WESKUS DISTRIKMUNISIPALITEIT
GANZEKRAAL ONTSPANNINGSOORD REËLS
VIR DIE AANDAG VAN ALLE KAMPEERDERS EN BESOEKERS
U word hartlik verwelkom en ons vertrou dat u, u verblyf terdeë sal geniet.
GELIEWE DAAROP TE LET DAT:
1. WOONWA/TENT STAANPLEKKE:
Slegs een woonwa en/of tent per perseel en slegs een voertuig sal per staanplek
toegelaat word.
Daar sal maksimum 6 persone per staanplek toegelaat word.
Alle besoekers sal as dag besoekers behandel word.
Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Oop vure mag slegs gemaak word op plekke waar voorsiening daarvoor gemaak is.
Vis mag slegs skoongemaak word by die geriewe wat daar voorsien is.
Slegs soliede elektriese koorde vanaf die kragpunt na die woonwa/tent mag gebruik
word.
Elektriese toerusting sal streng beperk word tot standaard elektriese
woonwatoerusting.
Wasbakproppe by gerieweblokke moet self voorsien word.
Beskadiging van eiendom sal nie geduld word nie en sal aanleiding gee tot vervolging.
Geen seelewe mag van rotse verwyder word nie.
**ONDER GEEN OMSTANDIGHEDE SAL “ARMY TENTE” TOEGELAAT WORD NIE. U SAL
ONMIDDELIK VERSOEK WORD OM DIE PERSEEL TE VERLAAT.
ABSOLUTE STILTE MOET VANAF 23h00(11.00nm) GEHANDHAAF WORD.NEEM ANDER
KAMPEERDERS OOK IN AG.
2. CHALETS
Maksimum van 6 volwassenes per chalet.
Chalets kan in besit geneem word na 14h00 by datum van aankoms en moet ontruim
word voor 10h00 by die datum van vertrek.
Geen meubelement (stoele, tafels, ens.) mag uit die chalets verwyder word vir
buitegebruik nie.
Beskadiging van eiendom sal nie geduld word nie en sal aanleiding gee tot vervolging.
Geen troeteldiere word toegelaat nie.
Elektriese toerusting sal streng beperk word tot standaard toerusting.
Oop vure mag slegs gemaak word op plekke voorsien.
ABSOLUTE STILTE MOET VANAF 23h00(11.00nm) GEHANDHAAF WORD.NEEM ANDER
KAMPEERDERS OOK IN AG.
3. LAPA
Word verhuur aan georganiseerde groepe vir maksimum van 40 persone en is nie vir
gebruik van die Huurders van die Chalets of Dagbesoekers nie.
Vuur mag slegs in vuurmaakplekke gemaak word.
Elektriese toerusting sal streng beperk word tot standaard toerusting.
Geen persone mag in lapa oornag nie.
Beskadiging van eiendom sal nie geduld word nie en sal aanleiding gee tot vervolging.
Verhurings vind plaas na 10h00 en maksimum tot 24h00 (12.00nm) waarna
absolute stilte gehandhaaf moet word – Neem ander kampeerders ook in ag.
4. „n VRIENDELIKE BEROEP WORD OP U GEDOEN OM:
Water en elektrisiteit spaarsaam te gebruik.
Asseblief die gerieweblokke te alle tye sindelik te hou.
Vandale onmiddelik by die Opsigter te rapporteer.
Die bepaalde spoed van 10 km/h te handhaaf.
Nie bome of struike te beskadig nie.
U bure in ag te neem en die nodige rus en stilte te handhaaf.
Alleen die afgemerkte voetpaaie na die see te gebruik en nie oor die heining te klim
nie.
U staanplek by vertrek skoon en netjies agter te laat.
Toe te sien dat kinders onder die ouderdom van 8 jaar slegs die was- en stortgeriewe
onder toesig gebruik.
Nie met werknemers in te meng of drank aan hulle te voorsien nie.
Ons bedank u vir u vriendelike samewerking.
OORDBESTUURDER