeen kan gesê word dat die gesondheidstatus van Karoo Hoogland swak is
en dat baie mense siek is. Babas het ‘n lae geboortegewig (soms so laag as 2,5kg), en
baie mense ly aan long-verwante siektes, agv die inasem van rook afkomstig van
smeulende kole wat gebruik word as verhitting gedurende die winter.
Welsynsinstellings
Die mees algemene welsynprobleme sluit in armoede, alkoholisme, gesinsgeweld en
tienerswangerskappe. Die aanspreek van hierdie probleem is op ‘n multi-vlak en
werkskepping, en ander welsyninisiatiewe sal hierdie probleme moet aanspreek.
Tienerswangerskappe is aan die toeneem en kan toegeskryf word aan swak morele
waardes, negatiewe ingesteldheid teenoor gesinsbeplanning, verveeldheid,
27
groepsdruk, drank- en dwelmmisbruik. Tans kom daar 16 gevalle voor waarvan 7 nog
op skool is.
Sport- en Ontspanning
Sportforums
‘n Aktiewe sportforum is in Sutherland. Sportforums word beplan vir Williston en
Fraserburg in die nabye toekoms.
Aantal sportklubs
Daar is huidiglik in
Wyk 1 8 sportklubs Wyk 2 5 sportklubs
Wyk 3 0 sportklubs Wyk 4 8 sportklubs
Sportklubs
Die volgende sportklubs bestaan:
Wyk 1 Wyk 2 Wyk 3 Wyk 4
Sokker x x x
Rugby x x x
Krieket
Netbal x x x
Atletiek
Jukskei x x
Tennis x x x
Pluimbal
Gholf x x x
Tafeltennis x
Karate x
Sportfasiliteite
Die volgende sportfasiliteite bestaan:
Wyk 1 Rugbyveld, tennisbane, netbalbane, jukskeibane, gholfbaan
Wyk 2 Rugbyveld, tennisbane, netbalbane, gholfbaan
Wyk 3 Geen fasiliteite
Wyk 4 Rugbyveld, tennisbane, netbalbane, gholfbaan, jukskeibaan
28
Een van die grootste behoeftes in Wyk 4 is ‘n veeldoelige gemeenskapsentrum wat
o.a. ‘n verbeterde biblioteek, ‘n rekenaarsentrum, binneshuise sportfasiliteite en
fasiliteite vir algemene gemeenskapsbehoeftes insluit. Ontwerpe in hierdie
verband is reeds deur argitekte opgestel as deel van Sutherland se makro-
ekonomiese strategie.
Omgewingsanalise
‘n Analise tov die omgewing is belangrik, aangesien dit ‘n landbou-omgewing is en omge-
wingsbewaring noodwendig ‘n belangrike komponent tov volhoubare ontwikkeling is. Die
analise bestaan uit ‘n omskrywing van die omgewing, asook die identifisering van die
kritieke aspekte tov die omgewing.
Geografiese Besonderhede
Topografie
Wyk 1 is Williston en is 120 km oos van Calvinia geleë. Belangrike verkeerweë wat
Williston met omliggende dorpe verbind is:
R63 na Calvinia (ongeveer 120 km)
R63 na Carnarvon (ongeveer 135 km)
R353 na Fraserburg (ongeveer 93 km)
R353 na Brandvlei (ongeveer 127 km)
In 1845 is die Rhynse sendingstasie, Amandelboom, op die oewer van die Sakrivier
gestig. Dit was ‘n toevlugsoord vir die rondtrekkende inboorlinge op soek na wei-
velde wes van die Kareeberge. In 1919 is die dorp hernoem na ‘n Britse Koloniale
Sekretaris, Kolonel Hampden Willis en is die naam Williston amptelik in gebruik
geneem. Williston is geleë in ‘n goeie skaapboerderystreek wat begrens word deur
die Slangberge in die suide en ‘n aantal panne in die noorde.
Die gemiddelde reënval en temperatuur is:
29
Maand Gemiddelde Syfers
Reënval (mm) Temperatuur
Stasie No Mak - Min
Oktober 9,0 7,1-23,7
November 12,0 10,3 - 26,9
Desember 12,0 12,0 - 29,4
Januarie 16,0 12,8 - 30,6
Februarie 24,0 13,8 - 29,9
Maart 32 11,2 - 27,3
April 15 7,3 - 22,3
Mei 15 3,7 - 18,6
Junie 8 0,4 - 15,2
Julie 8 0,4 - 15,3
Augustus 8,0 0,9 - 16,9
September 7,0 3,5 - 20,8
Wyk 2, Fraserburg, is 215 km suid-oos van Calvinia geleë. Belangrike verkeers-
roetes wat Fraserburg met omliggende dorpe verbind is:
R353 na Williston (93km)
R356 na Sutherland (110km)
R353 an die N1 (120 km)
R356 na Loxton (100km)
R361 na Carnarvon (135 km)
Die dorp is vernoem na ‘n Skotse geestelike, Eerwaarde Colin Fraser. Fraserburg
is in 1851 gestig op ‘n hoë plato noord van die Nuweveldberge. Die dorp is in ‘n
goeie skaapboerderystreek geleë. Dit is vanuit Fraserburg dat HWA Cooper in
1870 sy bekende “boerenbrieven” aan die “Het Volksblad” geskryf het.
Die gemiddelde reënval en temperatuur is:
Maand Gemiddelde Syfers
Reënval (mm) Temperatuur
Stasie No Mak - Min
Oktober 10 7-23,7
November 12 10,3-26,9
Desember 13 12,5-29,3
Januarie 16 13,9-30,6
Februarie 24 13,8-29,8
Maart 31 11,9-27,3
April 20 7,6-22,5
Mei 15 3,4-18,6
Junie 9 0,4-15,2
Julie 8 -1,4-15,3
Augustus 8 0,9-17
September 8 3,7-20,7
30
Wyk 4 is Sutherland en die oorblywende gedeelte van Roggeveld. Sutherland is
geleë op ‘n hoogte van ongeveer 1 440 m in 'n vlak vallei bo-op en terselfdertyd na
aan die suidwestelike rand van die binnelandse hoofplato van Suid-Afrika.
Gevolglik is die gebied blootgestel aan al die koue droë lugstrome wat die land op
daardie hoogte (1 500–3 000 m) uit die suidweste binnedring en vanweë die
geringe voginhoud en dunheid op daardie hoogte, die hitte-uitstraling van die
aardbodem snags baie sterk bevorder en sodoende die lug in kontak met die grond
geweldig afkoel. Verder vloei die swaar koue lug dus nadat die wind gaan lê het,
langs die hellings af na die laer valleie in een waarvan Sutherland lê. Dit is die
redes waarom hierdie dorp as een van die heel koudste in Suid-Afrika bekend
staan.
Sutherland kry gemiddeld 88 nagte ryp per jaar vanaf gemiddeld 23 April tot 11
November. Die gemiddelde minimum temperatuur vir die hele jaar is 3,0°C en die
gemiddelde maksimum is 20,25°C.
Maand Gemiddelde Syfers
Reënval (mm) Temperatuur
Stasie No 68722 Mak - Min
Oktober 17,8 20,6 - 3,2
November 13,0 23,6 - 6,3
Desember 15,3 26,0 - 8,2
Januarie 15,7 27,4 - 9,9
Februarie 14,3 27,0 - 9,7
Maart 28,4 24,8 - 7,9
April 30,4 20,3 - 4,2
Mei 23,8 16,1 - 1,0
Junie 29,9 13,0 - -1,2
Julie 23,3 12,6 - -2,0
Augustus 22,8 14,2 - -1,1
September 21,7 17,4 - 0,7
TOTAAL 256,4mm
Sutherland is verder geleë in die Roggeveld Berge op ‘n platorand en word
gekenmerk deur die tipiese Karooplantegroei wat insluit Roggras, (Secale
Africanum Stapf), waarvan die area Roggeveld se naam ontleen is. Volgens
kenners is dit die enigste wilde rogsoort in Afrika. Die Sterboom (cliffortia
Aborea) word sover bekend is, slegs in die omgewing aangetref word,
Olifantsvoete wat 'n beskermde plant is en waarvan die groterige plante meer as
'n eeu oud is en Daubenia Aurea wat 'n skaars blomsoort is en wat in kolonies in
die Roggeveld groei, is deel van die plantegroei. Dit is verder bekend as ‘n
geografiese area ideaal vir sterrekundige waarneming vanweë die hoë persentasie
skoon naghemel regdeur die jaar. Van insiggewende belang is ook die feit dat
onlangse navorsing getoon het dat die gebied in en rondom Sutherland
seismologies een van die stilste plekke in die wêreld is.
31
Die Karoo Hoogland-omgewing is bekend vir sy natuurlike omgewing wat ‘n sterk
toerisme-aantreklikheid is.
Institusionele Analise
Die institusionele analise behels ‘n analise van:
die Raad
die Munisipaliteit
Gemeenskapsorganisasies
Die Raad
Die Raad bestaan uit 7 raadslede waarvan 4 lede is van die DA en 3 van die ANC. Vir
elke wyksraadslid is ‘n wykskomitee gestig om die Raad by te staan in terme van die
ontwikkelingsbehoeftes en ander aspekte rakende die spesifieke wyk. Elke wyks-
komitee se verantwoordelikheid is ook die bestuur van die GOP-proses, veral om te
verseker dat die proses deelnemend en deursigtig is. Dit word in praktyk verseker
deurdat alle belangegroepe deurentyd by werkswinkels verteenwoordig moet wees.
Die munisipaliteit
Die munisipaliteit bestaan uit 4 direktorate wat tans beman word deur 82
personeellede. Die direktorate is:
* Direktoraat Administrasie: Stadsekretariaat en Personeel
* Direktoraat Finansies
* Direktoraat Siviel- en Elektrotegniese Dienste
* Direktoraat Ekonomiese Ontwikkeling en GOP
Die munisipale bestuurder tree op as die GOP bestuurder. Departementshoofde sal
toenemend ‘n kritieke rol speel in die tegniese bestuursondersteuning en ander
spesialisdienste vir die GOP-proses.
Die Direktoraat Ekonomiese Ontwikkeling en GOP is ‘n nuwe direktoraat en sal in
wese verantwoordelik wees vir die beplanning, koördinering, fasilitering en
implementering van die GOP. Die kernbeginsel t.o.v. enige verdere kapasiteite is dat
die Independent Development Trust as netwerk benut sal word. NGO’s sal in soverre
32
moontlik aangewend word en die IDT sal ook behulpsaam wees in/met die vestiging en
opleiding van Gemeenskapsgebaseerde Organisasies (CBO’s) om projekte te
implementeer. Personeel in hierdie direktoraat sal ook opgelei word in die vestiging
van ‘n Besigheidsadviessentrum.
Gemeenskapsorganisasies
Die organisering van gemeenskapsorganisasies vir die doeleindes van die GOP-proses,
beide i.t.v. beplannning en implementering, is van kritieke belang. Entiteite in hierdie
verband sluit die volgende forums in:
Wyk Sportforum Welsyn Sakekamer Polisieforum Ekon. Forum Toerisme POF
1 Onaktief Onaktief Aktief Onaktief NVT Aktief Onaktief
2 Onaktief Onaktief Onaktief Aktief NVT Onaktief Onaktief
3 NVT NVT NVT NVT NVT NVT NVT
4 Aktief Onaktief Onaktief Aktief Aktief Onaktief
Ruimtelike Analise
Die konsep van ‘n ruimtelike analise is kompleks, veral vanweë die gebrek aan spesialis-
kennis in hierdie verband. Die doel van die analise is om strategieë te ontwerp vir ruim-
telike ontwikkeling en die bestuur van grondgebruik. Hierdie moet gebaseer wees op:
ruimtelike beperkinge, probleme, uitdagings, tendense;
die noodsaak vir ruimtelike herstrukturering;
die noodsaak van grondhervorming;
alle ruimtelike dimensies vir ontwikkelingsdoeleindes.
Vir ‘n in-diepte-analise sal spesialiskennis ingewin word, maar vir die doeleindes van
hierdie fase, moet die volgende gemeld word:
Sonering en ontwikkelingsaansoeke vind plaas sonder beleidsraamwerke itv die
gebruik van beskikbare gronde. Voorbeeld van hierdie aansoeke sluit in besigheid-
sonerings, en sonering vir gastehuiste. ‘n Detail opname vir uitbreidings en besig-
heidsonerings sal gedoen moet word en beleidsraamwerke sal ontwerp moet word;
‘n Bewussyn t.o.v. die bewaring van geboue van historiese waarde is toenemend sig-
baar, in so ‘n mate in Wyk 4 dat die ontwikkeling van ‘n karavaanpark in die oudste
deel van die dorp afgekeur is. Die behoefte vir ‘n beleidsraamwerk in hierdie ver-
33
band is van kritieke waarde en SAHRI se leiding sal in hierdie verband nagestreef
word. Die bewaring van historiese geboue in die Karoo is noodwendig ook van
toerisme-waarde.
Terwyl grondhervormingsprogramme reeds in aanvang geneem het, geskied grond-
hervorming sonder beleidsraamwerke in hierdie verband. Grondhervorming is tans
ook beperk tot die aankoop van plase vir die vestiging van kleinboere. Strategieë vir
die herbenutting van meentgronde moet ernstige aandag genier itv grondhervorming.
SPP vul die Raad se kapasiteite aan en sal ‘n proses fasiliteer in die opstel van beleid
en strategieë. (Sien Bylae-dokument)
34
Bepaling van Prioriteite
Die bepaling van prioriteite is direk voortspruitend uit bogemelde analise van die ver-
skeie fasette. Hierdie gedeelte is belangrik, aangesien projekte uit hierdie gedeelte sal
voortspruit. Prioriteite wat nie nou geïdentifiseer word nie, mag dus eers oor die langer
termyn aandag geniet. Hierdie gedeelte meld dus slegs die prioriteit na aanleiding van
bogemelde analise en ‘n in-diepte analise van elke prioriteit sal dus ook die langer termyn
gemaak moet word.
Die volgende prioriteite is afgelei uit die studie:
In terme van Munisipale Analise:
Finansies
Strategiese posisionering van Karoo Hoogland vanweë afstand;
Profiel van die gemeenskap itv betalingsvermoëns
‘n Strategie vir die aanmoediging vir die betaling van munisipale gelde
Infrastruktuur
Ondersoek na dienslewering
Ondersoek na die bedryf, instandhouding en opgradering van infrastruktuur;
Prioritisering van ontwikkeling en opstel van kapitaalprogram
Toerusting
Begroot vir nuwe toerusting
Behoorlike instandhouding van huidige toerusting
In terme van Ekonomiese Analise
Karoo Hoogland word gekenmerk deur omvattende armoede probleme en werk-
skepping is noodwendig een van die mees kritieke prioriteite;
Vaardigheidsontwikkeling is ‘n kritieke prioriteit;
Die skep van werksgeleenthede nie noodwendig in formele sektor nie, maar eerder in
die informele sektor en die skep van SMME’s;
Koop plaaslik veldtog;
Beleid tov informele handelaars (smouse)
35
Sekondêre bedryf uit die skaapbedryf
die vestiging van ‘n Besigheidsadviessentrum
Ontwikkeling van SMME-vaardighede
Vestiging van ‘n toerisme-bedryf
In terme van Sosio-Ekonomiese Analise
Lewensvaardigheidsprogramme
Strategie teen drankmisbruik
HIV/Vigs Bewusmakingsprogram
Opleidingsgeleenthede (tegnies en akademies)
Demografiese studie vir Wyk 4
Afleidings oor skole en onderwys
Afleidings oor kerke se rol
Deurlopende sport- en jeugprogramme moet aangebied word om kinders besig te hou
Sportfasiliteite
In terme van die omgewingsanalise:
‘n omgewingsbewaringstrategie
strategie vir die waterbesparingsveldtog
benutting van die omgewing as ‘n toerisme-aantreklikheid
In terme van die Institusionele Analise
vestiging van besigheidsadviessentrum
organisering van organisasies in forums en ander entiteite
In terme van die ruimtelike analise
Bewaring van argitektuur
Formulering van beleid en strategie vir sonering en uitbreidings
Beleidsraamwerke en strategieë vir grondhervorming
36
Bepaling van Behoeftes deur Gemeenskap
Die eerste gedeelte van die analise-fase is hoofsaaklik ‘n “desk-top” studie deurdat data
ingewin word en in konteks geplaas word. Uit hierdie studie is afleidings gemaak wat tot
die identifisering van prioriteite gelei het.
Die volgende gedeelte het ten doel om die behoeftes van die gemeenskap te
identifiseer en te integreer met bogemelde “desk-top” studie. Uiteindelik moet die
prioriteite ooreenstem met die behoeftes van die gemeenskap.
Van kritieke belang is die vertrekpunt dat die behoeftes soos deur die gemeenskap
geïdentifiseer, die belangrikste insette is. Die analise-studie wat gedoen is, moet
slegs beskou word as ‘n raamwerk waarbinne die werkswinkels plaasvind.
Werkswinkels is oor ‘n tydperk in Wyke 1, 2 en 3 gehou en die volgende is ‘n bespreking
van die behoeftes soos deur gemeenskapsorganisasies geïdentifiseer. Kennis moet
geneem word dat Wyk 4 se GOP voltooi was en Wyk4-behoeftes geïntegreer is met die
bespreking.
Die behoeftes is vir die doeleindes van logiese uiteensettings in dieselfde kategorieë
bespreek as die “desk top”-studie:
Sosio-Ekonomiese Analise
Armoede-kultuur
In werkswinkels met gemeenskapsleiers en belangegroepe, is die situasie tov die
sosio-ekonomiese omgewing van Karoo Hoogland gekenmerk as ‘n “armoede-kultuur”.
Hierdie armoede-kultuur is ‘n ”mindset” waar ‘n afhanklikheidskultuur heers en mense
moedeloos, magteloos en ambisieloos voel. Dit bring dus in ‘n groot mate mee dat
mense eie ontwikkelinge strem.
Smokkelhandel en “cash loans”
Die aanwesigheid van armoede opsigself word nie ontken nie en sal ernstige
intervensies moet verg oor ‘n lang periode om mense uit hulle armoede te lig. Sekere
instansies in die gemeenskappe vererger die armoede-situasies deurdat skuld
aangemoedig word. Voorbeelde van hierdie instansies sluit in “cash loans” en die
smokkelhuise. Papsakke word byvoorbeeld vir tot R 80,00 by smokkelhuise verkoop
37
waar dit in geregistreerde drankwinkels vir R 25,00 verkoop word. Ontledings van
sommige drank sal ook gemaak moet word, aangesien die drank (veral kannaman)
mense inhibisieloos maak en dit lei tot ander ernstige misdade. ‘n Aspek wat vermeld
is dat die wettiging van drankhandel in die toekoms potensieël ‘n oplossing kan wees
en dat dit gemonitor en gepolisieër kan word.
Pensioendae en smouse
Situasies word vererger op pensioendae wanneer die skuld geïn word deur die
smokkelhuise en “cash loan”. Smouse van buite tydens pensioendae dra ook by tot die
armoede-situasie. Wettige besighede wat krediet verleen aan verbruikers, se skuld
word nie vereffen nie vanweë die teenwoordigheid van die smouse. Die impak van die
smouse is dan ook uiteindelik dat inkomstes wat op pensioendae uitbetaal word,
dieselfde dag die dorp verlaat.
Dwelms
Dwelms word toenemend ‘n faktor in Karoo Hoogland en dit is bekend dat enkele
inwoners reeds in dwelms handel dryf. Die impak van dwelms is bekend, maar dit
verdien vermeld te word dat ‘n Mandrax-pil tans vir R 60,00 per pil verkoop word.
Rol van polisie
Die rol van die polisie in die smokkelbedryf het ook in die meeste van die
werkswinkels na vore gekom deurdat vrae gevra word oor die rol van die polisie en die
mate waartoe opgetree word.
Veediefstalle
Inwoners van die landelike gemeenskappe (veral diegene aangrensend tot die dorpe)
se behoefte is toenemend itv optrede teen veediefstal. Dit is vermeld in
werkswinkels dat veediefstalle veral voorkom met pensioendae en dat in die vleis
handel gedryf word.
Lewens- en tegniese vaardighede
Kinders verlaat dikwels op ‘n vroeë ouderdom die skool met geen vaardighede nie.
Ongeletterdheid onder volwassenes is ook besonder hoog en lei tot ‘n reeks sosio-
ekonomiese probleme. Werkskuheid is ‘n aspek wat in heelwat van die werkswinkels
ook genoem is as ‘n probleem. ‘n Sosio-aspek wat ook uitgelig is, is dat leierskap in die
gemeenskappe van Karoo Hoogland onderdruk word en nie aangemoedig word nie.
Projekte kom dikwels nie van die grond af nie, omdat weinig leiers bestaan wat die
38
projekte kan lei. Een van die konstruktiewe voorstelle wat uit ‘n werkswinkel (Wyk 1)
gekom het, is die instelling van tegniese vaardigheidskole om bogemelde probleme te
begin ondervang.
Ander sosio-maatskaplike probleme
Tienerswangerskappe, ‘n verhoogde voorkoms in Tuberkulose en HIV/Vigs-gevalle is
aanduidend van kommerwekkende sosio-maatskaplike probleme. Statistieke toon
huidiglik dat van die gemeenskappe in Karoo Hoogland oor die swakste huishoudelike
omstandighede beskik.
Kommerwekkend is die voorkoms in die wanaanwendig van toelaes (kinders wat
byvoorbeeld ouers se toelaes opeis). Die Departement van Welsyn is bewus hiervan
en hierdie aspekte word aangespreek.
Verder is dit ook duidelik dat gesinsgeweld verdoesel word, maar dat dit wel gereeld
voorkom. Algemene higiëne in die huise is ook in die algemeen nie in ‘n wenslike
toestand nie. Hierdie situasie word ook vererger deurdat plakkers op erwe gevestig
word en ‘n relatief groot aantal mense op ‘n enkele erf woon.
Ekonomiese Analise
Die vernaamste behoefte is die ekonomiese bemagtiging van die inwoners van Karoo
Hoogand. Hierdie bemagting sluit in die ontwikkeling van entrepreneurskap tov die
vervaardiging van plaaslike produkte. Hierdie produkte sluit in gebreide skaapvelle,
“tradisionele” geregte, die verwerking van vleis ens. Ander projekte is ook moontlik
en sal in diepte aandag geniet in Fase 3: Projekbeplanning. ‘n Opname van
vaardighede moet ook gedoen word in die onderskeie gemeenskappe en
“werkskepping”-strategieë moet ontwerp word.
Ruimtelike Analise
Een van die mees indringende behoeftes is ‘n in-diepte ruimtelike analise, veral itv
toekomstige werkskeppingsprojekte en die potensiële ligging van die projekte in die
verskillende dorpe. Vir enige nywerheidsontwikkelingstudie is daar voldoende fisiese
ruimte in al die dorpe, hoewel grondformasies beperkend mag wees.
Kommer bestaan oor die onbeskikbaarheid van huise (formeel en informeel) en die
algemene netheid van die dorpe, veral tov die instandhouding van privaatwonings. ‘n
39
Aspek wat vermeld is, is dat die oorspronklike argitektuur van die dorpe bewaar moet
word en dat ‘n beleid in hierdie verband geformuleer moet word.
Omgewingsanalise
Een van die grootste probleme is die tekort aan water in Karoo Hoogland. Die pro-
bleem is nie slegs watertekorte nie, maar ook die kwaliteit van die water.
Grondbewaring is ook ‘n behoefte wat in die toekoms aangespreek sal moet word en
dat ‘n beleidsraamwerk en ‘n strategie vir grondhervorming, grondbewaring moet
insluit. Omgewingsnetheid en ‘n deurlopende bewustheid in hierdie verband sal
nagevolg moet word.
Munisipale Analise
Die grootste behoefte in terme van munisipale ontwikkeling is tov informele
behuising, die opgradering van paaie (in die dorpe en die verbindingsroetes tussen die
dorpe), die uitfasering van nagemmers, die verfraaiing van die dorp deur o.a. meer
bome aan te plant, die opgradering van elektrisiteitsnetwerke (om “dips” uit te
skakel), eenvormige koopkrag vir al die gemeenskappe in Karoo Hoogland en ‘n
verbetering in waterretikulasie en die kwaliteit daarvan. ‘n Groot behoefte is ook
uitgespreek vir meer vullisdromme en die vasmaak van die vullisdromme. Vernielsug is
ook geïdentifiseer as ‘n bron van kommer, aangesien infrastruktuur gebou word, maar
nie deur die gemeenskappe onderhou word nie.
40
In-diepte Analises:
In-diepte analises word tans gemaak van enkele van bogemelde prioriteite en deel van
hierdie fase is in-diepte analises wat die volgende insluit:
die opstel van die Waterdiensteplanne vir Karoo Hoogland
‘n Ondersoek na die meganismes vir dienslewering in die munisipaliteit
‘n Ondersoek na die ontwikkeling van bestuursmeganismes vir die bedryf en
onderhoud van infrastruktuur van die munisipaliteit (waternetwerke, oksidasie-
damme, stortingsterreine, ens.)
‘n Volledige ruimtelike analise
die opstel van ‘n Prestasiebestuurstelsel waarvolgens die GOP gemonitor en ge-
evalueer kan word
‘n Demografiese studie vir Wyk 4 en die impak van verhoogte besoekersgetalle op
Karoo Hoogland
Die fasilitering van beleidsraamwerke en ‘n strategie vir grondhervorming in Karoo
Hoogland
Dit moet beklemtoon word dat die in-diepte studies beskikbaar is in die Bylae-dokument.
41
FASE 2: VISIE EN STRATEGIESE DOELWITTE
Agtergrond
Vir die samestelling van die GOP, was Fase 1 ‘n analise van die huidige realiteite.
Hierdie fase is afgehandel en die dokumentasie is aan alle organisasies in Karoo
Hoogland versprei. Fase 2 behels die identifisering van ‘n visie vir die nuwe
munisipaliteit en die strategiese doelwitte om die visie te kan bereik. Hierdie
fase is van kritieke belang, aangesien dit die toekomstige rigting van die nuwe
munisipaliteit sal bepaal deurdat dit die wense en behoeftes van die gemeenskap
moet reflekteer.
Uit die strategiese doelwitte volg die bepaling van projekte wat direk verband
moet hou met die visie (m.a.w. deur die projekte moet ons verseker dat die visie
bereik word). Uit Fase 2 volg Fase 3 waartydens die projekte wat in Fase 2
geïdentifiseer is, omskryf en beplan sal word.
Ter agtergrond word die volgende omskrywings gegee:
‘n visie is ‘n stelling wat die ideale situasie van die munisipaliteit en sy
gemeenskap bewoord en wat oor ‘n langer termyn bereik word. Dit omskryf
dus die “droom” waarna gestreef moet word;
ontwikkelingsdoelwitte is ‘n aanduiding van wat die munisipaliteit wil bereik en
moet dus die gaping tussen die visie en die huidige realiteite oorbrug;
ontwikkelingstrategieë moet aandui hoe die doelwitte bereik sal word.
Die Visie
In die saamstel van ‘n enkele geïntegreerde ontwikkelingsplan vir Karoo Hoogland,
is verskeie werkswinkels en ander inisiatiewe gehou. Vir die formulering van ‘n
visie, is die resultate van hierdie inisiatiewe gebruik en saamgevoeg om ‘n konsep
te formuleer. Hierdie inisiatiewe het ingesluit:
Wyk 4 het Fase 2 reeds 2 jaar gelede voltooi en word projekte in ‘n groot mate reeds
geïmplementeer;
42
Wyk 1 het hierdie fase in ‘n werkswinkel behandel en ‘n visie vir Wyk 1 geïdentifiseer;
Wyk 2 het Fase 3 in ‘n groot mate begin voltooi en moes nog ‘n visie vir Wyk 2
identifiseer. Uit die werkswinkels het strategiese doelwitte egter sterk na vore
gekom wat gebruik is vir die formulering van die visie;
Die nuwe Raad van Karoo Hoogland het in Maart 2001 ‘n bosberaad gehou waartydens
‘n visie vir Karoo Hoogland geformuleer is;
Die personeel van die munisipaliteit het ‘n werkswinkel in Julie 2001 gehou
waartydens ‘n visie vir die administrasie geformuleer is.
Uit bogemelde inisiatiewe en werkswinkels, is ‘n visie geformuleer wat ‘n
kombinasie van bogemelde insette en prosesse is en is as volg:
“Karoo Hoogland sal ‘n ekonomiese groeipunt in en vir die Noord-Kaap wees en
sal gekenmerk word deur ‘n aktiewe deelnemende gemeenskap. Die Raad sal
‘n omgewing fasiliteer wat bevorderlik is vir ekonomiese groei met spesifieke
fokus op die verligting van armoede deur die skep van direkte en indirekte
werksgeleenthede. Alle inwoners sal gelyke toegang hê tot basiese minimum
dienste en ‘n kultuur van betaling vir dienste sal gevestig word. Gefokusde
programme op lewensvaardighede, aanvaarbare en bekostigbare infrastruktuur
en ‘n kultuur van leer sal die bevordering van ‘n ekonomies-groeiende
gemeenskap aanvul. Karoo Hoogland sal ‘n gemeenskap word waar sy mense in
‘n veilige en gesonde omgewing kan woon en werk.”
Strategiese doelwitte
Die visie wat vir Karoo Hoogland geformuleer is, is die droom waarna gestreef en
gewerk moet word. Om dit te kan bereik, moet strategiese doelwitte ge-
ïdentifiseer word wat verband moet hou met die probleme en/of behoeftes van
die gemeenskap. Dit moet geformuleer wees as oplossings vir probleme en moet
die beplande voordele vir die gemeenskap en munisipaliteit duidelik uitspel.
Die strategiese doelwitte wat geïdentifiseer is, is voortspruitend uit Fase 1 van
die GOP en kan in die Analise-gedeelte gelees word.
43
Die volgende strategiese doelwitte is geformuleer:
In terme van Munisipale Finansies is die strategiese doelwit(te):
‘n finansieël gesonde munisipaliteit
In terme van munisipale infrastruktuur is die strategiese doelwit(te):
bekostigbare effektiewe diens aan alle inwoners op ‘n gelyke basis;
ontwikkelde infrastruktuur (backlogs)
In terme van Ekonomiese Ontwikkeling is die strategiese doelwit(te):
ontwikkeling van Karoo Hoogland as ‘n ekonomiese node deur die
ekonomiese bemagtiging van sy inwoners, met spesifieke fokus op die
herverspreiding van ekonomiese hulpbronne om armoede te verlig.
In terme van Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling is die strategiese doelwit(te):
die ontwikkeling van Karoo Hoogland as ‘n geestesgesonde omgewing
waar mense opgehef kan word en dus menswaardigheid kan vind;
In terme van Omgewing is die strategiese doelwit(te):
die bewaring van die omgewing in holistiese terme, veral tov die
beskerming van skaars hulpbronne;
ekologies volhoubare ontwikkelingsprosesse.
In terme van Institusionele Ontwikkeling is die strategiese doelwit(te)
die ontwikkeling van die munisipaliteit as ‘n volwaardige ontwikkelings-
agentskap
In terme van Ruimtelike Ontwikkeling is die strategiese doelwit(te):
die skep van ‘n omgewing waar ontwikkeling georden sal plaasvind
omgewingsvolhoubare grondontwikkelingspraktyke
44
Ontwikkelingstrategieë
Voortspruitend uit die ontwikkelingsdoelwitte, moet ontwikkelingstrategieë vir elke
doelwit ontwerp word.
Ontwikkelingsdoelwitte dui aan wat gedoen moet word, terwyl die ontwikkeling-
strategieë aandui hoe dit gedoen moet word. Direk voortspruitend uit die strate-
gieë, word projekte geïdentifiseer waardeur hierdie doelwitte bereik sal word. Om
die verband tussen strategieë en projekte duideliker uit te bring, word projekte in
dieselfde gedeelte geïdentifiseer.
Die volgende ontwikkelingstrategieë en projekte is geïdentifiseer:
In terme van Munisipale Finansies:
Om ‘n finansieël gesonde munisipaliteit te skep, moet die volgende strategieë ontwerp
word om die doelwitte te kan bereik:
i. Die behoud en vermeerdering van inkomste-bronne vir die munisipaliteit;
Projekte
Ondersoek na die profiele van verbruikers
Algemene waardasies vir dorpsgebiede
Algemene waardasies vir landelike gebiede (itv nuwe wetgewing)
Beleid tov armlastige huishoudings
Ondersoek na die werklike kostes van dienslewering vir die bepaling van
tariefstrukture
ii. Die meer effektiewe bestuur van die Raad se inkomste en uitgawes
Projekte
Finansiële bestuurstrategie: Ondersoek na die werklike finansiële situasie
van die Raad;
Ontwerp van kredietbeheer- en invorderingsbeleid;
Ontwikkeling van interne bronne om kredietbeheer toe te pas;
Formulering van ‘n regstellende aankope-beleid;
Ontwikkeling van rekenaarinfrastruktuur vir verbeterde diens;
45
Strategie vir kapitaalfinansiering (lenings, toekennings, ens);
Ondersoek na diensleweringsmeganismes.
iii. Strategie vir batebestuur
Projekte
Finansiële bestuurstrategie: Ondersoek na die werklike finansiële situasie
van die Raad, insluitende ‘n ondersoek na die Raad se bates en die wyses
waarop dit in die toekoms bestuur en/of gehanteer moet word.
In terme van Ekonomiese Ontwikkeling: (LED)
Plaaslike owerhede het ‘n grondwetlike mandaat om sosiale en ekonomiese ont-
wikkeling te bevorder en die LED is ‘n belangrike instrument in die GOP-proses vir
beplanning. Die doel van die LED is juis om werksgeleenthede te skep en om
ekonomiese hulpbronne en geleenthede te herversprei.
Die plaaslike strategieë vir ekonomiese ontwikkeling sluit hoofsaaklik in die
ontwerp en implementering van ‘n gefokusde toerisme-bedryf en die ontwikkeling
van sekondêre landbou-aktiwiteite. Sien ook ruimtelike ontwikkeling.
Projekte
Projekte word verdeel tussen projekte wat geïmplementeer sal word in die totale
regsgebied van Karoo Hoogland en projekte wat per wyk ge-implementeer sal
word. Hierdie is belangrik, vanweë die afstande tussen die dorpe en die
ekonomiese identiteit wat elke dorp nog wil behou.
Projekte vir Karoo Hoogland (Sien Fase 3)
‘n Voltydse toerisme-kantoor vir Karoo Hoogland
Die ontwikkeling en bedryf van ‘n Besigheidsadviessentrum
Ontwikkeling van ‘n “craft”-bedryf’
Beleidsraamwerke tov informele handel
Beleidsraamwerke tov die beskerming van plaaslike handel
‘n Tenderbeleid
46
Projekte per wyk
Sien Fase 3
In terme van Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling:
Om Karoo Hoogland te ontwikkel as ‘n geestesgesonde omgewing waar mense kan
ontwikkel en menswaardigheid kan vind, is dit belangrik om strategieë te ontwerp
tov alle dimensies van ‘n gemeenskap, veral tov
sosiale en maatskaplike opheffing
sport- en ontspanning
kulturele verryking
ontwikkeling van die behoeftes van die jeug.
Projekte wat geïdentifiseer is om bogemelde strategieë moontlik te maak, is:
In terme van opheffing
opleidingsinisiatiewe
In terme van sport en ontspanning
Fasilitering van sportforums
Ontwikkeling van sport- en ontspanningsprogramme deur sportforums
Reël van jaarlikse rugby- en netbalkompetisie
reël van jeugprogramme deur die sportforums
In terme van kulturele inisiatiewe
Jaarlikse kultuurfees
In terme van Omgewing
Agenda 21 en verskeie wetgewing oor omgewingsbewaring verplig plaaslike
owerhede om omgewingsbewaringstrategieë te identifiseer. Alle munisipale
strategieë en projekte moet versoenbaar wees met die beginsels van ‘n ekologiese
47
volhoubare ontwikkelingsproses wat beteken dat enige gebruik van natuurlike
hulpbronne nie huidige en toekomstige generasies negatief beïnvloed nie. Van
kritieke belang is ook dat Agenda 21 bepaal dat die omgewing nie ten koste van
ontwikkeling en veral opheffing van armoede moet geskied nie, maar dat beide in
sinergie met mekaar moet ontwikkel. So kan besigheidsgeleenthede en
werkskepping ontwikkel word uit die bewaring van die omgewing.
Vir Karoo Hoogland is die bewaring van skaars hulpbronne een van die vernaamste
omgewingsaspekte wat met die identifisering van projekte in aggeneem moet
word.
Projekte
Ontwikkeling van beleidsraamwerke vir Agenda 21;
Ontwikkeling van beleid vir die bewaring van skaars hulpbronne, veral water;
Identifisering van werksgeleenthede voortspruitend uit Agenda 21
In terme van Institusionele Ontwikkeling
Die vernaamste strategiese doelwit is die ontwikkeling van die munisipaliteit as ‘n
ontwikkelingsagentskap. Per definisie beteken dit dat alle uitsette van die
munisipaliteit ontwikkelingsgerig moet wees: van basiese kliënte-diens tot die
lewering van dienste tot die ontwikkeling van ‘n ekonomiese klimaat.
In hierdie verband is dit van kritieke belang om d.m.v. projekte, ‘n administrasie
te skep wat bekostigbare, toeganklike, volhoubare en effektiewe diens kan lewer.
Hierdie diens is nie slegs tegniese dienste nie (water, reinigingsdienste, ens), maar
is van toepassing op elkeen van die direktorate van die nuwe munisipaliteit. Dit is
dus van kritieke belang dat elke amptenaar bemagtig moet word om sy/haar werk
binne hierdie konteks te kan doen.
Projekte
ondersoek na diensleweringsmeganismes, veral in die tegniese dienste;
ontwikkeling van prestasie-bestuurstelsels vir elke amptenaar en die Raad;
Ontwikkeling van ‘n vaardigheidsplan vir elke amptenaar/werknemer;
Omskepping van die Ekonomiese Direktoraat in ‘n Artikel 21-maatskappy /trust
om die Besigheidsadviessentrum moontlik te maak;
Ontwikkeling van kliënte-diens opleidingsprogram.
48
In terme van ruimtelike ontwikkeling:
Daar is huidiglik verskeie nasionale wetgewing wat plaaslike owerhede verplig om
ruimtelike ontwikkeling te bestuur. Vir hierdie doeleindes, is ruimtelike
ontwikkeling en grondhervorming die vernaamste aspekte.
Ruimtelike ontwikkeling
Vanweë die aard van Karoo Hoogland as ‘n samevoeging van klein plattelandse
dorpies, word grootskaalse stedelike uitbreiding nie werklik verwag nie. Die
enigste uitbreidings wat verwag word, is die ontwikkeling van lae-koste
behuisingsbehoeftes.
Die verwagte ontwikkeling in Sutherland beteken ‘n invloei van besoekers en nie
noodwendig ‘n groei in vestiging van permanente inwoners nie. Een van die ver-
naamste probleme wat in Wyk 4 ervaar word, is die afwesigheid van geordende
ontwikkeling.
Projekte
ontwerp en implementering van grondgebruik- en soneringskemas
Ontwikkeling van beleidsraamwerke vir die bewaring van argitektoniese
erfenisse. ‘n Vername aspek huidiglik in die Agenda 21-debat is die ekono-
miese ontwikkeling van gemeenskappe sonder om die omgewing te vernietig. Vir
hierdie doeleindes moet beleidsraamwerke geskep word vir die bewaring van
plattelandse dorpe se historiese aspekte, veral tov argitektoniese erfe-nisse
en algemene natuurlike historiese bronne.
Grondhervorming
Grondhervorming (en grondgebruiksdoeleindes) maak voorsiening vir die ontwik-
keling van stedelike en landelike vestigings, (en ook vir die ontmoediging van
grondbesettings). Grondeienaarskap en gelyke toegang tot grond is vername
vertrekpunte in hierdie opsig.
Die Raad van Karoo Hoogland het reeds begin met werkswinkels om beleids-
raamwerke en strategieë tov grondhervorming vir plase en meentgronde te
formuleer. (Sien Bylae-dokument).
49
In die eerste werkswinkel is die ontwikkeling-strategieë vir grondhervorming in
Karoo Hoogland geïdentifiseer en sluit die volgende in:
i. Toegang tot grond deur:
die samewerking van alle rolspelers om beskikbare bronne te ontgin;
die identifisering van grondbehoeftes en die benutting van die programme
van die Departement van Grondsake en ander programme;
die bemagting van die kleinboere deur opleidingsprogramme
Projekte:
loods grondbehoeftebepaling
ondersoek lewensvatbaarheid vir ‘n reeks projekte, insluitende
wolverwerking, groenteverbouing, tulpindustrie, uitbreiding van hoender-
boerdery, ens.
ondersoek moontlikheid vir opleidingsentrum;
ii. Samewerking met alle rolspelers
Projekte
* stig van forum (staatsdepart/kommersiële/kleinboere/munisipaliteit)
* identifiseer gesamentlike ondernemings met kommersiële-en beginner-
boere.
iii. Ontwikkeling en instandhouding van infrastruktuur
Projekte
Opname van infrastruktuur op meent en befondsingsvoorstel aan
“Landcare”: Departement Landbou;
Stig van bestuurskomitee om toesig te hou oor instandhouding;
Bepaling van instandhoudingsfooie;
Verkryging van addisionele fondse vir instandhouding;
Opleiding vir kleinboere in instandhouding van infrastruktuur
50
iv. Opleiding
Die ontwikkelingsdoelwit tov opleiding is noodwendig om vaardighede aan
kleinboere oor te dra om finansieël sterk landbou-aktiwiteite te vestig.
Vir hierdie doel is die volgende projekte geïdentifiseer:
Bepaling van opleidingsbehoeftes (Sien Bylae-dokument)
Identifisering van beskikbare inligtingsbronne
Opstel en implementering van voorligtingsprogram.
v. Regte van plaaswerkers en toegang tot grond:
Die ontwikkelingsdoelwit is om plaaswerkers te sensiteer tov verblyfregte,
werkersregte tov tydelike werknemers en om aan hierdie groep toegang te
bied tot grondhervormingsprogramme.
Projekte
Organisering van plaaswerkers
Voorligtingsprogramme vir plaaswerkers
Vir praktiese doeleindes, kan bogemelde in die volgende tabel uiteengesit word:
Kategorie Strategiese Doelwitte Ontwikkelingstrategie Projek
Munisipale Finansies Finansieel gesonde munisipaliteit Behoud/uitbreiding van inkomste-bronne Ondersoek profiele van verbruikers
Waardasies: dorpe
Waardasies: landelik
Beleid tov armlastige huishoudings
Ondersoek: Tariefstrukture +
Effektiewe bestuur van inkomste/uitgawes Ondersoek na finansiele posisie *
Kredietbeheer- en Invorderingsbeleid
Ontwikkel interne kapasiteite vir implementering
Regstellende aankope-beleid
Rekenaarinfrastruktuur
Strategie vir kapitaalinfrastruktuurbefondsing
Ondersoek na diensleweringsmeganismes +
Batebestuur Ondersoek na finansiele posisie van Raad*
Munisipale infrastruktuur Gelyke diens aan alle verbruikers Bekostigbare effektiewe dienslewering Ondersoek meganismes vir dienslewering +
Stel volledige databasis op
Ontwikkelde infrastruktuur Ontwikkeling van infrastruktuur Kapitaalprogram
Strategie vir befondsing van infrastruktuur
Ontwerp bestuursmeganismes (O&M)
Waterdienste Ontwikkelingsplanne
Ontwikkeling van verbindingsroetes
Ekonomiese Ontwikkeling Ontwikkeling as ekonomiese node Bemark Karoo Hoogland: toerisme & Algemene Projekte
landbou Voltydse toerisme-kantoor
Besigheidsadviessentrum
Ontwikkel "craft"-industrie
Beleidsraamwerke vir informele handel
Beleidsraamwerke vir plaaslike handel
Tenderbeleid
Projekte per wyk: Sien Fase 3
Sosio-maatskaplik Ontwikkeling Geestesgesonde omgewing Verskeie inisiatiewe Opheffing
Opleidingsprogramme
Voedings- en kledingsprogram
Sport, Ontspanning en Jeug
Fasilitering van sportforums
Ontwikkeling van sportprogramme
51
Jeugprogramme ontwikkel en koordineer
Kultuur
Jaarlikse kultuurfees
Omgewing Ekologiese volhoubare ontwikkeling Omgewingsbewaringstrategiee Beleidsraamwerke vir Agenda 21
Beleidsraamwerke: skaars hulpbronne
Identifiseer werksgeleenthede
Institusionele ontwikkeling Munisipaliteit = Ontwikkelingsagentskap Alle uitsette is ontwikkelingsgerig Ondersoek: diensleweringsmeganismes
Prestasie-bestuurstelsels
Vaardigheidsplan
Besigheidsadviessentrum
Ontwikkeling van klientediens
Deelnemende gemeenskap Organiseer gemeenskap Organisering van werkloses in forum
Bestuur van wykskomitees
Ruimtelike ontwikkeling Geordende ontwikkeling Ontwerp van strategiee en beleide Grondgebruik- en soneringskema
Beleidsraamwerke vir bewaring
Grondhervorming Toegang tot grond Loods grondbehoeftebepaling
Ondersoek lewensvatbaarheid van projekte
* wolverwerking
* groenteverbouing
* tulpindustrie
* hoenderboerdery
Samewerking met alle rolspelers Stig forum
Identifiseer ondernemings komm/kleinboere
Ontwikkel/bedryf infrastruktuur Opname: infrastruktuur op meent
Stig bestuurskomitee vir toesig
Bepaal instandhoudingsfooie
Verkry addisionele fondse
Opleiding in instandhouding
Opleiding Bepaal opleidingsbehoeftes
Identifiseer beskikbare inligtingsbronne
Opstel/implementering voorligtingsprogram
Plaaswerkers: Regte en toegang tot grond Organiseer plaaswerkers
Voorligtingsprogramme vir plaaswerkers
52
FASE 3: PROJEKBEPLANNING
Hierdie fase behels die verdere omskrywing en beplanning van elke projek soos geidentifiseer in Fase 2. Hierdie fase word
vir praktiese doeleindes weer in tabelvorm aangedui. Dit moet vermeld word dat die besigheidsplanne van elk van die
projekte in afsonderlike dokumentasie vervat word, vanweë die omvang van hierdie dokument. Enkele van die projekte se
besigheidsplanne moet nog voorberei word, terwyl die res beskikbaar is op aanvraag.
Die tabelle is ingedeel in 2 kategorieë, naamlik projekte wat vir die hele Karoo Hoogland sal geld en projekte wat vir die
betrokke wyk geïmplementeer sal word.
A. OPSOMMING VAN PROJEKTE VIR KAROO HOOGLAND REGSGEBIED
Kategorie Naam van projek Aard van projek Begroting Finansieringsbron
Munisipale Finansies Kredietbeheer Bou van interne kapasiteit R 132 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen
Rekenaar Eenvormige rekenaarstelsel R 416 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen
Ondersoek: Meganismes vir dienslewering R 150 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen
Waardasies Nuwe waardasies R 150 000 Moet nog fondse bekom
Finansiele Bestuurstrategie Ondersoek: finansies van R 50 000 Integrasiefondse
Raad
Kantoorakkommodasie Uitbreiding R 290 000 Integrasiefondse
Voertuie Uitbreiding R 200 000 Integrasiefondse
Infrastruktuur Toegangsroetes Ontwikkeling: landelike paaie Langtermyn 20 km Sutherland/Fraserburg ontwerp
53
Sportfasiliteite Opgradering/ontwikkel Werkswinkel om te beplan
Ekonomiese Ontwikkeling "Local Business Service Centre Ontwikkel: SMME's R 75 000 LED/Ekon Sake/NAMBID
Toerisme Ontwikkel: toerisme R 250 000 LED
"School:Stone Masonry Ontwikkel: vaardighede R 50 000 dept Arbeid/LED fondse
Vaardigheidsopleiding Verskeie behoeftes R 100 000 Dept Arbeid
Sosio-Ekonomiese Ontwikkeling Sportontwikkeling Stig van sportforums R 10 000 Raadsfondse
Ontwikkel sportprogram
Kultuur Jaarlikse kultuurfees R 20 000 Raadsfondse
HIV/Vigs Versorging Ontwikkeling van oord R 500 000 Moet nog bepaal word
Bejaardesorg Dagsentrums R 500 000 Moet nog bepaal word
Kindersorg Bewusmakingsprogram R 250 000 Moet nog bepaal word
Alkoholisme-rehabilitasie R 500 000 Moet nog bepaal word
Omgewing Beleidsraamwerke Agenda 21-beleid R 50 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen
Institusioneel Werkloosheidsforums Organisering : werkloses Dept Arbeid
LBSC (Sien Ekon Ontwikkeling) Trust of stigting R 75 000 LED
Ruimtelike Ontwikkeling Grondgebruik/Soneringskema Ordelike ontwikkeling R 100 000 Integrasiefondse/Aansoek gedoen
Grondhervorming Ontwikkeling: beleid/ strategie Dept Grondsake/Landbou
Aankoop van grond
54
B. PROJEKTE PER WYK
Kategorie Naam van Projek Aard van projek Begroting Finansieringsbron
Infrastruktuur
Wyk 1 (Williston) Water Ondersoek bronne 30 000 CMIP/DWAF
Lae-koste behuising 150 nuwe huise 2 500 000 Dept Behuising
Stormwater en paaie Opgradering 300 000 CMIP
Kragnetwerk Opgradering 100 000 Eskom/CMIP
Wyk 2 (Fraserburg) Nagemmers Uitfasering 1 200 000 CMIP
Koopkrag Installering 350 000 Eie fondse
Oksidasiedam Uitbreiding 200 000 CMIP
Stormwater/sypaadjies Opgradering 750 000 CMIP
Verseeling van strate Opgradering 150 000 Eie fondse
Wyk 3 (Landelik) Paaie-netwerke Opgradering Moet nog bepaal word
Sanitasie/sonkrag op plase Subsidies DWAF
Wyk 4 (Sutherland) Radio- en TV Nuwe installering 100 000 Eie fondse
Lae-koste behuising 150 nuwe huise 2 500 000 Behuising
Openbare toilette 70 000 Eie fondse
Uitfasering straatligte 100 000 Eie fondse
Strate en Stormwater Opgradering 6 000 000 CMIP
Uitfasering nagemmers 900 000 Premierfondse
Kantore Beveiliging 50 000 Eie fondse
Ekonomiese Ontwikkeling
Wyk 1 Uitroei van doringbome DWAF
Byekorf-ontwikkeling Informele handelsarea 150 000 Moet nog bepaal word
Vleisverwerking 1 000 000 Moet nog bepaal word
Turksvyboerdery Kweek en verwerking 100 000 Moet nog bepaal word
Kleremakery 100 000 Dept Welsyn
55
Kruideniersakke Vervaardiging van sakke 100 000 Moet nog bepaal word
Oprigting krematorium 500 000 Moet nog bepaal word
Byeboerdery Heuning 50 000 Moet nog bepaal word
Naskoolse sentrum Verskeie aktiwiteite 4 000 000 Moet nog bepaal word
Wyk 2 Le-hen projek Bestaande projek 188 000 Flagshipfondse
Byekorf ontwikkeling Informele handelsarea 150 000 Moet nog bepaal word.
Groentetonnels Uitbrei bestaande projekte 200 000 Flagshipfondse
Songedroogde groente 100 000 Uit winste van flagship
Vleisverwerking 400 000 Flagshipfondse
Wyk 4 Wetenskapsentrum By Sterrewag 50 000 000 Verskeie
Aktiwiteitsentrum In Sutherland 10 000 000 Verskeie
Sonbrilleprojek Vir sonsverduistering 500 000 LED/ Verskeie ander
Wolwasindustrie Nuwe tegnologie R 100 m Moet nog gevind word
Tulpindustrie Bolvervaardiging R 75 000 Omgewingsake
Vlieer- en Kunsflyt Bemarking:fauna/flora R 70 000 Moet nog bepaal word
Byekorf Informele handelsgebiede R 150 000 Moet nog bepaal word
56
57
FASE 4: INTEGRASIE
Etlike interne beplanningsessies om die implementering van die GOP sinvol te benader
en met die struktuur en werksaamhede van die munisipaliteit te integreer, het
plaasgevind. Die aangehegte uiteensetting gee ‘n oorsig van die beplande projekte, wie
die projekleier sal wees en die tydsraamwerke daaraan verbonde. Die projekte sal
deur die wykskomitees bestuur word en gemonitor word. Projekspanne uit die
gemeenskap sal noodwendig help met die implementering van die verskeidenheid
projekte.
Kennis moet geneem word dat die finale projekplan bestaan uit projekte wat:
deur die gemeenskap geïdentifiseer is in werkswinkel
deur die amalgamasieproses van die munisipaliteite bepaal is
die uitvloeisel is van die daaglikse/normale bedryf van ‘n munisipaliteit.
Die volgende tabel is ooreenstemmend met die table in Fase 3 t.o.v. van die projekte.
Die verskil egter is dat Fase 4 ‘n oorsig gee van die verantwoordelike persone vir die
verskillende projekte (dus die verantwoordelikhede van die direktorate), asook die
tydsraamwerke waarbinne beweeg word. Aangesien die G.O.P ‘n vyfjaarplan is, word die
tydsraamwerk tov die betrokke jaar aangedui. Van kritieke belang is om daarop te let
dat die eerste jaar benut sal word om al die besigheidsplanne deeglik voor te berei en
om bronne van befondsing te begin identifiseer. Dit mag dus wees dat die meeste van
die projekte slegs in die daaropvolgende boekjare gestalte begin kry.
OM dit integrasie in die strukture van die munisipaliteit aan te dui, is kleurskemas aan
elke direktoraat toegeken en is as volg:
Direktoraat Administrasie: Blou
Direktoraat Finansies Rooi
Direktoraat Siviel- en Elektrotegniese Dienste Geel
Direktoraat Ekonomiese Ontwikkeling Groen
Die sleutelprestasie-areas word vir elke projek per besigheidsplan ontwikkel en hierdie
word ook opgeneem in die Bylae-dokument. Sleutelprestasieareas vir die G.O.P as
geheel word tans voorberei.
INTEGRASIE VAN GOP
SPA = SLEUTEL PRESTASIE AREAS
KATEGORIE NAAM VAN PROJEK AKSIES/UITSETTE PROJEKLEIER Tydraamwerke Finansies:Bron
Munisipale Finansies Kredietbeheer/Skuldinvordering Kontrakteer konsultant Koot van Schalkwyk Februarie - Junie Integrasiefondse
2002
Opleiding van personeel
Formulering van beleid
Toepassing van kredietbeheer
Rekenaar Plaas van tenders Koot van Schalkwyk Februarie-Junie 2002 Integrasiefondse
Keuring van nuwe rekenaars
Installering van rekenaars
Opleiding van personeel
Ondersoek: Dienslewering Kontrakteer konsultant Alletta van Sittert Februarie-Mei 2002 Integrasiefondse
Onderneem ondersoek
Voorlegging aan Raad
Waardasies Nuwe waardasies Koot van Schalkwyk 2002-2003 Moet fondse bekom
Finansiele Bestuurstrategie Bepaal moontlike konsultante Koot van Schalkwyk Februarie-Junie 2002 Integrasiefondse
Onderneem ondersoek
Verslag aan Raad
Beleid en verordeninge is Finansies Koot van Schalkwyk 2002-2003
Integrasie van Finansiele Stelsels Koot van Schalkwyk Februarie-Des 2002
Oordragte van Huise Koot van Schalkwyk Febr-Junie 2002 Dept Plaaslike Reg.
Kantoorakkommodasie Sutherland: Nuwe kantore Louis Nothnagel Febr02-Jun03 Integrasiefondse
Trek bouplanne op
Verkry kontrakteur
Bou nuwe kantore
Rus kantore toe met meubels
Beveilig kassiere-kantoor
58
Williston
Onderhandel D/M aankoop
Rus nuwe kantore toe
Beveilig kassiere-kantoor
Fraserburg
Verander ontvangstoonbank
Voertuie Bepaal behoeftes Louis Nothnagel Febr-Jun2002 Integrasiefondse
Plaas tenders
Koop voertuie aan
Kwaliteit van diens SPA om kwaliteit van diens te bepaal Koot van SChalkwyk Febr - Junie 2002
Administrasie Vaardigheidsontwikkelingsplan Ontwikkel plan Louis Nothnagel Febr-April 2002 Vaardigheidsfonds
Verkry fondse
Implementeer opleidingsplan
Prestasiebestuurstelsel Onderhandel met konsultant Louis Nothnagel Jan - Mei 2002 Integrasiefondse
Prestasiekontraktering vir amptenare
Ontwikkel prestasiebestuur vir GOP Alletta van Sittert Febr - Jun 2002 GOP-fondse
Werwing en keuringsbeleid Louis Nothnagel Maart 2002 Integrasiefondse
Integrasie van verordeninge Louis Nothnagel Febr - Des 2002 NVT
Integrasie: administratiewe stelsels Louis Nothnagel Febr - Des 2002 INtegrasiefondse
Omskep biblioteke in leersentrums Louis Nothnagel Febr 02 - Jun 03 Moet bepaal word
Ontwikkel OG-program Louis Nothnagel Febr02-Des 02 NVT
Arbeidsforum Louis Nothnagel Maart - Mei 2002 NVT
Ondersoek Magte en Funksies Louis Nothnagel Deurlopend NVT
Noodramp Ontwikkel plan Louis Nothnagel April - Des 2002 Moet bepaal word
59
Klientediens Bepaal SPA vir direktoraat Louis Nothnagel Feb - Junie 2002 NVT
Infrastruktuur Toegangsroetes Onderhandel oor toegangsroetes Gys van Schalkwyk Deurlopend Dept Vervoer
O&M Ondersoek Konsulteer met Doreen Atkinson Gys van Schalkwyk Jan - Junie 2002 DWAF
Opstel van databasis Konsulteer met Africon Gys van Schalkwyk Jan - Maart 2002 DWAF
Waterdiensteplanne Stel raamwerk op Gys van Schalkwyk Jan - Maart 2002 Eie fondse
Sanitasie vir plaaswerkers Gys van Schalkwyk Deurlopend DWAF
Opname: Infrastruktuur: landelik Gys van Schalkwyk Jan - Junie 2002 NVT
5Jaar Kapitaal-Ontwikkelingsplan Gys van Schalkwyk Jan - Maart 2002 NVT
Sportfasiliteite Hou werkswinkel Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Dept Sport
Bepaal behoeftes Anthony Miethas
Skryf besigheidsplanne
Onderhandel vir fondse
Kwaliteit-dienslewering Bepaal SPA Gys van Schallkwyk Jan - Junie 2002 NVT
Ekon. Ontwikkeling "Local Business Service Centre" Onderhandel met Ekon Sake Alletta van Sittert Jan - April 2002 LED/Ekon. Sake
Stel Besigheidsplan op Hannes Venter
Implementeer LBSC Anthony Miethas
Bemarking van LBSC
Ontwikkel toerusting en biblioteek
Ontwikkel databasis vir werksburo
Stig Werkloosheidsforums
Toerisme Ontwikkel: toerisme-industrie Alletta van Sittert Deurlopend LED
"School:Stone Masonry Onderhandel met Arbeid Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Dept Arbeid/LED
Beplan logistiek van skool Hannes Venter
Werf leerders via werkloosheidsforum
Vaardigheidsopleiding Onderhandel met Arbeid Alletta van Sittert Deurlopend Dept Arbeid
Werf leerders vir programme
Identifiseer diensverskaffers
60
Implementeer opleidingsprogramme
Kwaliteitdienslewering Ontwikkel SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT
Sosio-Ekon. Ontwikkeling Sportontwikkeling Stig van sportforums Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Raadsfondse
Ontwikkel sportprogram Anthony Miethas
Kultuur Stig komitee uit 3 dorpe Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Raadsfondse
Ontwikkel kultuurprogram Hannes Venter
HIV/Vigs Versorging Stig loodskomitee Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Moet bepaal word
Ondersoek/Stel besigheidsplan saam Anthony Miethas
Onderhandel vir fondse
Bejaardesorg Stig loodskomitee Alletta van Sittert Jan -Junie 2002 Moet bepaal word
Ondersoek/Stel besigheidsplan saam Anthony Miethas
Onderhandel vir fondse
Kindersorg Stig loodskomitee Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 Moet bepaal word
Ondersoek/Stel besigheidsplan saam Anthony Miethas
Onderhandel vir fondse
Alkoholisme-rehabilitasie Stig loodskomitee Alletta van Sittert Moet bepaal word
Ondersoek/Stel besigheidsplan saam Anthony Miethas
Onderhandel vir fondse
Kwaliteit dienslewering Bepaal SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT
Omgewing Beleidsraamwerke: Agenda 21 Onderhandel met konsultant Alletta van Sittert Jan - Des 2002 Integrasiefondse
Stig komitee
Formuleer beleid
Kwaliteitdienslewering Bepaal SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT
Institusioneel Institusioneel LBSC Alletta van Sittert
Werkloosheidsforum
Sportforums
Kwaliteitdienslewering Bepaal SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT
61
Ruimtelike Grondgebruik- en Kontrakteer PIMSS-sentrum Louis Nothnagel Integrasiefondse
Ontwikkeling soneringskemas Voorsien databasis aan PIMMS
Stel konsep op
Lê voor aan Raad vir goedkeuring
Grondhervorming Ontwikkeling: beleid/strategie Alletta van Sittert Grondsake/Landbou
Opname van behoeftes vir grond Hannes Venter
Loodskomitee bestuur proses SPP
Bepaal opleidingsbehoeftes
Ondersoek na benutting van meent
Bestuur huidige meent
Kwaliteitdienslewering Bepaal SPA Alletta van Sittert Jan - Junie 2002 NVT
B. PROJEKTE PER WYK
Kategorie Naam van Projek Aard van projek Projekleier Tydsraamwerke Finansies: Bron
Infrastruktuur
Wyk 1 (Williston) Water Ondersoek bronne Gys van Schalkwyk Sien kapitaalprogram CMIP/DWAF
Lae-koste behuising 150 nuwe huise Dept Behuising
Stormwater en paaie Opgradering CMIP
Kragnetwerk Opgradering Eskom/CMIP
Wyk 2 (Fraserburg) Nagemmers Uitfasering Gys van Schalkwyk Sien kapitaalprogram CMIP
Koopkrag Installering Eie fondse
Oksidasiedam Uitbreiding CMIP
Stormwater/sypaadjies Opgradering CMIP
Verseëling van strate Opgradering Eie fondse
Wyk 3 (Landelik) Paaie-netwerke Opgradering Gys van Schalkwyk Sien kapitaalprogram Moet bepaal word
Sanitasie en sonkrag op plase
Wyk 4 (Sutherland) Radio- en TV Nuwe installering Gys van Schalkwyk Sien kapitaalprogram Eie fondse
Lae-koste behuising 150 nuwe huise Behuising
Openbare toilette Eie fondse
Uitfasering straatligte Eie fondse
62
Strate en Stormwater Opgradering CMIP
Uitfasering nagemmers Premierfondse
Kantore Beveiliging Eie fondse
Ekonomiese Ontwikkeling
Wyk 1 Uitroei van doringbome Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 DWAF
Onderhandel met Werk vir Water Anthony Miethas
Byekorf-ontwikkeling Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Moet bepaal word
Anthony Miethas
Vleisverwerking Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan02 - Des 2003 Moet bepaal word
Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas
Turksvyboerdery Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Moet bepaal word
Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas
Kleremakery Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Dept Welsyn
Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas
Kruideniersakke Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Moet bepaal word
Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas
Oprigting krematorium Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02- Des 2003 Moet bepaal word
Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas
Byeboerdery Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02 - Des 2003 Moet bepaal word
Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas
Naskoolse sentrum Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02 - Des 2003 Moet bepaal word
Ondersoek projek en stel BP op Anthony Miethas
Wyk 2 Lê-hen projek Werk met bestaande Flagshipkomitee Alletta van Sittert Deurlopend Flagshipfondse
Hannes Venter
Byekorf ontwikkeling Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan 02 - Des 03 Moet bepaal word.
63
stel BP en onderhandel vir fondse Hannes Venter
Groentetonnels Werk met bestaande Flagshipkomitee Alletta van Sittert Deurlopend Flagshipfondse
Hannes Venter
Songedroogde groente Werk met bestaande Flagshipkomitee Alletta van Sittert Deurlopend Uit winste: flagship
Hannes Venter
Vleisverwerking Stel komitee saam Alletta van Sittert Deurlopend Flagshipfondse
Stel BP saam Hannes Venter
Wyk 4 Wetenskapsentrum Voorlegging aan Kabinet Alletta van Sittert Jan 01 - Des 03 Verskeie
Aktiwiteitsentrum BP vir fondsinsameling SAAO Verskeie
Konstruksie na fondsinsameling
Sonbrilleprojek Stel nuwe komitee saam Alletta van Sittert Deurlopend LED/Verskeie ander
Keur nuwe spanne Anthony Miethas
Bemarking by groot maatskappye
Toerusting, Film ens
Bepaal eklipse volgende 10jr internas
Bemark brille internasionaal
Planetariese Hoofweg Verkry toestemming by Vervoer Alletta van Sittert Mei 2002 LED
Ontwerp finaal enposisioneer Anthony Miethas
Bou eenhede
Draadmodelle Organiseer gestremdes Alletta van Sittert Jan - Des 2002 LED
Bemark produkte Anthony Miethas
Wolwasindustrie Onderhandel met konsultant Alletta van Sittert Jan - Des 2002 Moet gevind word
Onderhandel met Dept Ekon Sake Hannes Venter
Fondsinsameling o.a. IDC
Gesprek met Wooltech
64
Tulpindustrie Stel BP saam Alletta van Sittert Jan - Des 2002 Moet gevind word
Onderhandel met Ontwikkelingsbank Hannes Venter
Onderhandel vir fondse
Vlieër- en Kunsflyt Onderhandel met kunstenaar Alletta van Sittert Jan - Des 2002 Moet bepaal word
Onderhandel vir fondse Anthony Miethas
Bemark by WWF
Byekorf Stel komitee saam Alletta van Sittert Jan - des 2002 Moet bepaal word
Onderhandel vir fondse
65
66
FASE 5: GOEDKEURING DEUR RAAD
Tydens ‘n Algemene Raadsvergadering op 26 Februarie 2002 het die Raad van Karoo
Hoogland die Geïntegreerde Ontwikkelingsplan van sy regsgebied eenparig
goedgekeur.