Die Anglo-Boereoorlog

Document Sample
Die Anglo-Boereoorlog Powered By Docstoc
					     Die Anglo-Boereoorlog      1899-1902
               Die uitbreek van die oorlog
In  die laaste jare van die 19de eeu het die belange van Brittanje en die twee
Boererepublieke naamlik die Zuid-Afrikaansche Republiek en die Oranje Vrystaat
gebots. Dit was dus in werklikheid 'n botsing tussen die Britse imperialisme en
Afrikaner-nasionalisme. Brittanje wou graag hulle ryk uitbrei om ook die Zuid-
Afrikaansche Republiek (ZAR) in te sluit veral na die ontdekking van goud aan die
Witwatersrand in 1886. Duisende uitlanders het na die gebied gestroom om hulle
fortuin te kom soek. Die meeste van hulle was Britse onderdane.
Sommige van die eienaars van die myne het op seggenskap in die regering deur
middel van stemreg binne die Zuid-Afrikaansche Republiek aangedring maar die
uitlanders kon eers stem nadat hulle 14 jaar in die republiek gebly het.

Die mynbase was ontstel oor president Paul Kruger se se mynbeleid wat volgens
hulle die onkoste van die produksie van goud verhoog het. Daar was groot
onenigheid tussen die myne en die regering. Om die rede wou die mynbase graag
beheer oor die regering van die republiek kry.
Sir Alfred Milner, die Britse Hoë Kommissaris wou ook graag die twee
Boererepublieke en die twee Britse kolonies onder een vlag verenig.
Van 31 Mei 1899 tot 5 Junie 1899 het Milner en Kruger mekaar in Boemfontein
ontmoet om onder meer oor die kwessie van stemreg vir die uitlanders te praat.
Kruger was bereid om die tydperk tot sewe jaar te veminder terwyl Milner op vyf jaar
aangedring het. Die konferensie misluk.
Milner het van die konferensie terugggekeer vas oortuig dat slegs 'n oorlog Engeland
se posisie binne Suid-Afrika sou verstewig. Hy vra dus dat die Britse regering
dadelik die garnisoen in Suid-Afrika met 10 000 troepe versterk. Ook die
Boereleiers, presidente SJP Kruger en MT Steyn het nie meer vir Milner vertrou nie.
Dit het ook vir hulle gelyk asof oorlog onvermydelik was.
Op 8 September 1899 het die Britse regering 10 000 troepe na Suid-Afrika gestuur.
Dit het die ZAR en sy bondgenoot, die Vrystaat ontstel. Op 27 September het die
kommandant-generaal van die ZAR, Piet Joubert, reeds die eerste kommando's
opgeroep om na die grense met die Britse kolonies te vertrek. Ses dae later het ook
president M T Steyn van die Vrystaat sy kommando's opgeroep.
Op 9 Oktober 1899 stuur die regering van die ZAR 'n ultimatum aan die Britse
regering. Hulle eis onder meer dat die Britse troepe op die grense van die republiek
onttrek moet word en dat al die troepe wat na Suid-Afrika onderweg was, na
Engeland moes terugkeer.
Die Britse regering het die ultimatum van die hand gewys en om 17:00 op 11Oktober
1899 het die Anglo-Boereoorlog tussen die twee Boererepublieke aan die een kant
en Groot Brittanje aan die ander kant uitgebreek.
                                            2


                        Japie Greyling


                                 Japie Greyling as kleuter




Japie    Greyling is op 28 Junie 1890 as een van 'n tweeling gebore. Hy het
grootgeword op die plaas Smaldeel in die Hoopstad-distrik waar sy vader,
kommandant Barend Greyling geboer het. Hy was een van dertien kinders.
Met die uitbreek van die oorlog in Oktober 1899 het sy twee oudste broers saam met
sy vader op kommando vertrek. Hoewel Japie graag wou saamgaan, was hy te jonk
en moes hy saam met die res van die kinders by sy moeder op die plaas agterbly.
In Maart 1901 begin die Engelse met die afbrand van plase in die Hoopstad-
omgewing. 'n Groepie Boere waarsku die Greylings dat die Engelse na hulle oppad
was. Op daardie stadium is Japie se vader reeds deur die Engelse gevang en was
hy dus nie saam met die groepie Boere nie. Kort nadat die Boere die plaas verlaat
het, arriveer Engelse soldate wat deur 'n verraaier aan Boerekant ingelig is omtrent
die Boere se besoek aan die plaas.
Ongeveer om 04:00 terwyl Japie besig was om koffie te maak, hoor hy die Engelse
se perde wat die huis nader. Toe hy na buite gaan, wou hulle van hom weet
waarheen die Boere oppad is en waar die boerekommando's is. Hoewel Japie
geweet het, het hy geweier om die inligting aan hulle te verstrek. Daarop het kapt
Jack Seeley hom beveel om teen die muur te staan. Hy het aan ses van sy soldate
opdrag gegee om in 'n halfmaan voor Japie stelling in te neem. Hy het saggies aan
hulle gesê dat hulle moet doen wat hy sê, maar nie moet skiet nie.
Hy het aan Japie gevra waar die Boere was en gedreig dat sy soldate hom sou skiet
indien hy nie wou sê nie. Japie het herhaaldelik geantwoord dat hulle maar kan skiet
maar hy sou nie praat nie. Toe Japie die doodskoot verwag, het Seeley onverwags
gesê dat die soldate hulle gewere moet laat sak. Seeley het na Japie gestap en sy
hand na hom uitgesteek, waarop Japie gekoes het, aangesien hy 'n klap van die
kaptein verwag het. Seeley het hom gelukgewens met sy dapperheid en die hoop
uitgespreek dat hy hom weer eendag sou ontmoet.
Seeley het in sy boek Fear and be slain melding gemaak van Japie se heldedaad.
Tydens 'n besoek aan Suid-Afrika in 1931 het hy probeer om Japie op te spoor,
maar Japie wou nie die kaptein ontmoet nie. Na sy terugkeer in Brittanje het Seeley
sy assistent, luit AA Hawkins gestuur om Japie op te spoor. Deur bemiddeling van
Japie se prokureur op Bethlehem, waar hy op daardie stdum op die plaas
Sonderhout, geboer het, het Hawkins by Greyling uitgekom en die boek wat Seeley
geskryf het aan hom oorhandig.
Japie Greyling het nooit van sy heldedaad gepraat nie. Toe sy seun op laerskool een
keer 'n boek uitneem wat oor kinderhelde handel moes hy by sy onderwyser uitvind
                                       3

dat een van die kinderhelde sy eie vader was. Hy was baie verbaas daaroor en toe
hy sy vader daaroor uitvra, het hy gesê dat hy mos reeds die storie ken.
Hy was baie beskeie daaroor en het gevra dat die voorval nooit as propaganda teen
die Britte gebruik moes word nie. Hy het gesê dat 'n mens dikwels tydens 'n
onnatuurlike situasie soos 'n oorlog, iets doen wat jy nie onder normale
omstandighede sou doen nie.
                                          4


                           Danie Theron
Toe Danie Theron op 5 September 1900 in die Gatsrand tydens 'n skermutseling
met die Engelse sterf het die Boere een van hulle knapste verkenners verloor.
Hy is op 9 Mei 1872 in die Kaapkolonie by Tulbagh gebore. Op tienjarige ouderdom
verlaat hy sy ouerhuis om sy halfbroer, Johannes Pretorius wat 'n onderwyser was,
na Bethlehem in die Vrystaat te vergesel. In 1888 behaal hy sy skooleindsertifikaat
en verower 'n beurs van Kaapland om verder te gaan leer. In 1889 behaal hy sy
matrikulasie sertifikaat en kwalifiseer as onderwyser. Voordat hy as ingeskrewe
klerk by die prokureur CT Rabie op Pietersburgbegin werk, het hy eers skoolgehou
in Kroonstad. Na sy deelname aan die Malaboch-oorlog (1894) kry hy volle
burgerskap van die ZAR.
Nadat hy in 1897 as prokureur gekwalifiseer het, begin hy 'n praktyk op Krugersdorp.
Sy praktyk floreer. Hy ontmoet Hannie Neethling, die meisie met wie hy van
voorneme was om te trou. Sy sterf in Augustus 1898 . Dit is 'n verpletterende slag
vir Theron en hy bly ongetroud.




                                     Danie Theron



Ontsteld oor 'n artikel wat in The Star verskyn gaan hy na Johannesburg waar hy 'n
apologie van die redakteur, W F Moneypenny, eis. Toe hy dit nie kry nie slaan hy
Moneypenny en breek Moneypenny se bril in die proses. Op 25 April 1898 word hy
skuldig bevind aan aanranding en moet óf twee maande tronk toe gaan óf 'n boete
van £20 betaal. Sy boete word egter namens hom betaal deur die mense wat in die
hof teenwoordig was.
Op die vooraand van die oorlog oorreed hy die Transvaalse regering om die
Wielrijders Rapportgangers Corps te stig om as verkenners en rapportryers in die
oorlog op te tree. Voor die oorlog het lede van die korps inligting versamel oor die
Britse militêre voorbereidings vir die oorlog. Theron besoek self Kimberley, Mafeking
en Bulawayo. In sy hoedanigheid as kaptein van die korps dien Theron op generaal
Louis Botha se staf in Natal. Die rapportryerskorps toon gou sy waarde: die dapper,
gedissiplineerde manier waarop die lede van die korps hulle pligte doen, kry baie lof,
selfs van die burgers wat aanvanklik skepties teenoor die skepping van so 'n korps
                                         5

gestaan het. Hy lewer waardevolle diens by die slag van Spioenkop (15.12.1899) en
Colenso (24.01.1900)
Op 24 Februarie 1900 sluit hy aan by die krygsmag van generaal CR de Wet waar
hy een van die waaghalsigste van al sy kordaatstukke gedurende die oorlog uitvoer
deur 'n boodskap na generaal Piet Cronje wat by Paardeberg vasgekeer was, te
bring. Hy het deur die Britse linies gekruip.
Op 5 Maart 1900 stig hy die Theron Verkennerskorps (TVK) wat saamgestel is uit
ongeveer 'n honderd jong mans uit verskillende nasionaliteite. Die korps het nie net
slegs respek aan albei kante, beide Boer en Brit afgedwing nie maar het hoë
standaarde gestel aan sy manskappe. Die korps het ook 'n hoë gevegspeil
gehandhaaf. Van die manskappe wat later hulle eie korpse gehad het of hulself in
die oorlog onderskei het was Manie Maritz, Wynand Malan, Barnie Enslin, Henri
Slegtkamp, Walter Mears en Jack Hindon. Die TVK lewer 'n groot bydrae tot die
suksesvolle en uiteenlopende optredes van generaal CR de Wet onder wie hulle
hoofsaaklik opgetree het. Hulle was byvoorbeeld die generaal se oë en ore tydens
die eerste 'dryfjag' op hom. Die TVK verskaf inligting oor Britse troepebewegings,
blaas treinspore op, en bevry selfs by geleentheid krygsgevangenes wat deur die
Engelse op Vanwyksrust aangehou is.
Na die oorlog word sy sy oorskot herbegrawe op die plaas Eikenhof, langs die graf
van Hannie Neethling.
Vyftig jaar na sy dood word die Danie Theron-monument op Theronskop waar hy
gesneuwel het, onthul.
                                         6


   Perde en Fietse gedurende die Anglo-
                Boereoorlog
Die gebruik van perde

Die   perd was een van die belangrikste vervoermiddels wat die komando's
gedurende die oorlog gebruik het. Perdevoer is aan die begin van die oorlog deur
die Hoofkomitee verskaf alhoewel 'n belangrike bron van voer ook die weiding in die
veld was. Veral aan die suidelike en noordfront was die veld vroeg uitgetrap en
afgevreet as gevolg van die oorbeweiding deur die menigte vee wat saam met die
kommando's daar was.
'n Perd wat losgeloop het in die veld het gou 'n ander eienaar gekry. Die besit van
sy perd was natuurlik vir die Boere heilig en as hy sy perd by iemand anders gewaar
het, het hy die volste reg gehad om dit op te eis en die perd moes dadelik
teruggegee word. Daar was ook mense sonder perde op kommando – voetgangers.
Hulle het nie perde gehad nie omdat hulle dit nie kon bekostig nie. Perdesiekte, die
moeilike bekombaarheid van perde en uitputtende trekke het tot gevolg gehad dat
mense soos Deneys Reitz en Jan Celliers vir korter of langer tye sonder perde was.
Generaal de la Rey sê die volgende oor perde:" Sonder 'n perd beteken 'n Boer as
krygsman niks. Dikwels het ons probeer om hulle te voet te laat veg maar sonder
enige sukses. As 'n Boer dus 'n perd verloor het dit beteken dat daar een man
verlore was en elke perd wat ons van die vyand afgeneem het was weer een Boer
meer op die slagveld"




                         Perdemonument by Port Elizabeth
                                         7

Die gebruik van fietse

Reeds voor die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog het Danie Theron en sy vriend
Koos Jooste,, wat 'n ywerige fietsryer was, die regering van die ZAR versoek om 'n
fietsryerskorps op die been te bring. Na 'n resies tussen Pretoria en Krokodilbrug
tussen Jooste en ene Martiens wat te perd was, wat Jooste dan ook wen, gee die
kommandant-generaal van die ZAR, Piet Joubert toestemming dat die Wielrijders
Corps gestig kan word.
Die korps het bestaan uit 100 jong mans wat deur Theron en 'n paar van sy helpers
uit die geledere van die burgerlike bevolking asook die van goedgesinde
vreemdelinge wat in die Republiek gewoon het, gekies is.
Die doel van die korps was om 'n vinnige rapportdiens tussen die verskillende
seksies van die Boere se leërafdelings daar te stel. Theron was oortuig dat die
fietsryers vinniger as perderuiters kon beweeg en ook nie so maklik in die veld deur
die vyand opgemerk sou word nie. Die korps sou uiteindelik ook dien as 'n
inligtingsdiens vir die Boere.
Aan die hoof van die korps het Danie Theron gestaan wat op 13 September 1899
formeel duer die kommandant-generaal in die posisie aangestel is. Theron is
bygestaan deur luitenante wat in bevel van elke seksie was. Hy het elkeen
persoonlik uitgesoek en aangestel en hulle was aan hom persoonlik verantwoordelik.
J P (Koos) Jooste is later bevorder tot onderkaptein van die hele korps.
Elkeen van die manskappe is voorsien met 'n fiets, 'n rewolwer en waar nodig met 'n
karabyn. Slegs die betroubaarste manne is tot die korps toegelaat. Die Wielrijders
Corps het byvoorbeeld waardevolle werk aan die Swazilandgrens verrig waar hulle
die grens gepatrolleer het. Die Engelse se fietsryerkorpse het weer die spoorlyn in
die Noordwes-Kaap gepatrolleer.
Reeds voor die oorlog het kolonel George Knox die eerste fietsryerskorpse in
Engeland in die leër op die been gebring. Toe die oorlog uitbreek was die City of
London Imperial Volunteers en twee bataljons van die Royal Dublin Fusiliers
toegerus met fietse. Van die plaaslike regimente het ook van fietse gebruik gemaak
byvoorbeeld die Rand Rifles en die Cape Cyclist Corps
Die fietsryers aan Britse kant het ook as skakel tussen die infanterie en die ruitery
opgetree. Hulle het telegramme, geld, verslae, rapporte asook die posduiwe
vervoer. Majoor BFS Baden-Powell het tot 'n opvoubare fiets gebruik terwyl agt
soldate die sogenaamde "War Cycle" beman het. Hulle het 'n spoed van 48 km per
uur behaal .
Die fiets het egter nooit die perd as vervoermiddel gedurende die oorlog vervang nie.
                                            8




                            Emily Hobhouse




Sy was 'n Britse filantroop wat op 9 April 1860 te St Ive Cornwall in Engeland
gebore is. Na die dood van haar moeder in 1880 pas sy haar vader op. Na sy dood
doen sy 'n tydlandk welsynswerk onder die Corniese mynwerkers wat na die VSA
geëmigreer het. Tydens haar verblyf in die VSA raak sy verloof aan 'n sakeman
maar die verlowing word verbreek. Sy keer terug na Engeland waar sy vir die
Women's Industrial Council in Londen werk. Sy raak betrokke by die South African
Conciliation Committee wat prober om die Uitlanders en die Afrikaners met mekaar
te versoen. Na die uitbreek van die oorlog in Oktober 1899 wy sy haar hart en siel
aan die taak en stuur pamflette uit en skryf ook briewe aan vooraanstaande mense,
organiseer vergaderings en hou toesprake.
Na sy van die afbrandings van die plase in Suid-Afrika hoor stig sy die South African
Women and Children's Distress Fund. Sy besluit om self Suid-Afrika te besoek ten
einde eerstehandse inligting omtrent die toestande in die land in te samel.
Met haar aankoms in Suid-Afrika in Desember 1900 hoor sy vir die eerste keer van
die konsentrasiekampe en kry uiteindelik toestemming van lord Kitchener om self die
kampe suid van Bloemfontein te besoek. Sy mag egter net dié betrokke kampe
besoek. Gedurende die volgende paar maaande besoek sy die konsentrasiekampe
op Bloemfontein, Norvalspont, Aliwal-Noord, Oranjerivier en verky ook 'n permit om
die kamp by Mafeking te besoek. In die konsentrasiekampe het die vrouens van al
hulle ontberings vertel. Emily deel die voorrade wat sy met haar saam gebring het
uit en verleen hulp waar sy kan. Sy skryf briewe aan organisasies in Kaapstad en in
Engeland wat haar geodgesind is en spoedig begin kiste met klere en ander
voorraad wat in die kampe nodig was, uit alle oorde opdaag. Die snel toenemende
sterftesyfer en die feit dat sy nie toegelaat word om al die kampe te besoek nie laat
haar na Brittanje terugkeer.       Die bestuur van die Distress Fund publiseer haar
verslag oor die konsentrasiekampe teen die middel van Julie 1901. The Times
brandmerk haar egter as " 'n politieke opstoker en die verspreider van onjuiste en
grieselrige stories." Sy laat haar egter nie van stryk bring nie en lig die Britse publiek
op talle veragderings van die toestand in die kampe in. Die Britse regering word
verplig om die dameskommissie onder Millicent Fawcett na Suid-Afrika te stuur om
die kamptoestande te ondersoek. Mej Hobhouse word egter nie genooi om lid van
die kommissie te word nie. Die kommissie bekragtig na hulle besoeke aan al die
                                           9

kampe die meeste van Emily se oorspronklike aanbevelings ten opsigte van
hervormings in die kampe.
Sy word verhinder om 'n tweede keer voet aan wal in Suid-Afrika te sit. In April 1902
rus sy in Savoje in Frankryk waar sy haar boek The brunt of the War and where it fell
skryf. In Mei 1903 keer sy egter vir 'n derde keer na Suid-Afrika waar sy 'n reis deur
die verwoeste twee Boererepublieke onderneem waar sy onder meer noodsaaklike
lewensmiddele aan behoeftige Boere uitdeel.
Haar volgende onderneming in Suid-Afrika was die vestiging van tuisnywerhede vir
Boeremeisies in vernarmede distrikte, Aanvanklik oorweeg sy om hulle te leer om
kant te maak maar op advies van vriende kom sy tot die gevolgtrekking dat spin-en
weefksole meer praktiese waarde sou hê. Sy keer is Februarie 1905 na Suid-Afrika
terug en rig in Maart van dieselfde jaar die eerste spin-en weefskool te Philippolis in.
In Augustus 1905 volg die skool in Langlaagte. Uiteindelik sou daar tien van die
skole in die OVS wees en sestien in die Transvaal terwyl daar ook 'n kantskool op
Koppies in die OVS opgerig word. In Oktober 1908 keer sy na Europe terug waar
haar swak gesondheid veroorsaak dat sy die meeste van die tyd in Rome woon.
Gedurende die Eerste Wêreldoorlog verleen sy weer hulp aan burgerlikes in die
oorloggeteisterde gebied. Na die oorlog is sy aktief verbonde aan die Save the
Children Fund. Sy vertaal die dagboek van 'n Boerevrou, Alie Badenhorst wat as
Tant Alie of the Transvaal uitgegee word. Sy versorg ook 'n versameling korter
vertellings oor die oorlog wat as War without Glamour verskyn.
Haar gesondheid gaan vinnig agteruit en in 1925 kry sy beroerte. In Mei 1926 word
sy 'n laaste keer siek en sterf op 8 Junie 1926 in Londen. Op voorstel van mev pres
Steyn word haar as na Suid-Afrika gebring en by die Vrouemonument begrawe op
27 Oktober 1926.
                                         10


                      Die Vrouemonument




Die ontberings wat die vrouens gedurende die oorlog moes deurmaak het 'n diep
indruk op pres M T Steyn gemaak . Hy het reeds gedurende die oorlog besluit om 'n
monument op te rig ter ere van die vrou. Met sy terugkeer uit Europa in 1905 het hy
dadelik 'n begin gemaak om sy groot ideaal te verwesenlik. Op 7 Februarie 1907
word daar op 'n volkskongres die idee aanvaar dat 'n monument opgerig sal word.
Subskripsielyste is uitgestuur om die nodige fondse vir die oprigting bymekaar te kry.
'n Gekskikte terrein vir die oprigting van die monument is gevind terwyl ontwerpe
middel van 'n wedstryd ingesamel is. Anton van Wouw se ontwerp vir die
beeldegroep asook diè van Frans Soff, die argitek van die monument, is as die
geskikstes aanvaar. Teen 1911 is daar reeds £ 10 236 ingesamel en kon daar met
die bou van die monument begin word op 'n koppie naby Bloemfontein. Die reuse
sandsteenblokke wat die kontrakteurs Medlin & Lehman vir die oprigting van die
monument gebruik het, is vanaf Kroonstad aangery.
Die monument is op 16 Desember 1913 onthul. Emily Hobhouse wat die onthulling
moes waarneem het egter op Beaufort-Wes siek geword. Haar boodskap is
voorgelees deur mnr Charles Fichardt terwyl die onthulling deur mev R I Steyn
waargeneem is.
Die gedenknaald is die simbool van ewige hoop – daarvan getuig die naald wat na
Bo wys. Dit is ook 'n herinnering aan menslike worsteling en lyding. Die moeder met
haar ontblote hoof en sterwende kind op haar skoot, met oë wat nêrens heen kyk
nie, bring die boodskap dat sy nie sal wanhoop nie, maar dat al die lyding en sterwe
sal verseker dat haar volk nie sal sterf nie. Die jong vrou kyk ver die vlaktes in.
                                      11

Ondanks al die vernedering, ellende en lye hou sy haar kop hoog en kyk sy die
toekoms in. Die twee sypanele beeld tonele uit die kampe uit.
Aan die voet van die monument binne die ringmuur lê begrawe MT Steyn, die
staatsman; CR de Wet, die krygsman en JD Kestell, die Godsman. In 'n nissie aan
die voet van die naald rus die as van Emily Hobhouse. Saam in pres Steyn se graf
rus sy vrou, Rachel Isabella Steyn.
                                          12


       Die Vredesmonument in Vereeniging




Die vrede van Vereeniging

Nadat die twee Boererepublieke byna drie jaar lank teen die oormag van Brittanje
geveg het, het die verteenwoordigers van die Zuid-Afrikaansche Republiek en die
Oranje-Vrystaat van 12-17 April 1902 in Pretoria met lords Kitchener en Milner oor
die sluiting van die vrede onderhandel. Die Boere se verteenwoordigers het
hardnekkig geweier om 'n vrede te aanvaar wat die onafhanklikheid van die
Boererepublieke sou ontneem. Die Britse verteenwoordigers het duidelik laat blyk
dat daar geen sprake van onderhandeling oor vrede kan kom as die Boere nie
bereid is om die Republieke se onafhanklikheid prys te gee nie. Die Boere se
verteenwoordigers onder leiding van pres. MT Steyn, waarnemende staatpresident
SW Burger, generaals Botha, De Wet, De la Rey en Hertzog se houding was dat
hulle geen voorstelle kon maak of aanvaar wat die onafhanklikheid van die twee
republieke in gevaar sou stel nie, sonder om vooraf die volk, dit wil sê die burgers te
velde te raadpleeg nie.
Daar is vervolgens besluit om die aangeleentheid aan die volk voor te lê wat
afgevaardigdes sou kies. Hierdie afgevaardigdes moes op 15 Mei by Vereeniging
vergader en daar besluit of die oorlog voortgesit sou word en of vrede gesluit sou
word met prysgewing van onafhanklikheid . Die twee republieke sou elkeen dertig
afgevaardigdes stuur.
Op 15 Mei kom die afgevaardigdes in Vereeniging byeen, nadat hulle die gevoelens
van die burgers wat hulle moes verteenwoordig deeglik getoets het. Die byeenkoms
onder voorsitterskap van assistent-generaal CF Beyers sou drie dae duur. Aan die
einde van al die samesprekings is daar besluit dat die twee regerings gemagtig kan
word om met die verteenwoordigers van die Britse regering in Pretoria te
onderhandel oor vrede op bepaalde voorwaardes. Kitchener en Milner wou egter nie
gehoor gee aan die versoek om die gedeeltelike behoud van onafhanklikheid nie.
Generaals Hertzog en Smuts het saam met lord Milner nou die ontwerp-
vredesverdrag opgestel. Nadat die Britse regering die vredesverdrag aanvaar het,
is dit aan die afgevaardigdes voorgehou voordat hulle daaroor moes stem.
Uiteindelik sou 54 afgevaardigdes daarvoor stem en 6 daarteen.
Die lede van die twee regerings het na Pretoria gereis waar die vredesverdrag op die
aand van 31 Mei te Melrose-huis om vyf minute voor elf, onderteken is.

Die oprigting van die monument
                                        13

Reeds in 1930 het die idee van 'n monument wat die vrede herdenk ter sprake
gekom maar daar is gevoel dat die tyd vir die oprigting van so 'n monument nog nie
gereed was nie. In 1952 met die 50-jarige herdenking van die ondertekening het dit
weer ter sprake gekom. Na voorlopige samesprekings is daar op 31 Mei 1952 op
Vereeniging besluit om 'n gedenkteken op te rig wat sowel die leed en verslaendheid
van die vredesmoment as die geloof, hoop en weeropstanding daarna sou uitbeeld.
Na langdurige beraadslaging is 'n ontwerp van Coert Steynberg aanvaar en
goedgekeur. Die onthulling van die monument het op 10 Oktober 1961 plaasgevind.

Simboliek
Die monumnet stel 'n jong Boerekryger voor wat erg gewond op sy linklersy lê.    Uit
die wond in sy hart rys 'n simboliese figuur triomfanklik omhoog, die regterarm
hemelwaarts gerig. Die sterwende figuur is uit blou graniet gebeeldhou; die skraal,
maar kragtige abstrakte figuur wat uit sy hart groei, is van vlekvrye staal, wat die
simbool van geestelike suiwering en 'n gees van staal is. Die twee figure rus op 'n
hoë voetstuk. Voor is 'n geweer, 'n leë bandelier en die hoed van die Boerekryger,
alles in brons. Dit dui op die einde van die oorlog, die vrede (wapen wat neergelê
is), maar ook rou oor die verlies van onafhanklikheid (die krans). Aan weerskante
van die voetstuk is die wapens van die twee republieke uitgebeitel. Bokant die hoed
en die krans is die woorde : Gewond maar onoorwonne Vereeniging 31 Mei 1902.
Die monument is in 1986 na die tuin voor die burgersentrum in Vereeniging verskuif.
                                         14


                   Blokhuise en loopgrawe

Die Engelse het probleme ondervind om die die twee Boererepublike in alle opsigte
behoorlik te beset en daarmee saam die Boere se besluit om tot bewegingskryg oor
te gaan en die oorlog agter die Britse front te voer. Blokhuise is aanvanklik
aangewend vir die beskerming van die Britse kommunikasielyne teen aanvalle van
die Boere bv by spoorlyne en toevoerroetes.. Reeds op 4 Desember 1900 skryf een
van die Engelse offisiere dat alle poste wat deur die troepe beman word, goed
gefortifiseer moes word. Hier word ook genoem dat daar beplan word om
meerverdiepingblokhuise en doringdraadversperrings op te rig. Later in die oorlog
het die Engelse ook die blokhuislinies saam met mobiele kolonnes en gepantserde
treine gebruik om die Boere vas te keer tydens hulle dryfjagte en so te neutraliseer.
Ten einde die gebied militêr te beheer het hulle dit in 'n groot aantal blokke of
vanghokke verdeel deur die blokhuislinies wat kruis en dwars oor die land opgerig is.
Kitchener se plan van aksie was duidelik: dryfjagte moes weekliks binne die blokke
teen die Boerekommando's uitgevoer word en verder moes die land van alles wat vir
die Boere van nut kon wees gestroop word – vee, voedsel, en alle inwoners van
plase en dorpe.


Soorte blokhuise

Die oprigting van die blokhuise was die taak van die Royal Engineers.      Verskeie
variasie van blokhuise het voorgekom. Baie keer is boustowwe uit die omgewing
gebruik. By die oprigting van die blokhuis by Prieska is daar byvoorbeeld van
tieroogklip uit die omgewing gebruik gemaak. Die noodsaaklikheid vir die oprigting
van goedkoop en vinnig oprigbare blokhuise het reeds vroeg ontstaan en dit het
gelei tot die ontwikkeling van die Rice-tipe blokhuise wat uit sink vervaardig is, in
Maart 1901.

Meerverdiepingblokhuise

Hulle was gewoonlik twee of drie verdiepings hoog en óf vierkantig óf reghoekig.
Hulle is voorsien van skietgate en kantele met openinge in die vloer waardeur die
vyand bestook kon word as hulle te na aan die blokhuis waag. Toegang tot die
blokhuis is deur middel van 'n leer verkry wat tydens aanvalle opgetrek aangesien
die deur gewoonlik op die eerste verdieping van die blokhuis was.
                         15

Kaart met blokhuise in die Vrystaat en wanneer hulle
                     voltooi is
                                        16


                 Verskroeide-aarde beleid




Reeds vroeg in Januarie 1900, voor die aankoms van lord Roberts in Suid-Afrika
het britse troepe onder generaal-majoor J Babington plaashuise gedurende invalle in
die Wes-Vrystaat afgebrand. In sy proklamasie van Februarie 1900 het Roberts sy
teenkanting teen die verwoesting van eiendom en die molestering van burgerlikes
uitgedruk. Hy het in die daaropvolgende proklamasies sy aandag eerder toegespits
daarop om die burgers te oorreed om eerder die wapen neer te lê.
Voor die inname van Bloemfontein het die Britse kolonnes meestal die plaashuise
asook die vrouens en kinders met rus gelaat. Hulle het wel al die beskikbare perde,
voer en mielies gekonfiskeer. Tussen die inname van Bloemfontein en Pretoria het
verskeie afbrandings en plunderings van plaashuise voorgekom – hoofsaaklik deur
die Colonial Division wat bestaan het uit vrywilligers van die Oos-Kaap.
Die Haagse Konvensie van 1899 bepaal dat eiendom verwoes kan word mits dit
vereis word deur die "noodsake van oorlog". Roberts tree binne die raamwerk van
hierdie voorskrifte op toe hy van Maart tot Junie 1900 die verwoesting van
plaashuise gemagtig het wat deur Boere se skerpskutters gebruik is om op die
Engelse troepe te vuur terwyl 'n witvlag bokant die huis gewapper het.
Met die voortdurende aanvalle op sy spoor-en telegraafverbindings gee hy van Junie
1900 toestemming dat plaashuise in die onmiddelike omgewing van waar die
vermeende daad gepleeg is, afgebrand kon word. In September 1900 brei hy
daarop uit en gelas hy dat alle voedselvoorrade binne die straal van 16 km
afgebrand moes word. Hierna het die afbrand van plaashuise en ander geboue
gereeld plaasgevind. So het luitenant-generaal A Hunter in die noordwes-Vrystaat
Bothaville met uitsondering van die regeringsgeboue, die kerk en die Rooikruisdepot
afgebrand, op grond daarvan dat dit as basis deur die kommando's gebruik is in
hulle aanvalle op die spoorlyne.
In Februarie, Mei en Julie van 1900 het die Boereleiers beswaar by Roberts gemaak
oor die afbrand van huise. Volgens Roberts was sy optrede geregverdig aangesien
die oorlog grotendeels in 'n guerrillastryd ontaard het.
In Julie 1900 stuur Roberts sowat 2 500 vrouens en kinders na die Boerelinies in
Oos-Transvaal in 'n poging om druk op die burgers te plaas om wapens neer te lê.
Toe dit blyk dat dit onprakties was en ook nie die nodige uitwerking gehad het nie,
het Roberts met sy verwoestingswerk voortgegaan. Teen November 1900 het hy
onder toenemende druk gekom oor sy sg " aarde beleid." Hy het gevolglik op 18
November 1900 bevele uitgereik wat afbrandings beperk het.
Op 29 November 1900 het lord Kitchener die opperbevel van die Britse leër by
Roberts oorgeneem. Onder hom het die bevelvoerders in die veld heelwat vryheid
geniet ondanks sy verklaarde standpunt teen die verneitiging van eiendom. Hy het
                                       17

ook met die vernietiging van vorrade voortgegaan. Gesaaides is vernietig, beeste,
perde en skape is na die Britse kampe aangejaag of doodgemaak. In totaal is 30 000
huise afgebrand en 40 dorpe gedeeltelik of algeheel verwoes bv Wolmaransstad,
Bethal, Ermelo, Carolina, Reitz, Parys en Lindley.
Dit het onder die omstandighede duidelik geword dat iets met die groeiende getal
hawelose vrouens en kinders gedoen moet word. Dit het tot die ontstaan van die
konsentrasiekampstelsel gelei.
                                          18


               Die konsentrasiekampstelsel




Reeds     in Julie 1900 is 'n kamp vir hawelose vrouens en kinders by Mafeking
ingerig.     Min of meer op hierdie stadium was Roberts ook verplig om
wapenneerleggers en hulle gesinne in beskermingskampe of refugee camps te
plaas. Die eerste twee kampe is in September 1900 in Bloemfontein en Pretoria
opgerig. Daar was egter van die begin af ook vrouens, kinders en bejaardes wat
hulle self nie vrywilliglik onder Britse beskerming geplaas het nie. Hulle het die sg
"refugees" gou in getalle oortref. Die "refugee" kampe het nou konsentrasiekampe
geword. Ander kampe wat voor die einde van 1900 ontstaan het was by
Potchefstroom,      Irene,     Heidelberg,      Heilbron,    Kroonstad,     Norvalspont,
Pietermaritzburg en Port Elizabeth.
Op 29 November toe Kitchener die opperbevel van Roberts oorgeneem het, het die "
aarde beleid" in felheid toegeneem. Met Kitchener se dryfjagte wat vanaf Januarie
1901 begin het, is duisende vrouens en kinders van die plase verwyder en na
bestaande of nuut-opgerigte kampe gestuur. Kitchener het gevoel dat indien die
vrouens en kinders in die kampe byeengebring is, die burgers op kommando nie
meer op die plase voedsel van die vrouens en kinders kon kry nie.
Gewoonlik kon die vrouens die minimum voedsel, klere en beddegoed saamneem.
Dikwels is hulle in oop trokke of waens vervoer. Soms moes hulle lang afstande te
voet aflê. Teen September 1901 was daar reeds 34 konsentrasiekampe in Suid-
Afrika met sowat 110 000 inwoners waarvan die meeste kinders was.
Uit die staanspoor was daar 'n hoë sterftesyfer in die kamp. Die syfer het tussen
Augustus en Oktober 1901 'n hoogtepunt bereik:
Augustus : 2 666 sterftes dit is 'n sterftesyfer van 311 per duisend per jaar
September: 2 752 sterftes dit is 'n sterftesyfer van 287 per duisend per jaar
Oktober: 3205 sterftes dit is 'n sterftesyfer van 344 perr duisend per jaar
Uiteindelik sou 27 927 mense in die konsentrasiekampe sterf waarvan 26251
vrouens en kinders was en 1676 mans bo die ouderdom van 16 jaar waarvan 1 421
bejaardes was. Van die kinders was meer as 22 000 onder die ouderdom van 16.
Die redes vir die hoë sterftesyfer kan toegeskryf word aan 'n verskeidenheid faktore:
1. Die hele land was in 'n onhigiëniese staat vanweë die oorlog.
2. Die oorlog het 'n nadelige uitwerking gehad op die vervaardiging van voedsel en
die teel van vee. Swak voedsel is veral aan die Transvaalse kampe voorsien. Daar
is van 'n rantsoenstelsel gebruik gemaak wat voorsiening gemaak het vir twee skale:
een vir die sg refugees en een vir die ongewenstes. Die twee skale is teen Maart
1901 egter nie meer gebruik nie. Kampkommandante kon toe melk ens aan siekes
                                       19

en jong kinders verskaf. Manlike inwones kon arbeid verrig en geld verdien. Die
meeste vrouens se mans was egter op kommando. Sedert Maart 1901 kon inwoners
ook by meeste kampe kos by die winkels koop. Daar was egter baie armlastige
gesinne in die kamp wat nie van die voorreg gebruik kon maak nie. Die groot
probleem het egter gelê in die voorsiening van die kos – baie van die inwoners het
nie voldoende rantsoene ontvang nie en die voedsel was benede standaard.
Daar was vir elkeen daagliks (in metrieke mate)
        250 gram vleis
        375 gram meel
         60 gram koffie
         60 gram suiker
         15 gram sout
Diegene wie se mans en pa's nog op kommando was het net half-rantsoene gekry
om die mans so te probeer oorreed om op te hou veg.
3. Die uitbreek van siektes wat epidemiese afmetings aangeneem het soos masels,
tifoïede koors, kinkhoes, diarree ens. Die owerheid kon glad nie in die toenemende
aanvraag vir mediese personeel voorsien nie. Baie van die personeellede was
ondoeltreffend en nie goed gekwalifiseer nie.
4. In sommige kampe was daar 'n ernstige behoefte aan behoorlike en voldoende
akkomodasie. Baie mense moes op die grond slaap omdat beddens en matrasse
nie beskikbaar was nie.
5. Onder die kampinwoners was daar onderontwikkelde en agterlike Boere wie se
onkunde en bygelowe bygedra het tot hulle weiering om hospitaalbehandeling te kry.
6. Kampplekke is swak gekies. So was Standerton se kamp tydens reëntyd feitlik
onbegaanbaar.terwyl die winters snerpend koud so na aan die rivier was.
7. Sommige van die amptenare wat in beheer van die kampe was het lae
standaarde van oredlikheid en sindelikheid gehandhaaf. Sanitêre geriewe was
onvoldoende en watervoorsiening en vuurmaakhout karig. Daar was dus 'n gebrek
aan 'n doeltreffende kamporganisasie.
Daar is wel hervormings aangebring. Voedeselvoorsiening het verbeter, hospitale
en skole is opgerig maar die vinnige toename in die inwonertal van die kampe het
doeltreffende hervorming moeilik gemaak. Daar was buitendien geen duidelikheid
oor wie se verantwoordelikheid die kampe nou eintlik was nie. Onder Roberts se
beheer was die kampe onder siviele administrasie. Tydens Kitchener se bewind is
die kampe wel onder siviele beheer geplaas maar teen November 1901 het die
kampe nogtans onder 'n onbetrokke Kitchener geressorteer. Kampbeleid is steeds
na hom verwys. Toe die siviele owerhede uiteindelik beheer oor die kampe in
November 1901 oorneem het daar 'n radikale verbetering in die toestande in die
kampe ingetree. Dit was die gevolg van die lang stryd wat Emily Hobhouse met die
owerheid aangeknoop het. As koördineerder van die South African Women and
Children's Distress Fund het sy Suid-Afrika in Desember 1900 besoek. Hier het sy
vir die eerste keer bewus geword van die bestaan van die kampe. Tussen April en
Januarie 1901 het sy die kampe in die Vrystaat besoek. Terug in Engeland het haar
onthullings skep kritiek op die regerende party tot gevolg gehad. Die uiteinde van
die saak was dat die War Office 'n Dameskommissie onder Millicent Fawcett
benoem het om amptelik die toestande in die kampe te ondersoek. Hoewel
sommige van die Kommissielede skerp kritiek teen die vrouens in die kampe
uitgespreek het, het hulle tog beduidende hervormings in die administrasie van die
                                       20

kampe teweeggebring. Die aanbevelings van die Fawcett-komisasie is in 'n verslag
gepubliseer wat in Desember 1901 finaal sy beslag gekry het. Dit het inspekteurs,
die aanstelling van beter gekwalisfiseerde dokters en verpleegsters en verbeterde
hospitaal-akkomodasie ingesluit.
Daar was kampe by die volgende plekke:
Aliwal-Noord
Ladysmith
Mafeking
Merebank
Middelburg
Norvalspont
Oranjerivierstasie
Pietermaritzburg
Pietersburg
Port Elizabeth
Potchefstroom
Springfontein
Standerton
Uitenhage
Vereeniging
Volksrust
Vredefortweg
Wentworth
Winburg
                                         21


               Die Boerekrygsgevangenes




Die eerste krygsgevangenes van die nagenoeg 32000        wat uiteindelik in die hande
van die Engelse sou val, was die wat op Elandslaagte geveg het. Hulle is Kaap toe
gestuur waar hulle aanvanklik aan boord van troepeskepe aangehou is tot die
kampe te Groenpunt en Bellevue, Simonstad voltooi is.
Die Engelse owerheid besluit gou om die krygsgevangenes oorsee te stuur
aangesien hulle gevrees het dat die krygsgevangenes bevry sou word indien die
Boere die Kaapkolonie sou binneval. Hulle het ook gehoop dat die verbanning
oorsee 'n demoraliserende uitwerking op die burgers in die veld sou hê.
Die burgers wat by Paardeberg oorgegee het, was onder die eerstes wat na St
Helena gestuur is. Hier is hulle aanvanklik in Deadwoodkamp gehuisves. Later is 'n
tweede kamp naamlik Broadbottom aangelê. Hier moes tot twaalf man 'n tent deel.
Hulle kry gou toestemming om huisies van beskikbare materiaal te bou. Deadwood
het dus sy "Blikkiesdorp" gehad en Broadbottom sy "Lappiesdorp". Een keer per
maand as die nat kleigrond in die kamp tot 'n pappery vertrap is, verhuis die hele
Blikkiesdorp of Lappiesdorp na 'n ander deel van die kamp.
Die gevangenes kon op parool buite die kamp gaan woon mits hulle 'n eed aflê dat
hulle nie sou probeer ontvlug nie. Dit het probleme in die kampe veroorsaak
aangesien die eednemers nie hulle lewens verseker was as hulle in die kampe gebly
het nie. Hulle is in afsonderlike kampe die sg "jamkampe" aangehou omdat een van
die groter voordele wat hulle nou geniet het 'n ekstra rantsoen konfyt behels het.
Weerbarstige krygsgevangenes is in Fort High Knoll toegesluit.
Nie lank na die eerste krygsgevangenes in St Helena geland het nie, word
Diyatalawa-kamp in Ceylon ingerig. Dit was ongetwyfeld die grootste van die
krygsgevangenekampe en huisves ongeveer 5000 gevangenes. Die kamp is
verdeel in twee naamlik Steynsdorp en Krugersdorp. Die hutte was van sink en
elkeen het gemiddeld sestig bugers gehuisves. By die see was daar 'n ruskamp,
Hambantota terwyl moeilikheidmakers tydelik in die strafkamp Ragama aangehou is
en parooltekenaars in Urugasmanhandiya.
Aan die ander kant van die wêreld in die Bermuda-eilande is kampe ingerig op die
eilande Hawkins, Hinson, Morgan, Darrells, Tuckers en Burts. Die verraaiers en
eednemers is op Tuckers gehuisves terwyl die siekes op Portseiland in die hospitaal
behandel is. Die Kaapse rebelle is op St George, die tronkeiland aangehou.
Die kampe in Indië was van die jongste kampe, menige krygsgevangene het eers na
die vrede in Indië aangekom. Hier is hulle aangehou in kampe wat van die
voetheuwels van die Himalajas tot by die suidpunt van Indië aangelê is by onder
                                        22

meer Abottabad (Kakool), Ahmednagar, Bellary, Bhimtal, Fort Govindgarh, Dagshai
en Solon, Murree Hills, Satara, Shahjahanpur, Sialkot en Trichinopoly. Die klimaat
het gewissel van aangenaam in die berge tot warm en onaangenaam in die vlaktes.
Shahjahanpur en Sialkot is geteister deur stofstorms.
Die meeste van die kampe is omhein en snags helder met soekligte rverlig . Die
krygsgevangens se akkommodasie het gewissel van tente tot hutte.
Van die bannelinge was heeltemaal passief en willoos, hulle het pyp gerook, en
letterlik die maande omgesit. Van die Boere het hulle met konstruktiewe aktiwiteite
besig gehou – met die maak van allerleie gedenkartikels soos borsspelde, kieries,
servetringe juweeldosies ens uit die enige materiaal wat beskikbaar was. Daar is
atletiekbyeenkomste gereël terwyl sportsoorte soos rugby, krieket, sokker en tennis
baie gewild was. Van die jonger krysgevangenes het skoolgegaan terwyle
debatsaande en musiekkonserte ook populêr was. In die meeste kampe het feitlik
elke tak van die CSV en die CJV 'n sangkoor gehad. Meeste van die kampe het hulle
eie koerantjies gehad so was daar Kamp Kruimels in St Helena, De Krijgsgevangene
in Ceylon en die Skyview Parrot in Groenpunt.
Die NG Kerk, die Gereformeerde en die Hervormde Kerke het almal predikante
gestuur om onder die krygsgevangenes te werk. Hulle het in die Kaapkolonie geld,
kos, tydskrifte, klere en boeke asook musiekinstrumente gekollekteer en na die
kampe gestuur. In Desember 1900 is daar alleen 405 katkisante aangeneem. In die
kampe waar geen predikante werksaam was nie het die ouderlinge die kerkdienste
waargeneem.
 Daar was ook 'n aantal ontsnappingspogings uit die kampe. So het 'n vyftal Boere
o.m. Willie Steyn en Louw Steytler in die hawe van Colombo daarin geslaag om na
'n Russiese skip te swem en via Europa na Suid-Afrika terug te keer. LJ de Villiers,
as 'n Indiër vermom, het daarin geslaag om uit die kamp in Trichinopoly te ontsnap.
Die gerugte van die vrede is met onsteltenis ontvang in die kampe in die buiteland.
Uiteindelik het die meerderheid tog die eed van trou onderteken wat hulle in staat
gestel het om huis toe te gaan. Aan die einde van 1902 was daar nog ongeveer
sewentig onversoenlikes in Bermuda oor. In Indië was daar egter 'n groter groep
van sowat 498 krygsgevangenes wat nog nie die eed van trou onderteken het nie.
Na 'n besoek van generaal JH de la Rey aan die gebied op 18 Desember 1903 het
hulle uiteindelik die eed afgelê en kon hulle terugkeer huis toe. Die laaste groep
onversoenlikes in Ceylon vind uiteindelik 'n heenkome in Nederlands-Indië terwyl
daar tot in 1905 nog onversoenlikes in Bermuda was. Daar is 577 krygsgevangens
in die oorsese kampe oorlede.
                                         23


                                Die rebelle




Toe die Boeremagte ná die uitbreek van die oorlog die Kaapkolonie binneval, het
groot getalle Kaapse koloniste, in weerwil van sir Alfred Milner se waarskuwings dat
hulle as rebelle behandel sou word, tog by die Boeremagte aangesluit. 'n Dag na
die ontvangs van die ultimatum het hy die volgende proklamasie uitgevaardig waarin
hy die inwoners waarsku dat" aangesien dit aan hom vertel is dat sekere Britse
onderdane verlei kan word om die wapen teen Haar Majesteit se vyande op te neem
of Haar Majesteit se vyande te steun", direk of indirek, skuldig sou wees aan
hoogverraad en daarvoor tereg sal moet staan. Dieselfde het gegeld vir enige
persoon wat die eed van onderdanigheid aan Haar Majesteit afgelê het en steun aan
die vyand verleen. Twee dae later waarsku Milner dat, met die oog op die
bestaande staat van oorlog tussen die Britse regering en die regerings van die
Republieke, alle bewoners van die Kaapkolonie om hulle verpligtinge teenoor Haar
Majesteit se regering in gedagte te hou en hulle (a) te onthou van alle verraderlike
en oproerige dade of woorde teen Haar Majesteit, haar kroon en haar regering, en
van alle woorde en dade wat mag lei tot die opruiing van ontevredenheid met of
ontrou aan die Britse regering, of verontrusting op enige wyse van die vrede of goeie
orde van die kolonie of enige deel daarvan; en (b) hulle nie by die leërmagte van
enige van die Republieke te voeg of die Republieke op enige wyse te steun of ware
van enige aard aan die Republieke of enige onderdane daarvan te lewer nie.
Persone wat die verordering verontagsaam sal vervolg word en by skuldigbevinding
onderhewig wees aan sulke strawwe soos deur die wet bepaal.
Een van die eerste stappe wat Milner geneem het om 'n rebellie die hoof te bied
was om krygswet in die noordelike en noordwestelike dele van die Kaapkolonie af te
kondig.
Onder diegene wat die meeste onder die krygswet gely het was diegene wat na die
terugtrekking van die Republikense magte uit die Kaapkolonie na die eerste inval,
hul vrywilliglik aan die Britse owerhede oorgegee het. Hulle mag byvoorbeeld nie
hulle plase, behalwe vir dringende sake verlaat het nie. Tydens die tweede inval in
die Kaapkolonie is krygswet uitgebrei sodat daar teen Oktober 1901 nie meer 'n
distrik in die Kaapkolonie was wat nie onder krygswet gestaan het nie. Die nuwe
maatreëls wat nou in werking getree het, het die inwoners verplig om hul perde en
muile by die krygsowerhede in te ruil, saals, tuie en skotskarre is in sommige gevalle
opgeëis, instrumente soos draadtange en spykers en hoefysters het ook in die
kategorie geval, in sommige distrikte is die Boere selfs verbied om enigiets te saai
en te plant. Alle perdevoer en voorrade op die plase is deur die regering opgekoop
                                            24

en n die dorpe vervoer om daar geberg te word. Meeste inwoners mag net genoeg
kos in die huis aanhou vir veertien dae en in sommige gevalle slegs vir 'n week.
Dit was vir baie van die Kolonialers dus nie 'n maklike taak nie. Hulle was lojaal aan
die Britse koningin en moes ook getrou wees aan die Kaapse regering wat hulle self
help kies het, maar die lot van hulle familie en mede-Afrikaners aan die ander kant
van die grens het hulle so aangegryp dat hulle nie anders kon as om die wapen op
te neem nie.
Diegene wat by die kommando's aangesluit het moes voortaan die ontberinge van
die kommandolewe verduur; diegene wat nie vrywilliglik wou aansluit nie maar tog
simpatiekgesind was, is opgekommandeer of moes in betaling in kontant of op 'n
skriftelike belofte van hulle besittings vir kommandodiens afstaan. Ondanks al die
beperkende maatreëls het nagenoeg tien duisendAfrikaners vrywillig die wapen
opgeneem. Vroeg in 1900 is al die Boerekommando's egter teruggedryf na die
republikeinse bodem en die rebelle is toegelaat om terug te keer huis toe op
voorwaarde dat hulle die neutraliteitseed afgelê het. Die meerderheid het van die
amnestie gebruik gemaak maar ander het die stryd op Republikeinse bodem gaan
voortsit.
Rebelle wat gevang is en wat gesagsposisies in 'n kommando beklee het, is sonder
uitsondering ter dood veroordeel. Dit was die begin van 'n reeks teregstellings van
rebelle dwarsoor Kaapsland. Feitlik elke distrik waar die geurrillakommondo'd
opgetree het, het aan die beurt gekom. Om 'n teregstelling des te doeltreffender te
maak het generaal JDP French opdrag gegee dat dit in die openbaar moes geskied.
As daar nie genoeg getuienis was om die sg ongewenstes in die tronk te stop nie is
hulle na die interneringskampe op Port Alfred gestuur en sonder verhoor aangehou
vir die duur van die oorlog. Die eerste Kaapse rebel wat tereggestel is was Hendrik
Jacobus van Heerden (02/03/1901). Van die bekendstes was kmdt JC Lötter
(Middelburg 12/10/1901), vk Willie Louw (Colesberg, 23/11/1901) en Gideon
Scheepers wat 'n gewone kryger was en nie 'n rebel nie. In totaal is daar 44 rebelle
tereggestel (dit sluit twee drosters uit die Engelse se polisie of leër in). Elf is gehang,
nege en twintig is deur 'n vuurpeloton tereggestel en vier is gefusilleer omdat hulle in
Kakie-uniforms geklee was. Drie honderd vyf en dertig rebelle is ter dood veroordeel
maar begenadig. Baie van hulle is l ewenslange gevangenisstaf opgelê en na
Bermuda verban.
                                         25


Hendsoppers (Joiners) en National Scouts
Hendsoppers

In lord Roberts se proklamasie van 15 Maart 1900 belowe hy die volgende aan
burgers wat hulle wapens neerlê:" All burghers.... who are willing to lay down
their arms at once, to bind themselves by an oath to abstain from any further
participation in the war, will be given passes to allow them to return to their
homes...." Die proklamasie is wyd versprei in die distrikte van Edenburg,
Reddersburg, Philippolis, Fauresmith en Bloemfontein. Dit het die gewenste
uitwerking gehad sodat generaal JC Smuts gerapporteer het dat die die grootste
gedeelte van die burgers in die suidelike en westelike distrikte van die Vrystaat
op die stadium reeds oorgegee het en rustig op hulle plase gelewe het "as if no
war existed any more". Generaal de Wet meld dat daar uit die distrikte van
Boshof, Jacobsdal, Fauresmith, Bethulie en Bloemfontein teen die einde van Mei
1900 slegs 'n skrale 439 man oorgebly het. Van 15 Maart tot 5 Junie het 'n totaal
van 4 554 man in die Vrystaat hulle wapens neergelê. Tydens Roberts se
opmars na die Noorde het kleiner groepies burgers gereeld hulle wapens kom
neerlê sodat daar aan die einde van Julie 1900 reeds 1 385 mans oorgegee het.
Weens gebrek aan volledige gegewens is dit egter nie moontlik om die totale
omvang van die wapennneerlegging in Transvaal te bepaal nie. Volgens Britse
opgawes het tussen 6000 en 7000 Transvalers kort na die besetting van Pretoria
hulle wapens neergelê. Dit beteken dus dat die aanvanklike wapenneerleggers
tussen 22% en 26% van die totale Boere krygsmag uitgemaak het. Hierdie
getalle is aangevul deur 'n verdere 6025 mans wat in die tydperk van Januarie
1901 tot Mei 1902 die wapen neergelê Die grootskaalse wapenneerlegging kan
toegeskryf word aan die demoralisasie wat onder die Boeremagte geheers het
ten tye van die Britse deurbraak by Paardeberg (27 Februarie 1900), die
besetting van Bloemfontein ( 13 Maart 1900) en die val van Pretoria (5 Junie
1900). Baie van hulle was ook oortuig dat Engeland reeds die oorlog gewen het.
Die feit dat hulle volgens Roberts se proklamasie so krygsgevangeneskap kon
vryspring was ook baie aanloklik. Baie van die wapenneerleggers het geen sin
daarin gesien om verder te veg nie – vir hulle was enige voortsetting van die
stryd futiel. Van die weekhartiges was maar te bly dat Roberts se proklamasie
aan hulle die geleentheid gebied het om nie verder te veg nie. Daar was diegene
wat uit materiële oorwegings aan die stryd onttrek het. "They love their property
more than they hate the British", het Milner droogweg gesê.                   Die
konsentrasiekampstelsel het van die latere burgers beïnvloed om die stryd te
staak. Sommige het dit gedoen om weer by hulle gesinne in die kampe te kan
aansluit. Die bewegingsoorlog van die Boere het ook hoë fisieke en geestelike
eiese aan die burgers gestel. Baie kon net nie die pas volhou nie.
Baie van die wapenneerleggers het ook hulle nie almal in dieselfde mate van die
Republikeinse oorlogpoging gedistansieeer nie. Van hulle het ook later weer die
stryd hervat. Van die wapenneerlêers het by gebrek aan Britse beskerming en
onder druk van die Republikeinse magte tot die besef gekom dat dit vir hulle
                                           26


moeilik sou wees om hulle neutraliteit te behou en ongeskonde uit die oorlog te
kom. Van hulle het gevolglik in Basoetoland (Lesotho), Mosambiek, Rhodesië
(Zimbabwe) en Betsjoenaland (Botswana) in skuiling gevind.



National Scouts
Die National Scouts is in 1901 in die lewe geroep. Daar was reeds op 15
Februarie 1901 'n National Scout korps van sestig man wat in 'n kamp naby
Pretoria gehuisves is. Hiervandaan het hulle verkenningstogte onderneem en
inligting oor die Boerekommando's aan die Engelse verskaf. Vroeg in Oktober
1901 het die Britse owerhede in die Transvaal begin om die militêre hulp op 'n
beter organisatoriese grondslag te plaas. Daar is besluit om die National Scouts
uit te brei en amptelik by die Britse Leër in te lyf. Elke lid van die korps moes 'n
eed van getrouheid aflê. Vanaf Oktober het die voormalige Boere-offisiere ook
begin om op groter skaal lede vir die National Scouts te werf. Daar is onder
meer werwingsvergaderings in die Transvaalse konsentrasiekampe gehou .
Slegs vrywilligers en bona fide burgers van Transvaal is as lede van die korps
aanvaar. Daarbenewens is hulle ook aan 'n vorm van keuring onderwerp. Na
hulle indienstreding is huille van volledige militêre uitrustings voorsien. Daarna is
hulle onder Britse militêre reg geplaas en was hulle aan dieselfde dissiplinêre
maatreëls as die Britse troepe onderhewig. Teen die einde van die oorlog het
hulle uit nege afdelings elk onder sy eie ofiisiere bestaan. Die meeste afdelings
was in die Oos-Transvaal gestasioneer.            Majoor EM H Leggett, voorheen
verbonde aan die Imperial Military Railways het as stafoffisier in beheer van die
National Scouts se organisasie gestaan.
Die Orange River Colony Volunteers was die Vrystaatse eweknie van die
National Scouts en het onder dieselfde diensvoorwaardes geval. Beide SG
Vilonel en PJ de Wet het die vorming van so 'n korps in die Vrystaat
voorgestaan. Vilonel se aanvanklike oogmerk was dat so 'n korps veral teen
generaal C R de Wet moes optree. In Februarie 12902 het hy werwingswerk in
die konsentrasiekamp in Bloemfontein gedoen maar kon nie genoeg rekrute kry
nie. Die gedagte om een groot korps teen De Wet op die been te bring is toe laat
vaar. In Maart 1902 is daar tog twee afdelings van die ORC Volunteers op die
been gebring . Dit het volgens die Britse opgaaf van April 1902 uit 358 man
bestaan en teen die einde van die oorlog het daar reeds 448 mans aangesluit.
Een afdeling is onder Vilonel in Winburg gestasioneer en die ander onder Piet de
Wet in Heilbron. Kaptein PHJ Blakemore was in beheer van die ORC
Volunteers.

Lees verder:
Breytenbach, J H, Die geskiedenis van die Tweede vryheidsoorlog Deel 1 - 6
Breytenbach, JH (red) Die Gedenkalbum van die Tweede Vryheidsoorlog.
Kaapstad:1949
                                      27


Breytenbach, JH "Kaptein Danie Theron, die oë en ore van die Republikeinse
strydmagte in Gedenkalbum van die Tweede Vryheidsoorlog, Kaapstad: 1949
Breytenbach,JH,Kaptein Danie Theron baasverkenner van die Tweede
Vryheidsoorlog, Kaapstad:1950
De Kock en DW Krüger, Suid-Afrikaanse Biografiese Woordeboek. Deel 1 -V
Grundlingh A M, Die hendsoppers en joiners. Pretoria:1979
Hattingh, J H; Wessels, Andre Britse fortifikasies in die Anglo-Boereoorlog.
Bloemfontein:1997
Jooste Graham en Oosthuizen Abrie, So het hulle gesterf Gedenkboek van
teregstellings van Kaapse Rebelle en Republikeinse burgers tydens die Anglo-
Boereoorlog. Pretoria :1998
Manie Maritz My lewe en strewe, Pretoria 1939
Marais, Pets, Penkoppe van die Tweede Vryheidsoorlog. Pretoria 1993.
Pretorius, Fransjohan Kommandolewe tydens die Anglo-Boereoorlog, 1899-
1902. Kaapstad, 1991
Pretorius, Fransjohan Die Anglo-Boereoorlog, 1899-1902 Pretoria:1998
Van Tonder JJ Veertien gedenktekens van Suid-Afrika Kaapstad, 1961
Van Schoor MCE Die Nasionale vrouemonument, Oorlogsmuseum : 1993
Die Taalgenoot Augustus 1967 APJ van Rensburg "Die Danie Theron-
monument"
Die Huisgenoot van 1 September 1950: "Die dapperste onder die dapperes"; 8
Desember 1950 GJ Bosman: "Vang kan hulle hom nie"

				
DOCUMENT INFO
Shared By:
Categories:
Tags:
Stats:
views:118
posted:11/23/2011
language:Afrikaans
pages:27